Slaan oor na inhoud

Art 013: 2008-04-18 Wat van die Kaapenaars in die visioenêre verhaal?

2013/08/31

http://www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Bloemfontein.

Ek het die volgende brief van ‘n korrespondent ontvang, en plaas vraag en antwoord hieronder.

VRAAG:
…. Miskien kan ek, terwyl ek tog nou skryf, net vra wat met die Kapenaars gaan gebeur. Daar is baie min verwysing uit die eerste boek na die Kapenaars. My grootste vrees is dat ons nie as deel van die volk gereken sal word nie, want dit blyk tog asof die visioenêre verhaal homself grootliks in die Transvaal en OVS afspeel. Antwoord as die tyd daar is, geen dringendheid.

ANTWOORD:
Nee, hierdie saak is baie dringender as wat in die slotwoorde van u brief na vore kom. Die nuwe boek bevat meer inligting hieroor, maar as ek dit kortliks mag stel kom dit op die volgende neer.

Daar is niks om voor bang wees nie! Wat natuurlik die vraag na vore bring van hoe ‘n definisie van ‘volk’ in elk geval lyk? Ons kan nie ontken dat die Afrikanervolk met die Groot Trek in twee verskillende groepe verdeel het nie. Die Gelofte van Bloedrivier het hierdie afsnyding van ‘n aparte groep binne die groter geheel meegebring. Ons praat nog steeds Afrikaans en ons onderhou nog steeds dieselfde kultuur, maar daar is tog ‘n groot verskil. Hierdie verskil is heeltemal geestelik van aard, maar dit het die Boervolk ‘gereserveer’ vir ‘n spesiale taak wat tans voorhande lê. Lidmaatskap van die Boervolk, soos u daarna verwys, hang nie van mense af nie, maar van die toestemming van Koning Jesus Christus. Dit is nie ‘n rasse of provinsiale of selfs nasionale politieke kwessie nie, maar suiwer ‘n geestelike blanke een. Dit is iets wat ek oorvloediglik in die nuwe boek verduidelik.

Dit is so dat die verhaal hoofsaaklik in die huidige Noordwes en Noordkaap afspeel, maar die res van die volk sal vir n kort rukkie óók deel van die vyand se aanslag vorm. Wie is hierdie ‘res van die volk’? U sou in die eerste boek gesien het dat die simboliek die volk in vier groepe verdeel. Ek het sedertdien besef dat die sogenaamde Wit Groep baie groter is as wat ek aanvanklik gedink het. Ek beweeg miskien baie vinnig oor ‘n groot stuk grond hier, maar dit bestaan uit al die mense wat nié aan die Blou, Groen en Rooi groepe behoort nie. Dit bestaan verder ook uit die ‘res van die volk’ wat nie in Noordwes woon nie. Maar, soos wat gewoonlik die geval is, steek hierdie begrippe ander dinge weg ook.

Ek het al baie hieroor gedink en gewonder, maar die vier groepe wat in Siener se visioene deur die ou Transvaalse Vierkleur voorgestel word is ‘n allesomvattende en insluitende definisie van al die verskillende geestelike onderstrominge in nie net ons volk nie, maar ook in die hele blanke groep. Iets waaraan ek, om bepaalde redes, glad nie in die eerste boek aandag kon gee nie is die verskil tussen Boer en Afrikaner. Dit is een van die redes waarom ek nie veel aandag aan die Kapenaars in daardie boek gegee het nie. Daar is inderdaad ‘n verskil, maar dit het absoluut niks met afkoms as sulks te doen nie. Dit is ‘n geestelike iets wat meebring dat ‘n Afrikaner, en selfs ‘n rou Engelsman, nog ‘n Boer kan word, maar wat verhoed dat ‘n Boer wéér ‘n Afrikaner kan wees sonder om geestelik te verword ook. Hierdie laaste impliseer ‘n terugval na ‘n steriele geestelike bestaan waaruit Koning Jesus Christus ons juis in die vroeë 1800’s met die Groot Trek gaan uithaal het. Sulke mense doen afstand van hul Opregte Boer-wees, en kan vergelyk word met ‘n Esau wat verkies het om ‘n ander geestelike pad te loop. Sy vader was dié stamvader gewees en hy kon daarom, as oudste van die tweeling, aanspraak maak op ‘n besonderse belangrike erfporsie. Hierdie pad, in ons tyd, kan Blou, Groen óf Rooi wees. Ons het dan ook voorbeelde van sulke mense wat baie groot skade in ons volkslewe veroorsaak het – mense wat hulself as Boere, en in later jare selfs as ‘nasionalistiese Afrikaners’ voorgedoen het, maar in werklikheid wolwe in skaapsklere was.

Mense soos u, al is u ‘Kapenaars’, kan tog óók deel van die Wit Groep vorm, dan nie? Dit is nou as u uself as deel van hierdie groep wil beskou. Ek dink u kan aanvaar dat daar mense in die Transvaal is, en tot ‘n mindere mate in die Vrystaat, wat u nie as baie welkom gaan beskou nie. Maar sulke mense kan onmoontlik nie deel van die Wit Groep wees nie – hulle moet noodwendig lede van een van die ander drie groepe wees, want hierdie soort onderskeiding is hier by ons óók vaardig. Mense soos u en ek gaan dus outomaties na dieselfde groep toe beweeg en daar sal ons vir mekaar welkom wees – waar dit dan ookal mag wees. Dit is dus letterlik ‘n geval van ‘soort soek soort’. Die begronding vir my argument lê in die nuwe boek, maar die begrip ‘bloed soek bloed’ is dalk nader aan die waarheid hier. Die sleutel wat u soek lê in elk geval in die waarde wat die Gelofte van Bloedrivier vir u inhou. As u ‘n blanke Afrikaanssprekende persoon is wat hierdie Gelofte as bindend op u hart en gewete beskou is u nie meer ‘n Kaapse Afrikaner nie, maar ‘n Boer, en klaar! Dan word u meteens deel van ‘ons kant’ van die Gelofte van Bloedrivier – en ons moet natuurlik nog ‘ons kant’ daarvan bring.

Hierdie strydpunt van Boer versus Afrikaner word na my mening heeltemal te ver gevoer en dit het ongelukkig in ‘n politieke speelbal ontaard. Die Boervolk is ‘n onderdeel, ‘n faksie as u so wil, van die groter Afrikanervolk. Daar is geen verskil tussen die twee op ‘n genetiese grondslag nie – daar kan, op ‘n wetenskaplike basis, nie so ‘n verskil wees nie. Genetiese verandering binne ‘n homogene groep kan nét op een van twee maniere plaasvind.

(a) ‘Genetic drift’ is iets wat ‘n langer tydperk benodig as wat die Afrikanervolk reeds bestaan.

Dit impliseer ‘n totale en voortdurende geografiese skeiding tussen verskillende groepe binne ‘n volk. As ons Darwin se teorie as ‘n basis wil gebruik hiervoor moet ons aanvaar dat so ‘n skielike en drastiese verandering beide die Afrikaner- en Boervolk fisies sou vernietig het. Die geskiedenis leer daarenteen dat daar nog steeds kontak tussen Boer en Afrikaner was ná die Groot Trek. Ons sit byvoorbeeld vandag met dié verskynsel dat dit soms lyk asof die Kaap tans grotendeels deur mense van Gauteng bewoon word, terwyl daar groot groepe Kapenaars (Bolanders veral) in Gauteng woon en werk.

(b) Die grootskaalse inspuiting van vreemde genes.
Ek verstaan onder ‘vreemde genes’ die invloed van ander rasse – ons praat dus van genetiese verbastering hier. Ons kan aanvaar dat daar sulke individuele gevalle voorgekom het, en nog steeds plaasvind, maar ek is nie bewus van enige grootskaalse voorkoms hiervan nie. Die ‘tipiese Kapenaar’ word in die Noorde beskou as iemand wat hand om die nek met die Kleurling groep loop en ‘n mens hoor baie skimpe hieroor. Ek het oor die jare darem al met ‘n gawe klompie van hierdie mense kontak gehad, en ek glo nie dat dit algemeen waar is nie. Die ander sy hiervan is natuurlik dat hierdie soort kontak in die Noorde voorkom óók. Hierdie hele onverkwiklike argument sluit in elk geval by my opmerking aan rondom die politiek hierbo, want die tipiese Kapenaar, dié met wie ek al te doen gehad het in elk geval, is baie ordentlike en standvastige mense met hoë morele waardes. Daar is verskille in agtergrond en sieninge, en selfs in taalgebruik en veral uitspraak ook, maar dit is tog sekerlik nie doodsake nie. Dit bring, om die waarheid te sê, daardie broodnodige iets na vore wat ons ‘groep-individualiteit’ kan noem. Geen kultuur kan oorleef sonder hierdie soort verskeidenheid nie, want dit hou die ding vars en oorspronklik.

Die Afrikanervolk het oorspronklik ontstaan as gevolg van kruis vermenging van hoofsaaklik Duitse, Vlaamse, Nederlandse, Franse, Skotse, Ierse en selfs Engelse bloed. Dit is tog iets heel anders as ‘inspuiting van buite’. Die volk het oorspronklik ontstaan vanuit ‘n vermenging van Germaanse en Keltiese genes in die deel van Europa waar ons stamvolke vandaan gekom het. Hierdie twee groepe het bloot maar net twee onderstrominge in die Ariese ras verteenwoordig. Dit was dus twee subgroepe van dieselfde oorsprong wat op ‘n stadium in dieselfde omgewing met mekaar kontak gehad het. Julius Ceaser het ‘n hele volume van sy geskrifte aan hierdie situasie afgestaan – hulle het hom in vandag se België baie moeite op militêre gebied gegee. Daar kan nie verbastering tussen twee groepe plaasvind wat dieselfde rasse afkoms het nie. Verbastering breek uiteindelik af, terwyl inter-vermenging sterker maak en veredel, en enige teler van stamboekvee sal dit kan bevestig.

Die verskil tussen Boer en Afrikaner lê op die geestelike vlak. Die Boervolk is deur God Almagtig vanuit die Afrikanervolk afgesonder deur die Groot Trek, en Bloedrivier was die ‘amptelike’ geboortedag van die Boervolk gewees. Ek dink dit is baie belangrik om te verstaan dat die Groot Trek plaasgevind het omdat ‘n groep Afrikaners in die Kaap godsdiensvryheid wou gehad het – dit was die mees basiese oorsaak vir die Trek gewees. Die Boervolk is hierdeur deur Koning Jesus Christus afgesonder om ‘n spesiale taak te verrig.

As u, as Afrikanervrou voel en glo dat u beste heil by die geestelike betekenis van die begrip Boervolk lê, en as dit die plek is waar u u bydrae wil lewer, is u per definisie ‘n Boervrou.

U is nie noodwendig ‘n nasaat (direk óf indirek) van die Voortrekkers nie, maar u spesifieke geestelike belydenis en -behoefte, saam met u Afrikanerskap maak die deur vir u oop. U genetiese afkoms, asook u spesifieke kultuur agtergrond verander u meteens in ‘n Boer. Andries Pretorius was nie deel van die Groot Trek nie, hy was per definisie ‘n ‘Afrikaander’ wat maar eers later by hulle gaan aansluit het op hul spesifieke versoek. Hy was dus letterlik ‘n ‘newbie’ gewees, maar hy was ook die man wat die gedagte van die Gelofte na die Voortrekkers gebring het. Die Gelofte is dan op sy aandrang afgelê!

Die implikasie hiervan is dat mense wat nou nog Afrikaners is óók Boere kan word as hulle bereid is om ‘n ‘geestelike Groot Trek’ na die Boervolk te onderneem. Hierdie opsie is natuurlik nét vir die Afrikanervolk oop. Die anderstalige blanke wat wil aansluit se paadjie lyk ‘n klein bietjie anders. So ‘n persoon sal nooit fisies ‘n Boer kan wees of word nie, maar sy nasate sal wel by die Boervolk gereken kan word. Die Bybel maak die stelling dat dit relatief makliker is om die afgekapte takke van die olyfboom op die oorspronklike stam (waar hulle vandaan kom) terug te ent as om wilde olyftakke daarop in te ent. Die olyfboom is natuurlik die simbool vir die geestelike sy van ou-Israel. Ons moet dit noodwendig vergelyk met die feit dat ons nêrens in die Bybel lees van ‘n soortgelyke poging met die vyeboom nie. Die vyeboom is ‘n simbool vir die staatkundige sy van ou-Israel, en die boom wat Koning Jesus Christus as voorbeeld aan Sy dissipels voorgehou het, het in Juda gestaan. Ons het die belofte van die herstel van Israel in die Bybel, maar so ver ek weet lees ons nêrens dat die takke van die vyeboom afgekap en terug geënt word nie . Al wat ons sien is dat die hele vyeboom meteens sag sal word en begin bot (en vrugte dra). Die ‘res van Israel’ sou dus na Juda toe moes terugkom om dit moontlik te maak.

Ek moet egter ook hier sê dat hierdie ding van die ‘herstel van Israel’ dalk iets anders as die algemene opvatting kan beteken. Ek is besig om privaat navorsing hieroor te doen, maar die Leviete, en die Rabbi’s ná hulle, het dalk dinge in die Bybel (soos ons dit ken en ontvang het) ingeskryf wat nie regtig daar hoort nie. En ek praat nie hier van ‘geestelike vertolking’ van die kansel af nie, maar van woorde en begrippe wat fisies daar ingeskryf is. Ons is van kleins af daaraan blootgestel en dit het volledig deel van ons verwysingsraamwerk geword.

Een van die duideliker fasette hiervan is byvoorbeeld dat die Woord op ‘n hele paar plekke baie eksplisiet sê dat slagoffers, en die offer van eersgeborenes aan Molog wat daaruit voortgespruit het, nie deel vorm van Yahweh se oorspronklike opdragte aan Moses (en Aäron) nie. Die oorgang vanaf diere as slagoffers na eersgeborene kinders het dus onder leiding van die Leviete en Rabbi’s op ‘n baie natuurlike wyse vanuit die daaglikse praktyk ontwikkel. Hierdie slagoffers, waarop die priesterdom so sterk aangedring het, het ‘n sekere bloeddorstigheid in die saak ingebring wat nie daar hoort nie. Die bose priesterdom het dit bloot met verloop van tyd aangepas om klein babatjies in te sluit ook. Molog is maar net ‘n ander naam vir Satan, wat beteken dat ons tot vandag toe opgeskeep sit met ‘n baie sterk sataniese inslag in ons ‘godsdiens’. Dit vorm deel van ‘n proses wat in die politieke wêreld bekend geword het as ‘rule through terror’. Dit kan nie anders nie, want die Ou Testament vorm die basis vir die Nuwe Testament, en die twee saam vorm die basis van ons Christelike geloofsbelydenis. En dit is nie asof ek so slim is nie, want Koning Jesus Christus het baie skerp te velde getrek hierteen tydens Sy bediening /in Juda/. Dit het egter, en baie ongelukkig, neerslag gevind in die haatdraendheid van ons politieke en rasse-sieninge. En weet u, mense maak ‘n fout om hierdie eienskappe nét aan die sogenaamde ‘regse politiek’ te wil toeskryf. Dit is nie net die Blou en Groen Groepe wat skuldig is hieraan nie – die sogenaamde liberalisme maak hulself aan veel erger vergrype as dit skuldig.

Ek persoonlik glo in afgesonderdheid op alle vlakke, maar ek trek my neus op vir die haatdraendheid, die venynigheid en die wraakgierigheid wat so geredelik saam met dit gaan. As u die Ou-Testament baie mooi gaan bekyk sal u vind dat dit ‘n kenmerk van die godsdienstige uitgangspunt van die tyd was. Dit is dan ook opmerklik dat daar twee basiese uitgangspunte in die Ou Testament na vore kom – een waarvan Liefde die grondslag is en een wat op bloed, haat, wraak en vernietiging gegrond is. Die Leviete het geleer dat alle teenstanders van ‘die volk’ verwoes en vernietig moes word. Hul stede moes met vuur verbrand word, hulle moes met die skerpte van die swaard uitgedelg word, maar heeltemal ironies genoeg, hulle kon die jong maagde spaar en vir eie doeleindes gevange neem. En as hulle nie tevrede was nie kon hulle haar net eenvoudig by die deur uitskop. Die ‘liefde-deel’ van die Ou Testament leer weer dat jy verantwoordelikheid vir so ‘n vrou moes aanvaar – tot die dood julle geskei het! Dit het in elk geval meegebring dat die Ou Testament letterlik in ‘n dam van geestelike moralisme en fisiese bloed verdrink het. Dit is vandag nog so, en dit het ongelukkig ook deel van ons volkslewe geword, want dit is hoe ‘n groot deel van ons volk lyk!

Groete,
Frik Pretorius.

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: