Skip to content

Art 024: 2009-02-19 Die Heilige Gees werk soms op vreemde maniere! – Deel 1.

2013/09/02

http://www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Ek het ‘n paar vrae van my ou vriend Noordoos ontvang wat aandag vra. Ek word maar weer sonder enige werklike rede en onder valse voorwendsels in die openbaar afgekraak en sleg gesê, en ek glo ek het die reg om my kant van die saak in die openbaar te stel! Ek glo ook ek het ‘n verantwoordelikheid teenoor die wit groep om ons vyand se motivering agter die aanslag teen ons in hul regte perspektief te stel

VRAE / OPMERKINGS vanaf Noordoos:
‘… ek moet eerlik sê. ek verstaan nie al die dinge nie. Daar is net te veel ‘angles’. Let wel, ek verstaan wel waarom, dat dit ‘n aanslag teen God is, maar ek verstaan nie wat hulle sê nie. Dit is net jou boek dit en jou boek dat. Jou Afrikaans dit en jou sinsbou dat! Maar hulle sê niks. Wat is dit wat jy sê wat hulle regtig ontstel? Dit is nie die ding met die rekenaar of met die Heilige Gees nie. Jy sê iets wat hierdie mense geweldig ontstel, maar hulle wil nie uitkom daarmee nie.

Voel hulle jou boodskap hou die volk te kalm?
Is hulle kwaad oor die nag van die lang messe storie wat sy oemf verloor het?
Is hulle kwaad omdat mense nie by hul groepe wil aansluit nie?
Is hulle kwaad omdat jy mense waarsku om te wag en nie die wapen op te neem nie?
Is hulle jaloers?
Raak jy hulle geldelik, in dat hulle inkomste verminder a.g.v. jou boeke?
Dink hulle jy maak sakke vol geld wat hulle toekom? (Wat n grap!)

Of is dit iets in die verhaal wat so naby die waarheid is en dreig om hulle te ontbloot, dat hulle nie durf sê wat dit is nie?

Ek dink jy weet wat dit werklik is. Is hulle bang jy weet wat dit is en dat jy dit een of ander tyd gaan openbaar maak? Waarom anders jou so aanval? As jy klaar gesê het wat hulle nie wil hê jy moes sê nie, wat is die doel om jou nou te intimideer? Esegiël 3 kom in gedagte. Dan het jy niks om voor bang te wees nie.

Ek bid tot Jesus dat Sy Gees jou die krag sal gee om te doen wat Sy Wil is.

ANTWOORD:
Die kort antwoord is: Ja, ek weet presies wat dit is, en daar is drie sulke geheimpies.

Nou, my ‘weet’ is vêr meer as wat werklik hier na vore kán kom, maar ons sal vandag by net een van die drie ‘geheime’ stilstaan. Ek het die tweede een reeds in my twee boeke aangespreek, en dit is dat Siener se verhaal ‘n baie bose komplot teen die Boervolk en Duitsland openbaar. Hulle probeer dit, maar ook die derde geheimpie wat daaruit voortvloei, doodskreeu. Die belangrikste deel van hierdie ‘uitvloeisels’ is natuurlik dat God Almagtig gaan ingryp en Sy vyand se planne onverwags omvêr gaan gooi. En dit is iets wat hulle duidelik niks van wil weet nie! Ons Koning het ‘n deel hiervan openbaar gemaak deur die boodskap van waarskuwing én bemoediging in my bydrae, en soos almal kan sien wil hulle daarvan nóg minder weet!

Maar hierdie waarskuwing vra ‘n sekere bydrae van ons kant, en dit is die régte soort weerbaarheid, en as dit nié betyds in plek kom nie sal ons natuurlik verswelg word. En dit is presies wat die vyand wil hê. Hierdie mense sê een ding in die openbaar om stof op te skop, maar in die agtergrond is hulle eintlik met iets héél anders besig, en die doel daarmee is om te verwar en onsekerheid te skep. Die manier waarop hulle hierdie veldtog teen my persoon bedryf bewys juis dit. Hulle is duidelik ingestel op die ondergang van die Christusgelowige deel van Boervolk wat nie nét op die vleeslike arm wil steun nie, maar onvoorwaardelik éérste en áltyd na God Almagtig opsien vir hulp en bystand. Kyk, ons gáán veg, want ons sál teen ons wil deur ‘n oorlog gesleep word en ek het dit nog nooit probeer ontken nie, maar die motivering en die rasionaal agter my poging om gereed te maak daarvoor verskil radikaal van hierdie klomp opstokers s’n: myne is om te verdedig, hulle s’n is om doelbewus dood te slaan en bloed te vergiet – hul eie soort s’n, ongelukkig! Met sulke broers het geen Christusgelowige volk eksterne vyande nodig nie!

En ja, Esegiël 3 is baie belangriker vir my as wat jy kan dink. Ek het hierdie hoofstuk nou al ‘n paar keer as Skrif ontvang op gebed rondom verskillende aspekte van my roeping. Dit het sekere fasette van die aanslag teen ons vir my uitgelig, maar dit lê darem ook bepaalde riglyne neer hoe om teen dit op te tree. En nie net vir my nie, maar vir álmal van ons wat in Hom glo. En nee, hulle kan my nie stil skreeu of bang praat nie. Ek weet waar my besonderse ‘weet’ vandaan kom, en hierdie ouens is te min en te lig om dit te stop of van my weg te neem.

En selfs al kry hulle dit op die een of ander manier reg sal die liewe Heer nog steeds sorg dat die goeie werk aangaan. Hierdie ouens weet dit maar net nie, maar daar is reeds meer mense met hierdie werk besig as nét die uwe. Hulle werk miskien in ander omgewings en nie noodwendig op dieselfde manier as ek nie, maar op hulle manier is hulle positief besig hiermee. Ons volk sál lewendig en sterk aan die ander kant van Siener se visioenêre verhaal uitkom, want niemand minder as ons Koning is die Waarborg daarvoor nie.

Die derde geheimpie gaan oor die verkryging van ‘n Volkstaat, maar dit sal ek in ‘n opvolg artikel aanspreek. Kom ons kyk dus eers nét na die één ‘geheim’ wat dalk die heel belangrikste is op hierdie stadium. Dit is nie groter as die ander nie, maar dit is wel belangrik omdat dit die spilpunt is van ‘n poging om iets baie sinister teen ons volk weg te steek. Ek en my boeke is miskien nou die onmiddellike skyf, maar ons volk en ons Christelike geloofsgoed is uiteindelik die werklike teiken.

Moenie jou verwonder oor die aanvalle op my as persoon en skrywer nie. Moet ook nie verbaas wees omdat hulle die ‘Heilige Gees-kaart’, en nou ook selfs die ‘God-kaart’, so aanhoudend speel nie. Daar is ‘n rede hiervoor, en ek kan op my beurt nie regtig dink hoe en hoekom almal hierdie een groot waarheid mis nie. Dit lê dan oop en bloot en groter as selfs die Drakensberge rég voor mense se neuse!

Die mense wat so knaend en erg op my rug rondspring en in my karakter inklim probeer julle met ‘n allervreeslike klomp geraas te bedrieg, te intimideer en dood te skreeu. Kan julle dan nie sien en verstaan dat hulle my boeke baie, baie deeglik nagegaan het en gevind het dat hulle nie die Waarheid daarin kán ontken of omstoot nie!

En nou doen hulle maar die beste wat hulle kan, en dit is om my so erg te beswadder en te probeer diskrediteer dat ander mense al hul lus vir hierdie boeke sal verloor en nie dalk óók by daardie waarheid uitkom nie!

Iets wat my egter wel baie ongelukkig maak is dat hulle my geloofsbelydenis verdag probeer maak. Ek het nog nooit gehuiwer om te sê dat Jesus Christus ons volk se enigste en ware Koning is nie, en dat Sy Gees my, net soos ander gelowiges, lei en in my spesifieke bydrae ondersteun. En dit is nie iets nuuts wat eers in 1994 in my lewe gekom het nie, want ek het dit jare voordat ek eers van Siener gehoor het al openlik bely! Hoe kán enige opregte Christusgelowige fout daarmee wil vind en dit wil verhef tot ‘n absolute strydbyl teen my? Of is ek maar net kinderlik naïef as ek my geloof in Koning Jesus Christus bely en Hom in die openbaar eer vir die insigte wat Hy aan my gegee het om die werk te kan doen waarvoor Hy geroep het? Gelukkig hoef ek my nie te steur aan hul lawaai nie, want hulle is in geen posisie om enige oordeel oor my, óf enige ander mens te kán vel nie. As hulle Hom en Sy Gees dan as ‘n knuppel teen my en my boeke wil gebruik is dit seker maar reg so, maar hulle moet miskien dan net oppas vir die knuppel se terugswaai ná die hou geval het!

Die punt is hulle kan op geen manier bekostig dat die man op straat vir homself sal begin dink en navraag begin doen oor die dinge wat ek in my boeke en skrywes sê nie. Hulle probeer om hierdie proses van meet af aan te laat ontspoor deur water op die ‘aan-knoppie’ te gooi. Die inligting in my twee boeke, saam met my verduidelikings, bedreig hul donker planne met ons volk en daarom die hewige en raserige teenkanting. Hierdie aanvalle vertoon twee baie duidelike kante, waarvan een baie verfynd en uiters subtiel is, terwyl die ander een weer erg kru en weerbarstig op ‘n baie bombastiese manier in ons kele afgetrap word. Maar meer hieroor later.

Die oordadige aanvalle op my dien egter ook die doel om die dilemma waarin hulle hulself laat beland het vir die openbare oog te probeer wegsteek. Hierdie probleem lyk so:

(a) Hulle kan onder geen omstandighede erken dat hulle my boeke baie goed ken en verstaan nie, want dan ontbloot dit hul veldtog vir die skandalige stuk valsheid wat dit is – en dan diskrediteer hulle hulself in werklikheid. Wie gaan hulle daarna nóg glo?

(b) Hulle kan egter ook nie werklik langer met die huidige veldtog aangaan nie, want hulle het hulself ook reeds in hierdie opsig ten volle gediskrediteer. Want hoe kan enige mens sê ek praat nonsens as hy nie eers my werk vooraf gekontroleer het nie? Dit sê mos al klaar dat hulle beweringe geheel en al vals is, want dit is heeltemal ongegrond. Enige redelike intelligente persoon sal onmiddellik óók besef dat jy nie eers sovêr hoef te gaan om die skrywer se persoon af te skiet nie, want jy vernietig in elk geval sy geloofwaardigheid as jy sy werk as verkeerd bewys het! Wie kan hulle dus op hierdie stadium nóg glo?

(c) Maar dit is nie die einde van hul probleme nie, want selfs al begin hulle nou skielik my werk as sulks aan te val moet hulle nog steeds eers kan bewys dat ek verkeerd is voordat hulle kán begin aanval. Hulle het egter ook die deur in hierdie opsig in hul eie gesigte toegeklap, want hulle erken ruiterlik dat hulle glad nie eers daarin belangstel nie.

En dit is net hier waar die gemiddelde deelnemer op Boerevryheid, én natuurlik ander plekke óók, se sin vir eerlikheid en balans begin aanskakel in hierdie saak. Die gemiddelde Afrikaanssprekende blanke is miskien ‘n bietjie naïef in sy geloofslewe, want hulle glo soos kindertjies, maar darem nie onnosel in die praktyk nie: hulle sal nie onbepaald vir swartsmeer liegstories bly val nie. Julle paar mense, plus nog ‘n groot klomp ander wat jul klein kringetjie nie eers van weet nie, het dit dan gedoen en ‘n totale ommekeer weg van die duimsuig stories oor Siener gemaak! En as julle paartjies die moeite kon doen om Siener te verstaan, en julle het dit reggekry omdat julle die Waarheid werklik WIL weet, kan ander mense mos ook! Ons mense wil blykbaar ‘n ‘storie’ hoor, maar ongelukkig werk Siener se visioenêre verhaal nie heeltemal só nie! En ja, die boek is nie regtig só moeilik nie, veral as die publiek dan ook nog van my aanbod gebruik wil maak om hul vrae by my uit te kry. Ek het nog nooit geweier om te help met my lesers se vrae nie en vêrreweg die grootste gedeelte van my werkdag gaan juis in hierdie taak in.

Iets wat julle miskien ook nie weet nie is dat ene super-duper-Boer met die skuilnaam ‘Piett’ iewers in 2006 ‘n geslote en geheime bespreking van my boek wég van Boerevryheid af op sy webblad begin het. Ek het nogal destyds gesê hulle doen te veel onnodige moeite om die swak plekke in die boek in die geheim te probeer soek, want hulle hoef my maar net te kontak dan sal ek hulle sommer wys waar en wat dit is. En, het ek bygevoeg, dan is ek ook nog meer as bereid om saam met hulle te gaan sit en die probleempunte aan te spreek en uit te sorteer – in ons volk se beste belang!

Ek hoef dit seker nie te sê nie, maar hierdie aanbod is net eenvoudig geïgnoreer. En tyd het verbygegaan, en vandag word Boerevryheid se lesers, én die res van die volk, nog steeds bedrieg rondom die Waarheid in Siener se visioene. Dit was miskien nie ou ‘Piett’ se studiegroepie wat my boek uitgesorteer en hierdie jongste aanslag teen die Waarheid beplan en aangelê het nie, maar dit is nogtans waar ons onsself vandag bevind. En intussen bly die wiel van die geskiedenis teen ons draai en word die kanse dat ‘n baie groot deel van ons volk onverwags broekie-af gevang gaan word by die dag groter!

Ek wil nie op hierdie stadium veel meer oor ou ‘Piett’ sê nie, behalwe dat hy uiteindelik ontmasker is vir wat hy regtig is (en hy is selfs nie eers ‘n amper-aangelapte Boer nie), dat hy by Boerevryheid verdwyn het, én dat ek intussen gehoor het dat sy webtuiste ook nie meer bestaan nie. Hoekom noem ek dit? Ek vermoed nogal dat ‘n paar van die rasieleiers op Boerevryheid uiteindelik óók as ‘self-aangelapte’ Boere-verneukers openbaar gaan word. En dit is nie eers nodig dat ek of julle die moeite sal doen om hulle te ontbloot nie, want, soos ou ‘Piett’ en sy paar uiters vreemde vriende destyds, gaan hulle dit sommer self doen. En ek dink, om die waarheid te sê, dit het klaar gebeur, want daar is reeds tekens van verset teen hulle van die stiller lesers op Boerevryheid se kant af.

Die lesers van Boerevryheid, én hul gaste van oraloor wat daar kom inloer, sal maar self besluit wat om vêrder van hierdie ongegronde en onregverdige veldtog teen my én my volk te maak.

Tot ‘n volgende keer,

Oupa Baard

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: