Slaan oor na inhoud

Art 028: 2009-04-02 Uhuru – Selfvervullende leuen-profesie.

2013/09/06

http://www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

‘Uhuru’ staan ook bekend as die ‘Nag van die lang messe’.

Ek hoop en bid ek is verkeerd met onderstaande ontleding van die huidige situasie in ons land, maar hierdie is dinge wat betyds gesê móét word. Nou, daar is niks wat sê dat die dinge waarna ek hieronder verwys gáán gebeur nie; maar dit kán dalk net gebeur! As dit nie gebeur nie het ons nog niks verloor nie, maar as dit gebeur, en ons is reg daarvoor, sál hierdie artikel minstens gehelp het om ‘n [blanke] bloedbad af te weer.

Daar is by my geen twyfel dat ons tans fluks op pad is na die beginpunt van die versteekte visioenêre verhaal nie. Ons sal nie aan die stampe en stote op pad daarheen kan ontsnap nie, maar ons kan wel die impak daarvan op ons versag deur bloot ons eie beskerming en veiligheid te begin opknap. Ons kan dit nie gou genoeg begin doen nie! Die onlangse ontwikkelinge rondom mnr. Jacob Zuma laat ‘n mens wonder hoeveel tyd ons nog oor het voordat die visioenêre verhaal aan die gang kom.

Dit sou verkeerd wees om te wil sê dat die visioenêre verhaal oornag deur sy persoonlike probleme sal begin, want daar is darem nog te veel ander dinge wat eers in plek moet kom dáárvoor. Die sage rondom die aanklagte teen Zuma dra egter beslis die kiem van groot probleme vir ons almal. Ek persoonlik dink dat daar net één ander moontlikheid oop is wat [ook] landwye probleme kan veroorsaak, en dit is ‘n nederlaag vir die ANC tydens die komende verkiesing.

Die saak teen hom kan natuurlik na een van twee kante toe gaan. Dit maak egter nie juis saak na watter kant toe nie, want albei kan nét immer groeiende nasionale probleme veroorsaak. Ons het nie enige direkte visioenêre inligting oor wat vóór die beginpunt van die verhaal gebeur nie, maar die afleibare inligting wat ons wel het dui aan dat ons iets soos ‘n groot swart revolusie kan verwag. Dit sal meebring dat die ANC regering tot niet gaan en ‘n heel nuwe politieke stelsel tot stand kom. ‘n Deel hiervan is dat die Boervolk twee Volkstate sal ontvang, een in die Noord-Vrystaat en een in vandag se Noordwes [wat Siener se Transvaal in die visioenêre verhaal is].

Kom ons veronderstel die saak teen Zuma gaan voort. Sy volgelinge gaan beslis nie daarmee gediend wees nie en dit gaan nét so beslis reaksie en allerhande reperkussies op straatvlak veroorsaak. Die woorde van die ANC-jeugleier, dat hy selfs vir Zuma sal moor en sterf, neem in hierdie geval meteens ‘n uiters sinistere betekenis aan. ‘n Mens kan nie help om te wonder of sy veel gewraakte woorde nie juis op hierdie spesifieke kwessie afgestem was nie. Hierdie mense regeer deur vrees, en as ek die kodetaal hier reg verstaan sal baie swart teenstemme liewers stilbly as om skielik en onverklaarbaar tot sterwe te kom. Ek dink hulle ken en verstaan hul eie soort baie beter as wat ons dit kan doen.

Die ander sy van hierdie saak is natuurlik dat alle aanklagte teen hom teruggetrek word. Het hy dalk iets geweet wat ons nie weet toe hy onlangs so ernstig gesê het dat hy wel die volgende staatspresident sál word? Ek dink nie ons moet aanvaar dat dit sommer maar net uit blote bravade gesê is nie, wat natuurlik weer soveel meer klem op die ANC-jeugleier se woorde plaas.

Wat kan moontlik gebeur as die aanklagte teen Zuma teruggetrek word? Dit sal natuurlik uit die aard van die saak ‘n geweldige terugslag beteken vir die klein bietjie geloofwaardigheid wat die regstelsel nog oor het. Meer nog, ek dink nogal dit sal ‘n baie groot konstitusionele krisis veroorsaak en die misdaadsindikate veral sal so ‘n verwikkeling met ope arms verwelkom! Die staatslui wat hul sakke intussen so stilweg volgemaak het met belastinggelde sal natuurlik ook jubel oor die deure wat nou so gerieflik groter vir hulle oopgemaak is. En die moordaanslag teen die blanke sal maar net groter word en meer openlik bedryf word.

Dit is natuurlik ook die soort gebeurtenis wat Johannesburg se aandelebeurs tot onmiddellike stilstand kan ruk, want met soveel negatiwiteit sal buitelandse beleggers onmiddellik vertrek. Ek dink ons kan verwag dat besighede in so ‘n geval oornag sal vou en hul werkers moet laat gaan. En hoe lank gaan dit dán duur voordat wetteloosheid heeltemal oorneem en mense begin plunder en brand en moor, want hoe gaan hulle kan eet as hulle skielik nie meer ‘n inkomste het nie? Hoe lank gaan dit neem voordat dit deurdring dat Zuma en die ANC daarvoor verantwoordelik is en hulle die reg in eie hande teen die ANC begin neem?

Min mense dink ooit bewustelik hieroor, maar daar word skynbaar tans meer wapens [vanuit veral Mosambiek] in die land ingesmokkel as ooit tevore. Waarom is dit so terwyl ons weet dat daar reeds verskriklik baie onwettige wapens in die swart woongebiede opgepot is? Erger nog, waarom is so iets nodig in die volmaakte demokratiese en nie-rassistiese Utopia waarin ons sedert 1994 woon? Ek dink ons maak ‘n baie groot fout om die gemiddelde swart persoon te onderskat, en hulle sal baie gou een en een bymekaar tel om by twee uit te kom. En dan is daar moeilikheid, want dit sal meer as genoeg rede verskaf om die hele land aan die brand te steek. En ja, ons kan verwag dat daar wel ‘n poging sal wees om dit weereens op die apartheidsbroodjie te smeer óók …. met al die negatiewe implikasies wat dít vir die blanke groep kan inhou, natuurlik!

En dit bring my by die eintlike punt waarby ek wou uitkom, en dit is iets wat ons onder geen omstandighede uit die oog mag verloor nie. Ek is die man wat die sogenaamde ‘nag van die lang messe’ op die internet ontbloot het vir die vieslike stuk valsheid en bedrog wat dit werklik is. En ek het in Wat kom ná Siener? gesê dat dit wil voorkom asof hierdie storie met die komende aanslag teen die wetlik verkose konserwatiewe regering van Noordwes kan saamval. My argument daar is dat die visioenêre verhaal aantoon dat die verraaierselement en die Engelse militêre mag wat hierheen kom hoofsaaklik teen die regeringsmagte van Noordwes sal optree. Die Engelse militêre mag, en dit ís ‘n groot een hoor, kom volgens alle opsigtelike aanduidinge in die verhaal hierheen as ‘n soort internasionale veiligheidstaakmag. Ek toon vêrder ook vanuit die verhaal aan dat die komende oorlog teen die Boervolk bloot ‘n voortsetting van die Tweede Vryheidsoorlog is, en dat die eintlike doel agter dit is om die Boervolk heeltemal uit te roei. Die vyand voer ook twee bykomende leërmagte in om hulle hiermee te kom help. Een hiervan kom vanaf Europa en die ander een vanaf Indië. Hulle sal egter nie die getalle óf die tyd hê om die ‘res’ van die Boervolk buite Noordwes óók nog te probeer uitwis nie. Die ideale manier om dít te doen is natuurlik om die militante massas teen die blanke los te laat, en die roete wat die vyand gekies het is hierdie onheilige stuk bedrog bekend as ‘uhuru’ of die ‘nag van die lang messe’.

Die vyand kan egter net sowel besluit om dit voor die tyd te laat plaasvind, al is dit dan ook net op ‘n paar plekke om paniek te saai. Hulle het tot op hierdie stadium nog vir tyd gespeel, maar as ek die ontwikkelende situasie in Europa en Amerika so onderlangs beskou wil dit voorkom asof die tyd ook vir hulle uitgeloop het. Hulle kan nie veel langer rondskuif vir die beste posisie nie en sal nou pro-aktief móét begin optree om bo aan die leer uit te kom. Die internasionale diplomatieke proses se doel en vordering is uitgedien, en al wat vir hulle oorgebly het is onverwagse militêre optrede …. wêreldwyd!.

Ek wil herhaal wat ek al só baie kere gesê het: Siener se visioene ken nie so iets soos hierdie ‘uhuru-storie’ nie en Johannah Brandt het dit nooit gesê nie. Daar was nooit so iets gewees nie, maar daar is nou, want die gedagte is oor ‘n tydperk van om en by die vyftien of sestien jaar baie diep by almal in die land ingeprent. Dit het ‘n onvermybare moontlikheid geword, en dit sou dwaas wees om dit te probeer ontken. Al wat ons nóg daaraan kan doen is om gereed te maak vir so ‘n poging.

Die heel laaste ding wat ons moet doen, en ons mag dit nie eers wil oorweeg nie, is om te wil vlug. Waarheen gaan u in elk geval kan vlug waar daar nie vyande is wat u sit en inwag nie? Ek ken en verstaan hierdie visioenêre verhaal baie goed, en u moet weet dat daar tot op ‘n sekere stadium in die verhaal werklik géén, absoluut géén, veilige plek in Suid-Afrika sal wees nie.

Maar daar is ‘n paar positiewe punte vir ons in die vyand se poging om ons volk te vernietig. Ek kan ongelukkig nie alles hier in detail noem nie, maar dit word wel in my twee boeke aangeraak. Die heel belangrikste hiervan is soos volg, en trek maar die skouers op as u so wil, maar neem dan minstens net kennis van die volgende …. want u kan dit dalk net later ernstig en dringend nodig kry.

Die afspringpunt tot die ‘nag van die lang messe’ lê skynbaar in die nuus dat Mandela dood is. Dit sal die teken aan die militante swartes wees om die blanke woonbuurte aan te val met die doel om ons uit te wis. Dit is egter natuurlik ook ‘n vroeë waarskuwingsteken vir ons, solank dit u natuurlik nie met angs vul wat tot paniekerige optrede lei nie. Dit sal vêrder baie moeilik gaan om ‘n paar miljoen [nugter?] mense ongesiens met taxis na die blanke woonbuurte aan te ry en om dan nog gelyktydig op al die blanke woonbuurte in Gauteng aan te val ook. Die mense wat hierdie bangmaakstorie versprei wil hê dat die blanke groep almal gelyk uit vrees in hul karre spring en na ‘veiligheid’ probeer wegvlug. Die absolute kern van hul plan is om massas en massas blankes gelyktydig op die snelweë en paaie te kry. Dit is relatief makliker om mense langs die pad uit te wis as in die woonbuurte, want daar is absoluut geen beskerming langs die paaie nie, net maar angs en paniek, en natuurlik die dood. Al wat hulle moet doen is bloot om die bo en onderste punte van so ‘n stuk snelweg toe te maak, en dan rustig en op hul tyd van voertuig tot voertuig te beweeg en blankes uit te moor.

Ek het dit nog nooit probeer wegsteek of ontken dat ons op die een of ander stadium gedwing gaan word om te veg vir ons oorlewing nie, maar anders as die agitators wat net bloed, geweld en veral angs predik het ek ook raad probeer gee: As ons dan moet veg, doen dit by die huis en doen dit saam met u bure! En wat u ookal doen, moenie vlug nie, want u gaan in ‘n hinderlaag inhardloop en u gaan daar met die grootste gemak vermoor word!

Ons sál aan die anderkant van die drif voor ons uitkom, maar dan ook net as ons ‘n paar dinge in gedagte hou, en natuurlik ook so ‘n paar dinge op die regte manier doen. En uiteindelik, na alles gesê en gedoen is, is dit natuurlik nét ons Koning en Heer wat ons tussen die slaggate na veiligheid sal deurlei. Dit is waarom ons onder andere die versteekte visioenêre verhaal ontvang het: om moed te hou en aan te hou stoei totdat ons heeltemal vry sal word. Hy, ons Here en God sal die vryheid en vrede waarna ons so smag vir ons gee!

Groete,
Frik Pretorius.

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: