Slaan oor na inhoud

Art 032: 2009-05-10 Varkgriep – ‘n ongeluk wat ‘n plek gevind het om te gebeur?

2013/09/08

http://www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Staan ons op die vooraand van ‘n ontsettende groot tragedie?

Ek het in ART 029, Daardie spesiale dae in die lewe, in die verbygaan na ‘n verskynsel verwys wat veral die swartmense in Suider-Afrika baie ernstig (kan) bedreig. Ek het in daardie artikel én in die een ná dit op sekere uitsprake en subtiele ontwikkelinge gewys wat al hoe meer daarop dui dat daar baie moontlik ‘n uiters sinistere plan teen die swart groep in Afrika bestaan.

‘n Mens wil nie onnodig alarmisties klink nie, maar ek dink ons kan beslis begin dink in terme van ‘n ondergrondse aanslag om die Afrika-been van die Ryk van die Antichris finaal te vestig. Ek het in hierdie verband al gesê dat die werktuie van die Antichris aan die einde van ‘n pad gekom het: die poging om die Ryk van die Antichris op te rig het tot dusvêr langs die weg van ‘oorredende diplomasie’ geskied (lees as: kragdadige agteraf arm-draai ‘diplomasie’). Die Europa Regering, wat die Vatikaan se springplank na die heroprigting van die voormalige Heilige Romeinse Ryk blyk te wees, is stadig maar seker besig om tot stilstand te knars. Die finale Ryk van die Antichris sal uit hierdie poging voortspruit, maar daardie instrument word egter al meer deur groeiende Europese konserwatisme en ideologiese binnegevegte aan bande gelê. Die situasie het op hierdie stadium ontwikkel tot ‘n punt waar die Vatikaan die ‘protestantse Vrymesselaars beweging’ heeltemal na die kantlyn uitgerangeer het. Die pous se vyand, die ‘Protestantse’ Britse Vrymesselary, kan nog nét die militêre opsie uitoefen om hul doelwitte te bereik. Dit sluit perfek aan by die feit dat Siener se visioene ‘n poging tot ‘n militêre ‘staatsgreep’ op die vrye Weste openbaar. Dit is die bose Britse komplot teen Duitsland waarna ek in Wat is die Waarheid? verwys het. Dit bestaan uit ‘n Brits-ondersteunde Islamitiese terroriste aanval op Duitsland, wat natuurlik die militêre arm, die ‘sterkman’, in die Vatikaan se arsenaal uitmaak.

Dit is hoe die verhaal in Europa begin. Hier by ons begin dit met ‘n demokratiese blanke verkiesing in Noordwes, maar om by daardie punt uit te kom impliseer grootskaalse geweld tussen die swart groepe, maar dan ook die uiteindelike ‘geheimsinnige verdwyning’ van die swartmense uit die visioenêre verhaal uit.

Die moontlike krisis sal die Christusgelowige blanke uit die aard van die saak ook baie direk raak, want ons is skynbaar bedoel om daarna aan die beurt te kom. Dit sal waarskynlik op ‘n stadium by die merkteken van die dier begin, en sal dan ontwikkel tot ‘n volskaalse jagtog op hulle wat weier om hom te aanbid ook. (Hierdie ‘aanbidding’ is na my mening bloot die openlike erkenning van sy koningskap en ‘reg’ om absoluut te heers. Sulke mense sal uit die aard van die saak as rebelle teen sy wêreldregering beskou word en sal vervolg en doodgemaak word.)

Ek haal weereens uit daardie artikels aan en onderstreep wat belangrik vir hierdie jongste een is. Ek wil ook weer daarop wys dat die begrip varkgriep geen rol gespeel het op die stadium toe die eerste artikel in hierdie trant geplaas is nie. Die aanhaling uit ‘Daardie spesiale dae in die lewe …’ van 19 April 2009 lees soos volg:

‘… Ek dink dit is kritiek-belangrik dat ons op hierdie punt moet verstaan dat die huidige regering in 1994 deur die ‘base in Londen’ ingeskoen is om ons Christelike waardes en stelsels te disorganiseer en af te breek. Dit sal dan uiteindelik deur die NWO vervang word. Die gewone swartman op straat besef dit maar (nog) net nie, maar as hierdie doel eers bereik is sal hulle net eenvoudig uitgewis word. Die HIV-virus, wat in ‘n laboratorium in Amerika geskep is, juis vir hierdie doel, is maar net één van die voortekens hiervan. Prins Phillip, wat koningin Elizabeth II se handperdjie op stal is, is byvoorbeeld ‘n uitgesproke ‘Eugenic’ wat in afbrekende terme na die Derde Wêreld se sogenaamde ‘modder rasse’ verwys. Dit is bekend dat hierdie mense die totale uitwissing van die Derde Wêreld beplan en goedpraat, en die swartmense kan aanvaar dat hulle deel van hierdie beplanning sal wees….’

‘…. Ek het in my eerste boek, Wat is die Waarheid? daarop gewys dat die swartmense rondom ons géén aantoonbare rol in die visioenêre verhaal speel nie. Ek het ook daar gesê dat ek nie weet wat van hulle word nie, maar hulle is as ‘n groep net eenvoudig nie deel van die verhaal as sulks nie. En ek weet nog steeds nie wat van hulle word nie. Dit is onwaarskynlik dat hulle mekaar in totaliteit sal uitmoor tydens die spanning wat ná die verkiesing móét kom, en dit is eweneens onwaarskynlik dat die vigspandemie skielik in alle erns sal toeslaan – nie tensy die vyand ook nog die een of ander dodelike siekte-virus op die rug van die HIV-virus oplaai nie. Is dit dalk hoekom voëlgriep as so ‘n groot bedreiging vir veral die Derde Wêreldlande beskou word? Is dit ook deel van die vyand se selfvervullende profesieë vir die wêreld waarna ek in Wat kom ná Siener? verwys het? ….’

Ek haal ook weer sekere toepaslike ‘kodewoorde’ uit Beeld van 26 April hier aan:

‘… Prof. Barry Schoub, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het gistermiddag gesê daar is nog min inligting oor die virus bekend.
Hy en ander kenners waarsku al jare dat die volgende Groot Griep, volgens statistieke, op hande is
….’

Maar so het ek ook op 3 Mei 2009 in ‘n opvolg artikel, Varkgriep en die visioenêre verhaal’ die volgende vraag aan die orde gestel:

Deel 2: Is daar iets meer sinister agter hierdie sluwe bemarkingsfoefie waarvan ons kennis behoort te neem?

Die rede hiervoor was dat navorsing getoon het dat 100% van Suid-Afrika se inwoners immuun is teen die medisyne waarmee varkgriep behandel word. Dit vergelyk met die 13 tot 16% van die res van die wêreld. Daar is nie ander medisyne beskikbaar teen hierdie virus nie, en soos Beeld op 28 April 2009 berig het is daar ook geen entstof teen dit beskikbaar nie. ‘n Mens kan maar net wonder of die statistieke hoofsaaklik nét na die swart groep verwys en of dit die blanke groep in sy geheel óók insluit. Die werklike angel van hierdie virus is natuurlik dat dit op die een of ander manier op die groep tussen sowat 16 en 35 jaar oud fokus. Dit besit dus die potensiaal om die hart en siel meteens uit enige volk te ruk, want dit tref die broodwinners van gesinne die ergste.

• Daar is geen entstof teen varkgriep nie en dit kan maande duur om een te ontwikkel en vervaardig.
(http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2508348,00.html)(/i)

Hierdie samelopende inligting noop my om te vra: Kan dit wees dat veral die swart groep in Afrika geteiken is om deur ‘n aangepaste ‘griepvirus’ uitgewis te word?

Dit is bekend dat die World Wildlife Fund baie bedrywig in Derde-Wêreldlande is, wat dan ook die gebied suid van die Soedan in Afrika insluit. Prins Phillip van Brittanje, hy wat so openlik ‘n uitgesproke ‘Eugenic’ is, het hierdie organisasie saam met prins Bernhard van Nederland gestig. Prins Bernhard, wat ‘n voormalige Nazi SS-offisier was, het ook die berugte ‘Bilderberg groep’ hierna gestig, en prins Phillip was een van die ‘elite’ wat gereeld die geheime ritualistiese byeenkomste (by) Bohemia Grove bygewoon het. Prins Phillip was self diep in die Nazi beweging gewortel, en vier van sy susters was met voormalige senior SS-offisiere getroud gewees.

Die World Wildlife Fund (WWF) besit (reeds) groot dele van Afrika se natuurlike habitat. Dit word van plaaslike regerings afgepers deur geld aan hulle te leen deur bemiddeling van die Internasionale Monetêre Fonds en/of Wêreldbank. Die sekuriteit wat vir hierdie lenings vereis word is uitgesoekte gebiede en/of hulpbronne binne daardie lande, en die voorwaardes van die lenings is só straf dat die eiendomme baie maklik en gou in besit van die WWF sal kom – dit waarborg in werklikheid sulke beslagleggings en oornames, want daar is geen manier waarop die skuldenaars die voorwaardes kán nakom nie. (Dit is natuurlik iets wat Phillip uitstekend pas, want hy is ook ‘n ywerige jagter. Hy is juis gedwing om as voorsitter te bedank nadat dit uitgelek het dat hy ‘n paar van die bedreigde Indiese tiers tydens ‘n jagtog vir sy trofee-kas geskiet het.)

Daar is ook aanduidings dat hulle ‘n geweldige groot deel van Afrika se (minerale) hulpbronne besit, of dan minstens beheer. Dit kan ook nie anders nie, want die vereistes vir die sekuriteit vir sulke lenings aan regerings sluit uit die aard van die saak die ondergrondse minerale regte in. Die baie bekende en omstrede wyle Tiny Rowland, voormalige voorsitter (en eintlik eienaar) van Lonrho, wat Cecil John Rhodes by geleentheid as sy held en rolmodel beskryf het, het skynbaar ook deel van hierdie (oorhoofse) gryp-organisasie gevorm. Sy myngroep het orals in Afrika minerale eiendomme en konsessies besit. Rowland is as ‘n uiterste gewetenlose opportunis beskryf wat niks in sy pad geduld het nie. Hy het van vroeg af reeds ‘geweet’ dat Afrika besig was om te verander en het sy volle aandag aan opkomende revolusionêre swart politieke leiers gewy om sy persoonlike doelwitte te bereik. En, soos Rhodes voor hom, wou hy besitreg oor Afrika vanaf Kaappunt tot in Kaïro vir sy organisasie se voordeel hê.

Die leser kan meer oor prins Phillip se bisarre idees gaan oplees by http://www.infowars.com/wannabe-virus-prince-philip-attacks-big-families/. Ek dink hy is (in elk geval) ‘n heel onsmaaklike karakter, maar die sieninge wat hy rondom die vermindering van die mens se getalle voorstaan is baie belangrik vir die doeleindes van hierdie artikel. Vier van sy uitsprake rondom die vermindering van mense is veral belangrik vir ons doeleindes hier. Dit kan gesien kan word by: http://www.prisonplanet.com/Pages/100604_prince_philip.html) Die onderstreepte dele is my beklemtoning.

(a) Preface to Down to Earth by HRH Prince Philip, Duke of Edinburgh, 1988, p.8.
‘…I don’t claim to have any special interest in natural history, but as a boy I was made aware of the annual fluctuations in the number of game animals and the need to adjust the ‘cull” to the size of the surplus population …’

(b) Address to Edinburgh University Union, Nov. 24 1969.
‘….We talk about over- and underdeveloped countries; I think a more exact division might be between underdeveloped and overpopulated. The more people there are, the more industry and more waste and the more sewage there is, and therefore the more pollution….’

En dan ook, as ek my eie ‘kodewoorde’ vir die doeleindes van hierdie artikel mag invoeg:

(c) Address at the Salford University Degree Ceremony, July 16, 1973.
‘….There may be disagreements about the time scale, but in principle there can be little doubt that the population cannot go on increasing indefinitely. Resources presently being used will not last for ever and pollution in its broadest sense, unless severely checked, is bound to increase with population and industrial activity…’

Hy openbaar dan sy (groep se) houding en mikpunte in die volgende absoluut skokkende woorde:

(d) A Question of Balance by HRH Prince Philip, Duke of Edinburgh, Michael Russel (Publishing) Ltd., 1982.
‘…It is curious how many philosophers from Plato to Keynes’ time have believed in and advocated the control of society by ‘philosopher kings.” According to Plato, ‘its kings must be those who have shown the greatest ability in philosophy,” but – realistically – he added, ‘and the greatest aptitude for war.” Such people may exist in the imagination and occasionally someone with the necessary qualities may briefly dominate the stage of history, but it is a naive appreciation of human nature to imagine that such processed paragons can be invested with the necessary powers and not be tempted to take advantage of their situation….’

Die Bilder berger Group beskou hulself as die ‘elite’ en dié leierselement van die mensdom, en hulle glo dit is hul goeie reg, nee méér nog, hul verantwoordelikheid om sulke besluite vir en namens die wêreld te kan maak!

Nou, hoekom sê ek hierdie dinge en hoe pas dit by die moontlike komende uitwissing van die grootste deel van Swart Afrika in? Rapport van vandag, 10 Mei 2009, dra ‘n baie interessante en insiggewende artikel wat oënskynlik nogal hiermee kan koppel. Ek onderstreep die belangrikste toepaslike ‘kodewoorde’ in hierdie artikel.

Met erkenning aan Rapport: (http://jv.news24.com/Rapport/Wêreld/0,,752-2459_2513878,00.html)
9/05/2009 20:52 – (SA)
Kissinger, Botha bepleit nuwe wêreldorde om aarde te red
Marlene Malan
Kaapstad

Hulle het in dieselfde jare onstuimige tye beleef om vrede tussen nasies te bewerkstellig.
En nou is dié twee wyses dit eens: ’n Nuwe wêreldorde en wêreldbeskouing is nodig om die aarde te red, want die mensdom staan by ’n kruispad vir oorlewing.
Dis die trant van die briefwisseling tussen mnr. Pik Botha (77), voormalige minister van buitelandse sake, en sy Amerikaanse ampsgenoot van die 1970’s, dr. Henry Kissinger (84).
Botha het aan Kissinger geskryf nadat ’n artikel van die Amerikaner onlangs in The Economist verskyn het.
In sy brief versoek hy Kissinger om ‘die kwantumsprong te gee’. Hy stel voor dat ’n liggaam op die been gebring word met die mag om regeringsoptrede wêreldwyd te reguleer. Die hooffokus moet wees om klimaatsverandering en die uitwissing van natuurlike hulpbronne te keer.
Dié liggaam, stel Botha voor, kan die Earth Rescue Council (Erco) genoem word.
‘Ons praat baie oor dié dinge, maar doen eintlik niks. Die mensdom is op die rand van uitwissing,’ het Botha aan Rapport gesê.
Kissinger, wat as nasionale veiligheidsraadgewer en minister van buitelandse sake onder press. Richard Nixon en Gerald Ford gedien het, is deesdae ’n aktivis vir ’n nuwe wêreldbeskouing.
Botha en Kissinger het mekaar in die laat 1970’s leer ken toe Botha ambassadeur in Amerika was.
Kissinger sê Amerika moet nuut oor ander lande dink, nuut oor kapitalisme dink en die reuse-gaping tussen hom en ander, minder magtige lande verklein.
Botha stem saam: ‘Nasies sal hul egoïstiese gulsigheid ter wille van oorlewing moet prysgee. Ons planeet se beperkte natuurlike hulpbronne is deel van die rede vir die klimaatsverandering.’
Hulle is dit eens dat die mensdom, wat voorheen net oor konflik tussen nasies gedink het, nou gewikkel is in ’n stryd van veel groter omvang.
Dié nuwe ‘oorlog’ is teen klimaatsverandering en aardverhitting, omgewings verwaarlosing en die vernietigende krag van kernwapens.
Veral Afrika steier nie net onder konflik tussen nasies wat die vrede en stabiliteit van die vasteland versteur nie, maar ook onder omgewingsvernietiging en die onregverdige uitbuiting van sy natuurlike hulpbronne, skryf Botha aan Kissinger.
‘Dit terwyl Amerika en Europa, met minder as 15% van die wêreldbevolking, die grootste deel van die wêreld se natuurlike hulpbronne verbruik. Ryk lande sal hul lewenstandaard weer in oënskou moet neem. Ek glo die dae van vrye markkragte is verby en dat ’n regverdige regulering van kapitaalbeleggings, produksie en verbruik in werking gestel sal moet word.
‘Miskien is dit die verdwyning van die spesie homo sapiens wat die wêreld nodig het vir oorlewing. Ons staan by potensieel die grootste historiese en dalk noodlottige kruispad in die mens se bestaan
.’
Hierop antwoord Kissinger: ‘Ons twee het saam onstuimige tye beleef, maar die uitdagings wat die wêreld vandag in die gesig staar, is baie groter as die krisisse waarmee ek en jy te doen gehad het. ’n Nuwe soort leierskap is nodig.
‘Ek voel gevlei deur jou voorstel dat ek die kapasiteit het om so ’n kwantumsprong te gee. Maar dis ’n taak vir die generasie wat die taal van tegnologie, wetenskap en wêreldekonomie praat.
‘In vandag se terme is ek ’n dinosourus. Ek vind vele lesse in die geskiedenis. Ek glo aan die reëls van beskaafdheid, maar ek vermoed my woorde bereik min van dié wat die reuse-uitdagings van die mensdom moet pak
….’ (Ek vind hierdie laaste opmerking skrikwekkend sinister!)

Ek wil nie woorde in mense se monde met hierdie artikel probeer lê nie, maar dit wat ek hier verstaan maak my sidder van angs. Soos dit hier staan lyk dit dalk nie so drasties en so erg nie, want dit kan maklik as blote retoriek afgemaak word. Die algemene trant van hierdie brief sluit egter net té sterk en té direk by prins Phillip van Brittanje se siening aan om gemaklik daaroor te kan voel. Die prins is volgens alle aanduidinge ‘n senior lid van die geheime organisasie bekend as die Illuminati, en ek dink ons kan aanvaar dat hy hom hier oor hul visie vir die wêreld uitspreek – hy praat namens die organisasie hier. As ‘n mens dit daarom saam met die ander inligting lees en by die groter prentjie begin inpas word dit iets skrikwekkend. As daar meer in Rapport se berig steek as wat daar staan kon die tydsberekening daarvoor kwalik beter gewees het. Dit pas dalk net té goed in by die skielike en dramatiese openbaringe rondom die varkgriep virus om nog ‘toevallig’ te kan wees. Hierdie is in elk geval ‘n ietwat vreemde en onvanpaste openbare vrystelling van iets wat eintlik nét as ‘n persoonlike briefwisseling beskryf kan word. Waarom word hierdie soort privaat briefwisseling so ongevraagd aan die groot klok gehang deur mense, en dit nogal deurwinterde internasionale diplomate, wat eintlik van beter behoort te weet? Weet of vermoed dié twee wyses dalk iets wat ons ander nog nie weet nie? Is hierdie ‘n vooraf-waarskuwing, of hoe moet ons dit verstaan? En is die artikel geskryf en veral versorg deur iemand wat dalk meer intieme agtergrondkennis het as wat opsigtelik hier deurkom? Ek weet nie, maar ek hou nogtans asem op vir wat die onmiddellike toekoms kan bring.

En ja, vir diegene wat nie in ons Koning se Bestuursmag wil glo nie, of selfs net daaraan twyfel, moet die toekoms inderdaad baie donker lyk. Feit is, dit is nie asof ons voor ‘n ‘of’ te staan gekom het nie, maar eerder ‘n ‘wat’. Wat gaan dit wees wat die toekoms in Suid-Afrika én die wêreld onomkeerbaar gaan verander; ‘n moordvirus, óf ‘n selfvernietigende swart revolusie … óf albei? Ons sit nou met hierdie dreigement van ‘n moontlike dodelike siekte-pandemie bo en behalwe ‘n oplaaiende swart nasionale politieke twis. Die ANC se gewone lede het hul stem redelik dik gemaak tydens die aanloop tot die pas-afgelope verkiesing. Daar was ‘n hele paar ernstige aanrandings op COPE-lede gewees, en selfs ‘n paar wedersydse sluipmoorde op leiers in aanloop tot die verkiesing. Die optrede van die ANC in die parlement op Woensdag 6 Mei 2009 voorspel dan ook niks goed vir die toekoms nie. Hulle, en dit het selfs senior mense soos Dr. Blade Nzimande ingesluit, het hulle op ‘n uiters kinderagtige kwaadwillige wyse skuldig gemaak aan die uitjouery en belediging van die nuwe COPE-lede in die parlement. Rapport van 10 Mei 2009 berig soos volg hieroor:

Dis oorlog tussen die ANC en Cope in die parlement.
En daar is veral vyf Cope-teikens in die ANC se visier: mnre. Mbhazima Shilowa, (Cope se onderleier en vroeër Gautengse premier), Smuts Ngonyama (vroeër ANC-woordvoerder), Mluleki George (voorheen adjunk-minister), Willie Madisha (vorige Cosatu-leier) en me. Anele Mda (Cope-jeugleier).
Elke keer dat enigeen van die vyf Woensdag op die eerste sittingsdag tekens van lewe getoon het, was dit duidelik dat daar ’n baie, baie slegte gesindheid van die ANC en sy ondersteuners in die galery jeens hul eertydse kamerade is.
… (http://jv.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2513886,00.html)(/i)

Hou moed en behou die geloof! Ons kan net sterker aan die anderkant uitkom, maak nie saak wat tussen hier en daar gebeur nie!

Groete,
Frik Pretorius.

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.