Slaan oor na inhoud

Art 038: 2009-11-20 Die Turk [en Engeland] se aanval op Duitsland – verdere inligting.

2013/09/10

http://www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria

Die media publiseer al meer inligting wat ons in staat stel om die aanloop tot die versteekte visioenêre verhaal beter te kan verstaan. Die jongste hiervan kom uit The Guardian, wat een van Brittanje se groter koerantgroepe is. Dit is nie nodig om ‘n lang verduideliking hiervan te probeer maak nie, want die koerantberig ondersteun wat ek wil sê baie duidelik. Die volledige berig kan gesien word by: http://www.guardian.co.uk/world/2009/nov/19/european-council-president-foreign-minister

Nou, as ons die gedwonge aanvaarding van Van Rompuy as president van die EU vir eers daar laat, dit is ‘n artikel op sy eie werd, sien ons dit gaan hier baie bepaald om Turkye se moontlike posisie in die EU.

‘… Merkel stated for the first time that she and Sarkozy intended to agree on a common candidate, believed to be the Belgian prime minister, Herman Van Rompuy.

‘Germany and France will reach an agreement together on this issue and not oppose each other,’ she said. ‘We are in contact on this … I am optimistic that we will reach a result tomorrow.’

Her comment came on a day when Germany’s ambassador to Belgium, Reinhard Bettzuege, broke ranks with the policy of silence on the presidency by stating Berlin’s support for Van Rompuy.

‘Chancellor Merkel and her government are behind Van Rompuy for this job,’ he told a Belgian newspaper, De Morgen.

The Belgian shares the strong opposition of both Sarkozy and Merkel to Turkey joining the EU. In a debate in the Belgian parliament five years ago, Van Rompuy made plain that he viewed the EU as a Christian club with no room for a large Muslim country such as Turkey.

‘Turkey is not a part of Europe and will never be part of Europe,’ Van Rompuy said, years before he became Belgian prime minister. ‘The universal values which are in force in Europe, and which are also fundamental values of Christianity, will lose vigour with the entry of a large Islamic country such as Turkey.

The EU is divided over Turkey, with France, Germany, and Austria leading hostility to membership, while Britain, Sweden and east European countries are strong supporters of Turkey in Europe.

Van Rompuy’s antipathy to Turkey earned him support yesterday for the EU job from the Vlaams Belang, or Flemish Interest, party on the extreme anti-immigrant right wing in Flanders.

But news of a Franco-German alliance triggered anger in some European capitals.

‘We’re not having a replay of the bad old days when the big guys fixed all the deals,’ said a Polish official.

Poland campaigned for greater glasnost, to open up the contest for the key jobs. But they have now conceded defeat, although they claim to have the support of 10 of the 27 EU countries. ‘We had a go,’ said the Polish official. ‘We wanted a degree of transparency to address the sceptics. And lots of countries feel that these appointments are just being made over their heads. There’s always been a suspicion about the way these deals are done in the EU. This is a genuine example. It puts everyone to shame.’

A senior EU official said: ‘A joint Franco-German candidate will trigger a counter-reaction from the Brits and the east Europeans.’ With tempers worsening over the way Europe’s first council president and foreign minister are to be appointed, hopes slumped that there would be any quick breakthrough today…’

Die situasie rondom Turkye se toelating tot die EU moet op hierdie stadium besig wees om ‘n al hoe taaier tameletjie vir die deelnemende lande te word. Ons kan duidelik vanuit die berig hierbo sien dat daar ernstige tweespalt oor Turkye se toelating tot die EU heers onder die lidlande. ‘n Mens kan egter ook dink hoe negatief die impak hiervan binne Turkye op politieke stabiliteit moet wees. En hier moet ons ook in ag neem dat die groep lande wat teen Turkye se toelating gekant is die afgelope klompie jare ‘n soort politieke skrikbewind teen Turkye gevoer het. Hierdie veldtog staan skynbaar direk onder beheer van die Vatikaan nogal!

Dit is so dat enige land wat by die EU wil aansluit aan sekere Europese vereistes en voorwaardes sal moet voldoen. Een hiervan, en waarskynlik die basis van alle ander vereistes, is dat dit minstens ‘n nominale Christen-demokrasie sal moet wees. Turkye is egter nie ‘n vrye en demokratiese Christenland nie, en kan daarom onmoontlik nie aan selfs die mees basiese vereistes wat gestel word voldoen nie. En tog het die sterker lande in die EU ‘n kat en muis speletjie oor ‘n tydperk van dekades met Turkye gespeel. Hulle het voorgegee dat hulle Turkye sal toelaat, maar het die doelpale telkens op ‘n manier verskuif wat Turkye erg moes gefrustreer het. En hier kom die EU en vee einde ten laaste Turkye se hoop op deelname summier van die tafel af deur juis Herman Van Rompuy as eerste president van die EU aan te stel! Ons kan maar net dink wat die fanatieke fundamentaliste in Turkye en Iran van hierdie jongste afwysende belediging gaan maak!

Hierdie ‘sterker lande’ verwys baie bepaald na Duitsland en Frankryk, maar wat nêrens ooit hardop gesê word nie is dat dit juis die Rooms Katolieke faksies in elke Europese land is wat teen Turkye se toelating gekant is. Daar word bloot in nominale terme na (blanke) Europa se ‘Christelike agtergrond’ verwys sonder om té spesifiek daaroor te wees.

En dan is daar natuurlik hierdie een sinnetjie wat die direkte verband tussen die Turk en die bose deel van Engeland se regering baie duidelik uitlig:

‘… The EU is divided over Turkey, with France, Germany, and Austria leading hostility to membership, while Britain, Sweden and east European countries are strong supporters of Turkey in Europe…’

Die versteekte visioenêre verhaal dui aan dat die Turk wat op Duitsland gaan aanval saam met die Engelse regering en nog drie Indiër terroristegroepe werk. Hierdie aanval op Duitsland is die ‘amptelike’ beginpunt van die Europese deel van die visioenêre verhaal, en die Turk doen in hierdie opsig eintlik die vuilwerk namens die Britse regering. Ons sien egter duidelik in die aanhaling hierbo dat Engeland en Turkye reeds op hierdie stadium werklik ‘baie goeie’ vriende moet wees, want die woordjie ‘strong’ hierbo hoort nie regtig in hierdie berig nie.

‘n Mens se eerste reaksie is dat die joernalis sy hand ‘n bietjie oorspeel in die berig tot jy agterkom dat dit eintlik ‘n baie sterk diplomatieke boodskap is wat hier uitgestuur word. Hy waarsku (die Rooms Katolieke faksies in Europa) dat die Engelse regering en die Turke meer as net goeie vriende is, hulle is ook vennote wat mekaar sal ondersteun!

Ons het sekerlik nog ‘n entjie om te gaan voor die oorlog begin, maar die opbou daartoe word darem al hoe duideliker.

Ons weet egter nie op hierdie stadium of die Turk na ‘n terroristegroep verwys, óf dalk na die Turkse staatsgesag as sulks nie. Ek het nogal ‘n idee dat dit dalk eerder ‘n terroristegroep sal wees, want Siener beskryf sy volgelinge as Boesmans (met kaal bolywe). Die feit dat die Turk se volgelinge na Boesmans lyk impliseer dus dat sy ‘troepe’ eerder van Mongoliese afkoms sal wees as wat hulle rasegte Turke sal wees. Mongolië is ‘n arm land wat tussen Rusland en China lê, en die voormalige Sowjet-Rusland en Sjina was vir dekades lank in ‘n lae-profiel oorlog gewikkel oor die beheer van hierdie gebied. Die feit van die saak is egter dat daar ‘n bepaalde verhouding tussen Rusland en Mongolië geheers het, en dit wys moontlik in die visioenêre verhaal. Dit is egter natuurlik óók waar dat daar ander gebiede in die voormalige Sowjet Rusland was waar mense van Mongoliese afkoms gewoon het.

Die moontlikheid dat die Turk ‘n groep Mongole sal aanvoer word versterk deur die feit dat die Turk vroeg in die verhaal gedwing word om vanaf die suidelike deel van Pole na die aangrensende noord-westelike deel van ou-Rusland te vlug. Hy hergroepeer daar en keer later tot die verhaal terug, wat natuurlik beteken dat die Russe hom op hul grondgebied ‘verdra’. Ons moet dit afspeel teen die feit dat Duitsland op ‘n stadium in die verhaal op Russiese grondgebied oortree en dat dit amper tot ‘n oorlog met die Russe lei. Die Duitsers onttrek nét betyds, maar die Turk word toegelaat om eers op Russiese grondgebied te hergroepeer voordat hy wéér op die Duitse en Amerikaanse soldate in Europa kom aanval.

Groete,
Frik Pretorius.

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: