Slaan oor na inhoud

Art 043: 2010-02-01 ‘n Streep in die stof – ‘n finale skeiding in die ANC-alliansie?

2013/09/10

http://www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Motlanthe lays down the law – Deputy president tells leaders to refrain from infighting …..wat gebeur hierna?

Dit hét waarskynlik tyd geword dat een van die topmense in die ANC die leisels moes begin styftrek om die baie binnegevegte vir posisionering hok te slaan. Dit sal egter baie interessant wees om te sien wat hierna gebeur. Wie gaan hieraan gehoor gee en wie nie? Of moet ons miskien eerder vra: Hoe gaan die verskillende faksies die situasie hierna vir eie (politieke) gewin probeer uitbuit, en hoe gaan dit gedoen word sonder om ontydig, of is dit dalk eerder voortydig, in openlike geweld te ontaard.

‘n Mens kan in hierdie opsig nie help om te wonder waarom die betrokke joernalis en subredakteur van die koerant die brokkie nuus hieronder juis op hierdie wyse aangebied het nie. Die Adjunk-Staatspresident, Mnr. Kgalema Motlanthe, se beroep in hierdie berig is oënskynlik (net) daarop gemik om die onverkwiklike toutrekkery vir die premierskap van Gauteng hok te slaan, maar die berig as sulks adem eintlik ‘n heel ander atmosfeer uit. Hoekom, byvoorbeeld, word sy beroep (ook) juis op hierdie stadium, ná al die baie stof opskoppery en wedersydse beledigings, so algemeen gestel om alle leiers in die ANC in te sluit. As dit werklik sy/hulle erns was om die getwis hok te slaan sou hulle lankal die erge openbare bakleiery tussen die topmense in die SAKP en die leier van die ANC-jeugliga stopgesit het. Malema is nog ‘n baie jong man en hy beledig ou-ou kamerade net soos hy wil in die openbaar – sonder om in die bek geruk te word. En hoekom verskyn juis mnr. Julius Malema saam met Motlanthe op die foto by die berig? Wat het hy met hierdie spesifieke probleempunt binne die groter ANC te doen? Dit is natuurlik bo en behalwe die feit dat hy nét beskryf kan word as ‘n geweldige irritasie vir die ANC-alliansie!

Die berig sou mos meer toepaslike trefkrag gehad het as me Nomvula Mokonyane, die huidige premier van Gauteng, eerder saam met die adjunk president daarop verskyn het. Of dui hierdie foto aan dat sy nie meer welkom is nie? Die opsigtelike grondrede vir hierdie berig draai per slot van sake rondom Mokonyane.

Toegegee, al klink dit baie vreemd, Mokonyane was dalk nie noodwendig beskikbaar nie, maar dan moes die koerant mos nie die flater begaan het om juis Malema saam met mnr. Motlanthe te plaas nie. Of probeer die koerant, indien nie die topleiers van die ANC self, hiermee ‘iets’ tussen die lyne deur aan ons sê? Is die nasionale troonopvolger werklik reeds gekies, en was die geskarrel vir die premierskap van Gauteng bloot ‘n geleentheid om dit (weereens ‘so tussen die lyne deur’) openbaar te maak? As dit die geval is, is dit baie slim gedoen, want dit betrek mnr. Zuma nie persoonlik nie en niemand kan dus sy onmiddellike kollegas van bybedoelinge beskuldig nie. Hy kan nog altyd sê dat die adjunk darem nie die leier is nie en daarom moet mense nie te veel in die foto wil inlees nie.

Maar dit is natuurlik die ander sy van hierdie saak wat ons nie moet miskyk nie. Dit spreek vanself dat geen organisasie regtig enige onmin binne sy leierskorps kan bekostig nie, en dan veral nie op die skaal en hoë vlak wat die regerende ANC-alliansie die afgelope tyd beleef het nie. Dit is ‘n kanker wat so gou moontlik deur die topleiding vasgevat en uitgesny moet word. En tog is hierdie ‘n verskynsel wat hoe langer hoe sterker, en eintlik al hoe meer ongebreideld na vore begin kom in die ANC. Hierdie is inderdaad ‘n baie ernstige saak, wat die vraag laat ontstaan waarom die hoofleier van die ANC én die RSA nie persoonlik in die twiste ingryp nie. Dit kan nie wees dat hy homself as verhewe bokant hierdie dinge beskou nie. Ek glo hy en sy raadgewers verstaan die gevaar van die getwis laer af in die leiersorde nie, want dit gaan suiwer om die beheer oor die ANC as nasionale regering! Mnr. Motlanthe is ‘n baie senior leier, maar hy is darem nog steeds nie die topman nie en dit skep ongelukkig ‘n ietwat kunsmatige gaping wat maar net verdere misbruik van die (politieke) stelsel moontlik gaan maak. Die indruk wat hierdeur geskep word is dat die topleiding self betrokke is by die ‘oplyn’ van opposisie om ‘n finale uitklophou op hulle te kan plant.

Ek mag verkeerd wees, maar ek dink die binnegevegte in die regerende ANC gaan nou éérs interessant begin word!

Groete,
Frik Pretorius.
———————————————————————————————————————
http://www.timeslive.co.za/news/article285444.ece
Motlanthe lays down the law
Deputy president tells leaders to refrain from infighting

Jan 31, 2010 10:59 PM | By AMUKELANI CHAUKE

Deputy President Kgalema Motlanthe has called for unity amongst ANC members who embark on ‘character assassinations’ of each other.

This follows reports of a plot to unseat the current Gauteng Premier Nomvula Mokonyane as the race for top positions in Gauteng and other provinces begins.

The Gauteng provincial ANC will hold elections for the new leadership in May.

In his address at the ANC’s provincial general council at the City Hall in Johannesburg yesterday, Motlanthe lashed out at lobbyists and encouragedcandidates to follow ‘a set of guidelines’ on electing their leaders in May.

‘No members of the provincial executive council should go to branches and ask them to nominate him or her. Let the members be the ones that will nominate and elect you, and then you can lead with a clear conscience,’ he said.
Paul Mashatile, the deputy minister of arts and culture, and ANC chairman in Gauteng, denied there was a plot to unseat Mokonyane.

Mashatile was accused of plotting the premier’s demise. Mokonyane is currently his deputy in the province.

‘There are rumours in the newspapers that there is a plan to unseat the premier. As far as we are concerned as the PEC, there is no such plan,’ said Mashatile.

‘You (leaders) will only be removed when you do not do your job. If you do (do your job), don’t worry about these rumours,’ he said.

While he denied alleged infighting in the province over who the next chairman would be, he said party members were free to lobby for their preferred candidate to take office.

The ANC’s provincial spokesman Dumisa Ntuli said the party would announce candidates in April.

Einde van aanhalings.

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: