Skip to content

Art 045: 2010-03-08 Waarmee is Engeland en El Kaeda in Suid-Afrika besig?

2013/09/10

www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria
 
Vorm El Kaeda deel van ‘n Britse valsevlag operasie in Suid-Afrika?
 
Lesers wat my skrywes ken* sal weet dat ek baie klem lê op die aanloop tot die verhaal in Siener se visioene.   Dit is nog steeds die enigste manier om te kan bepaal hoe ver ons nog het om te gaan voordat die verhaal se beginpunt aanbreek.  So dui die verhaal aan dat Engeland ‘n baie groot militêre mag in Suid-Afrika sal ontplooi as deel van die aanloop tot die verhaal.  Ek het tot op hierdie stadium gedink dat die mees logiese prikkel hiervoor ’n moontlike swart burgeroorlog kan wees.  Ek het nog nie hierdie moontlikheid heeltemal verwerp nie, maar dit lyk nou of daar dalk ‘n nóg beter rede vir die Britte se koms kan bestaan.
 
(* Eerste keer lesers moet verstaan dat daar ‘n lang verhaal in Siener se visioene versteek is, en dat sekere dinge in plek moet kom voordat dit aan die gang kán kom.  Die verhaal begin byvoorbeeld ‘amptelik’ met ‘n algemene blanke verkiesing in die huidige Noordwes.  Dit impliseer dat Noordwes as ‘n Volkstaat aan die ‘Transvaalse deel’ van die Boervolk toegeken gaan word.  Die Noord-Vrystaat word insgelyks ook as so ‘n Volkstaat aan die Vrystaters toegeken, en in albei gevalle moet daar noodwendig ‘n voorafgaande administratiewe proses plaasvind om dit moontlik te maak.  Die ontplooiing van twee groot groepe Britse soldate as ‘vredestaakmagte’ in Afrika vorm ook deel van hierdie vooraf prosedures.)
 
Ek het onlangs ‘n baie interessante gesprek met my korrespondent Dawie van AKSKA gevoer.  Dit het gegaan oor inligting wat daarop dui dat ons tans ‘n grootskaalse toestroming van jong Moslem-Pakistani mans na Suid-Afrika ondervind.  Hulle kom werk hier in klein winkeltjies om hulself te kan onderhou, en kom blykbaar hierheen om ‘opleiding’ as Imam’s (Islamitiese priesters) te ondergaan.  Dit kan egter nie waar wees nie, want die agtergrond en opleidings geriewe hiervoor is baie beter in Pakistan as in Suid-Afrika.  Hierdie mense is verder almal skynbaar militêr opgelei, en die koppeling tussen hulle en El Kaeda is blykbaar ook duidelik genoeg om ons veiligheidsmense baie onrustig te maak.  Die ‘teologiese kursusse’ wat hulle hier kom volg blyk dus bloot ‘n dekmantel te wees vir iets anders.
 
Ek heg dan ook ‘n dokument hieronder aan wat betrekking het op die dinge waarop Dawie my aandag gevestig het.  ‘n Mens hoor allerhande gerugte oor ons regering se betrokkenheid by ‘verkeerde lande’, internasionale terrorisme, ensovoorts, maar ons weet nie altyd waaroor dit gaan nie.  Inligting soos wat hieronder verskyn word egter nie regtig van ons ‘weggehou’ nie, dit word bloot net deur ons liberalistiese media doodgeswyg en ons sien of hoor daarom niks daarvan nie.  Daar word wel oordadiglik aandag geskenk aan allerhande skinder- en ander stinkstories oor ‘bekende kunstenaars’ se privaat lewens, en die werklike belangrike dinge verdwyn so stilweg agter hierdie stof.  Die hartseer vir my hierin is dat dit juis ons eie Afrikaanse Media 24 is wat hierdie dinge doen, want hulle beheer ons Afrikaanse media.
 
As ek hierdie dokument so bekyk is ons regering tot oor sy ore toe betrokke op die internasionale terroriste front.  Hierdie dokument het, toegegee, nie veel met die Pakistanis as sulks te doen nie, maar dit werp meer lig op die wyse waarop internasionale terrorisme sy tentakels tot in ons eie land versprei het.  Die visioenêre verhaal dui aan dat die internasionale terrorisme die absolute sleutelrol speel in die uitvoering van die vyand se bose beplanning in Europa.  Dit wil al hoe meer vir my lyk of dit in Afrika ook die geval gaan wees, en die vraag word al meer bloot een van hoé hulle dit hier by ons gaan doen.  Tot dusvêr het ek aanvaar dat dit (net) ‘n swart burgeroorlog kan wees met die uitsluiting van enigiets anders.  Ons kan egter ook duidelik sien dat vriend Dawie se Pakistanis moontlik nét so ‘n belangrike rol hierin kan speel.  El Kaeda, en wat hulle ookal hier beplan, kan dalk ‘n beter trekpleister wees vir Brittanje se soldate as selfs ‘n swart burgeroorlog.

Dawie en sy vriendekring op AKSKA het onlangs ‘n lang storie oor internasionale valsevlag operasies gehad.  ‘n Valsevlag operasie is die skep van ‘n valse gebeurtenis om ‘n ander koverte operasie weg te steek.  Daar is byvoorbeeld mense wat beweer dat El Kaeda nie werklik bestaan nie, en dat dit ‘n skepping van oud-pres. Bush Jnr. was om ‘n internasionaal aanvaarbare rede te vind om Afghanistan binne te val.  Die VSA het hierna hul poging langs diplomatieke kanale uitgebrei om hul Europese kollegas binne die NAVO-verbond óók by die poging in te trek.  Dit het natuurlik later ook gelei tot die inval en gesamentlike beheer van Irak.  Die doel agter al hierdie vertoon is weer om Iran te isoleer en plat te loop, want Iran is op hierdie stadium letterlik die bron van alle kwaad op internasionale gebied!  Sien u, dit is een valsevlag operasie op ‘n ander om telkens die uiteindelike doelwit weg te steek.  Die uiteindelike doelwit is natuurlik wêreldoorheersing om die Ryk van die Antichris finaal op te rig, en elkeen van die groot lande wil natuurlik baie graag gasheer speel vir die Antichris!
 
Wat die aanval op die TwinTowers betref dink ek dit is nie juis meer ‘n staatsgeheim dat Bush en sy eie mense daarvoor verantwoordelik was nie.  Daar is filmmateriaal beskikbaar wat ook baie duidelik aandui dat die Amerikaanse lugmag minstens deel aan die aanval op een van die toringgeboue gehad het.  Daar is ook baie sterk, feitlik onbetwisbare inligting beskikbaar wat impliseer dat spesialiste die oorblywende stukke van die twee torings met springstof laat inplof het ná die geboue begin brand het.  Dit is gedoen om die getuienis van wat werklik gebeur het toe te smeer.  Hierdie is natuurlik ‘n prosedure wat op sigselwers weke in beslag neem om opgestel te kan word, indien nie ‘n paar maande nie.  Hierdie beplande voorbereidings is dus geruime tyd vóór die aanval reeds gedoen!  Die ‘vliegtuig’ wat in die Pentagon vasgevlieg het was uiteindelik toe ook nie ‘n vliegtuig nie, maar volgens alle aanduidinge wel ‘n baie groot missiel wat op die Pentagon afgevuur is.
 
Ek glo (nou) dat Dawie en sy gespreksgenote onwetend so al op die randjie van die waarheid rondom die Pakistanis in Suid-Afrika geloop het, en dat ons wel kan aflei waarom hulle ons land so toesak.
 
Ek begin hierdie situasie al hoe meer as ‘n moontlike valsevlag operasie van die (Britse) vyand se kant te sien.  Die visioenêre verhaal impliseer dat ‘n baie groot groep Britse soldate éérs na Suider-Afrika moet kom voordat dit kan begin.  Die sneller wat my onbewustelik aan die dink gesit het hieroor is die feit dat Engeland nie maar net één groep soldate na Afrika stuur nie, maar dat daar by implikasie twee van hulle gelyktydig na Afrika sal kom.  Geen land kan maar net maak soos hy wil nie en enige land het internasionale diplomatieke instemming nodig om so ‘n militêre mag in ‘n ander land of wêrelddeel te gaan ontplooi.  Dit is dus nie ‘n proses wat weggesteek kan word nie, en almal sal weet dat dit besig is om te gebeur sodat dit nie dalk ‘n nóg groter geskil aan die brand kan steek nie.  Ek kan daarom nie dink dat Engeland internasionale instemming sal kry om soldate in Oos-Afrika te gaan ontplooi net op grond van ‘n swart burgeroorlog in die RSA nie!  Die bedreiging wat hulle met so ‘n militêre ontplooiing probeer stuit sal uit die aard van die saak baie wyer moet uitkring as nét dit.  Daar is op hierdie stadium net een gemene deler in die hele wêreld wat dit kan doen, en dit is die bedreiging van internasionale terrorisme – in hierdie geval El Kaeda, dus!
 
Ek dink dit is op hierdie punt baie belangrik om te verstaan dat ons geen teken van El Kaeda se moontlike optrede in Suid-Afrika in die visioene het nie.  Ek het, trouens, in my eerste boek <i>Wat is die Waarheid?</i> by <b>(4.1.1.) Algemene agtergrond>/b> gesê:  ‘<i>…  Daar is geen aanloop tot die oorlog nie en dit is byna asof die visioenêre verhaal ‘n sekere voorkennis van ons verwag om te kan verstaan waaroor dit alles gaan.  …</i>’   Ons moet dus die omgewing voortdurend monitor om moontlike raakplekke en beginpunte te probeer identifiseer, en daarom hierdie artikel.  Ek kan op geen manier ‘bewys’ dat dit presies so gaan gebeur nie, maar ek kan wel voortydig sê dit kán gebeur, en dat dit op grond van sekere logiese redes waarskynlik sál gebeur.  As dit nie gebeur nie het ons nog niks verloor nie, maar as die voortekens wel begin wys kan ons betyds gereedmaak om ‘n katastrofe te vermy.  Dit is hoekom die aanloop tot die visioenêre verhaal vir my so kritiek-belangrik is en hoekom ek voortdurend daarop hamer!  Al die vooraf-waarskuwings wat ons nodig het om betyds van die gevaar te kan padgee lê in die aanloop tot die verhaal weggesteek! (En ja, die klem behoort juis op vermyding te val eerder as op konfrontasie, want ons is nie toegerus en gereed vir so ‘n geveg nie.  Daar is geen ander manier om die vrouens en kinders uit die pad van die brullende leeu te kry nie, en die manne sal wel die kans kry om die vyand te help verpletter.  Maar hierdie laaste gebeur egter eers naby die einde van die verhaal.)
 
Een van hierdie twee groepe Britse soldate word in Suid-Afrika ontplooi en Pretoria figureer baie duidelik in hierdie operasie.  Ons vind eers later in die verhaal uit dat daar ook troepe in Bulawayo in Zimbabwe ontplooi sal word.  Ons lees egter nêrens in die verhaal hoe hulle fisies hier land en na Pretoria en Bulawayo beweeg nie, en hulle is maar net hier as die verhaal by die verkiesing in Noordwes begin.  Ek het in <i>Wat is die Waarheid?</i> aangedui dat die Britse hoofmag by Pretoria in twee verdeel en dat een daarvan na Kimberley gaan.  Ek het ook daarna verwys dat die Britte ‘n afdeling soldate na Warmbad in Namibië sal stuur waar hulle aan ‘n valskerm operasie sal deelneem om die Duitsers vanaf Lüderitzbaai te probeer keer.  Ek het ook elders op hierdie artikelblad ‘n artikel geplaas wat oor die drie Duitse Blou Briewe (drie Duitse siwwe) handel wat by Kaapstad sal optree tydens die verhaal.  Hierdie drie Duitse siwwe, oftewel militêre eenhede, verdryf die Britse soldate by Kaapstad en hulle vlug daarna na Vereeniging.
 
Ons lees insgelyks ook op geen stadium van die ontplooiing van die ander groep Britse soldate in Duitsoos nie, maar ons lees bloot (en ook so in die verbygaan) dat die Duitsers hulle daar gaan uitrook en verjaag.  Die voormalige Duitse kolonie in Oos-Afrika is na die Eerste Wêreldoorlog opgeneem in die gebied wat ons vandag ken as Zaïre.  Maar, hierdie gebeure vind plaas in dieselfde tydgleuf as wat die Duitse skepe in Lüderitzbaai aankom en daarvandaan na Kaapstad vaar.  Die drie Duitse siwwe  waarna ek hierbo verwys word deur hierdie skepe vanaf Lüderitzbaai by Kaapstad afgelaai.  Die ander Duitse vloot vaar bloot om Kaapstad tot by Duitsoos – en ons kan dit duidelik aflei uit die beskikbare visioenêre inligting wat ons het.  Die rede waarom Dawie se verwysing uiteindelik na ‘n paar dae tot my kon deurdring en die regte klokkie laat lui het is dat die voormalige Duitsoos duisende kilometers van die RSA af geleë is en dat dit ook aan die Soedan grens.  En dit is sommer ook die sleutel tot die rede vir die Pakistanis se belangstelling in Suid-Afrika.  Die versteekte doel agter die Islam se optrede is om (ook) die beheer oor Suidelike-Afrika te verkry!  Die Islam beheer die hele Noord-Afrika van Wes tot Oos, en na die suide so wyd as tot by die Soedan (en oos en wes van kus tot kus).  Dit is bekend dat hulle besig is om Europa deur sluipbesetting oor te neem, maar dit is ook al in die ‘Nostradamus-kringe’ genoem dat hulle gereedstaan om Europa militêr binne te val.  Noord-Afrika is die ideale basis en afspringplek hiervoor, en dit sal hulle uitstekend pas om die minerale rykdomme van die suidelike deel van Afrika, asook die strategiese seeroete om die Kaap te kan beheer.  Die teenwig hiervan is dat Engeland bepaalde gevestigde belange in die suidelike helfte van Afrika het, en hulle sal noodwendig soldate moet ontplooi om hul belange te beskerm.  Engeland het dus reeds ‘n baie goeie internasionale legitieme rede om soldate in Afrika te kom ontplooi!
 
Ek het die gedagtes wat Dawie se terloopse opmerking by my wakker gemaak het opgevolg, en het (na ‘n paar jaar) weer by ‘n baie interessante storie uitgekom.  Ek kon onthou dat Amerika so ‘n paar jaar gelede aansoek gedoen het by die SAOG-lande (SADEC) om 1,500 spes-mag troepe by hul lugmagbasis in die suide van Botswana te stasioneer.  Die idee hiermee was om ‘n militêre eenheid in Suider-Afrika te ontplooi wat El Kaeda opleidingsbasisse in Afrika kon uitrook en vernietig.  Hulle moes noodwendig diplomatieke instemming van al die lande in Suider-Afrika verkry om dit te kon doen.  Ek kon onthou dat hulle wel aansoek gedoen het, maar sovêr ek weet het ons nooit weer daarna hiervan gehoor nie.  Ek het begin soek en het amper dadelik gevind wat ek wou geweet het.   Die eerste Google-soek wat ek gedoen het was:  (<i>USA troops in Botswana</i> en dit het my gebring by http://www.sundaystandard.info/search/search_item.php?NewsID=1777  (US army to set up permanent base in Botswana – claim by Sunday Standard Reporter 22.07.2007 3:57:41 P).  Die tweede soek was na (i)American troops in Africa(/i), en dit het my gebring by http://www.csmonitor.com/2006/0109/p01s04-woaf.html  (To fight Al Qaeda, US troops in Africa build schools instead.)  Amerika het inderdaad al sy durf verloor, daar is van hul bekende (of dalk eerder berugte?) politieke wilskrag net mooi niks oor nie!
 
Nou, hoekom sê ek dat dit na alle waarskynlikheid ‘n Britse ‘valsevlag operasie’ sal wees?  Omdat ons tans baie dieselfde soort ‘ongerymdhede’ as dit by Engeland se verhouding met die Islam kom.  Dit kan nie Amerika (alleen) wees nie, want hulle het net eenvoudig nie dieselfde uitgebreide belange as Engeland in Afrika nie.
 
Die Engelse is tans besig om hulself in Europa te posisioneer om ‘n verrassingsaanval teen Duitsland te loods.  Die verhaal dui aan dat hulle ‘n Turkse terroristegroep as lokaas hiervoor gaan gebruik.  Hier moet ons baie duidelik verstaan dat enige terroristegroep vanaf Turkye nét deel van El Kaeda kán wees!  El Kaeda is ‘n Moslemgroep wat sulke noue bande met die regering van Iran handhaaf dat dit eintlik niks meer as net ‘n verlengstuk van die (Iranese) <i>Muslim Brotherhood</i> se militêre vermoë is nie.
 
Maar dit is nie al wat hier van belang is nie, want dit het ook na vore begin kom dat die Turkse regering baie sterk vanuit Iran beïnvloed word!  Hierdie is geen geheim in diplomatieke en wêreld-politieke kringe nie, en so ook die feit dat die Britse en Turkse regerings nieteenstaande hierdie fundamentalistiese Moslem-beheer ‘baie groot vriende’ is nie.  Die absolute teenstelling hiervan is dat die Engelse saam met die ander NAVO-lande teen die Moslems in Afghanistan en Irak optree.  Die visioenêre gebeure in Europa, (waar die Engelse, die Turk, asook drie ander Indiër terroristegroepe saamwerk teen Duitsland en Amerika) dui egter vir my aan dat ons onsself nie moet blindstaar teen dit nie.  Dit is, met ander woorde, maar net nog ‘n Britse valsevlag operasie en ons moenie toelaat dat die Engelse ons daarmee om die bos lei nie.
 
Dit is inderdaad ‘n vreemde soort vriendekring hierdie, indien nie ‘n heeltemal bisarre een nie!  Vir my beteken dit maar net dat die ‘toevloei van Pakistanis’ uiteindelik deel van so ‘n Britse valsevlag operasie in Suid-Afrika kan wees.  Die ‘toevallighede’ in hierdie gebeure is net té groot om nog steeds summier misken te kan word.   Die vraag wat ons uiteindelik hier sal moet antwoord is of dit regtig saak gaan maak waarom die Britte twee militêre vredestaakmagte na Afrika sal stuur.  Ek glo nie, want dit is nie die rede vir hul koms wat werklik belangrik is nie maar wel die feit dat hulle sal kom.
 
Groete,
Frik Pretorius.
———————————————————————————————————————
http://www.cips.up.ac.za/files/pdf/ebriefing/15-2008_South_Africa_-_Playing_
Ostrich in the Face of Global Jihad by Hussein_Solomon.pdf;
South Africa: Playing Ostrich in the Face of Global Jihad By Hussein Solomon.

(NOTA: Die skrywer van hierdie artikel is Prof. Hussein Solomon, en hy ‘n lektor in die Departement Politieke Studies, UP.  Hy is ook die Direkteur van die Sentrum vir Internasionale Politieke Studies by UP.)
 
In recent years there has been evidence that South Africa is increasingly playing a key supportive role in global jihad networks, from providing safe houses, to the movement of funds, to the provision of identity documents to terrorists, and reports of paramilitary camps providing training to local recruits. Indeed, as early as 1996 Israel lodged a formal complaint with the South African government regarding the existence of five Hezbollah training camps in the country. In March last year, Barry Gilder, then coordinator of South Africa’s National Intelligence Coordinating Committee (NICOC), also acknowledged the possible existence of small-scale training camps used by terrorists in the country. In the same month, a Johannesburg magazine exposed the existence of a jihadi facility outside Port Elizabeth, where instructors provided students with combat training as well as training in illegal high-calibre handguns, R1 rifles and AK-47s. This camp, it seems, ceased activities following a botched surveillance operation.
 
In 2002, the Wall Street Journal reported concerns amongst security analysts that Islamic extremists, including Al Qaeda, were using South Africa’s open society as a safe haven to raise funds, launder money and plan terror operations. The arrest of the person responsible for the US Embassy bombing in Tanzania in 1998 – Khalfan Khamis Mohamed – in a house in Cape Town illustrates the point of South Africa becoming a safe haven quite well. Indeed, Barry Gilder noted that terrorists with links to Afghanistan, Iraq and Pakistan were increasingly spending time in South Africa. In October 2004, the CIA identified 29 Al-Qaeda members in management and support positions operating from Pakistan and Iraq to South Africa. The reason for the dispersed nature of the command and control structures of Al Qaeda is understandable following the loss of their base in Afghanistan and the loss of some of their most senior members. John Solomon, writing in Terrorism Focus also makes clear why international terrorists find South Africa so attractive, ‘With lawlessness, government corruption and a wide range of preferred terrorist financing methods available – al-Qaeda could indeed partake in illicit and unregulated trade in southern Africa to sustain itself.’

This point made by Solomon can be illustrated by numerous examples. The case of Yassin al-Qadi, a US-designated terrorist financier who invested US $3 million for a 12 percent interest in Global Diamond Resources that mined diamonds in South Africa is but one such example. He also controlled New Diamond Corporation, an offshore company that had mining interests in South Africa. The case of Abd al-Muhsin al-Libi, also known as Ibrahim Tantouche, a senior Al Qaeda operative, also points to how terrorists secure financing in South Africa. He set up two Al Qaeda financing fronts – the Afghan Support Committee and the Revival of Islamic Society. Both operated as charities that raised money for orphans; however, in reality the orphans were either dead or non-existent. The issue of terrorist financing in South Africa emerged again in January 2007, when the Sunday Times reported that two South African cousins – Farhad Ahmed Dockrat, the principal of the Darus Salaam Islamic College in Laudium, Pretoria and Dr Junaid Ismail Dockrat were proposed for consideration on the UN Security Council’s list of terror suspects. According to papers submitted to the UNSC, Farhad is alleged to be an Al Qaeda ‘facilitator and terrorist financier’ who gave R400,000 to the Taliban ambassador in Pakistan. Junaid, it is claimed, is also an Al Qaeda ‘financier, recruiter and facilitator who assisted in coordinating the travel of South Africans to Pakistan to train with Al Qaeda.
 
Partly in response to these issues of terrorist financing, the South African government has tightened legislation through the Financial Intelligence Control Act (FICA). However, the case of Mohamed Suleman Vaid, who on 25 April 2001 was arrested along with his wife while attempting to smuggle US $130,000 in local currency across the border with Swaziland, points to the weaknesses of FICA. The ensuing police investigation indicated ties to Al Qaeda via a Lebanese businessman. As Kurt Shillinger notes, it was established that in the 18 months prior to his arrest, Vaid had made this trip 150 times!
 
The use of South Africa as an operational base to plan operations in other countries came to the fore with the case of Haroon Aswat in 2005. Aswat was detained in Zambia in late July 2005 after his phone number appeared on all four of London’s 7 July 2005 suicide bombers. Indeed, it emerged that he exchanged a number of phone calls with each of them while in South Africa just days before the attack. This resulted in analysts questioning whether there is an operational link between Mohammed Saddiq Khan, who led the suicide cell in London, and Aswat in South Africa.
 
What facilitates the activities of the foreign jihadis on South African soil is the corruption to which John Solomon refers. This is especially seen in the Department of Home Affairs, where passports and identity documents are obtained illegally with relative ease. Indeed, Barry Gilder expressed disquiet about a pattern of illegally obtained South African passports ending up in the hands of Al Qaeda suspects or their associates in Europe. Following the 7 July 2005London bombing, the British raided several homes and in the home of one Al Qaeda suspect, boxes of South African passports were found. These were not fakes but genuine passports illegally acquired through a South African government official.

However, it is not only foreign jihadis that are a problem. On 11 December 2006, Shahied Davids was arrested on the N7 highway in Cape Town with three pipe bombs in the boot of his car. According to the South African Police Services (SAPS), Davids’ targets included the V&A Waterfront Complex, Constantia Shopping Mall, Kenilworth and Wynberg. The growing nexus between local and foreign jihadis also came into play with the 2006 plot to plant bombs at the African Cup of Nations in Cairo, involving Muslims in South Africa, Somalis in Kenya and Egyptian extremists.

Several analysts again raised the connection between local and foreign networks after the 2004 arrest of two South Africans – Dr Firoz Ganchi and Zubeir Ismail – at an Al Qaeda safe house in Pakistan together with top Al Qaeda operative Ahmed Khalfan Ghailani. Analysts also worried about the fact that Zubeir Ismail was a former student of Farhad Dockrat and raised concerns about whether such Muslim schools in South Africa were being used for indoctrination and recruitment purposes. In October 2003, the Washington Post raised concerns about South African madressahs following at least 500 students from Pakistan’s radical madressahs having fled to South Africa (with more on the way) following the government crackdown on these in Pakistan. Many of these students took up positions at Islamic schools that sprung up in Cape Town, Johannesburg, and Durban. This, in turn, raised some serious concerns about the nature of the instruction given to these students. Are they being exposed to a tolerant Islam or one which is going to lend itself to polarisation, hostility and further demonization of the proverbial ‘other’?

Muslim media, too, has its own role to play with the spread of radicalism. Far from promoting dialogue, understanding and prospects for peaceful coexistence, these have in the main fanned the flames of further polarisation and conflict. Too often have I come across Muslim media showing the images of devastation following an Israeli attack on Gaza, with too little or no focus on local, regional and international peace initiatives bringing Israelis and Palestinians together. In the process, this lends itself towards a siege mentality amongst some Muslims, which morphs into fear and hatred of the other. And it is this that makes them ripe for jihadi recruitment.

What I find most interesting is the reaction amongst South African Muslims and the government when dealing with this issue, which is like a festering cancer spreading across the country. Both play ostrich, firmly pressing their heads in the sand denying that there is a problem. In other cases, they hurt their own cause by playing word games with the definition of a terrorist. To quote John Solomon once again, ‘… the South African Media Review Network which aims ‘to dispel the myths and stereotypes about Islam and Muslims’ chafes at the suggestion that those Muslims who use suicide tactics against civilians should be characterized as terrorists. Adducing Afghanistan, Iraq, Chechnya, Israel and Somalia, the author writes that ‘solidarity and activism for just causes, should, in fact, be encouraged.’ Use of the adjective ‘terrorists’ seems to be the core issue of the South African Muslim community’s response. The underlying assumption … is that if political objectives are understood to be legitimate or ‘just’; then suicide attacks against civilian populations – conventionally defined as terrorism – are permissible.’ What South African Muslims should be doing is disavowing those who hijack Islam – a religion of peace – and morph it into one of vengeance and violence. What we Muslims should be doing is to speak in one voice to these jihadis and proclaim loudly that you do not speak for us. But are we doing it? The answer must be a resounding no. To a certain extent I can understand this – intimidation does work. When organising a conference in 2004 on Islam, I had some of my speakers intimidated to such an extent that they chose not to come to the conference. My Centre Coordinator, Ms Isabel Potgieter and myself received death threats, which necessitated us receiving protection from the South African state in order to go ahead with the conference. A few weeks ago, I hosted the Senior Advisor to Palestinian President Abbas at my Centre. Shortly after the invitation went out I was labelled a ‘sellout’ for hosting him and then received further death threats, with the refrain that I should host a member of Hamas. Tolerance, respect for diversity, political pluralism – these are not the characteristics of these Islamo-fascists.

As for the South African government, perhaps their own position is best summarised in the words of the Minister of Intelligence, Ronnie Kasrils, ‘… we guard against a rising international hysteria which serves to portray all Muslims as potential suspects. The cry of `a terrorist in every Madrassah’ echoes the `red under the bed’ and `swart gevaar’ phobia of the Cold War and the apartheid era. We must never repeat such witch hunts in our country.’ This ideological blindness on the part of the Minister of Intelligence refuses to recognise the qualitative difference between the armed struggle against apartheid and the current global jihadist scourge; indeed it besmirches the noble struggle against the apartheid regime. Whilst there was the infamous Magoos Bar bombing, attacks on soft targets were not countenanced by the ANC leadership. The idea that one targets innocent diners in a restaurant or passengers on a bus was anathema to the ANC. In this way, the ANC was always able to maintain the moral high ground. Even more important is the limited goals of the ANC compared to the global ambitions of the likes of Al Qaeda – the resurrection of a caliphate from Spain and France across North Africa and the Middle East to the Indus River!

We live in a world fraught with danger, and the threat constituted by global terrorism is ubiquitous. This necessitates the critical interrogation of all our thoughts and resultant strategies on terrorism. In these circumstances, our counter-terrorism strategy cannot suffer from misconceptions or, heaven forbid, political correctness. At the end of the day, it is the duty of government to protect its citizens. Following from this, the best strategy emanates from the old maxim – that prevention is better than cure. This presupposes that vigilance is essential. Vigilance, in turn, assumes that our human resources are adequately trained, to know what to look for, that they are adequately financed, and that they operate in an environment where politicians respect their integrity and professionalism even when it goes against the political rhetoric.
Einde van aanhaling.

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: