Skip to content

Art 052: 2010-07-10 Mandela sterwend?, El Kaeda, die laaste sokkerwedstryd en ‘n Britse valsevlag operasie.

2013/09/10

http://www.sienervanrensburg.co.za,
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Ek het vanoggend hierdie e-pos oopgemaak en antwoord dit graag in die openbaar.

‘Vriend’ wrote:
Aankondiging van Lets Pretorius homself vir jou aandag. Het hy nou Gustaf se rol oorgeneem?

http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?s=43507b1193b91c158e580b7f7caae3c2&p=347453
AANKONDIGING: (deur dr. Lets Pretorius van Boerevryheid.co.za)
Ek het so pas berig ontvang (4/5) dat Mandela sterwend is.
Ek is heeltemal bewus van die feit dat mense na hierdie aankondiging, paniekerig kan raak. Dit is juis om hierdie rede dat ek self die berig plaas.
U sal merk dat ek dit 4 uit 5 geklassifiseer het op grond van my bron se sekerheidsklaring. Dit beteken dat die inligting redelik seker is.
Die aankondiging oor die nasionale en Internasionale nuusmedia, kan enige oomblik gemaak word. Dit sal die bron van my inligting bevestig.
Indien dit nie aangekondig word binne die volgende 24 uur nie, bevraagteken ek die bron self (al is dit 4/5)
Wat maak jy nou?
In die eerste plek, moet asseblief nie paniekerig raak nie. Moet ook nie in jou kar spring en Heilbron toe jaag nie.
Maak egter seker dat jy NOU brandstof voorraad , gasvoorraad, en ander rantsoene môre in plek kry.
As jy tot dusvêr gehuiwer het, moet nie verder huiwer om gereed te maak nie.
Sorg verder dat jy en jou bure rondom jou, more bymekaar kom en n gesamentlike plan in plek kry om IN JOU BUURT te bly en julle buurt veilig te hou. Dis die beste en eerste prys.
Diegene wat nie kan aanbly nie, moet hul onttrekkingsplanne gereed kry. Moet egter nie vlug sonder baie goeie rede nie en ook nie voordat die aankondiging amptelik gemaak is nie.
Nou is die tyd wat kalmte en wysheid moet seëvier.
Boeregroete,
Lets Pretorius
———————————————————————————————————————

Goeiedag Vriend,

Ek het die draad wat u gee opgevolg en op BV se webblad gaan kyk, en ek glo nie dr. Pretorius het hoegenaamd by mnr. Muller ‘oorgeneem’ nie. Sovêr ek weet sê Muller nog steeds ons moet vlug, terwyl Dr. Pretorius hier baie duidelik vir sy mense sê: Ons moenie paniekbevange raak nie, ons moet by die huis bly, met ons bure reël rondom samewerking en die geveg dáár baklei. Ek is veral beïndruk met sy aanmaning: ‘Nou is die tyd wat kalmte en wysheid moet seëvier.’

Maar dit is presies wat ek binne maande na die publikasie van my eerste boek in 2004 begin sê het: ek het presies hierdie argument reeds vroeg in 2005 as Oupa Baard op Boerevryheid.co.za gaan stel.

En sommige van die manne wat daar opgetree het, ‘super-duper-Boere’ soos ene Piett, Voertsek, Asbak, Marco, ensovoorts het my erg gekritiseer en vreeslik sleg gesê hieroor. Ek is egter baie dankbaar om nou te sien dat die top leierselement van BV verstaan het wat ek gesê het, en dit juis vandag, waar die gevaar só skielik en groot geword het, so openlik en vrylik by hul mense begin aanbeveel.

Baie dankie Dr. Lets, doen so voort: die volk se veiligheid en voortbestaan is vêr belangriker as ons eie selfbelang en selfdunk! En ja, ek is bereid om op my manier verder te help met hierdie saak, want ek het nog nie van standpunt verander nie. Oupa Baard gesels nog steeds op dieselfde manier oor dieselfde dinge in sy skrywes en gesprekke, en ek sê dit nog steeds tydens my toesprakies voor groepe mense wat oor Siener wonder en my vra om daaroor te praat. Hierdie skielike nuwe bydrae vanuit die meer ‘regse’ kant kan uiteindelik dié groot verskil help maak aan die hele volk se toekoms. En ek is die Gees baie, baie dankbaar daarvoor, want dit wys dat Hy nou openlik aan die werk is onder ons mense!

Ek dink nie ons moet hierdie storie rondom Mandela se dood vlak kyk nie. Ons weet natuurlik nie op hierdie punt of hy regtig dood is nie, maar so iets besit wel ‘n sekere potensiaal om ‘n kunsmatige katastrofe in die land aan te stig. En ja, dit hoef nie eers noodwendig waar te wees nie, want die regte soort propaganda kán die massas laat glo dit het gebeur. Mandela word aanbid asof hy ‘n afgod is, en ons het nie regtig enige waarborg van wat om te verwag die dag as hy gaan waar hy moet wees nie. Dit kan dalk selfs saamval met ernstige ingryping van sekere oorsese terroristeorganisasies, waarvan die CIA , die Britse MI6 en ook El Kaeda na my mening volledig deel vorm.

Ek heg dan ook hieronder ‘n onlangse brief van my vriend Dawie van AKSKA aan wat nogal redelik direk met hierdie onderwerp koppel. Dit gaan in hierdie brief, wat blykbaar ook op AKSKA se webblad gepubliseer is, oor ‘n Britse valsevlag-operasie om El-Kaeda as die skuldiges in ‘n aanval in Suid-Afrika te impliseer. Die doel sal wees om ‘n situasie te skep wat hulle sal toelaat om hul soldate in Suider-Afrika in te bring om El Kaeda en die Chinese teenwoordigheid teë te werk. Dit sal meebring dat die visioenêre verhaal natuurlik sommer skielik nader gekom het, want dit is een van die ‘voortekens’ wat in plek moet kom voordat die verhaal kán begin!

Ek wil dit egter baie duidelik stel dat:

(a) Ek sê nie die dinge hieronder om mense op hol te jaag nie, maar juis om ons volk se aandag op ‘n moontlike gevaarsituasie te vestig. Die doel is om moontlike paniek betyds deur kennis en insig te ondervang voordat dit hande kan uitruk. Daar is baie duimsuigstories oor Siener se visioene in omloop, en die onmiddellike en ooglopende doel daarmee is om die sogenaamde ‘swart gevaar’ uit te buit om iets anders as die algemene belang te dien, soos byvoorbeeld om ‘n poging van stapel te stuur om die Boervolk te laat uitmoor. Die waarskuwing is, soos altyd: Bly kalm, moenie oorhaastige besluite neem nie, en moet veral nie summier probeer wegvlug nie. Bly by u huis, praat met u bure en stel uself beskikbaar vir diens aan u plaaslike buurtwagstelsel. Hierdie organisasies is waarskynlik nie ingestel op militêre weerbaarheid op so ‘n wye vlak nie, maar dit is ook nie heeltemal waaroor dit (onmiddellik) hier gaan nie. Dit gaan op hierdie punt nog maar net oor onmiddellike sinvolle organisasie. Die selfverdedigingsaksie sal outomaties daaruit voortspruit soos wat opgeleide en kundige mense by die prosesse ingetrek word.

Hulle beskik wel oor ‘n uitgebreide kommunikasiestelsel wat gebruik kan word om selfs ‘n paar voorstede te mobiliseer en om bewegings en optredes te koördineer. Ek weet hulle skakel met verskeie sekuriteitsmaatskappye, die SAPD en geneeskundige dienste, en in ‘n paar gevalle dalk selfs met die weermag ook. Daar is dus ‘n redelike gesofistikeerde ‘bevel en sein sentrum’ tot u ondersteuning binne u onmiddellike omgewing. Die mense wat betrokke is by u buurtwag stelsel is heeltemal in staat daartoe om baie vinnig ‘n verdedigingstelsel in ‘n kort tydjie aanmekaar te sit. Luister na hulle en doen wat hulle vra as dit ‘sulke tyd’ word, want dit kan uiteindelik dalk net die verskil tussen lewe en dood vir baie mense beteken! En onthou, as u vlug verbeur u alle moontlike hulp waarop u in enige blanke woonbuurt kon staatgemaak het: om in paniek weg te vlug van u huis af is om u verminking en dood op ‘n ander plek te gaan soek! (Dit is baie interessant, maar sovêr ek weet het Boerevryheid hul eie ‘algemene’ buurtwag stelsel wat oor ‘n groot deel van Pretoria strek.)

(b) Wat ek hieronder sê verteenwoordig my eie afleidinge. Daar kom niks hiervan in Siener se visioene voor nie, en my sieninge is gebaseer op die spesifieke manier waarop Siener se verhaal begin. Dit is baie rigied van aard en die aanloop tot die verhaal kan eintlik op net een manier begin. Hierdie aanloop word in verskeie artikels op hierdie blad, asook in my twee boeke beskryf .

(c) Ek sê nie hierdie dinge gaan ‘definitief en beslis’ gebeur presies soos ek dit stel nie. Dit is hoegenaamd nie in klip uitgekap nie, maar iets soos wat ek hier bespreek sal moet gebeur vir Siener se versteekte visioenêre verhaal om aan die gang te kan kom. Ek wil egter terselfdertyd darem ook sê dat die vyand se kanse om werklik ‘n impak te kan maak drasties sal afneem as die sokkertoernooi eers verby is. Die finale wedstryd sal voor die oë van miljarde mense dwarsoor die wêreld afgespeel word, en as iemand ‘n militêre ‘statement’ wil maak, soos wat ek verwag, sal dit by hierdie geleentheid wees. Daar bestaan baie vrese rondom xenofobiese aanvalle ná die sokker, maar dit sal relatief moeilik gaan vir Engeland om die blaam hiervoor aan El Kaeda te kan toedig én om maksimum propaganda daaruit te verkry.

Daar is vandag, 10-07-2010, nog net twee wedstryde in die sokkertoernooi oor vir die vyand om hul merk te kan maak. My verwagting is dat die eindstryd op Sondag 11-07-2010 die groot ene kan wees, maar elkeen van die twee wedstryde bied drie basiese geleenthede aan die Engelse om ‘n valsevlag operasie van stapel te stuur.

(a) Die sokkerbase wil blykbaar hê dat Mandela die beker aan die wenspan sal oorhandig ná die finale wedstryd verby is. Die vyand kan ‘n aanval loods op die punt waar hy die beker oorhandig. Dit sal die maksimum propagandawaarde oplewer omdat die wêreld Mandela so erg aanbid. Dit is baie siek, maar ongelukkig baie waar.

Dit sal egter moeilik gaan vanweë die streng veiligheidsmaatreëls in, en direk rondom, die stadion. Die mees logiese teenvoeter hiervoor is om mortierbomme van buite óór die sekuriteit se koppe op die podium af te vuur, maar dit vra soldate wat professioneel opgelei is. Die beste sekuriteitstelsel in die wêreld het natuurlik geen verweer teen só ‘n aanval nie. Die Engelse kwalifiseer perfek hiervoor, want hulle het nog steeds een van die beste militêre magte in die wêreld. Hulle is absoluut professioneel ingestel, en dan is hulle vandag ook nog een van die vier of vyf mees ervare militêre magte in die wêreld. Hulle het net twee dinge nodig by die eindstryd om hul planne te laat slaag. Die eerste is nie werklik noodsaaklik nie, en dit is ‘n observasiepos binne die stadion, wat deur ‘n ervare persoon met ‘n klein en onopsigtelike radiosender beman kan word. Die tweede is wel belangrik, en dit is een of meer vuurpunte buitekant die stadion vanwaar die mortierbomme baie vinnig by die dosyne tot binne die stadion ingepomp kan word. So ‘n vuurpunt kan selfs ‘n hele paar kilometer weg van die stadion wees en kan nét so gelaat word sodra die bemanning moet padgee. Dit sal byvoorbeeld baie sin maak, vanuit die oogpunt van ‘n valsevlag operasie gesien, om dieselfde soort wapens (mortiere en mortierbomme?) te gebruik as die Islamitiese terroriste groepe. Iets soos ‘n ‘made in China’ stempel daarop sal natuurlik soos ‘n bom werk, om die gesegde in hierdie geval so ‘n bietjie aan te pas. Ons, en FIFA se sekuriteitswagte sal uiteindelik op die wapens by so ‘n vuurpunt afkom, en dan sal Britse propaganda daarvoor sorg dat El Kaeda die skuld kry. En dan sal die Britse militêre manne Suid-Afrika kom toesak, en dan is die visioenêre verhaal net skielik aan die gang!

(b) Die tweede moontlikheid is om toe te slaan sodra die toeskouers by die stadion begin uitstroom nadat die wedstryd verby is. Dit sal ‘n maksimum doodmaak-effek bewerkstellig, want die mense sal mekaar doodtrap in ‘n poging om weg te kom. Dit is teoreties gesproke seker makliker om buite die stadion toe te slaan as binne, maar dit sal nog steeds baie moeilik wees. Die enigste twee praktiese maniere waaraan ek kan dink is om een of meer mikrovliegtuie as bom-draende kamikaze-aanvalsvoertuie te gebruik. Hierdie goedjies styg binne enkele meters op en kan baie naby aan die stadion opstyg om die vlugtyd so kort moontlik te hou. Sommige van hierdie mikro-tuigies kan twee groot mans dra, wat in hierdie geval minstens een skrapnel-bom van so om en by ‘n groot man se gewig beteken. Ek weet nie hoeveel ‘n 120-mm mortierbom weeg nie, maar ek kan dink dat dit ‘n redelike groot gebied heeltemal skoon kan skiet – niemand binne of naby ‘n sportstadion se uitgang sal dit oorleef nie. Die ander manier is natuurlik om weereens mortiere vanaf ‘n nabygeleë vuurpunt te gebruik. Jy hoef nie dosyne bomme te gebruik nie, en een of twee gemik op elke uitgang by die stadion sal genoeg wees om ‘n paniek te bewerkstellig, wat natuurlik sy eie doodsmomentum sal opbou. As dit op die regte tydstip uitgevoer word kan dit beslis tot die dood van honderde mense lei. Niemand gaan na die vuurpunte begin soek terwyl die bomme ontplof nie en almal gaan na nêrens hardloop vir veiligheid – en mekaar doodtrap in die proses.

(c) Die derde moontlikheid sal homself voordoen soos die vliegtuie vol toeskouers na hul lande van herkoms begin teruggaan. Ek dink ons kan aanvaar dat daar baie vliegtuie met tussenposes van slegs ‘n minuut of twee vanaf OR Tambo sal opstyg ná die sokker verby is. Dit sal (kan) meebring dat daar sommer ‘n paar volgepakte vliegtuie gelyktydig en relatief ‘naby aan mekaar’ in die lug sal wees. Die gebeure destyds by Lockerbie het bewys dat die dodetal in so ‘n ‘ongeluk’ dramaties opgestoot kan word as die vliegtuig in ‘n bewoonde gebied laat val word. Van die vliegtuie wat na die noorde vanaf OR Tambo vlieg, veral as daar so baie in die lug is, moet noodwendig oor Tembisa beweeg, wat een van die groter en mees digbewoonde (swart) woongebiede aan die Oos-Rand is. Die vyand kan natuurlik ook iewers in die noorde op een of twee vliegtuie toeslaan wat op pad terug is, maar dit sal nie dieselfde impak hê as een van die ander twee pogings nie.

(d) Daar is natuurlik ook ‘n verdere vierde moontlikheid. Ons het almal nou al kennis geneem van die gewraakte skildery met ‘n nadoodse ondersoek op Mandela as tema. Dit is half moeilik om hierdie storie direk met die sokker te kan koppel, want dit lyk asof dit heeltemal los van die sokkertoernooi staan. Dit kan natuurlik wees dat hierdie skildery-storie bloot opgemaak is om ‘n aanslag op die stadion te verdoesel. Dit kan dus ‘n soort wolf-wolf storie wees, want almal kyk nou vir die skildery en vergeet van die groter bedreiging van ‘n fisiese aanval tydens of net ná die finale wedstryd!

Ek dink egter dit staan tog heeltemal los van die sokker (en dus die drie moontlikhede hierbo) en ek glo ons kan aanvaar dat die idee agter dit is om die blanke in Suid-Afrika in elk geval as die sondebok uit te sonder. Ek vermoed dit kom van ‘n faksie binne die SAKP-COSATU wat besig is met ‘n laaste finale poging om die blanke groep die teiken te maak van die ‘swart gevaar’. Hulle kon dit nie met die moord op ET regkry nie, en kom ons hoop en bid dat dit ook nie hierdie keer vir hulle gaan werk nie. Daar is werklik geen ander alternatief vir hulle oor as ‘n swart burgeroorlog nie, en hulle wil die spanning bitter graag na ons kant toe herkanaliseer. Daar is elemente binne die ANC wat nou dinge skreeu soos ‘heksery’ en dit is duidelik teen ons gemik. Dingaan het destyds gesê: maak dood die (wit) towenaars! en hierdie is maar net ‘n gemoderniseerde weergawe daarvan. Die militantes sal nie huiwer om Mandela dood te maak om hierdie doelwit te bereik nie. Kyk, ek kan dink dat sy afsterwe ‘n soort demper op die feestelikhede sal plaas, want die wêreld aanbid hom asof hy ‘n god is, maar dit sal nie die finale wedstryd stop nie. Mandela mag dalk as ‘n soort ikoon in die wêreld se oë verhef wees, maar ‘n organisasie soos FIFA stel net in sy dollar-waarde belang, en dit is al! Dit is ook die somtotaal van Mandela se waarde by die huidige geslag politieke leiers van hierdie land.

Hoe sal hierdie dinge ons raak, ás dit moet gebeur? Dit is seker nie té vêrgesog om te aanvaar dat ons by die geweld wat daarna sal uitbars ingesuig kan word nie. Dit sal veral gebeur as sommige van ons die geleentheid wil gebruik om die swartes by te kom. Bly weg daar!: moenie gaan krap waar dit nie jeuk nie, want die sleutel tot ons oorlewing as ‘n volk lê op hierdie stadium by vermyding, en nie by onnodige konfrontasie van ons kant af nie! (Dit is trouens die maatstaf wat vir ons geld tot baie diep in die visioenêre verhaal in! Die volk in sy geheel raak eers werklik betrokke as die verhaal sowat twee-derdes verby is.) Ons woonbuurtes sal op die heel minste op ‘n geselekteerde basis deur die militantes geteiken word met die doel om ons in massas te laat wegvlug a lá die Suidlanders se plan. Wat u ookal doen, moenie hiervoor val nie!

Hoe werk ons hierdie dinge teë? Daar is net een effektiewe manier, en daaroor het ek ook reeds voor 2004 begin praat. Dit was veral waar op die stadium toe die ‘nag van die lang messe’ so summier en onverwags vanaf Johannah Brandt na Siener verskuif is, en ek ook op Boerevryheid.co.za daarteen beswaar begin maak het. Ek het dinge gesê soos: ‘ons het nie wapens nie, maar het u al gedink hoe ‘n goeie wapen ‘n doodgewone tuinvurk, ‘n spitgraaf en selfs ‘n vierpond hamer kan wees as die nood druk?’ Ek het geweldig baie teenstand hieroor gekry, soos ek hierbo gesê het, maar ek is nou dankbaar dat ek destyds aangehou het om te veg hiervoor. Ek het hierbo verwys na die feit dat dr. Lets Pretorius van Boerevryheid.co.za nou in die openbaar aanbeveel dat sy groep in geval van ‘n aanslag teen ons nie moet vlug nie. Hy is nie die enigste ‘regse leier’ wat deesdae so sê nie, want ek het dit in die onmiddellike verlede op verskillende plekke raakgeloop. Anders as die ander ‘regses’ gaan hy egter só ver om aan te beveel dat sy mense tussen nou en Sondag se sokker met hul bure moet gaan gesels en ‘n gesamentlike verdedigingsaksie moet uitsorteer. Die ander manne praat maar net saam deur die regte geluide te maak, maar sonder om enige positiewe oplossings aan te bied. Ek dink hy verdien ‘n pluimpie vir die moed wat hy hier aan die dag lê, veral gesien in die lig van sy persoonlike situasie, want hy bewys hiermee dat sy mense se veiligheid werklik sy erns is.

Die alternatief hiervoor, as daar hoegenaamd so ‘n aanval teen ons sal kom, is natuurlik die Suidlanders se aandrang op ‘n ‘onttrekkingsaksie na veilige punte’ toe. Dit is maar net ‘n ‘slim’ manier om te sê ons mense moet so vinnig as moontlik wegkom van hul huise af en met oop en onbeskermde paaie tot in die oop veld moet vlug …. waar die militantes ons na hartelus kan uitmoor soos hulle wil. Dit is onsinnig, nee, meer nog, dit is heeltemal waansinnig om ongewapende en weerlose vrouens en kinders so blindelings op ‘n halsoorkop vlugtog van die relatiewe veiligheid van hul huise af weg te lok. Die enigste mense wat so gou as moontlik sal moet padgee waar hulle is, is ons plaasboere. Hulle moet mekaar bystaan en reguit na die naaste blanke woongebied padgee en daar gaan kamp opslaan. Enigiets anders kom neer op ‘n massamoord op die mees blootgestelde deel van ons volk – ons plaasboere!

Ek kan gelukkig vandag op hierdie artikelblad sê dat onlangse privaat gesprekke met (gewone) lede van die Suidlanders daarop dui dat dit net ‘n klein handjievol van hul lede, en by name sommige van hul leierselement, op hierdie ‘vlug-aksie’ aandring. Die lede van die Suidlanders mag dalk baie meer konserwatief as die uwe wees, (‘lol’), maar hulle is darem nie onnosel nie. Hulle weet dat hul beste belang by die res van die volk te vinde is. Ek glo dit het tyd geword dat ons dit aan mekaar begin erken en iets positief daaromtrent begin doen ook. Ek beskou Boerevryheid se poging in hierdie verband as ‘n tree in die regte rigting. Ons kan later, as alles verby en almal van ons volk veilig is, wéér met mekaar begin baklei oor die dinge wat ons op daardie stadium moontlik kan verdeel. Maar tot dan toe kan die leser gerus na een van my eerste artikels op hierdie webblad gaan kyk – ex unitate vires was nog nooit so belangrik vir ons welsyn as juis nou nie!

Groete,
Frik Pretorius.
————————————————————————————————————–

Aanhaling:
26-06-2010
Oom Frik,

Hier is iets wat ek vir AKSKA geskryf het in reaksie op die twee Pakistani’s wat die 20ste in Zim. gevang is.

Groete,

‘…. Wanneer dit by Risiko Analises kom is dit belangrik om lateraal te kan dink en duiwels advokaat te kan speel.

Die Pakistani’s wat in Zimbabwe gevang is regverdig ‘n nuwe kyk na die Wêreldbeker Risiko analise.

Kom ons ‘recap’. Die sekuriteit by stadions is van so aard dat ‘n selfmoord aanvaller nie sommer opgetel sal word nie. Dit blyk dat Al Qaeda nie ‘n begeerte het om Suid Afrika as ‘n ‘hub’ vir hulle terroriste bedrywighede te verloor deur ‘n aanval op die Wêreldbeker te loods nie. M.a.w., ten spyte van die geleentheid is daar nie noodwendig so ‘n begeerte nie.

Van uit ‘n analitiese oogpunt lig die kombinasie van die Pakistani’s se agtergrond en die tydspeling van hulle inhegtenisname die kans dat daar wel ‘n begeerte is om die Wêreldbeker aan te val aansienlik. Die vraag is, wat sal Al Qaeda en die byenes ander Islamitiese Terreur Organisasies daarby baat om hulle vastrapplek in Suid Afrika te verloor deur ‘n aanval op die Wêreld Beker te loods.

Volgens Dr Solomon Hussein ‘n wêreldbekende Jihad kenner sal Al Qaeda die geleentheid nie kan wegwys nie. Ten spyte van Dr Hussein se opinie soek ek steeds ‘n rede om so aanval te regverdig.

Na baie dink het ek met nog ‘n scenario opgekom. Onthou om lateraal te dink beteken mens moet speel met hipotetiese scenario’s wat somtyds baie vergesog is!

Kan julle onthou so paar jaar gelede toe Mugabe die verkiesing verloor het, het die Amerikaanse troepe wat op pad was na Zimbabwe skielik spoorloos verdwyn toe dit aan die lig kom dat China ‘n teenwoordigheid in Zim het en die Mugabe regering ondersteun.

Amerika se Militêre Kapasiteit wat deur geen supermoondheid geëwenaar kan word nie is geen afskrikmiddel vir China nie. China besit soveel VSA regerings koepons dat hulle enige oomblik die VSA kan bankrot maak. My gevolgtrekking is dat al sou die VSA China se uitbreiding in Afrika wou terughou hulle dit nie kan bekostig nie.

Daar is baie geheimhouding oor China se teenwoordigheid in Afrika. China is glo besig om met Angola ‘n ooreenkoms te sluit om die land op te bou deur Chinese arbeid te gebruik, 7 miljoen Chinese wat nooit weer terug China toe sal gaan nie. China is ook besig om met Tanzanië ‘n soortgelyke ooreenkoms te onderhandel, en mag dalk dieselfde met Zambië doen. Zimbabwe weet ons is klaar in die sak. Daar is ook baie bespiegelinge oor die doel van die 1.6Km aanloopbaan wat gebou is in Zim. se diamantveld.

China is besig om Suider Afrika uit te koop en die VSA kan niks daaraan doen nie!

Brittanje het baie meer belange in Suider Afrika as die VSA. Brittanje is ook nie in dieselfde posisie gewikkel met China as die VSA nie wat Brittanje meer geneig behoort te maak om sy belange in Suider Afrika te beskerm as die China situasie werklik ‘n bedreiging vir die weste se belange in Suider Afrika is.

Brittanje sit met die dilemma dat geen Suider Afrika land behalwe Botswana hulle sal toelaat om ‘n strategiese Militêre teenwoordigheid in die streek as teenvoeter te plaas nie.

Al die lande in Suider Afrika is Soewereine lande wat in ‘good standing’ met die Weste is. Dit maak dit onmoontlik om ‘n teenvoeter vir China in die Substreek neer te sit sonder die uitnodiging van een van die Suider Afrikaanse lande. As China regtig ‘n probleem is, sal die Weste ‘n verskoning moet uitdink om ‘n mag hier neer te sit.

Om te bepaal watter verskoning geskik is word die effek van groot gebeure in die verlede bestudeer om te bepaal of dieselfde uitkoms vir soortgelyke gebeure behaal kan word. ‘n Vinnige voorbeeld is die ‘Pearl Harbour’ effek. Die effek van die publiek en regering van die VSA is reeds gedokumenteer na ‘Pearl Harbour’. Dit beteken aangesien die reaksie op sulke groot gebeure altyd universeel dieselfde bly kan dieselfde reaksie weer verkry word deur so groot insident te skep. Net soos wat ‘Pearl Harbour’ die atoombomme op Japan geregverdig het, het 9/11 die Amerikaanse inval in Afghanistan veroorsaak.

‘Pearl Harbour’ en 9/11 was die Amerikaners se verskoning om op te tree maar hulle rede in albei gevalle was iets anders.

Terug by Suider Afrika: Indien China se teenwoordigheid ‘n probleem vir die Weste is (dit is nog nie bepaal en bevestig nie) sal die Weste ‘n verskoning kry wat niks met China te doen het nie om hulle werklike rede ‘n teenwoordigheid in Suider Afrika te regverdig.

Terug by die Wêreldbeker. ‘n Aanval deur valse-vlag Islamitiese Terroriste (die Weste se speelgoed vyand) op die Wêreldbeker kan as genoeg van ‘n verskoning dien om ‘n mag in die streek neer te sit solank die aanval groot genoeg is om ‘n ‘Pearl Harbour-effek’ te skep.

Die VSA sal uit die aard van hulle verpligtinge by China nie ‘n rol kan speel hierin nie. Brittanje wat op die oog af meer het om te verloor en tradisioneel ‘n groot rol in Suider Afrika speel is ‘n meer waarskynlike kandidaat om so aksie uit te voer.

Van ‘n analitiese oogpunt sal die Wedstryde soos die een die 27ste Junie wat England in Rustenburg speel ‘n hoë risiko wedstryd wees …..’
Einde van aanhaling.

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: