Skip to content

Art 053: 2010-07-25 Staking in staatsdiens – laaste treë vir ANC-regering?

2013/09/11

http://www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Ons staan tans aan die vooraand van ‘n baie groot staking in die staatsdiens. Hierdie staking is geskeduleer om op 29 Julie 2010 te begin. Daar was al baie sulke stakings sedert 1994 gewees, maar hierdie een kan dalk net die belangrikste van sy soort word. Dit besit, om die waarheid te sê, die potensiaal om die huidige ANC-regering vinnig tot ‘n val te bring en ‘n swart op swart burgeroorlog aan die gang te sit.

Die rede hiervoor is baie eenvoudig, en dit lê daarin dat dit hierdie keer deur ‘n (hoofsaaklik) blanke vakverbond in die staatsdiens gedryf word. Dit op sigselwers is baie vreemd, om die minste daarvan te sê, want die blanke in Suid-Afrika het nog nooit regtig in hierdie soort optrede geglo nie. Dié kere wat die konserwatiewe blanke wel betrokke geraak het by sulke stakings was dit onder die invloed van volksvreemde agitators wat hulle bloot as kanonvoer gebruik het. Een so ‘n voorbeeld was die mynstaking van 1922, waar die opkomende kommunisme in Suid-Afrika ‘n baie groot rol in die gebeure gespeel het.

Daar kan baie min twyfel wees dat die Vereniging van Staatsdiensamptenare (VSA) nié agter die komende staatsdiens-staking sit nie. As ek reg onthou was dit juis hulle wat die voortou geneem het toe die staat aanvanklik vroeër vanjaar geweier het om die kollektiewe eise van die amptenary tegemoet te kom. Hulle het die proses volgens alle aanduidinge (skynbaar) eensydig aan die gang gesit, en het bloot net ‘bykomende ondersteuning’ bymekaargemaak soos hul veldtog gevorder het. Dit is natuurlik die ideale front om agter weg te kruip as die bajonette later begin uitkom waarop die skuldiges ingeryg sal word. Wat baie interessant is hier is dat die leierselement van hierdie groep nogal vanuit die vorige bedeling kom. Dit sê maar net vir my dat daar ‘n groter mag agter hierdie poging sit, en dat die doel daarmee bes moontlik die ‘vredevolle’ omvêrwerping van die ANC-regering kan wees. Hierdie staking kan dus moontlik die eerste stap wees wat hulle neem om die staatsmag in Suid-Afrika terug te neem.

Ek dink die ANC-regering kan sommer baie probleme verwag as hierdie staking enduit gevoer sal word. Siener het gesê hy sien hoe die regeringsboom (van bo af) pluiens, oftewel verkrummel, en enige grootskaalse staking in die staatsdiens is die ideale instrument om die regering aktief te begin ondergrawe. Die mense wat die staking beplan het, en dit gaan toepas, is ook die mense wat die hart uit ‘n reeds nuttelose staatsdiens kan ruk en dit finaal inmekaar kan laat stort. Dit is dan juis hulle, die pligsgetroue blanke amptenare wat die staatsdiens sedert 1994 aan die gang gehou het, wat nou gaan staak! Daar is net eenvoudig niemand anders as nét hulle wat nog die staatsdiens se verskillende afdelings en praktiese prosesse aan die gang kan hou nie.

Groete,
Frik Pretorius.

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: