Skip to content

Art 055: 2010-10-12 Skande! Boere Eenheid kry ‘n mes in die rug!

2013/09/11

http://www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Iemand wat ek ken het ‘n stuk agteraf verraad onder my aandag gebring wat ek graag hier wil aanspreek. Ek weet nie wie hiervoor verantwoordelik is nie, en ek twyfel of ons ooit sal uitvind, maar ek weet wel dat ‘n klompie goeie Boeremense op ‘n uiters laakbare manier te na gekom is. Die agtergrond is kortliks die volgende:

‘n Vriend het my vertel van ‘n groep ontevrede mense wat by Boerevryheid.co.za weggebreek het om hul eie webtuiste te gaan skep. Hierdie nuwe groep se naam is Boere Eenheid.

Nou, ek het niks te doen met die redes waarom hulle weggebreek het nie, maar ek gun hulle die reg op ‘n eie mening. Ek wil dit ook baie duidelik stel dat ek nie besig om op enige wyse die vinger na Boerevryheid.co.za te probeer wys nie. Oupa Baard het lankal terug reeds besluit om sy eie ding op sy eie werf te gaan doen, en is met liefde en vrede in sy hart van Boerevryheid af weg. En ja, ek is net tot ‘n mindere mate daar weg as gevolg van die vreemde manewales en nog vreemder oortuigings van ‘n klompie van hul lede. Die feit van die saak is dat ek gedoen het wat ek wou, en toe ek my boodskap klaar gebring het, het ek weer gegaan.

Hoe dit ookal sy, ek dink ek kan verstaan waarom Boere Eenheid se lede daar weg is, en ek kan nogal daarmee saamstem. Die deursnee lid wat op Boerevryheid.co.za deelneem is baie ordentlike mense. Dit is mense vir wie ek net die hoogste respek het en ek is nie skaam om myself met hulle te assosieer nie. Daar sit egter ‘n paar karakters daar wat enige ordentlike en gebalanseerde mens laat gril van weersin, want hulle is alles behalwe die opregte Christusgelowige nasionalistiese Boere wat hulle hulself voordoen om te wees. En intussen rig hulle groot skade aan teenoor Boerevryheid se ordentlike lede! U sien buitestaanders sien of hoor van tyd tot tyd hoe hierdie paar narre te kere gaan, en trek dan die neus summier vir die res van Boerevryheid se mense op óók!

In elk geval, die groepie het weggebreek en hul eie webtuiste gaan opsit. Boere Eenheid het van ‘n gratis gasheer se rekenaars gebruik gemaak, wat hulle ongelukkig toe baie kwesbaar gemaak het vir aanvalle deur mense wat hulle vyandig gesind is. Hierdie vyande het hulle toe agteraf gaan verkla van een of ander verbreking van die reëls. Niemand weet wat die reëls is wat verbreek is nie, en niemand by die gasheer wil sê nie. Die resultaat is in elk geval dat Boere Eenheid hul webblad met inligting en al verloor het, en dat hul lede selfs nie eers meer weet waar om hul kuierplek lop die internet te vind nie.

Ek kan nie waarborg dat al my lesers daar sal aanklop nie, maar ek glo baie van hulle sal minstens gaan kyk wat op Boere Eenheid gebeur. Ek het al ‘n paar maal gaan kyk en ek dink ek sal weer daar gaan inloer. Hulle is nog besig om die nuwe webwerf te organiseer en ‘n eiesoortige atmosfeer te vestig, maar dit lyk al klaar baie goed. Die rede waarom ek besluit het om betrokke te raak is natuurlik dat ek werklik uit my pad sal gaan om Eenheid onder die Boervolk te bevorder – mits dit natuurlik onder Koning Jesus se Leierskap geskied! En dit lyk asof daar sommer baie respek vir hierdie beginsel kan wees op daardie webblad.

Die adres is: http://www.boereenheid.co.za/

Groete,
Oupa Baard.

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: