Skip to content

Art 060: 2011-05-18 Vandag se verkiesing – wat kan ons verwag?

2013/12/06

http://www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Soos so baie mense het ek ook vanoggend gaan stem. Ek doen dit as ‘n reël nie meer nie, want ek het nóg respek vir, nóg verwagting van die politieke proses oorgehou, maar soos met die vorige [algemene] verkiesing het ek dit gaan doen met allerhande doelbewuste bybedoelinge in die hart. En ja, ek het ook hierdie keer my kruisie gaan trek met die ernstige gebed in my hart dat dit sal help om daardie finale vuur aan die brand te steek wat uiteindelik ons vryheid en vrede sal bring.

Ek weet nie wie van die ANC, die DA of COPE gaan die meeste wen of verloor in vandag se verkiesing nie – niemand van ons weet nie. Daar is allerhande bespiegelinge dat die DA plekke soos Pretoria, Port Elizabeth en selfs Johannesburg van die ANC kan afrokkel, maar net die tyd kan leer of dit so gaan wees. Iets waarvan ons almal egter baie bewus geword het, is dat die ANC nie die soort organisasie is wat enige teenstand kan duld nie. Hierdie organisasie het die manier om alle weerstand op enige moontlike manier te straf en te elimineer. Enige poging om in opstand te kom word dan ook gesien as om ‘strafbaar’ te wees, en hierdie straf is oor die algemeen baie wreed van aard. Ek dink die berugte ANC-halssnoer verduidelik presies wat ek probeer sê; en ek glo nogal ons is tans met mening terug by daardie dae en gebruike! Ons sien byvoorbeeld duidelike spore hiervan in hul jeugliga se openlike opstand teen die senior party gesag. Die manier waarop hierdie opstandigheid na vore gekom het, maar dan ook die patroon, die spoed en veral die intensiteit waarteen dit in die openbaar ontwikkel het, spel nét gevaar uit vir hierdie kolossale organisasie in sy geheel. Die ANC dra, na my beskeie mening, die kiem van sy vernietiging in sy eie boesem rond. Die jeugliga is die groep wat hierdie adder troetel, en hierdie slang ly nie net aan ‘n ingebore minderwaardigheidskompleks nie, dit dra nogal ‘n rooi hemp ook! ‘n Slang het nou maar eenmaal die manier om te pik op die plek waar sy lyf seergemaak word ….

Wat kan ons verwag gaan na vandag gebeur?

Vir wat ék verwag weet ek nie of dit werklik so belangrik is of die DA of dalk COPE die verkiesing in Pretoria en/of Nelson Mandelabaai en Johannesburg wen nie. Ek dink al wat nodig is vir die vonke om te begin spat is dat die ANC maar weer in Kaapstad moet verloor! Hulle het tydens die aanloop tot vandag se verkiesing baie sterk op Kaapstad gefokus, want hulle kan nie [meer] duld dat die Moederstad nié onder hul beheer is nie. Ons gaan nie weer daarna kyk nie, maar die ANC se verkiesings aanslag teen die bestaande orde in Kaapstad is redelik onlangs in groot detail op hierdie webblad bespreek.

Ek twyfel of hulle die DA daar gaan ontwortel, en dit kan nét beteken dat hulle die kieserskorps in Kaapstad vir hierdie ‘vernedering’ sal wil ‘dissiplineer en opvoed’ vir die volgende verkiesing. Die doel hiermee sal, onder andere, ook wees om chaos te skep om Kaapstad onregeerbaar vir die DA te maak. Dit sal natuurlik die ANC-regering se hande losmaak om in te gryp en die DA te vervang met hul eie mense. Ek dink ons kan verwag dat só ‘n poging ook na ander plekke sal uitbrei en uitgebuit sal word om allerhande persoonlike interne verskille, geskille en leierskapkwessies uit te sorteer. Dit kan daarom net ‘n bonus wees as die ANC dan ook nog ‘n paar ander ‘prestige’ metrorade en ander munisipaliteite aan die DA en of COPE moet afstaan, want dit gaan maar net soveel meer kiesers in die Townships by die algemene argument betrek. Toe ek ‘n kind was het ons na so ‘n algemene bakleiery, oftewel groep geveg, verwys as ‘n ‘barnie’. Die ANC-jeugliga [spesifiek] sal uit die aard van hul karakter en ingesteldheid poog om die kiesers ‘terug te betaal’ vir hul dwaling om die ANC swak te laat lyk. Die gewone swartman op straat, daarenteen, is hopelik dalk net keelvol genoeg vir die bedrog en ongeregtigheid teenoor hulle om terug te wil slaan. Dit kan dalk ‘n rukkie duur vir die besef van verlies en ‘verraad’ om deur te werk, ‘n week of twee dalk, maar ek dink ons gaan kort voor lank ‘n lekker groot ‘barnie’ voor ons sien afspeel! Dit is sekerlik meer as hoog tyd daarvoor!

En voor ons weet waar ons is, is die boom nie meer nie en is ons op pad na die uiteindelike vrede en vryheid toe.

Ek wil nie alarmisties klink nie, maar ons moet net daarop bedag wees dat ‘n deel van die ‘mass rolling action’ wat moontlik kan kom dalk tot in enkele blanke woongebiede kan oorspoel. Ons het hierdie afskuwelike en vieslike stuk bedrog rondom die sogenaamde ‘nag van die lang messe’, en dit kan wees dat die rooi hemp sal probeer om so ‘n aanslag teen ‘n blanke voorstad of twee van stapel te stuur. Die rooi hemp het ek in ‘n vorige artikel gesê [glo ek] is Blade Nzimande.

Ek het in die verlede op baie plekke uitgewys hoe hierdie mense selfs ‘n visioen of twee gefabriseer het om hul stories rondom Siener aan die volk af te smeer, maar dan ook allerhande belangrike inligting en motivering aan die militante swartes op ‘n skinkbord gegee het. Ons kan dan ook maar net hoop en bid dat die onderonsies tot die veglustige se eie woongebiede beperk sal wees, en dat hulle só besig met mekaar sal wees dat ons nie daarby ingesuig word nie. Ek kan nie, en ek gaan nie geweld op enige vlak goedpraat nie, maar in hierdie geval wil ek soos die ou Boere sê: Bid baie ernstig dat dit nie gebeur nie … maar hou jou kruit droog! Moenie maar net reageer en self begin slaan nie; hou die neus daar uit want dit is nie ons geveg nie, maar beskerm mekaar, en veg [eers] terug by u huis as dit dan uiteindelik moet.

Die menslik-praktiese basis van ons oorlewing lê nog steeds in die woorde: EX UNITATE VIRES!

Groete,
Frik Pretorius.

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: