Slaan oor na inhoud

Art 062: 2011-07-07 Revolusie in SA – Is die kaarte uiteindelik oop op die tafel?

2013/12/06

http://www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Ek het tot op hierdie stadium al vreeslik baie geskryf en gepraat oor hoe die versteekte verhaal in Siener se visioene begin. Die eerste visioenêre verwysing [of is dit dalk eerder ‘n waarskuwing?] wat ons hiervan het is dat die regering van die dag spontaan van bo inmekaarstort. Daar is net een praktiese en logiese manier waarop dit kán plaasvind, en dit is deur ‘n interne revolusie, gekoppel aan die een of ander epidemie wat massas en massas mense gaan uitroei. Ek moes al baie kritiek vanuit verskillende oorde verduur hieroor, maar so stadigaan is juis hierdie ‘voorspelling’ van my besig om waar te word. En ja, ten spyte van al die negatiewe kritiek en ontkennings het nog steeds niemand na vore gekom met ‘n beter of haalbare gedagte nie.

Ek moet hier toegee, want dit is net billik en eerlik om dit te doen, dat ek ook foute kan maak. Maar ek kan darem saam met dit ook sê dat ek minstens my woorde deeglik toets en weeg voordat ek iets sê wat Siener se visioene raak. Die leser kan aanvaar dat dit wat ek sê altyd waar is op die spesifieke punt wanneer en waar ek dit sê. Maar ons moet hierby darem ook in ag neem dat dit uit die aard van die saak altyd saam met die besonderse situasie sal ontwikkel en verander. Met ander woorde, dit wat ‘n mens verwag om te gebeur kan nooit los gesien word van die dinamika wat enige saak tot volle wasdom bring nie. Ek het nie so lank terug nie byvoorbeeld op hierdie blad daarna verwys dat El Kaeda skynbaar besig is om diep betrokke te raak by die gebeure hier by ons in Suid-Afrika. Hul toetrede het natuurlik ‘n splinternuwe dinamika losgelaat wat ‘n eie en unieke stempel op die verwagte gebeure sál, afdruk. Ons sal dit hiervandaan deeglik in ag moet neem in enige ontleding en verwagting wat ons mag hê, omdat dit die bestaande parameters en persepsies van die huidige situasie baie vinnig kan laat verander. En ja, wees maar bedag daarop dat hierdie saak wel baie onverwags en ontsettend vinnig gaan ontbrand en afspeel!

Ek is al daarvan beskuldig dat ek my lyf profeet probeer hou deurdat ek my hand aan sekere ‘voorspellings’ gewaag het. Ek hoor wat die kritici sê, maar ek weet ook wat die visioenêre verhaal aan ons openbaar. As ‘n mens eers eenmaal hierdie verhaal verstaan word dit relatief maklik om redelik akkuraat oor die toekoms te kan begin dink ook. En dit bring my by vandag se artikel, en ook die feit dat ek al ‘n paar jaar lank konsekwent aanvoer dat die visioenêre verhaal met ‘n yslike groot dosis swart op swart geweld sal begin. Maar ons kyk ook hier na ‘n groot stuk ironie wat deur die inligting in die aangehegde koerantberig na vore gebring word. Kom ons begin by hierdie stukkie ironie en kry dit uit die pad uit, want dit raak my as persoon eintlik baie direk en ek wil op geen manier aan sulke remskoene gebind wees nie.

Kyk, dit is een ding vir my om vooruit oor hierdie komende dinge te praat, maar dit raak iets heel anders as een van die grootste Engelstalige koerante in die land presies dieselfde dinge op ‘n baie direkte wyse begin sê! Ek glo nogal ons kan aanvaar dat hulle van profesieë net mooi niks weet, of selfs wil weet nie. Ek is maar net ‘n eensame ou stemmetjie wat iewers in ‘n groot woestyn roep; ‘n Christusgelowige Boer wat probeer om almal in die wêreld betyds in te lig wat vir ons voor die deur kom lê het. Die publiek neig om my nie te glo nie, want ek het nie dieselfde hoë-profiel toegang tot dieselfde algemene openbare [politieke] verhoog as die betrokke persoon wat die berig hieronder geskryf en geplaas het nie. Ek het natuurlik ook nie die nodige politieke statuur hiervoor nie; nie dat ek dit wil hê nie, maar dit is hoe dit is. Maar so kom hierdie relatief invloedryke volksvreemde persoon én koerant en sê presies wat ek sê …. en skielik word dit om die een of ander onbekende rede meer aanvaarbaar as wanneer ek dit sê! Ek vind nie nét die blote feit hiervan baie interessant, en selfs ietwat amusant nie, maar ook die tydsberekening waarmee hulle dit gedoen het.

Die skrywer, Aubrey Matshiqi van Business Day, se opskrif verklap reeds die strekking van sy boodskap, want dit lees: ‘Fear anger of the poor, not spectre of mine grabs:’ Hy eindig dan sy betoog met hierdie baie reguit woorde: ‘… As I said, fear not the possibility of nationalisation. What we must fear is the anger of the poor and unemployed. We must seek solace in neither the misguided doomsday scenario nor the self-deluding sunshine variety. [my beklemtoning].

Nou, as ons hierdie skrywer se herkoms en werksomgewing in ag neem kan ons aanvaar dat hy goed genoeg geposisioneer en ingelig is om presies te weet waarvan hy praat. Hy stel dit prontuit dat die magtige COSATU eintlik baie, baie bang is vir ‘n revolusie van die kant van die werklose massas af! As ons tussen die lyne begin lees, en ons neem ook ander uitsprake en eise van COSATU hierdie week by Gallagher Estates in ag, kom ons ook agter dat hulle eintlik poog om veral staatspresident Zuma as sondebok te gebruik om hulself te distansieer van enige verantwoordelikheid hiervoor. En tog is hulle direk verantwoordelik vir die moontlikheid van ‘n revolusie, want dit is juis hulle wat die werksgeleenthede weghou van die massas af! Malema word op ‘n indirekte wyse ingesleep ten opsigte van sy eis vir die nasionalisering van die myne en die konfiskering van grond vir herverdeling.

Dit lyk vir my nogal of COSATU se kritiek op Zuma se leierskap die beginpunt van hul poging kan wees om die mag in die ANC-alliansie oor te neem. Hulle het juis tydens hul onlangse beraad by Gallagher Estates ook daarop gesinspeel dat hulle en die SAKP meer direkte sê in die regeringsproses moet kry. Mnr. Zuma het nog nie regtig hierop reageer nie, maar al maak hy dan ook die regte soort geluide om COSATU en die SAKP te paai kan ek nie dink dat hy of sy kollegas in die ANC dit ooit sal toelaat nie. Hierdie botsing in sieninge, eise en verwagtinge rondom die aflegging en sywaartse delegering van gesag dra natuurlik op sigselwers reeds die tekens van ‘n uiters ernstige interne struweling, om dan nog nie eers van die werklose massas se woede oor hul bepaalde haglike situasie te praat nie. Ek meen, wie kan hoegenaamd van ‘n regering, wat so stewig soos onse ANC in die saal sit, verwag om skielik die absolute mag waaroor dit beskik af te water deur dit met ander mense te begin deel? Die hele gedagte is eintlik té verspot om enige ernstige aandag te verdien. COSATU doen met hul aandrang op magsdeling eintlik meer as om net die regering van die dag af te dreig, want hulle stuur ook ‘n baie belangrike sein uit daarmee. Ek dink hulle reik daarmee ook ‘n verklaring van voorneme uit om die mag by die eerste die beste geleentheid te gryp. Dit sal baie interessant wees om te sien presies waar die SAKP by hierdie planne inpas, want ek glo nogal hulle het hul eie planne om die mag oor te neem. Die SAKP is dus eintlik ook maar net ‘n handperdjie wat deur COSATU bygesleep word om hul opwellende magswellus weg te steek.

Ons het vroeër vandag die nuus gehoor dat die stakende staal en yster-vakbond, NUMSA, ‘n sakeman wat [staal]pype op sy bakkie gehad het in Germiston doodgeslaan het. Ons weet nie van watter etniese groep hy was nie, maar dit is glad nie belangrik vir ons doeleindes nie. Die moord is eerder ‘n ‘verklaring van voorneme’ as wat dit aan opstandigheid, woede, of selfs ras of geslag gekoppel kan word. Alles in ag genome verklaar hulle hiermee dat hulle die ekonomie wil vernietig met die doel om die beheer oor alle politieke strukture oor te neem. Die optrede was wreed en barbaars; dit is so, maar kom ons kyk vir ‘n oomblik baie kalm en nugter na presies wat dit beteken. Die opsweep van mense tot op die punt waar hulle begin brand en moor geskied normaalweg in bepaalde opeenvolgende stappe. Dit begin by die mondelingse aanpor van mense om op te tree teen dit wat hulle pla en omkrap. Dit word gevolg deur meer hardhandige optrede waar die ‘marshals’ die mense begin aanrand met die doel om hulle te laat optree, en uiteindelik, as dit nodig blyk te wees, om selfs een of twee van hulle in die openbaar dood te maak. Die halssnoer moorde van die 1990’s is maar een van die maniere waarop dit gedoen kan word. Die finale stap is dat die massas dan alle beskroomdheid en selfbeheersing verloor en uiters gewelddadig begin optree. Wat pla rondom vandag se moord in Germiston is dat die stappe hierbo op geen stadium die afgelope tyd sigbaar was nie. Die media het in elk geval tot op datum glad nie enige berigte oor sulke ‘voorbereiding’ gedra nie. Dit beteken, met ander woorde, dat die betrokke vakbondlede reeds só erg opgesweep is dat die prosedure hierbo nie eers meer nodig is nie. Die ander moontlikheid wat hiermee saamgaan, en ek twyfel of ek té ver verkeerd kan wees hiermee, is dat die mense wat die sakeman doodgeslaan het juis die ‘marshals’ is wat sommer ‘n kortpad gekies het om die ander lede vinnig-vinnig aan die gang te kry! Wat my pla is dat hierdie ‘marshals’ baie beslis lede van die SAKP sal wees. Dit kan dus wees dat hierdie optrede die SAKP se eerste skuiwe is om die regeringsbeheer van die ANC en COSATU weg te neem.

Geagte lesers, ek glo ons is dieper in die komende revolusie in as wat ons dalk besef …. en wat die owerhede wil erken! Wees asseblief baie versigtig waar u wil rondbeweeg en moet op geen wyse uitlokkend optree nie. Dit is nie ons geveg hierdie nie, en bitter min helde ontvang hul medaljes persoonlik – dit is gewoonlik so ‘n dapper held se weduwee wat die medalje namens haar kindertjies van die generaal ontvang.

Moenie u gesondheid, en dalk selfs u lewe gaan weggooi op iets wat niks met ons te doen het nie.

Maar dit is nie waaroor die berig óf hierdie artikel gaan nie. Dit gaan hier oor die groot massa werklose swartmense wat besig is om in opstand te kom teen die voorregte van die werkersklas wat lede van COSATU is. En hulle het ‘n geldige punt beet, want die paar moontlikhede vir werksgeleenthede wat nog oop is word deur die vakbondlede van COSATU gereserveer vir hul lede. En ja, ons is vinnig besig om daardie punt bereik waar die vakbonde besig is om hulself te posisioneer om die totale beheer oor die land se ekonomie oor te neem. Die blote feit dat ‘n moontlike swart revolusie so openlik in die openbaar as ‘n ietwat voldonge feit bespreek word ondersteun hierdie gedagte ten volle. [Of hulle al hul mikpunte gaan bereik weet ek darem nie, want ek glo nogal die uurglas het al te ver leeg geloop daarvoor.]

Ons kan natuurlik dit wat die skrywer van die berig hieronder sê op een van twee maniere interpreteer. Dit kan eerstens bloot ‘n openbare erkenning wees van ‘n gevaarsituasie wat reeds bestaan en wat nou reeds só groot en sigbaar geword het dat dit nie verder geïgnoreer kan word nie. Dit kan dus dalk beteken dat die probleem met die regte bestuursbenadering nog steeds betyds ontlont kan word. Maar, soos dit is, is dit eintlik ondenkbaar dat dit ooit vanuit die ANC-alliansie se geledere erken kan word dat hul magtige kolos van ‘n regerings alliansie dié soort foute kon gemaak het wat ‘n swart revolusie aan die gang kan sit! Dit is ‘n soort ‘catch 22-situasie’ waarin dit reeds onmoontlik geword het om hoegenaamd nog salf aan swerende wonde te kan smeer. Die vraag is dus nog steeds waarom COSATU so iets durf sê het. Die ander moontlikheid wat ons ook hier in ag moet neem is dat hierdie eintlik ‘n baie amptelike aankondiging kan wees [lees as: selfvervullende profesie!] van wat ons in die nabye toekoms kan verwag. Dit maak vir my baie sin, want dit is die uiteindelike teiken waarop al die politieke lawaai van die onlangse klompie jare gemik was. Ek het vóór Polokwane al hierna begin verwys, en vandag het ons net baie skielik by die bestemming begin aankom.

Wat probeer ek hiermee sê? In die twee boeke verwys ek daarna dat die vyand [lees as: Illuminati] baie dikwels gebruik maak van wat ek beskryf het as ‘beplande profesie’ wat dan oorgaan in selfvervullende profesie. Dit beteken dat enigiets wat hulle beplan om op te rig, of uit te voer, vooraf aan die publiek bekend gemaak word in die vorm van ‘n toespraak, ‘n boek en/of ‘n film wat oor daardie bepaalde [gelykwaardige] onderwerp handel. Hulle sorg dan dat daardie saak ‘waar word’ deur agter die skerms te organiseer en wêreldgebeure in daardie rigting te stuur, en op daardie manier word dit letterlik selfvervullende profesie! En ja, hulle kan dit doen want hulle beheer die media en regerings dwarsoor die wêreld. Daar is geen regeringsinstansie enige plek in die wêreld wat nog nie onder hul beheer is nie, of dan minstens sterk deur hulle beïnvloed word nie, en hulle is nie eers meer inkennig om dit prontuit te sê of net eenvoudig oor alle menings heen te stoomroller nie. Ek wil net een voorbeeld hiervan hier noem: Die Europa Unie het so stilweg alle diplomatieke beheer in Europa begin oorneem, en is selfs reeds besig om hulself in te grawe as een van die groot rolspelers in die VVO – en niemand weet deur wie en wanneer hulle in hierdie magsposisies ingestem is nie! Hulle het net eenvoudig die strukture en die rugsteun hiervoor in die geheim opgerig, en toe almal hul oë uitvee het die EU, onder leiding van daardie verspotte ou mannetjie vanaf België, Herman Van Rompuy, net eenvoudig hierdie magte opgeëis en begin implementeer asof hulle nog altyd die wetlik verkose oorhoofse regering van Europa was. Die Engelse politici skop baie erg teen dit, maar die res van Europa aanvaar dit skynbaar heel gelate.

Die voorbeeld wat ek in hierdie verband in my boek gebruik is die baie bekende spreekwoord en tema, ‘Big Brother is Watching You’. Die mees onlangse ‘groot’ voorbeeld hiervan is die baie suksesvolle film met die titel, ‘2012’ wat so ‘n jaar of twee gelede in Suid-Afrika verskyn het. Die baie groot interessantheid van hierdie film is dat daar mense is wat ‘n hele paar jaar gelede al feitlike getuienis aangebied het, wat ‘n video oor die plek insluit, dat die Amerikaanse lugmag ‘n diep ondergrondse basis vir die hooggeplaasdes van die Illuminati in die suide van Botswana ingerig het. Die leser is welkom om van my te verskil hieroor, maar ek vind dit baie insiggewend dat die skepe in die rolprent aan die einde van die verhaal hul vrag juis na Suid-Afrika bring. U het dalk ook al van die planeet Nibiru gehoor(?) Die feitelike inligting wat rondom die koms van hierdie planeet aangebied word wil dit hê dat die suidelike deel van Afrika in ‘n baie gunstige fisieke posisie geleë is. Anders as die res van die wêreld sal ons slegs op ‘n minimale wyse deur ruimterommel en ander voorwerpe getref word. Dit word verwag dat hierdie tiende planeet heelwat van die klippe in die asteroïede-gordel voor dit sal ‘uitstamp’ soos dit deur daardie gebied in die hemele beweeg na sy draaipunt om die son, en dat hierdie klippe in veral Europa en Noord-Amerika sal grondvat.

In elk geval, ek het in hierdie verband byvoorbeeld in ‘Wat kom ná Siener?’ gesê dat die vyand skynbaar verwag dat die wederkoms sal saamval met die beginpunt van die volgende astronomiese tydperk, en dit is die tydperk bekend as Aquarius. Die aankoms en verbygaan van hierdie tiende planeet val hierdie keer blykbaar saam met die aanbreek van die Aquarius-tydperk …. en volgens die mense wat hieroor skryf kan dit dalk net in 2012 gebeur. Ek weet nie of dit Nibiru kan wees nie, maar daar is blykbaar die een of ander groot hemelliggaam soos ‘n planeet op pad na ons kant toe. Dit is ook nie duidelik presies wanneer hierdie ding verby sal kom nie, maar dit sa blykbaar die aarde ‘omdop’ om ‘n pool verskuiwing te veroorsaak.

En ja, hierdie komende swart revolusie is volgens alle aanduidinge deur hierdie groep bose mense en hul plaaslike agente beplan, en dit sal ook deur hul agente rypgedruk word totdat dit uiteindelik ontvlam en in grootskaalse geweld teen ons regering [van die dag] uitbars. Ek verwag egter dat die opstandelinge hierna sélf prooi sal word, want daar word beslis iets vanuit ons vyand se geledere teen hulle beplan ook. Dit is die enigste rede waarom hulle geen aantoonbare rol in die visioenêre verhaal speel nie.

Groete,
Frik Pretorius.

http://www.businessday.co.za/articles/Content.aspx?id=147458
Business Day

AUBREY MATSHIQI: Fear anger of the poor, not spectre of mine grabs
Published: 2011/07/04 07:30:42 AM

THE congress of the African National Congress (ANC) Youth League two weeks ago launched a season of political posturing, sabre rattling and market jitters that will end in December 2012 at the Mangaung national conference of the ruling party. If there is a lull after that conference, it will probably be shorter than a power nap.
Don’t forget that less than two years after the ANC conference, SA will be celebrating 20 years of democracy. The year 2014 is also the year in which the country will be voting in its fifth general election. The losers of next year’s policy battle will try to influence the content of the 2014 election manifesto of the ANC, while the winners will fight for the consolidation of their policy victories by arguing that the manifesto must be consistent with the resolutions of the 2012 conference. Once again, we are going to hear noises about an alliance election pact and threats of withdrawing electoral support if the ANC refuses to shift its policies to the left.
We, on the other hand, will engage in the usual speculation about the ANC suffering electoral emasculation. As Lao Tzu put it, ‘Those who have knowledge do not predict, and those who predict do not have knowledge.’ Predictions will outweigh knowledge, and the astute among us will package our predictions as knowledge.
The markets will ignore the fact that the levels of policy predictability in SA have been quite high since 1996, and nothing we say will convince them otherwise. Actually, it is this high level of policy predictability which, in part, has been the cause of policy tensions between the ANC and its allies since the adoption of the Growth, Employment and Redistribution macro- economic policy in 1996. While the story of the left’s participation in the tripartite alliance in recent times has been a tale of diminishing policy returns and, therefore, evidence of policy predictability, perception and market sentiment are shaped by the fact that noise travels faster and more efficiently than fact.
Unfortunately, both the left (with its utopian economic remedies) and the right (with its tired orthodox prescription of the utopia of a ‘free’ market) are investing heavily in the noise. Fortunately for us, the two sides are in agreement about the other being the problem. And they both call for leadership from everyone but themselves.
Talking about leadership, don’t get me started with leaders who have succeeded in turning their personal differences and personality clashes into policy and national issues. I am not handing out prizes for guessing who I am talking about. In the months to come, our predictions will be laced with this appearance of a genuine policy debate. This, of course, does not mean there are no genuine policy conversations to be had. I am afraid, though, that these conversations may be compromised by the hot air that will be generated by rumours of, and wishes for a Luthuli House coup. As a result, we will continue missing the point.
The threat to the political and economic stability of this country is constituted less by calls for nationalisation and more by the growing anger and frustration of those whose plight seldom matters longer than the shelf life of a headline-grabbing story. If you worry about the nationalisation of mines, banks and monopoly industry, just chill — the only thing that will be nationalised are orthodox economic policies.
Also, my preference for this sense of equanimity is a function of political strategy and tactics. He who goes to a conference armed with a list of demands must know that there are only two kinds of demands — those that have the potential to maximise support, and those that have the potential to minimise it. For instance, the demand for nationalisation might weaken support for the removal of one leader and the candidacy of another.
As I said, fear not the possibility of nationalisation. What we must fear is the anger of the poor and unemployed. We must seek solace in neither the misguided doomsday scenario nor the self-deluding sunshine variety. [my beklemtoning]
• Matshiqi is research fellow at the Helen Suzman Foundation.

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: