Slaan oor na inhoud

ART 077 2015-01-26 Die pot begin oorkook in Europa ….. nuwe verwikkelinge.

2015/01/31

www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Daar het onverwags interessante nuwe nuus rondom die huidige ‘oorlog’ tussen die Eurodollar en die Switserse Frank na vore gekom, en dit vorm, vir wat dit werd is, ’n baie interessante raakpunt met my vorige artikel, ART 076.

Switserland se onlangse verwerping van die Eurodollar het sekere vrae laat ontstaan wat tans nog in die lug hang, en in terme van  my vorige artikel was die heel belangrikste hiervan sekerlik wat ons volgende kan verwag.  So het ek byvoorbeeld reeds tydens die skryf van die vorige artikel hardop teenoor my onmiddellike vriendekring gewonder wat die neo-Nazis se volgende skuif gaan wees.  Want as dit hul doel is om die Eurodollar te vernietig om die Duitse Mark te laat herleef sal hulle noodwendig Mario Draghi en die Europese Sentrale Bank se planne moet koudsit.  Dit is dan ook baie interessant dat Draghi reeds in hierdie verband erken het dat daar nie ‘n Plan B vir sy poging bestaan om die Eurodollar te red nie; daar is net ’n Plan A en niks vêrder nie!  Sy poging om die arm lande [lees as: parasitiese lande] in Europa uit hul skuldkrisisse te help is dus absoluut blootgestel en hoogs uitbuitbaar deur iemand wat skelm gedagtes koester!

http://www.reuters.com/article/2015/01/26/us-ecb-policy-decision-insight-idUSKBN0KZ1EH20150126
When Mario Draghi announced the European Central Bank’s trillion-euro scheme to buy government bonds, he acknowledged that in the round of strategies to revive inflation and boost the economy, the bank had just played its last hand. [my beklemtoning deurgaans]
Asked by reporters what would happen if the plan to purchase 60 billion euros ($67.55 billion) of assets a month for 19 months failed, Draghi answered: “We have Plan A.  Period.”
In fact, the money printing scheme known as quantitative easing is already a plan “BBB” in the words of former European Economic and Monetary Affairs Commissioner Olli Rehn, who termed it a “Belated Big Bazooka.”

En ja, as daardie geldeenheid ondergaan sal die [Europa] regering agter dit noodwendig óók moet ondergaan, want dit is ondenkbaar dat Duitsland die nuwe Duitse Mark namens die Europa Regering sal lanseer.  Maar hoé gaan dit gedoen word?

’n Mens kan ook nie dink dat Frau Merkel se regering so ’n gebeurtenis sal kan oorleef nie, want die persepsie is óók nou geskep dat sy dalk té nou met Draghi en die Europa Regering saamwerk vir Duitsland se beste voordeel.  Sy is nie regtig so gewild in Duitsland nie, en dit word baie algemeen gesê dat sy bloot herkies is omdat daar op hierdie stadium niemand beter op die Duitse politieke toneel is nie.  Hierdie indruk word ten volle ondersteun deur die spesifieke tydsberekening van Switserland se onverwagse skuif om die Frank los te maak van die Eurodollar.  Dit het op dieselfde dag gebeur, op 15 Januarie 2015, as wat Merkel en Draghi ooreengekom het oor sy plan om Europa se groeiende skuldlas met [waardelose] papiergeld dood te gooi.  Dan is daar natuurlik ook die baie belangrike feit dat sy tydens hierdie vergadering aanvaar het dat die Europa Hof méér sê het as Duitsland se Hoërhof, selfs in Duitsland!  Daar was oorspronklik’n ooreenkoms, toe die Eurodollar gelanseer is, dat Duitsland die ekonomiese beheer oor Europa sou hou in ruil vir die vrywillige onttrekking van die Duitse Mark.  Maar Merkel het dit dalk nou so stilweg eensydiglik opgesê deur nederig voor Draghi se eise te buig.  Ek dink selfs die meer liberale Duitse kieser sluk maar swaar hieraan, want dit moes soos ’n klap in die gesig vir daardie trotse nasie gewees het: Hoe kan die Europese hof die Duitse hof so skielik van buite beheer?  Wie het hierdie gesag aan die Europa Regering toegedeel?

Die neo-Nazis sal in elk geval die maksimum negatiewe propaganda hieruit teen haar [regering] kan projekteer as dit hulle sou pas.  Duitsland sal dan nie net ’n nuwe regering kry nie, maar sal ook meteens volledig in beheer van Europa se geldstelsel en ekonomie wees.  En ja, dit is dalk ’n bietjie vêrgesog om te verwag dat die Duitsers hierdie keer ’n nog meer liberale regering as Merkel s’n sal instem.  En dan is daar nog altyd die moontlikheid van ‘n staatsgreep in Duitsland ook.  Ek weet nie of die nodigheid vir sulke drastiese optrede regtig op hierdie stadium bestaan nie, maar dit sal nie vir my vreemd wees as dit wel gebeur nie.  Ek het in elk geval hierdie moontlikheid ook al in ’n vorige artikel opgehaal, en ek het daar gesê dat baron zu Guttenberg waarskynlik die enigste mens in die wêreld is wat met so iets sal wegkom.

Maar nou ja, ek het die afgelope paar dae baie diep nagedink oor wat volgende kan gebeur, maar ek kon om klaarblyklike redes natuurlik nie by ’n sinvolle antwoord uitkom nie.  Daar is geen inligting om ’n mens in hierdie verband te lei nie en ’n mens kom natuurlik nêrens met blote spekulasie nie.   Ons het hier voor ‘n tipiese Esegiël-probleem te staan gekom, en dit is die een van wiele binne wiele, binne wiele, binne wiele, waar niemand eers weet hoe die tweede, derde en vierde wiele aan die binnekant behóórt te lyk nie.

Dit staan egter baie vas en seker dat die neo-Nazi’s om bepaalde diplomatieke redes nie die beoogde nuwe Duitse Mark kán instel solank die Eurodollar en die huidige Europa Regering nog ‘amptelik leef’ nie.  Die bestaan van die Europa Regering is natuurlik tot ‘n groot mate ‘wind’, want dit is gebaseer op wanvoorstellinge, wanpersepsies, leuens en bedrog, maar selfs só kan hulle nie bekostig om allerhande bedenkinge en vrese wakker te maak rondom die opkoms van die neo-Naziisme in Duitsland en Europa nie.  So iets kan dalk net hul planne dwarsboom, en dit was spesifiek om hierdie rede waarom ek in die vorige artikel [ART 076] gesê het:

…Dit is vêrder ook belangrik om te verstaan dat die besluit om die Switserse Frank van die Eurodollar los te maak slegs ’n oorlog tussen die Switserse Frank en die Eurodollar van Brussels ontketen het: Duitsland staan tegnies heeltemal los hiervan, maar sal volgens alle aanduidinge onmiddellik ’n nuwe geldeenheid kan instel as die Eurodollar dan wel faal….’

Die antwoord op die ‘waarom’ in Switserland se optrede, toe hulle die Switserse Frank van die Eurodollar losgemaak het, word moontlik in onderstaande berig gegee.  Die rede volgens hierdie publikasie, is dat die Eurodollar plek moet maak vir die Chinese Yuan as die [volgende] belangrikste internasionale Switserse handelsvennoot.  As hierdie nuus korrek is staan ’n mens natuurlik verstom voor die briljante wyse waarop die neo-Nazis ’n onverwagse meevaller eers ’n bietjie gebuig het, dit vir ‘n rukkie op ys gesit het, en toe blitsvinnig uitgebuit het om hul eie doelwitte te bereik!  Ek is oortuig daarvan dat die huidige ekonomiese gebeure in Europa tot ’n krisis gaan lei wat die ondergang van daardie onwettige regering gaan veroorsaak!

Die baie belangrike punt hier is dat die neo-Nazis die enigste groep is wat nét wins uit hierdie situasie kan maak, wie of wat dan ookal die toutjies agter die gordyn sit en trek [wat waarskynlik hulle self is!]   En hier moet ons duidelik verstaan dat dit nie maar net ’n groot hap van die wins gaan wees nie, maar letterlik alles daarvan, kapitaal en alle ander bates ingesluit!  Dit is nog nie duidelik óf, en hoé, die Eurodollar en die ‘regering’ agter dit so ’n stamp sal kan oorleef nie, maar ek kan in my onkundigheid nie sien hoe dit kan gebeur nie.  Wat ek wel verstaan is dat Switserland se [neo-Nazi?] bankiers hiermee onder andere ook die perfekte platform geskep het om die nuwe Duitse Mark te kan lanseer.  En ja, dit is ’n ope vraag of ’n nuwe super-konserwatiewe Europa Regering nog handelsbande op so ’n hoë vlak met Sjina sal handhaaf, veral omdat hierdie nuwe verhouding tussen Switserland en Sjina eintlik nog net in die nuusberig hieronder bestaan.  Hierdie aangeleentheid kan, met ander woorde, bloot net nóg ’n valse vlag operasie wees om Frankryk en die ‘arm’ Europese lande om die bos te lei.  En teen die tyd wat hulle begin wakker word hiervoor is alles oor en verby…..

Dit kan dus wees dat Switserland regtig besig is om agter groter finansiële stabiliteit en winste aan te stap, maar dit geld nie noodwendig vir die breër Europese gemeenskap in sy geheel óók nie.  Switserland se bankstelsel staan in die eerste plek nie onaantasbaar in isolasie in Europa nie.  Ek is eerlik genoeg om te erken dat ek nie ál die implikasies van Switserland se optrede verstaan nie, maar ek verstaan wel dat hulle ook nie ál die negatiewe monetêre reperkussies daarvan sal kan ontduik nie.  Daar is vêrder ook, in die tweede plek, bepaalde konserwatiewe vrese in Europa vir moontlike Chinese [wêreld] oorheersing, en hierdie groepe sal sovêr moontlik wegstaan van Switserland se gewaande planne af.  Hulle sal daarom die nuwe Duitse Mark aangryp soos ’n drenkeling ’n reddingsboei wat ‘net betyds’ na hom uitgegooi word, en dan is Duitsland baas in Europa: dit is so eenvoudig soos dit!

—————————————————————————————————

Die berig:
http://www.globalresearch.ca/money-and-gold-did-neutral-switzerland-just-change-sides-the-china-swiss-renminbi-hub/5426545

Money and Gold, The China-Swiss “Renminbi Hub”. Has “Neutral” Switzerland Just Change Sides?

By Bill Holter Global Research, January 24, 2015
The Swiss have been known for many things.  They are renowned chocolate and watch makers as well as financiers.  They are well known as a very low crime society where nearly everyone has a gun (maybe this is why crime is low?) but their greatest claim to fame has been their “neutrality.  They did not participate in either World War I or WWII,  They did however do business with both sides during World War II and profited handsomely.  If you recall, many accounts they had held went unclaimed for years because many of the “depositors” were killed during the holocaust. 
When the settlements were made some 15+ years ago, the survivors and heirs received “paper” settlement for their gold deposits.  It is also highly likely Switzerland still has untold tons of gold in their vaults from the Nazi Germany regime which was stolen from overrun people and even nations.  I bring this up because it is important you are fully aware that Switzerland “knows” gold.  Not only do they know gold, they know which is better, paper or gold … which is why they reimbursed claims with paper rather than gold.
With the above in mind, the Swiss National Bank as you know were very big “supporters” if you will of the European paper currency unit, amassing nearly 600 billion euros on their balance sheet.  They shook the financial world last week when they announced a drop to the peg floor of 1.20 after publicly confirming it just three days earlier.  In fact, the ripples (unintended consequences) have yet to fully play out or be disclosed as derivatives of all sorts were affected.
We asked the question “why”, last week.  Why did they drop the peg, especially after confirming it just 72 hours earlier?  The common sense reason was because they had to.  Euros were piling up on the SNB’s balance sheet with the current 60 billion per month more staring them right in the face.  Why accumulate more of something the issuer publicly and purposely wants to dilute?
Fast forward less than one full week and another, maybe the BIGGEST piece to the puzzle has emerged!  It appears the Swiss may have been given an offer they couldn’t (shouldn’t) refuse?  It was announced yesterday that the Chinese and Swiss have agreed to opening a “renminbi hub” based out of none other than Zurich!
http://www.swissinfo.ch/eng/multimedia/chinese-name-switzerland-a-renminbi-hub/41229772
Do you think this deal just came out of the blue?  Did the Chinese request, or offer, a renminbi hub AFTER the Swiss announced the end of their euro peg?  Or, do you believe the louder Mr. Draghi became and the closer the date of QE announcement came, the Chinese and the Swiss were meeting behind closed doors?  As an earth shattering side note, the Chinese publicly and formally also announced yesterday of their intentions for the Yuan to be an internationally traded currency!
The obvious takeaway from these announcements is twofold.  One we could have certainly speculated on, the other a surprise.  First, it is and has been common sense that the Yuan (renminbi) was going to eventually become an internationally tradable currency with the speculation of eventually becoming “a”, if not “the” reserve currency.  This, we could have expected, the timing though was unknown.  The not so obvious take, and maybe just my own opinion, is the Swiss just took and changed sides!  I know this is a big statement so I will try to explain my thinking here.
The Swiss surely had to know when they dropped their peg, speculators, financial institutions and even some central banks would be offside and take losses, BIG losses.  They could have dropped the peg differently.  They could have even moved the peg slightly and not forecast further moves.  In other words, they could have made the move slower.  They chose not to and according to Christine La Garde, they gave no prior notice to the IMF.  I was not sure last week but now, after the Swiss/Chinese alliance I believe her.  I believe this was a bolt of lightning out of the blue to the Western banking system and probably a shot across the bow by the Chinese.
Going just a bit further, the Swiss have actually injured the Western financial system with their overnight and sudden move.  Derivatives have taken hits and very well could have set off a chain reaction behind the scenes … which have not yet surfaced?  [my beklemtoning] They did this AND moved Eastward at the same time.  In my opinion, the Swiss “know” the direction where the power structure is moving.  You see, Switzerland has “re” refined several thousand tons of gold over the last few years.  They know where the gold came from, they know they received London good delivery gold, they know they recast this gold into “kilo” bars which is good delivery in the East …and they know where they shipped all of this gold.  You would not have to be as bright and precise as the Swiss to understand what is happening.  They have seen the flow, done the math and watched as “power” (gold) has been moved from West to East.
Before finishing I would like to comment on their “neutrality”.  The Swiss have always been connected to the Anglo banking and financial systems.  Over the last 3-5 years they (the Swiss financial institutions) have been attacked time and again by Washington DC. with new rules and regulations, FATCA being the obvious.  Their institutions have been blackmailed and strong armed into breaking secrecy laws which stood for well over a century.  Do you think they liked or enjoyed this?  Would they have changed their practice unless they were forced to?  Of course not.
So, “what’s in it for them” you ask?  This is easy!  Switzerland by allying with China is simply following “the power”.  They will also be doing business in a “respectful” manner with the Chinese rather than with the disrespect they have worked under with the West.  They also will now have another way to transact business, they will be entitled to and even enticed to use the new clearing system that Russia has formed… and not under the watchful eyes of SWIFT!  As a speculation on my part, I believe the Swiss fully understand “what” it is that is coming.  They can see as well as we can, the collapse is coming.  A banking collapse, a derivatives collapse, a trade “war” and collapse, and a currency/credit collapse.  If it is obvious to people like us who are not plugged in, it is more than obvious to them being at the heart of global finance.  I believe they are simply positioning themselves ahead of collapse and “gittin’ out while the gittin’ is good”!  I might add, they are doing this on their own terms and timing, not terms, conditions and timing which are forced on them!
In my opinion, when we look back at what the Swiss are doing and have done, we will simply look at it as “the Swiss did what they had to do and what was best for the Swiss”.  They have changed sides so to speak and done so in a front running and hands on manner.  This is simply Switzerland doing what it does best …business!
——————————————————————————————–

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: