Skip to content

ART 089 2016-05-17 Siener se Engelse soldate is op pad na Pretoria!

2016/05/17

www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Ek het in my twee boeke en vorige artikels baie daarop gewys dat daar ‘n groot Engelse militêre teenwoordigheid in Pretoria is op die punt waar Siener se visioenêre verhaal begin.  Ek het ook in 2004, toe my eerste boek verskyn het, gesê dat die ANC-kolos net tot ‘n val kan kom as gevolg van (interne) swart op swart geweld.

Wat die Engelse teenwoordigheid in Pretoria betref het ek aanvanklik gesê ek weet nie wanneer en waarom hulle sal kom nie, en dat hulle maar net hier sal wees as die verhaal begin. Hierdie gebeure het eers vir my begin koers kry toe Cope van die ANC weggebreek het onder Lekota, en toe weer nadat Malema teen Zuma begin draai het.  Cope het homself intussen bewys as heeltemal tandeloos, maar Malema het na vore getree as ‘n fanatieke en roekelose soort teenstander.

Malema is die eerste keer as leier van die ANC Jeugliga gekies in die dae kort voor ons in Augustus 2008 van Bloemfontein na Pretoria verhuis het. Dit was destyds ‘n groot lawaai in Bloemfontein gewees, want hy en sy ondersteuners het groot skade aan die twee universiteitskampusse in Bloemfontein aangerig soos hulle om baasskap baklei het. Hy het, met ander woorde, baie openlike geweld ingespan om die leier van die jeugliga te kon word, en daar het duidelik nog niks hiervan verander nie!

Nou, ek sien hiérdie mannetjie as ‘n baie belangrike pion in ons Vader se beplanning, en ek het, vandat sy probleme met Zuma sigbaar geword het, gesê dat hy waarskynlik die man is wat Zuma gaan laat val. Ek het later, soos hierdie raaisel vêrder vir my begin oopgaan het, kon skryf dat die Engelse soldate hierheen sal kom om die swart op swart revolusie, wat waarskynlik deur Malema begin sal word, te beheer om Engelse belange in Suid-Afrika te beskerm. En die grootste onmiddellike bron vir hul bekommernisse is nogal Malema (deur AMCU) en Putin se platinum-grypsug.

En nou vir die nuutste kinkel in hierdie uiters interessante sage:

Radio Pretoria, deesdae bekend as Pretoria FM, het gisteraand (16 Mei 2016) ‘n uiters interessante nuusberig uitgesaai.  Dit blyk dat ‘n organisasie in Engeland, bekend as www.vice.com, inligting op die internet gepubliseer het dat ‘n groep Engelse militêre offisiere Suid-Afrika laasjaar besoek het om ‘n baie besonderse taak uit te voer. Hulle verwag duidelik baie groot probleme vir die ANC by die stembus later vanjaar, want volgens hierdie nuusbron was hul missie om planne op te trek hoe om die ANC aan bewind te hou ná die komende verkiesing. Ons het geen rede om te twyfel aan die egtheid van die berig nie, en as ons dit begin pas op die gang van Siener se visoenêre verhaal is dit presies in die kol! Dit bewys meteens ook dat die ANC regering bloot ‘n strooipop-verlengstuk van die Engelse regering is.

Dit is baie, baie interessante inligting hierdie, maar dit is egter nie vir my die belangrikste deel van die berig nie. Iets wat vir my van baie groter waarde is hier is die volgende:

Despite the concern surrounding the ANC’s activities, the military officers were required to, “devise a medium term strategy, with concrete deliverables, for the party to retain power at the next general election.”

Die verwysing na ‘…medium term…’ staan vir my om bepaalde redes soos ‘n seer duim uit. Daar is nie ‘n presiese definisie vir so ‘n tydperk nie, veral nie in die politieke sin van die woord nie, maar dit word skynbaar aanvaar as ‘n tydperk wat langer as ‘n jaar van nou af sal begin, maar darem ook korter as vyf jaar van nou af sal aanhou. Dit word skynbaar egter algemeen aanvaar dat die begrip na ‘n tydperk van min of meer drie jaar verwys.

Ek verstaan twee verskillende dinge hier.  Die eerste een raak die ANC en die tweede ons toekomstige staatkundige posisie.

Hoe raak hierdie verwikkelinge die ANC?

Ek is in die eerste plek geruime tyd al openlik van mening dat ons in die geval van die ANC nie juis veel vêrder hoef te kyk as die verkiesing in Augustus 2016 nie, want die kanse is baie goed dat hulle nog voor dit tot ‘n val kan kom.  Dit is nou as daar hoegenaamd ‘n verkiesing gaan wees. Ek is in elk geval dan ook op rekord dat ek nie kan verstaan wat die ANC nog steeds in die kussings hou nie, want hulle moes eintlik lankal terug ondergegaan het.

Ek verwag ook nog steeds ‘n Zuma-staatsgreep om te keer dat hy uitgeskop word en tronk toe gaan vir sy vergrype. Die ANC topleiding praat van maniere om van hom te laat uittree nadat die verkiesing verby is, maar hy moet verseker tog by homself wonder wat daarná van hom gaan word.  Hy sal waarborge wil hê dat hy nie vervolg gaan word nie en niemand kan regtig so iets vir hom gee nie. Sy opponente sal dit in elk geval op geen manier toelaat nie. Hy sal dus beslis vervolg word, maak nie saak wát gebeur nie en ‘n staatsgreep sal sy enigste haalbare uitweg wees. Hy kan seker ook asiel in die buiteland gaan soek, maar ek dink hy weet dat dit hom nie veel sal help nie. Hy sal ten volle aangewese wees op die ondersteuning van mense soos die Gupta’s en die (Schabir) Shaik’s, en ek kan nie sien dat hulle hom gáán help nie! Miskien tot hulle hom óók kaal gestroop het van die geld wat hy gesteel het ja, maar daarna sal hulle hom vir die wolwe gooi.

Die kanse is natuurlik uitstekend goed dat Malema óók ‘n staatsgreep kan probeer uitvoer, maar die SAPD (wat Zuma se gekose stormtroepe is) sal waarskynlik té goed georganiseer wees daarvoor.  Daar is slegs enkele weermagbasisse in die hele land terwyl elke beboude gebied ‘n polisiestasie het.  Hulle is dus orals teenwoordig en kan daarom baie gemaklik en vinnig op enige plek toeslaan.  Malema mag die weermag en AMCU aan sy kant hê, maar die weermag veral het regtig niks werd geword: ons eens trotse SAW het ‘n belaglike bespotting geword!

Maar dit maak ook nie regtig saak wie so ‘n staatsgreep probeer uitvoer nie, want Zuma gaan die ANC laat val en dit sal na alle kante toe ‘n swart op swart revolusie veroorsaak.

Die Engelse militêre mag waarna die nuusberig verwys sal natuurlik na dese openlik en sonder slag of stoot kan kom, want hulle en die ANC werk duidelik saam. Die ANC is in werklikheid besig om hulle op ‘n vrywillige basis van buite in te nooi, en as die lawaai verby is en die regeringsboom klaar in sy graf in verdwyn het sal hulle nog steeds hier wees.  En so sal hulle ook in Pretoria teenwoordig kan wees as Siener se verhaal by die verkiesing in Noordwes begin.

Ek kan nie sê wat in lande soos Zimbabwe en Zambië gaan gebeur nie, maar Zimbabwe veral sal seker ook so in die stilligheid weer aan die Engelse kroon onderwerp word. Die verhaal toon aan dat die Engelse op ‘n laterige stadium in die verhaal vanaf Upington na ‘n militêre basis by Buluwayo sal vlug as die Duitse magte van Lüderitzbaai af inbeweeg. Die implikasie hiervan is natuurlik dat die Engelse waarskynlik reeds ‘n basis daar sal hê nog voor die verhaal begin. Maar ons weet nie wanneer dit gebeur nie en ook nie wat daar gebeur nie.

Hierdie nuusberig laat natuurlik ‘n paar interessante vrae na vore kom.

  • Hoe gaan die Engelse militêre mag enige geweldadige onrus beheer in die tydperk tydens en direk ná die verkiesing? Ons moet noodwendig hier aanvaar dat hulle grootskaalse swart op swart gewapende geweld teen die ANC verwag, daarom word die beplanning deur militêre offisiere gedoen en nie deur diplomate of ekonome nie.
  • Ons weet nie hoe groot hierdie groep offisiere was nie, maar hulle sal beslis meer as net ‘n paar soldate nodig hê om orde tussen 50miljoen werklose swartes af te dwing in ‘n Suid-Afrika wat WIL brand! Hulle gaan sommer ‘n hele paar duisend soldate nodig hê, wat waarskynlik die verwysing na ‘concrete deliverables’ in die berig verduidelik. Daar is baie plek vir hulle in die militêre basisse in en rondom Pretoria.
  • Wat gebeur die dag as daardie medium-tydperk verby is? Hul beplanning en hulp is duidelik nie bedoel om voorsiening te maak vir langer as ‘n paar maande nie. Hulle kan dus nie regtig langer, of selfs onbepaald hier bly nie. Dit loop saam met die baie groot moontlikheid dat die bedreiging teen die ANC regering erger gaan word, en dat ons mettertyd selfs ‘n soort Vietnam vir die Engelse en hul ANC handperdjies hier kan verwag! Miskien hoop die Engelse om die belhamels uit te haal en sodoende die ANC te ondersteun?
  • Die feit dat die Engelse offisiere se beplanning slegs oor die medium-termyn strek sê dus in werklikheid dat hulle beplan om nie langer as ‘een tot vyf jaar’ hier te wees nie. Waarom hierdie rigiede afsnydatum inbou in ‘n plan wat bedoel is om die ANC se bewind oor die langer termyn te bestendig as hulle weet dat die opstandigheid nie so gou gaan bedaar nie? Of het hulle dalk iets anders in gedagte, want die bedreiging teen die ANC se bewind is definitief groter as waarvoor die beplanning voorsiening maak. Dit gaan beslis nie vanself en skielik na hierdie beplande tydperk ophou nie.
  • Dan is daar natuurlik ook (nog) die baie sterk moontlikheid dat die eintlike doel agter die beplanning is om etniese suiwering hier te kom toepas. Dit beteken dat die (varkgriep?) virus waarskynlik óók saam met hierdie Engelse besettingsmag sal kom. Ek kan nie sê presies wie die virusse aan die massas gaan uitdeel nie, maar ek aanvaar wel dat iemand dit gaan doen tydens die ‘geraas’ van die onrus en bakleiery.  Ek het in detail hierna gekyk in Art031 en ook Art032. (Ek het dit vantevore verkeerd verstaan, soos in Art 057, maar 31 Augustus kan dalk tog uiteindelik in die kol wees. Daardie datum staan nog, want dit is deur die Gees vanuit die Bybel aan my gegee, maar ek weet net nie presies wanneer dit van toepassing gaan word nie.)

Dit is bekend dat invloedryke mense soos Prins Phillip die sogenaamde Derde-Wêreld ‘modderrasse’ wil uitwis en ‘n revolusionêre situasie soos hierdie is die ideale geleentheid om dit te doen. Ek dink ons moet dit saam met die feit verstaan  dat daar nie swartmense in die visioenêre verhaal optree nie. Die enigste spoor van swartmense in die verhaal is die regeringsboom wat so spontaan begin pluiens en die swart kryger wie se skaduwee so dreigend oor die land val, maar net voor hy teen ons kan optree verdwyn hy agter ‘n misnewel.  Hierdie twee visioene is in werklikheid twee verskillende beskrywings van dieselfde gebeurtenis, en dit gebeur nog voor die visioenêre verhaal as sulks by die verkiesing in Noordwes begin.  En soos dit is val hierdie verkiesingstyd nogal binne Suid-Afrika se griepseisoen óók, en ons huidige nasionale demografiese situasie kan dalk heel anders lyk as dit weer Krismis word in Suid-Afrika. Die skuld hiervoor, soos ek in die artikels oor varkgriep gesê het, sal op die Boervolk gepak word, maar die wêreld moet weet dat die werklike Christusgelowige Boervolk nie hul hande op hierdie manier sal vuil maak nie. Ons was nog nooit moordenaars nie en ons sal dit ook nie nou wees nie. Ons is onskuldig aan die sluipaanslag wat teen die swart ras in Afrika kom! (Onthou, daar is ook Engelse magte in die voormalige Duits-Oos in die verhaal, maar daar is ook in daardie deel van die verhaal geen teken van swartmense nie!)

Hoe raak hierdie verwikkelinge ons staatkundige posisie?

‘n Mens kan dalk wil dink dit is nog ‘n bietjie gou om nou al oor moontlike datums en tydskale te begin praat, want daar moet nog ‘n paar dinge gebeur en daar is nog nie regtig ‘genoeg bewyse’ om beweringe soos myne onomstootlik te staaf nie. Ek weet egter nie of ons regtig nog so kan redeneer nie, want die aanloop tot Siener se verhaal is besig om vlak voor ons oë vorm aan te neem! Wat hierdie moontlike tydperk van drie jaar vir die Engelse se ‘medium term’ betref wil ek dan ook ter afsluiting kortliks die volgende sê:

So ‘n tydperk van drie jaar pas uitstekend by my argumente en stellinge oor die gebeure wat op ons wag.  Ek het op 13 Mei 2016, pas ‘n paar dae gelede, in ART 088 weereens nuwe inligting oor die regering van die Antichris uitgewys. Die baie belangrike afleiding wat ons uit stukkies inligting soos hierdie kan maak is dat ons ‘n moontlike tydskaal kan aflei waarin hy gaan optree. En die oomblik as ons DIT het, het ons natuurlik ook die res daarvan. Dan kan ons mos sinvol begin beplan om die toekoms te beveilig….diegene wat daarin belangstel in elk geval. Ek het dan ook, soos ek hierbo sê, reeds my gedagtes en verwagtinge hieroor in verskeie artikels op hierdie blad en in my boeke gepubliseer. En ja, dit is die feitelike inligting wat in die media verskyn wat hierdie afleidings nou baie sterk begin ondersteun en daadwerklik versterk. Dit is ook waarom ek telkens die volledige berigte saam met my artikels publiseer.

Maar so is ek op rekord dat die Antichris se tydperk volgens alle aanduidinge op 25 September 2015 begin het, en dat dit sal eindig op 24 September 2022. Die inligting wat saam met dit vir my oopgegaan het is dus dat Siener se Derde Wêreldoorlog baie moontlik oor sowat (nog) drie jaar sal uitbreek. Ek mag nog steeds verkeerd wees hiermee, ek het nie regtig klinkklare bewyse op hierdie stadium hiervoor nie, maar ek verwag volgens wat ek aanvoel, en wat ek sien en verstaan, dat die oorlog in ongeveer Maart 2019 sal uitbreek.  As ek verkeerd is sal dit nie meer as met ‘n paar maande wees nie.

Drie jaar is in elk geval ‘n baie haalbare tydperk vir die regering wat ná die ANC sal kom om twee Volkstate af te baken, te proklameer en uit die landkaart te sny.  Daar is verskeie en verskillende staatkundige prosesse en handelsooreenkomste wat eers afgehandel sal moet word, en dit sal nie sommer in ‘n korter tydperk as drie jaar ingepas kan word nie.  Iets wat miskien kan help om die proses sonder haakplekke te laat verloop is dat die Engelse militêre offisiere wat na Pretoria sal kom waarskynlik ook deel van die post-ANC regering sal vorm. Die verraaierselement onder ons sal hulle nie vinnig genoeg in so ‘n regering kan intrek nie.  Daar sal dus nie veel politieke bespreking hieroor nodig wees nie en hulle sal die twee Volkstate bloot op ons kan afdwing. En hulle sál dit doen, want die visioenêre verhaal stel dit baie duidelik dat die Engelse ons volk op ‘n hoop bymekaar wil hê om ons finaal uit te wis.

Ek en my vrou het oor hierdie nuwe verwikkelinge gesels terwyl ek hierdie artikel geskryf het, en een van die dinge wat ek met ‘n groot blydskap in my hart vir haar kon sê was:

‘Dit is hierdie soort nuus, soos ook die berig wat tot Art 088 gelei het, wat die dinge wat ek in die verlede gesê het as waar en eg bewys. Ek was nie verkeerd nie, ek was reg, en die bewyse hiervoor kom al duideliker na vore soos tyd verbygaan.  Maar die baie groot lekker hiervan is dat daar geen gevoel van persoonlike genoegdoening in my binneste is hieroor nie! Daar is werklik absoluut geen ‘ek’ of self-prysing hierin nie, net maar ‘n tevrede soort dankbaarheid dat die toekomstige gebeure reeds tot op hierdie punt van duidelikheid ontwikkel het.  Ek is baie dankbaar hiervoor, want dit is ons Vader se storie hierdie en ek gee Hom al die krediet en eer daarvoor!’

Groete,
Frik Pretorius.

——————————————————————————————————

http://www.vice.com/read/exclusive-the-british-armys-secret-plan-to-prop-up-south-africas-ruling-party

The British Army’s Secret Plan to Keep South Africa’s Ruling Party in Power

By Phil Miller

May 16, 2016

Britain’s Ministry of Defence has drawn up a secret report about how to keep South Africa’s ruling party in power in the next election, VICE has discovered.

Freedom of Information Requests reveal that last year, a group of military officers from Britain’s Royal College of Defence Studies visited South Africa. Their assignment was to “assess the political threats to continuing ANC rule in South Africa.” I sent a further FoI request, asking to see the contents of the report compiled during that trip. The request was denied. The report remains classified, with the MoD claiming that “the information contained in the report was provided in confidence and should it be released has the potential to adversely affect relations with the South African government.”

The ANC, or African National Congress, has ruled South Africa since the end of Apartheid. Once the party of Nelson Mandela and the national liberation struggle, its current leader Jacob Zuma is marred by corruption allegationsand accused of running a repressive security apparatus against his political opponents.

Despite the concern surrounding the ANC’s activities, the military officers were required to, “devise a medium term strategy, with concrete deliverables, for the party to retain power at the next general election.”

The ANC did not respond to our request for comment. The UK Ministry of Defence told VICE that this was “a purely academic exercise, strictly for internal college study purposes, designed to develop course members’ skills in strategic analysis and their ability to understand others’ perspectives.”

The MoD claim that “It had, and will have, no implication of partisanship in that tasking, and no implications for UK policy.”

However, the officers took part in numerous activities outside of a normal military role, including meetings with a UK mining company. Campaigners are alarmed at British military interest in the political and economic affairs of a foreign power.

“It is outrageous if the UK Ministry of Defence is getting involved in planning how to ensure that one particular party retains power in South Africa,” said campaigner Richard Solly, co-ordinator of the London Mining Network. “It is another example of the UK government’s policy of supporting British mining companies and lobbying overseas governments for favors for those companies, even when there are huge concerns about their impacts on communities, the environment, and human rights.”

VICE obtained the itinerary for the South Africa visit, which revealed numerous business meetings. The military officers received a briefing at the Johannesburg Stock Exchange, and called in at HSBC for a working lunch about the “economic outlook for the region.” The military delegation also attended an event at the offices of controversial British platinum mining company Lonmin in Johannesburg.

The topic of discussion at Lonmin was titled: “An Insider View on the Extractive Industry & Future Prospects.” They spent an afternoon with senior staff from the company, including its head of marketing and vice president of refining.

Lonmin’s operation in South Africa has hit the headlines because of workers staging strikes against poor conditions. It was during one strike in 2012 at the Lonmin site in Marikana, near Johannesburg, where police opened fire, killing 34 workers and injuring 78 more. The ANC and Lonmin have close connections, with one former company director at the time of the massacre, Cyril Ramaphosa, later becoming the ANC’s Deputy President and right-hand man of President Jacob Zuma.

In the run up to the massacre, Ramaphosa emailed politicians and police urging them to take tougher action against the striking miners, who he said were “plainly dastardly criminals and must be characterized as such.” Ramaphosa wanted the police “to act in a more pointed way.” A subsequent inquiry cleared Ramaphosa of inciting the killing, although victims’ families are trying to pursue him through the courts.

“The Marikana massacre in 2012 and the recent murder of Bazooka Rhadebe are examples of British-linked mining projects in South Africa associated with appalling violence, including violence on the part of the state,” Solly from the London Mining Network said. “The British government should put its efforts into supporting the workers and communities struggling to get justice from British-linked companies.”

Despite international condemnation of South Africa’s police for the Marikana massacre, the MoD delegation was scheduled to visit a police station in Alexandra Township for a briefing from the South African Police Service. However, the MoD claims not to have any minutes or notes from the officers’ meetings with the South African police and the mining company Lonmin. In response to a Freedom of Information request, it said, “No information is held on the organization of the Lonmin Office and Alexandra Police station elements of the visit program.”

A shadow still hangs over South Africa’s police, years after the Marikana massacre. A report last year claimed that South Africa’s police were twice as likely to kill someone as the US police . Allegations of torture by police have also emerged.

The visit to South Africa was organized by the MoD’s prestigious Royal College of Defence Studies (formerly the Imperial Defence College), which runs courses for officers “who have the potential to reach the highest ranks.”

The itinerary included lectures from senior military figures and diplomats in addition to the business meetings. The 16-strong delegation also visited other African countries, with flights costings £100,000 [$144,000] and the accommodation bill for nights in top hotels surpassing £40,000 [$57,000].

The college says its mission is: “To prepare selected senior military officers and government officials as well as appropriate individuals from the private sector, from the United Kingdom, and elsewhere for senior leadership and management roles.”

However, campaigners argue that the defense college’s visit to South Africa smacks of neo-colonialism. “Britain’s military involvement in South Africa’s political and economic affairs spans centuries,” said Adam Elliot Cooper from the Rhodes Must Fall campaign. “It is clear that Britain has as little interest in the sovereignty of the South African people today as they did when they first invaded the region centuries ago.”

Follow Phil Miller on Twitter.
————————————————————————–

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: