Skip to content

ART 093: 2016-08-02 ‘n Eerlike vraag vóór môre se verkiesing

2016/08/02

www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Ek het grootgeword met die idee dat eerlikheid op die lang duur elke keer die eerste prys wen. Daar is in hierdie verband dan ook op hierdie stadium ‘n eerlike vraag in my gemoed wat om ‘n eerlike antwoord roep. Ek sal hopelik dalk nie langer as Saterdag 6 Augustus hoef te wag vir ‘n antwoord daarop nie.

Daar kan geen twyfel meer wees dat die munisipale verkiesing van môre, 3 Augustus 2016, ‘n absolute en finale waterskeiding in ons staatkundige bestel gaan bring nie. Ek het in die verlede in ‘n paar artikels op hierdie blad gewys op die politieke verskille wat sedert 1994 tussen die verskillende (swart) faksies ontstaan het. Ons almal het daarna gesien hoe hierdie verskille verander het in erge geskille, en ons almal weet dan ook nou dat dit uiteindelik in ‘n openlike geweldadige politieke magstryd ontaard het.

Die gemiddelde blanke weet dit dalk nie, want ons lees of hoor nooit hiervan nie, maar as ‘n mens kan glo wat huis- en tuinwerkers hiervan te sê het, het hierdie magstryd reeds ‘n paar jaar gelede begin uitloop op openlike geweldadige intimidasie en selfs gereelde doodslag in die Townships! Die basis hiervan is die magstryd wat sedert 1994 op politieke vlak ontwikkel het en die kern hiervan is korrupsie en politieke boewery.

Die tyd vir ‘n geweldadige politieke revolusie in Suid-Afrika was nog nooit só ryp as juis in die week wat môre op 3 Augustus sal begin nie.  Die land se kiesers gaan môre na die stembus en ek verwag dat die eerste tekens van sulke probleme drie dae later sigbaar na vore sal begin kom.  Die finale verkiesingsuitslae behoort nie later as 6 Augustus uit te wees nie, en dan kan die poppe dalk begin dans!

‘n Mens kan nie help om te wonder óf, en ja, selfs om te hoop en te bid dát hierdie swart broederstryd die huidige staatshoof uiteindelik gaan dwing, na soveel amper-amper geleenthede, om ‘n staatsgreep uit te voer nie. So iets sal beslis die vonk in ‘n kruitvat wees wat die politieke landskap in Suid-Afrika vir altyd gaan verander. Ek weet nie of die Engelse soldate al in die land is nie, maar ek is seker daarvan hulle sal baie haastig kom as Zuma gedwing word om einde ten laaste sy vuis te bal.

Ek hou niks van die gedagte van ‘n staatsgreep nie, geen gebalanseerde demokraat kán die idee hoegenaamd duld nie, maar dit sal die beginpunt wees van ‘n onafwendbare proses wat uiteindelik tot ons staatkundige en geestelike vryheid gaan lei. Dit sal inderdaad die beginpunt wees van Siener se visoenêre verhaal!

Ek kan nog steeds nie sien dat Zuma ‘n ander keuse oor het as om ‘n staatsgreep uit te voer nie, want die tyd en geleenthede vir ‘n moontlike vreedsame oplossing van sy probleme het lankal terug uitgeloop.  En ons praat nie hier nét van die openlike stroping van staatsbates nie, ons praat ook van (wie weet hoeveel) onskuldige swartmense wat skynbaar selfs hul lewens verloor het as deel van hierdie magstryd tussen die verskillende groepe.  Ek dink daardie bloed is inderdaad besig om al harder om wraak te roep!

As Zuma môre die wind op enige manier van voor kry, en sy magsposisie onder nóg meer druk kom as gevolg daarvan, sal hy verseker ‘n desperate poging moet aanwend om te keer dat hy toegesluit en vervolg word vir sy lang lys wandade! Ek wil nie uit my beurt praat nie, maar ons weet ook nou dat tot die Nasionale Vervolgingsgesag hieroor met hom wil praat, maar al wat blykbaar keer dat hulle by hom kan uitkom is die kordon sekuriteitsmense rondom hom.  Dit klink patymaal kompleet of hy ‘n hele brigade rondom hom ontplooi het! Ek wil nie hieroor begin spekuleer nie, maar ek dink nogal ons sal teen Saterdag, 6 Augustus 2016 beter weet waar ons in hierdie opsig staan.

Maar nou ja, vir my is hierdie water wat reeds onder die brug deur is, en soos dit is het ek ‘n baie meer dringende vraag wat al meer vir my begin uitstaan. Ek het in ‘n onlangse artikel daarop gewys dat die ANC die raad en hulp van die Britse militêre ingeroep het om hulle met beplanning te help om aan bewind te bly ná môre se verkiesing. Dit, het ek gesê, beteken dat die ANC weet hulle gaan die verkiesing verloor en hulle beplan om met militêre mag aan die bewind te bly, Máár dit verklaar natuurlik ook die teenwoordigheid van ‘n groot groep Engelse soldate in Pretoria as die visioenêre verhaal begin.

Maar hierdie saak bring egter ook die moontlike tydlyn van gebeure wat ek voorsien het in gedrang, en ek weet nie mooi wat ek hiervan moet maak nie.  Die vraag is nie soseer OF die dinge wat ek in my artikels uitgewys het gaan gebeur nie, maar eerder WANNEER dit gaan (begin) gebeur en hoe die presiese ineenskakeling en oorvleueling daarvan gaan lyk.

Hier wil ek eerstens daarop wys dat ek in ‘n onlangse artikel gesê het dat die afleiding van my tydskaal daarop berus dat die typerk van die Antichris op 25 September 2015 begin het. Ek het vêrder aangevoer dat Siener se oorlog, aan die hand van sekere inligting in die visioenêre verhaal, waarskynlik in Maart 2019 sal uitbreek.  Maar saam met dit is daar ook die baie groot moontlikheid dat iemand, waarskynlik die ‘Eugenics’ van die NWO, die een of ander dodelike biologiese agent gaan loslaat om ‘n sluipmoord-aanval op die swart ras uit te voer.  Die beste geleentheid hiervoor is natuurlik tydens die chaos wat baie waarskynlik sal losbars ná môre se verkiesing. Die EFF het byvoorbeeld, na wat ek gehoor het, in hierdie opsig gesê dat hulle Rustenburg ‘…by die stembus gaan oes…’, en dit sal onafwendbaar lei tot grootskaalse onrus daar. Ek dink egter nie ons moet glo dat hierdie ‘oes-proses’ net tot Rustenburg beperk sal word nie. Hierdie moontlikheid moet natuurlik saamgelees word met die feit dat ons nou diep binne ons jaarlikse griepseisoen is en dat miljoene mense reeds (vark) griep onder lede het. Ek weet nie van sterfgevalle nie, maar sommige van hierdie mense is inderdaad baie siek.

Drink maar gerus elke dag ‘n halwe teelepel koeksoda in ‘n glas water, want dit is al natuurlike en goedkoop verweer wat ons in elk geval teen enige virus of bakterie het. Ek kan vêrder maar net hoop en bid dat die blanke plakkerskampe van hierdie ‘medisyne’ weet en dit gebruik!

Die probleem wat nou vir my ontstaan is dit:

As Zuma sy lojale volgelinge in die SAPD en die SAW gebruik om ‘n staatsgreep uit te voer, en as die Britse soldate daarna hierheen kom om te help, en as iemand dan in daardie tydvak dodelike virusse begin rondstrooi en die swart bevolking drasties uitdun, waarom sal die Britse soldate drie jaar langer aanbly as wat dalk regtig nodig is? Die swartes verdwyn skynbaar in hierdie tydvak heeltemal van die visioenêre toneel af, so waarom bly die Engelse hier?

Lank terug het ek geskryf dat daar dalk ‘n moontlikheid kan wees dat die Britse owerhede beplan om die swart massas te gebruik om ons aan te val op die punt waar Siener se oorlog uitbreek. Die sogenaamde Nag Van Die Lang Messe is juis hiervoor uitgedink en hier deur hul plaaslike agente ontwikkel en versprei. My argument dáár was dat die Engelse nie oor genoeg soldate en Suid-Afrikaanse verraaiers beskik om orals in Suid-Afrika te kan ontplooi nie. Hulle sal met groot dankbaarheid van die massas gebruik wil maak om die nie-gewapende blankes uit te roei terwyl hul soldate ons krygsmanne aandurf.

Ek het dit nie opgevolg nie, want daar is té veel ander inligting wat op die teendeel wys en toe ek vir myself kon bewys dat die NVDLM, so lomp soos dit aangebied is, inderdaad ‘n bedrogspul was het ek die leidraad as ‘n ‘doodloopstraat’ laat vaar. (Ek vind dit net moeilik om te glo dat die Suidlanders se leierselement so waaragtig hierdie storie weer laat herleef het én veral dat die Suidlanders dit so kinderlik geredelik en maklik glo. Ek het hierteen gewaarsku in ‘n artikel, maar nou ja….)

Dit kan dus wees dat die virusse nié gegooi sal word nie en dat die Britse soldate bloot hier sal bly om seker te maak dat die ANC regering nie deur ander swartes omver gewerp sal word nie. Maar dit gaan selfs op hierdie stadium geweldige onderdrukking beteken, en as dit eers bekend word dat Noordwes (veral) ‘n onafhanklike Boererepubliek gaan word sal hulle sowaar hul hande vol hê met ‘n opstandige Tswanavolk en moontlik ook die Pedivolk.  En daar is niks hiervan sigbaar in die visioenêre inligting nie.

Maar dit is in elk geval baie onwaarskynlik, juis omdat Noordwes een van die twee komende republieke sal wees. Hierdie provinsie word tans deur die Tswanavolk beheer, en ek het al vantevore uitgewys dat daar geen swart groep in Suid-Afrika is wat meer haat teenoor die Boervolk openbaar as juis hierdie groep nie. En tog kom daar in die visioenêre verhaal ook geen geraas van hulle kant af teen hierdie komende Volkstaat nie. Hoekom nie? Waar is hulle dan? Of ‘n bietjie anders gestel: Waarom bly die Britse soldate hier nadat alles vir die ANC, en/of enige ander swart regering, heeltemal verby is?

Ek kan nie hierdie jaar wag vir 6 Augustus om te kom nie, want dit is die dag, dink ek, waarop ek minstens die begin van ‘n antwoord sal kry!

Groete,
Frik Pretorius.

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: