Skip to content

ART 097 2017-08-05 ‘n Optog kan só maklik vertolk word as ‘n onlus…

2017/08/05

www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Zuma kan nog net oorleef deur middel van ‘n staatsgreep.  Hierdie oorlewing behels meer as nét sy pos as staatshoof, dit raak ook sy persoonlike vryheid van beweging.  Hy sal baie jare lank tronk toe gestuur word as hy sy mag nou moet verloor!   En dit sál gebeur tensy hy en/of ‘n opvolger van sy keuse op ‘n manier aan die mag kan vasklou.

Ons sien nou dat daar ‘n baie groot protesoptog teen Zuma gereël word vir Dinsdag 8 Augustus 2017.  Dit is die datum waarop die mosie van wantroue teen hom in die nasionale parlement sal dien en die optog word gereël ter ondersteuning hiervan.  Gaan dit dalk die skuiwergat wees wat Zuma nodig het om aan die mag te kan vasklou?  Ek meen, as hy dit kan regkry om hierdie massa-optog op die een of ander manier soos ‘n massa-onlus te laat lyk kan hy ‘noodgedwonge’ ‘n noodtoestand afkondig.  Hou maar die EFF dop, want hulle is die mees logiese keuse om hierdie ou gunsie aan hom te bewys; hulle moet maar net reg hanteer word!

Wat is die verskil tussen ‘n Zuma-staatsgreep en die afkondiging van ‘n Zuma-noodtoestand?  Die antwoord lê in die feit dat hy nog steeds die mag sal behou, maar dan op ‘n manier waarop die internasionale gemeenskap nie so direk teen hom sal kan kom optree nie.  En die geheim hierin lê in die mate waarin Zuma ‘n optog soos Dinsdag s’n kan verander in ‘n onlus en dan die skuld daarvoor op iemand soos Malema sal kan plaas.  Die moralistiese reëls waarvolgens die internasionale diplomasie bedryf word sal verhoed dat ‘n aanvalsmag gestuur word om Suid- Afrika van hierdie nuwe diktator te kom verlos.  En ja, die leser moet tog geen fout hieroor maak nie, die Britse regering veral sal dit doen, want ons land is baie, baie spesiaal vir hulle en hul planne vir wêreldoorheersing!

Hoekom juis die EFF?  Ons weet dat Malema uit sy pad sal gaan om van Zuma ontslae te raak en stemme op hom te vestig, maar nou is dit óók so dat ene lord Renwick van Brittanje ‘n baie groot invloed op Malema uitoefen.  Hierdie Engelsman is bekend daarvoor dat hy kweenie se agent provocateur is om onmin en verdeling tussen groepe in die Brite Statebond te bewerkstellig.  Die rasionaal agter dit is is nog steeds die Westminster-idee van: Verdeel en heers!

Kom ons kyk maar wat gebeur…

Groete,

Frik Pretorius.

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: