Slaan oor na inhoud

ART 099 2017-09-27 Die Bybel se nuwe wêreldleier – die tyd vir asem ophou het gekom.

2017/09/27

www.sienervanrensburg.co.za
FH Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria

Vandag se artikel is eintlik ‘n samestelling van twee opeenvolgende artikels.  Die eerste een is reeds op 31 Augustus 2017 voltooi en handel oor die komende Duitse verkiesing op 24 September 2017.  Ek het egter besluit om dit terug te hou omdat ek eers wou sien wat die uitslag daarvan sal wees en wat moontlik daaruit kan voortspruit.

Dit was lank voor die tyd reeds duidelik dat Merkel baie moontlik weer sou wen, maar dat sy weereens ook ‘n koalisieregering sal moet vorm.  Die spesifieke samestelling van haar nuwe regering is natuurlik van kritieke belang, want dit gaan beslis ‘n verreikende invloed op Europa se politieke en ekonomiese toekoms  hê, en bes moontlik ook die res van die wêreld.  Soos dit is gaan Duitsland en Frankryk beslis ernstige verhoudingsprobleme ontwikkel, want Marcon se sosialistiese idees vir Europa gaan in die slag bly omdat Merkel se mees moontlike hoofvennoot, die FDP niks daarmee te doen wil hê nie.  Dit kan dalk die skeuring tussen die twee lande bring wat Frankryk in Siener se verhaal in Engeland se arms gaan indryf. Dit sou natuurlik die tema van die tweede artikel gevorm het, maar die twee saam vertel ‘n veel beter en afgeronde storie.

Die gemene deler vir albei artikels is dieselfde persoon, wat nie ‘n kandidaat in die verkiesing was nie maar wat tog ‘n baie groot invloed daarop gehad het.  Wat meer is, al die besprekings voor die tyd, wat die professionele ‘boekies’ (oftewel ‘wedders’) ingesluit het, het dit eens gehad dat dit nie regtig saak gaan maak wie die verkiesing wen nie.  Volgens hulle gaan daar uiteindelik net een wenner wees wat na vore sal kom, en dit is Baron KT zu Guttenberg…al was hy nie ‘n kandidaat nie en al het hy ook nie eers ‘n kiesafdeling nie!

Dink net hoe verstommend sterk hierdie man se teenwoordigheid in die Duitse Federale politiek regtig is!  Hy het jare lank al niks meer met die stelsel en/of die proses te doen nie, en tog is hy in die derde posisie geplaas om Kanselier van Duitsland te word! En nou dat die verkiesing verby is word daar openlik gesê dat hy binnekort by Merkel gaan oorneem. Hierdie artikelblad was miskien ‘n paar jaar uit gewees met die tydsberekening, maar as ek reg onthou is presies dit al in 2013 hier gesê.

Ek gaan hier ook vir die eerste keer in dieselfde artikel na sy mees moontlike direkte teenstaander in ‘n komende scenario verwys.  Dit het nou tyd geword hiervoor, want die stryd tussen die groepe wat hierdie twee manne verteenwoordig vorm die stille, maar werklike rede vir Siener se Derde Wêreldoorlog.

Daar was hoofsaaklik twee redes waarom ek die artikel bedoel vir 31-08-2017 terug gehou het.

Ek kon in die eerste plek op daardie stadium nog steeds nie mooi verstaan presies waar Zu Guttenberg by die groter prentjie inpas nie.  Hy het ‘n manier om soos ‘n verkleurmannetjie te kan inskakel waar en hoe dit hom by geleentheid die beste pas.  Dit is iets wat reeds waar was toe Merkel hom aanvanklik in Februarie 2009 as Minister van Ekonomie en Tegnologie in haar kabinet aangestel het.  (Sy het hom ook nie uit haar eie aangestel nie en dit blyk in retrospeksie dat sy dalk ‘aangesê is’ om dit te doen. Dieselfde het gebeur in Oktober 2009 toe hy van sy kant af daarop aangedring het dat hy Minister van Verdediging wil wees…en dit toe geword het!)

Dit is ook moelik om altyd te verstaan hoe die onderskeie rolspelers bymekaar inpas, want hulle het ‘n manier om mekaar soms te weerspreek en dinge te doen wat mekaar selfs probeer uitskakel. Dit is, met ander woorde, soms baie moeilik om te bepaal wie hoort waar in hierdie uitgerekte sage om die beheer van die wêreld.  Op hierdie punt is dit belangrik om te verstaan dat elkeen van hierdie groepe versteekte ‘molle’ by die ander groepe ingesmokkel het, en dit is net nie moontlik om te sê wie is wie nie.

Zu Guttenberg se ware kleure (en rigting) begin egter nou al duideliker na vore kom, want ons kan dit nou eers werklik sinvol begin evalueer teen wat op die politieke front in die res van die wêreld aan die gebeur is.  Op ‘n meer persoonlike noot dink ek dat sy musieksmaak en voorkeure in elk geval alles van hom sê wat ons nodig het om te weet!  Dit is genoeg om enige gebalanseerde mens heeltemal af te stoot, want sy geliefkoosde musiekgroep se manewales het ‘n manier om walging en afgryse op te wek!

Maar hier is dit ook baie belangrik om (op die praktiese vlak) te verstaan dat Zu Guttenberg, as ‘uitstaande lid’ van die Council on Foreign Relations, homself in dieselfde kraal bevind as mense soos Kissinger, Soros, die Clintons, die Bush-familie, en so meer.  Ons kan ook al duideliker begin sien dat Merkel deel van hierdie organsisasie is, en dan is sy en Zu Guttenberg skynbaar nogal goeie vriende ook. (Albei kan Trump skynbaar ook nie verdra nie! )

Ons moet hierdie waarnemings ook begin saamlees met feite wat onlangs in die VSA na vore gekom het wat aandui dat die Amerikaanse protesliggaam Antifa, wat deur Soros beheer word en wat so erg teen Trump gekant is, in werklikheid ‘n uiters fascistiese neo-Nazi beweging is.  Die doel met hierdie organisasie is om in die VSA te doen wat hulle in ‘n land soos die Oekraïne aangerig het, en dit is om ‘n burgeroorlog af te dwing en Trump se regering tot ‘n val te bring.  Dit was dan ook die werklike basis van die sogenaamde ‘Putin-inval’ in daardie land wat Soros en die Clintons geskep, maar ook so erg veroordeel het! En die groter doel agter dit was om Putin te lok om die wettige regering in die Oekraïne te gaan help, sodat Amerika ‘n ‘rede’ kon vind om Rusland aan te val en uit te haal.  Putin is hulle vyand, want hy veg téén Soros en sy globalistiese vriende.  (Sien by: https://www.realclearpolitics.com/2017/08/02/the_039anti-fascist039_fascist_george_soros039s_strange_career_417171.html

en ook ‘n baie interessante een by https://twitter.com/julianassange/status/896777829580517376?lang=en )

Daar is ook ‘n lys van direkteure van die Council on Foreign Relations beskikbaar by: https://en.wikipedia.org/wiki/Members_of_the_Council_on_Foreign_Relations.

Hierdie is sommige ván die mense wat Trump wil uithaal, en die rede hiervoor hoef nie té ver gesoek te word nie.  Trump beheer die vermoëns van Amerika en hy is die globaliste soos Soros se direkte teenstaander.  Ek persoonlik twyfel nie eers daaran dat hy op hierdie stadium die frontfiguur vir die ‘leiersgroep’ in die Brits-Amerikaanse Vrymesselary is nie.  Hierdie groep word volgens sekere aanduidinge skynbaar deur die Israel van vandag beheer, wat ‘n lang ry Amerikaanse presidente se ietwat misplaasde toegeneëntheid teenoor Israel verduidelik!  Die interessante hier is dat baie van die sogenaamde Engelse adel in werklikheid van Askenasiëse afkoms is.

Wat Zu Guttenberg betref begin ek al meer te verstaan dat die plagiaat-skandaal wat hom uit die Duitse politiek gedwing het dalk eerder so beplan was om hom ‘los’ te maak sodat hy van buite die Duitse politieke arena geposisioneer kon word vir ‘n latere terugkeer as aangestelde leier.  (Die motivering hiervoor kom voor in die aanhalings hieronder.)

Die basis vir die tweede rede waarom ek nie die eerste artikel gepubliseer het nie kan ook in die bron van inligting self gevind word.  Ek het al ‘n paar keer op hierdie blad gesê dat die kwaliteit en waarde van The Trumpet se inligting uitstekend goed is, maar dat die morele grondslag waarop hul staan nie net verdag is nie, maar ook heeltemal onaanvaarbaar.  Hulle drup onder andere van ‘n minagtende haat teenoor Duitsland wat hul ‘Christelike belydenis’  heeltemal uitkanselleer. En dit is nog maar net die beginpunt van my redes, né…

Ek wil op hierdie punt ook wéér sê dat ons die begrip ‘Antichris’ in sy korrekte vorm moet sien om te kan verstaan waaroor Siener se komende oorlog sal gaan. Die benaming verwys na ‘n komende menslike wêreldleier wat ons Vader se aardse Koninkryk op ‘n skelm wyse vir sy vaderfiguur sal probeer opeis. Hierdie menslike leier sal, volgens die Bybel, op ‘n bepaalde listige manier in ‘n magsposisie ingewerk word wat as ‘n treeplank sal dien om die Teenstaander as koning van die wêreld te kan vestig.

Die probleem hier is egter dat dit nie nét die Vatikaan is wat ambisies van wêreldoorheersing koester nie.  Hierdie demonies-bose organisasie het, kortweg gestel, teenstand in die vorm van die Britse vorstehuis en aristokrasie wat namens die Brits-Amerikaanse-Israel Vrymesselary optree.  Hulle het óók ambisies om hul eie kandidaat as wêreldleier aan te stel.

Dit is kritiek-belangrik vir volledige begrip om hier te verstaan dat die Britse Staatskerk, die Episkopaalse Anglikaanse kerk, bloot net die Roomse kerk onder ‘n ander naam is en dat daar groot twispunte tussen hulle lewe: dit is bloot twee teenoorstaande faksies van dieselfde demoniese boosheid.  Albei hierdie kerke het in die verlede nie gehuiwer om mense wat nie by hul ideologie wou inpas nie lewendig te verbrand nie.  Die Boervolk word nou nog deur albei hierdie kerke vervolg, en dan ook deur veral die Anglikaanse ‘kerk’. Die Britse owerhede se moordveldtog teen die blanke Boer in Suid-Afrika word deur hulle ondersteun, en dit word al hoe duideliker dat die Britse SAS besig is met ‘n doelgerigte poging om terroriste op ‘n professionele basis op te lei om die moorde te pleeg (onder beheer van ene Lord Renwick, hy wat so vriendelik met Julius Malema is).  Die SAS staan vir Special Airborne Services (d.i. Soldiers, oftewel valskermsoldate).

Daar is baie bespiegelinge hieroor, maar dit wil al meer voorkom of Prins Charles hierdie kandidaat kan wees. Terloops, daar was onlangs allerhande gerugte gewees dat kweenie besluit het dat haar kleinseun William haar troonopvolger sal wees en nié hy nie.  Dit blyk nou day dit net maar gerugte was, en dat Charles die troonopvolger sal wees.  Hy sal dus die outomatiese keuse wees vir die pos van Wêreldleier as die Engelse dit kan regkry om dit af te dwing.  Oupa Baard kan in hierdie verband onthou dat dieselfde Charles in ongeveer 1974 gesê het: ‘… If ever I become King of Great Britain I will be the last one because the concept has become obsolete…’  (my beklemtoning).

Dit het daardie tyd nie veel aandag getrek nie, want dit het nie baie sin gemaak nie.  ‘n Mens het vandag egter nie baie verbeelding nodig om te verstaan waarop hierdie verwysing gesinspeel het nie.  Die konsep is inderdaad uitgedien, want die wêreld as ‘n koninkryk is inderdaad iets groter as nét Groot Brittanje, nie so nie?  Siener se derde Wêreldoorlog is niks meer as ‘n gepoogde staatsgreep om die Duitse kandidaat vir die pos uit te haal en die posisie van wêreldoorheerser aan Charles van Engeland te besorg nie.

Maar kom ons gaan dan nou terug na die eintlike artikel hier, en ons begin by die eerste een wat op 31-08-2017 sou verskyn het.  Ek self gaan egter niks verder sê nie, want ek hoef dit nie regtig te doen nie. Die inligting hierby vertel die storie op sy eie manier.

Die eerste uiitreksel uit The Trumpet hieronder dui aan dat Zu Guttenberg besluit het om sy gewig tydens die toe nog komende verkiesing agter Frau Merkel in te gooi, terwyl die tweede een na die mees moontlike nagevolge van die verkiesing kyk.  Die laaste opmerking wat ek hier onderstreep het dui dan ook daarop dat Zu Guttenberg klaar voorbrand begin maak het dat Merkel uitgestoot gáán word.

Die vraag is nie óf dit gaan gebeur nie, maar eerder een van wanneer en hoe dit gaan wees.  Gaan sy deur die een of ander skandaal of krisis gedwing word om te bedank?  Sy gaan byvoorbeeld  erg sukkel om ‘n werkbare regering voor Desember 2017 saamgestel te kry omdat die moontlike vennote wat tot haar beskikking is polities so wyd uitmekaar lê.  Niemand wil in elk geval regtig met haar saamwerk nie, want sy het ‘n reputasie opgebou dat sy haar koalisievennote uiteindelik vernietig.  Hierdie probleem is só erg dat ‘n tweede verkiesing dalk gehou sal moet word, en dit gaan sy beslis nie polities oorleef nie.  Gaan sy siek word en uittree? Of gaan sy dalk selfs deur ‘n ‘woedende migrant’ vermoor word? Net die tyd sal kan leer…

Groete,

Frik Pretorius

————————————————————————————————————-

https://www.thetrumpet.com/16213-kt-zu-guttenberg-is-back

KT zu Guttenberg Is Back!

BY BRAD MACDONALD • AUGUST 30

Germany’s rock-star politician is returning to the stage.

After months of anticipation, the return of Karl-Theodor zu Guttenberg to German politics officially begins today!
You probably already know this, but KT zu Guttenberg has long captured our imagination. Trumpet editor in chief Gerald Flurry first identified Guttenberg as a man to watch about 10 years ago, and we’ve had a keen eye on him ever since. …
…But for years, events made it seem (at least to some) that this forecast was wrong. When KT resigned from politics in 2011 and moved to America, it appeared his career as a politician was over. The man, at least as far as German politics were concerned, seemed to vanish. Until this year.
Since January, rumors have swirled of a comeback, and in spring we learned that Guttenberg would return to Germany in August to campaign for the Christian Socialist Union ahead of the September 24 national election. Today there is no doubt about it: Guttenberg is back.
It’s still early, but already there is an unmistakable sense of excitement and hope surrounding KT’s return. The German media has been churning out stories on Guttenberg. The questions now coming into focus are: Is Guttenberg back for good? What role exactly does he want? Will the German people have Guttenberg back? [My beklemtoning, wat koppel met die moontlikheid dat sy uittrede eintlik ‘n vet storie was!]
These questions could be answered, at least partially, over the next seven days. Starting today, Guttenberg will participate in three major political events. Each event will be headline news, which means Guttenberg himself will be headline news. We will know in time, but this could be the turning point of the Guttenberg revival.
First, KT will deliver a major speech this evening in the Bavarian city of Kulmbach. This will be his first major speech, and it will be delivered to a sellout crowd. The speech has been sold as “Straight talk with Karl-Theodor zu Guttenberg—elections in a world in upheaval.”Tobias Guenther is the public relations manager at the city of Kulmbach, and yesterday he told me that he and his team have been inundated with inquiries about Guttenberg’s appearance.
Guenther has fielded inquiries from multiple national media groups, as well as many local outlets. More than 50 journalists and as many as 10 television crews are expected at the event. Süddeutsche Zeitung reported on Monday that Guttenberg’s address in Kulmbach is generating more interest and excitement than a speech Chancellor Angela Merkel is delivering at the same time about an hour away.
On Sunday, Guttenberg will be in Berlin and will be a guest on the Anne Will television show. Guttenberg will join the popular show to commentate on the live television debate between Angela Merkel and Martin Schulz, which will air immediately prior. This will be the first time Guttenberg has spoken live to the German people since his retirement in 2011. The show airs immediately after the live debate and is expected to capture a huge number of viewers.
Being a guest on this show is a massive opportunity for KT zu Guttenberg. Bild says Sunday’s appearance on national television will mark his return to federal politics. Guttenberg is a dashing figure with a captivating, compelling personality, and he will undoubtedly capitalize on the opportunity to connect with his people. He’s a brilliant public speaker. He knows his own mind and what he believes, what is right and wrong, and what he wants to say and the best way to say it. Guttenberg has always communicated with clarity, force and energy. Since his resignation, he has learned to balance strength with graciousness, and confidence with self-deprecating humor.
On Monday, KT will be the keynote speaker at the famous Gillamoos festival in the Bavarian city of Abensberg. This appearance too will garner national attention. Yesterday I spoke with Carolin Wohlgemuth, the public relations manager for the city of Abensberg. “I’ve never seen this level of interest in a speaker,” she told me. “The last time there was this much hype was 2012, when Chancellor Merkel came to Gillamoos.” Munich-based BR24 reported today that Guttenberg’s speech is generating much more interest than the speech of Martin Schulz, the spd candidate who is actually running against Merkel to become chancellor!
———————————————————————————————————————–

Ek het ook vroeg vanoggend, op 27-09-2017, die volgende nuusberig per e-pos vanaf The Trumpet ontvang.

Dear Frik,

I want to follow up on something Richard Palmer wrote about in yesterday’s Trumpet Brief regarding Sunday’s stunning election in Germany. He quoted commentator Martin Rupps, who predicted that Angela Merkel would appoint Karl-Theodor zu Guttenberg as her successor. [My beklemtoning. Sien ook heelonder by **]

Considering what Daniel 8 says about the prophesied strongman to emerge out of Germany, that he comes in peaceably “and obtains the kingdom by flatteries,” Mr. Rupps may be on to something. As my father has noted before, the Daniel 8 prophecy indicates that the strongman will NOT be voted in!
On my radio program this morning, I referred to an article in the Guardian that analyzed the “stunning success” of the Alternative for Germany (AfD). This is the far-right party that won more than 13 percent of the popular vote. It has never before held a seat in Germany’s parliament, the Bundestag. Now it will have more than 90. It will also become the third-largest political party in the German government.
“Does this shocking result mean that AfD is going to be the third force in German politics in the future?” the Guardian asked. “There are many reasons to doubt this. First of all, the poll showed that a stunning 60 percent of AfD voters voted ‘against all other parties’ and only 34 percent voted out of conviction for AfD. This is in sharp contrast to voters of all other parties. More than 70 percent said that it would be good if you could vote for CSU outside Bavaria—CSU is a MUCH MORE CONSERVATIVE and right-wing party than Merkel’s CDU, but only contests election in the southern state …” (emphasis added throughout).
In other words, a large majority of AfD voters indicated they would vote for Guttenberg’s Christian Social Union if it stood for election outside Bavaria! During the campaign leading up to Sunday’s election, Guttenberg and his CSU party campaigned for Angela Merkel’s CDU party.  [My beklemtoning]
Yesterday, Guttenberg acknowledged during a television interview with Bloomberg that Sunday represented a “historic defeat” for the establishment parties in Germany.  He said Chancellor Merkel would have to make concessions to his party, the CSU. Regarding Merkel’s future as Germany’s chancellor, he said German politics can be “RUTHLESS when it comes to the question of who is responsible for a certain result.” [My beklemtoning]

Germany’s two mainstream parties suffered a destructive political earthquake on Sunday. But in the aftermath, one man in Bavaria is standing strong. If anything, he seems to be standing even taller by comparison, after voters knocked other prominent German leaders like four-time chancellor Angela Merkel down a notch.
We are about to see a dramatic transformation in German politics! Soon, there will be a new German ruler who powerfully shakes Germany, Europe and all the world! When it happens, don’t forget that Trumpet editor in chief Gerald Flurry started directing your attention to Karl-Theodor zu Guttenberg in 2009. And the Trumpet has unabashedly prophesied that Germany would dominate Europe since its first issues in 1990!

[**Hier is Martin Rupps se uiters siniese woorde, vir die rekord. ‘n Hochstapler is Duitse volksmond vir iemand wat mense se vertroue wen deur iets voor te gee wat hy nie is nie, en hulle dan uit te buit vir sy eie voordeel.  Die Engelse praat hier van ‘an impostor’ en die Amerikaners van ‘n ‘con artist’.  Dit sê nogal baie, nie so nie?

Ein Hochstapler als Kanzler?

Ich tippe darauf, dass Angela Merkel Karl-Theodor Freiherr zu Guttenberg zum Nachfolger macht. Er ist ein Konservativer, der am rechten Rand fischen kann. Er ist ein Volkstribun wie Christian Lindner. Und er ist deutscher Adel, den lieben wir Deutschen!

Ein Hochstapler, der seine Doktorarbeit abgeschrieben hat, im wichtigsten Amt, das diese Republik zu vergeben hat? Auch darin sähe ich einen Ausdruck, dass die Bundesrepublik Deutschland in der Normalität angekommen ist.

https://www.swr.de/swraktuell/diewahlbeiuns/martin-rupps-kommentiert-erst-merkel-dann-zu-guttenberg/-/id=4869426/did=20344758/nid=4869426/1ikaqpg/index.html]

From → Artikels

Kommentaar is gesluit.