Skip to content

ART 103: 2017-12-24 Deja vu; Deja vu – al vinniger, al meer en meer…

2017/12/24

www.sienervanrensburg.co.za
F.H. Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria

Goeiedag, waar u uself ookal in hierdie feesdae mag bevind.

Ek wil hierdie artikel begin met ‘n vraag en ‘n lekker laaaang gaap: hoekom klink die skielike ‘ontdekking en opheldering’ van die man in die koerantberig hieronder so baie bekend?  Hoekom klink dit soos die dinge waaroor die lys artikels heelonder praat? En hierdie is maar net die mees ooglopende daarvan, want daar is ander artikels op die blad wat minder pertinent, maar nog steeds dieselfde doen.   En ja, hierdie soort media berigte begin al meer en al vinniger deurkom.  Die rêrige groot ene is al in my eerste boek in 2004 uitgewys, en dit sal die verwagte aanslag op die swart ras wees.

Sou dit beteken dat ek dalk ‘n paar geldige eise van plagiaat kan begin oorweeg?  En sommer by voorbaat verdere eise oorweeg vir besprekings soos hierdie wat noodwendig nog sál kom?  Nee, darem nie regtig nie, want behalwe dat ek nie in kleinlikhede belangstel nie doen hierdie mense my eintlik ‘n groot guns.  Dit bewys dat ek reg was, maar dit bewys veral ook (weer) dat die magte van die donker solank moontlik dom sal speel om dan skielik soos klein kindertjies op te spring en triomfantelik uit te roep:  Wê-pê-pê, hoor die slim goed wat ons sê!

En ja, dit is ook nie asof die pad vorentoe dalk nou skielik rof kan begin raak soos hulle hieronder beweer nie, want ons ry darem ook al al geruime tyd reeds op die reserwe tussen die pad en die draad.  ‘Hulle’ wou ons maar net nie goedgunstelik daarvan vertel nie… En dan is daar natuurlik ook nog die brandpunt van vandag se artikel en dit is die al groter wordende moontlikheid dat Zuma nog net kan wegkom met ‘n staatsgreep, want dit is maar al wat die koerantopskrif se ‘…plans for implementing a state of emergency…’ in gewone taal beteken.

Deja vu – inderdaad!

Ek kan verder ook nie met hierdie professor se ‘reasons to be hopeful’ saamstem nie.  Dit het hom/hulle lank geneem om openlik in die openbaar by te kom, maar wat hy hier sê is nog steeds nie baie slim nie.  Ek beskou dit  inteendeel as krokodiltrane, want tensy hierdie hooggeleerde prof vrééslik en verskriklik naïef is sit hy en sy vriende waarskynlik lekker in die mou en lag oor die misleidende vals hoop wat hulle hier aan ons voorhou…want die beplanning vir die toekoms lyk eintlik ‘n bietjie anders, en hulle wéét dit. Dit is dan juis dié dinge wat hy so ligweg probeer afspeel wat die eintlike probleme gaan bring!

Verstaan my reg aseblief, daar is geen persoonlike satisfaksie vir my in die feit dat die koerantberig hieronder bewys dat ek reg was nie.  Daar is geen gevoel van selftevredenheid en genoegdoening dat hierdie artikelblad al in 2009 uitgespel het dat so iets met die ANC gaan gebeur nie.  Daar was soortgelyke artikels oor hierdie saak op hierdie artikelblad vóór dit, maar ook daarna(*), al was hulle nie so pertinent en uitgesproke nie.   Daar is wel groot, groot dankbaarheid teenoor ons Vader dat ons mense vooraf kennis ontvang het dat hierdie dinge gaan gebeur.  Die lekker hierin vir my is dat dit vertroue by minstens sommige mense skep dat Siener inderdaad geloofwaardig is, want Siener se visioene is die basis waarop ek my afleidings en beweringe maak.  Die aanloop tot die visioenêre verhaal is miskien in donkerte gehul, maar die verhaal self maak net een pad daarheen moontlik en dit wat nou binne die ANC gebeur vorm die kern daarvan.  Al wat nou nog moet gebeur is dat die vrotspul in die pot sal begin oorkook en dat die breë massas ook daar ingesuig sal word. (Sela?)

Dit is dus nie ek wat so slim en/of begaafd is nie, die leser sal verstom staan om te sien hoe gewoon skrywer hiervan regtig is.  Maar ek is dankbaar om te kan sê dat ek gelei is om Siener te verstaan tot op sy diepste vlakke van betekenis en dit maak dit relatief maklik om te kan voorsien wat vir ons wag.  Ek het nou al ‘n paar keer gesê dat daar ‘n derde boek in my kop vorm aanneem, en hierdie dieper begrip sal ten volle na vore kom daarin.

Ek voer maar net my opdrag uit om te praat oor wat aan my oopgemaak word.  Ek maak foute, dit is so en die kanse is goed dat ek vorentoe nóg sal maak, maar dit is nie omdat die profesieë as sulks foutief is nie.  Daar is ‘n sekere menslike element betrokke hierby wat veral foute rondom tydsberekening moontlik maak, maar oor die algemeen is ek darem nie té ver van die merk af nie.  Ek kan maar net herhaal wat ek al só baie gesê het: Bly asseblief weg daar, moenie daar gaan torring nie, want dan kan ons almal seerkry!  Hou moed en hou uit, ons Vader het reeds die oplossing vir ons aangelê en dit kom nou vinnig nader!

Daar is werklik geen genoegdoening vir my in die regverdiging van my werk wat van buite in hierdie berig deurkom nie, ek was gewoon lank voor die tyd reg gewees en dit is dit, maar daar is wel ‘n groot stuk hartseer daarin in dié sin dat so min van ons mense in die werklikheid en waarheid in Siener se visioene belangstel. My roeping kom uit Eseg. 33:7, en waar die eerste deel hiervan ‘n swaard oor my kop hang lê daar ‘n bepaalde seer vir my in die tweede deel van hierdie vers opgesluit:  “…en as jy ’n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku…”.   Die twee verse daarna verdeel my aangewese werksgebied in twee uitkenbare groepe, en dit ruk my elke keer onderstebo as ek in ‘n ander mens se oë kyk en kan sien dat daardie persoon dit nie sommer tot by Prieska gaan maak nie.  Wel, nie tensy daardie mens begin hoor wat Vader sê en sy idees radikaal verander nie.  Ek mag nie oordeel nie, dit is nie my funksie nie, maar die leser het geen idee hoe hartseer dit vir my is om ‘n ander mens in die oë te kyk en te weet dat hy of sy dit (op daardie punt) nie gaan maak nie.  Dit is vreeslik om ‘n ander mens se begrafnis voor die tyd met hom of haar te bespreek en te weet jy kan niks daaraan doen nie!

Groete,

Frik Pretorius.

(Wees versigtig in hierdie dae asseblief!  Ry versigtig, pas uself op, moenie alleen rondbeweeg nie en vermy stil en alleen-plekke! )

———————————————————————————————————————-

https://citizen.co.za/news/south-africa/1767572/the-anc-has-a-new-leader-but-sa-remains-on-a-political-precipice/

The ANC has a new leader: but SA remains on a political precipice.

Rumours that President Jacob Zuma has instructed the South African National Defence Force to draw up plans for implementing a state of emergency may or may not be true.

Rumours that President Jacob Zuma has instructed the South African National Defence Force to draw up plans for implementing a state of emergency may or may not be true. Nonetheless they are evidence of South Africa’s febrile political atmosphere.
sumption that the election of Cyril Ramaphosa as the new leader of the African National Congress (ANC), after winning the race against Nkosazana Dlamini-Zuma, will place South Africa on an even keel are misplaced. Indeed, the drama may only be beginning.
It’s useful to look back to 2007 when President Thabo Mbeki unwisely ran for a third term as ANC leader. His unpopularity among large segments of the party provided the platform for his defeat by Zuma at Polokwane. Within a few months the National Executive Committee of the ANC latched onto an excuse to ask Mbeki to stand down as president of the country before the end of his term of office. Being committed to the traditions of party loyalty he complied, resigning as president some eight months before the Constitution required him to do so.
The question this raises is whether South Africa should now expect a repeat performance following the election of a new leader of the ANC. Will this lead to a party instruction to Zuma to stand down as president of the country? And if it does, will he do what Mbeki did and meekly resign?
There’s a big difference between the two scenarios: Mbeki had no reason to fear the consequences of leaving office. Zuma, on the other hand, has numerous reasons to cling to power. This is what makes him, and the immediate future, dangerous for South Africa, and suggests the country faces instability.

Why Zuma won’t go

It is not out of the question that Zuma may say to himself, and to South Africa, that he is not going anywhere. He is losing court case after court case, and judicial decisions are increasingly narrowing his legal capacity to block official and independent investigations into the extent of state capture by business interests close to him.
With every passing day, the prospects of his finding himself in the dock, facing 783 charges, including of corruption and racketeering, also increase.
Zuma will have every constitutional right to defy an ANC instruction to stand down as state president until his term expires following the next general election in 2019, and the new parliament’s election of a new president. In terms of the South African Constitution, his term of office will be brought to an early end only if parliament passes a vote of no confidence in his presidency, or votes that, for one reason or another, he is unfit for office.
But today’s ANC is so divided that it cannot be assumed that a majority of ANC MPs would back a motion of no confidence, even following the election of Ramaphosa as the party’s new leader.
In other words, there is a very real prospect that South Africa will see itself ruled for at least another 18 months or so by what is termed “two centres of power”, with the authority and the legitimacy of the party (formally backing Ramaphosa) vying against that of the state (headed by Zuma).

Throwing caution to the wind

As if that is not a sufficient condition for political instability, we may expect that Zuma will continue to use his executive power to erect defences against his future prosecution. He will reckon to leave office only with guarantees of immunity. Until he gets them, Zuma will defy all blandishments to go. And if he does not get what he wants, he may throw caution to the wind and go for broke.
Hence, perhaps, the possibility that he is prepared to invoke a state of emergency.
The grounds for Zuma imposing a state of emergency would be specious, summoned up to defend his interests and those backing him. They would be likely to infer foreign interference in affairs of state, alongside suggestions that white monopoly capital, whites as a whole as well as nefarious others were conspiring to prevent much needed radical economic transformation. Present constitutional arrangements would be declared counter-revolutionary and those defending them doing so only to protect their material interests.
After a matter of time, such justifications would probably be declared unconstitutional by the judiciary. It is then that there would be a confrontation between raw power and the Constitution. If such a situation should arise, we cannot be sure which would be the winner.

South Africa’s army

It is remarkable how little the searchlight that has focused on state capture has rested on the Defence Force. Much attention has been given to how the executive has effectively co-opted the intelligence and prosecutorial service, as well has how the top ranks of the police have been selected for political rather than operational reasons.
It seems to have been assumed that South Africa’s military is simply sitting in the background, observing political events from afar. But is it? Where would its loyalties lie in the event of a major constitutional crisis?
The danger of the present situation is that South Africa might be about to find out.
Were the military to throw its weight behind Zuma the country would be in no-man’s land. Of course, there would be a massive popular reaction, with the further danger that the president himself would summon his popular cohorts to “defend the revolution”.
And South Africans should not assume that Zuma would be politically isolated. Those who backed Dlamini-Zuma did so to defend their present positions and capacity to use office for personal gain. If they were to rise up, the army would then be elevated to the status of defender of civil order.
What is certain is that in such a wholly uncertain situation the economy would spiral downwards quickly. Capital would take flight at a faster rate than ever before, employment would collapse even further, poverty would become even further entrenched.

Reasons to be hopeful

Is all this too extreme a scenario? Hopefully yes. There are numerous good reasons why such a fate will be averted.
Zuma’s control over the ANC is waning, as is his control over various state institutions, notably the National Prosecuting Authority. And the country has a checks and balances in place: there is a vigorous civil society, the judiciary has proved the Constitution’s main defence and trade unions and business remain influential.
Even so, it remains the case that what transpires now that the ANC’s national conference is over will determine the fate and future of our democracy. South Africa is approaching rough waters, and a Jacob Zuma facing an inglorious and humiliating end to his presidency will be a Jacob Zuma at his most dangerous.
Roger Southall, Professor of Sociology, University of the Witwatersrand
———————————————————————————————————————–

(*) VERWYSINGS:
(*)  Art 040: 2009-12-07 So lyk die situasie tans in Suid Afrika.
Die prentjie begin vir ander ook duideliker te word!
(*)  Art 041: 2012-01-17 So prut die politieke pot in Suid-Afrika maar aan, en aan ….
Hoe vêr is die oorkook punt nog?
(*)   Art 043: 2010-02-01 ‘n Streep in die stof – ‘n finale skeiding in die ANC-alliansie?
Motlanthe lays down the law – Deputy president tells leaders to refrain from infighting …..wat gebeur hierna?
(*) Art 044: 2010-02-12 Gaan Zuma die vonk in die kruitvat wees?
Ek glo die ANC se totale ondergang sal by Zuma begin.
(*)  Art 062: 2011-07-07 Revolusie in SA – Is die kaarte uiteindelik oop op die tafel?
(*)  Art 074: 2014-12-03 Zuma se staatsgreep…
(*)  Art 075: 2014-12-04 NUMSA se staatsgreep(?)
‘….Secret Regime Change Plot to Destabilise South Africa…’
———————————————————————————————————————–

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: