Skip to content

ART 110 2018-05-16: VERSIGTIG MET HIERDIE OORLOGSPRAATJIES!

2018/05/16

www.sienervanrensburg.co.za
F.H. Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria

Na aanleiding van my vorige twee artikels kom die vraag onwillekeurig by my op of die huidige vlaag duimsuigstories wat die rondte doen die sagmaakproses is voor die NVDLM op ons afgedwing word?  Alles wat ek hier sien bevestig dat die “vrees-geloof” van die Suidlanders (soos teenoor ‘n Christus-geloof), waarna ek in die artikel vóór hierdie een verwys het, aanhoudend gevoer moet word met vreesaanjaende stories soos hierdie om dit lewend te hou.  Dit is soos om ‘n pot kos op die agterste stoofplaat aan die prut te hou tot dit tyd geword het vir aandete.  En hierdie bose, bose feesmaal is dalk nader as wat meeste mense dink!

Daar is baie stemboodskappe en allerhande riemtelegramme wat nou loop oor “voorspellings” van Siener dat ‘n aanval vanuit Botswana op ons uitgevoer gaan word.  Of oor pres. Ramaphosa wat swartmense ingevlieg het met ‘n Amerikaanse vragvliegtuig om blanke plase te kom afneem en beset. En ook dat nét 1,000 dapper Afrikanermanne ‘n Amerikaanse leërgroep van duisende manne vernietigend gaan verslaan in Pretoria se strate, en, en…

Hierdie is ‘n sprekende voorbeeld van hoe sekere agent provocateurs Siener laat buikspreek om allerhande oorlogspraatjies aan te hits.  Geagte leser, Siener het NIE hierdie lawwe, maar uiters gevaarlike duimsuigstories gesien NIE.  Dit word duidelik gedoen om ‘n rassekonflik aan die brand te steek, en die Suidlanderbeweging is die logiese instrument om dit te bewerkstellig.

VRAAG: Daar word wyd bespiegel oor hoeveel (duisende!) pantservoertuie vanaf Walvisbaai na Botswana vertrek het.  Die paar foto’s wat ek van hierdie militêre voertuie gesien het vertoon egter gewone sagtevel vragmotors.  Ons kan seker aanvaar dat daar pantservoertuie óók by sal wees, maar die vraag is of Botswana al hierdie baie voertuie nodig het om ons huidige SAW plat te loop?  Hulle sal dalk die eerste en enigste leërmag in die wêreld wees wat meer voertuie as soldate het?  Nee, regtig darem, hulle het nie al hierdie voertuie nodig nie, want die huidige SAW se toerusting is heeltemal verouderd en niks werd nie, en dan hang daar ook nog reuse groot vraagtekens agter die paraatheid en durf van hul mannekrag. Wat wel waar is, is dat Botswana en hul bure, Namibië en Zimbabwe, nie juis die beste vriende in die wêreld is nie, en Botswana is waarskynlik net besig om hul militêre vermoë op te knap om paraat te kan bly. Namibië hou moontlik net ‘n sekere lastigheidswaarde op militêre gebied vir Botswana in, maar Zimbabwe het ‘n uiters gedugte militêre vermoë wat, soos Botswana s’n, strate beter as ons SAW is.

VRAAG:  Daar word baie gepraat oor die reuse Amerikaanse militêre vragvliegtuig wat by Lanseria lughawe geparkeer staan.  Hierdie storie het by ‘n militante swart groep begin wat hul daarvoor beywer dat swartmense alle grond moet gryp, en hul aksie was teen die EFF se Julius Malema se “sagte houding” gemik.  Hierdie storie is intussen deur woordvoerders van die pro-NVDLM oorgeneem en hulle praat nou lustig saam met hierdie militante groep swartmense.  Asof uit een mond nogal, en dan presies ook op dieselfde deuntjie! Hiervolgens het pres. Ramaphosa, in medewerking met die VSA, ‘n klomp swartmense met hierdie vliegtuig ingebring om blankes se grond te kom gryp en in besit te kom neem.

Waarom sou Ramaphosa sullke mense invlieg? Is daar nie genoeg “land hungry” mense in SA om dit sommer self te doen nie? Ek meen, die vliegtuig kan net soveel mense dra en nie meer nie, en dan in elk geval nie genoeg om alle blanke plase in die land vanaf Lanseria te gaan oorneem nie!  En waarom sou die VSA op hierdie manier hier wil ingryp? Daar is geen diplomatieke rede hiervoor nie. Hierdie skrywer is ‘n valskermsoldaat en het by minstens drie geleenthede sedert 1995 waterspronge saam met Britse, Amerikaanse en Italiaanse soldate gedoen. (Een hiervan is weens ‘n geweldige storm by Hartebeespoortdam afgestel, maar ons het nogtans lekker saam gekuier die res van daardie dag.)  Die VSA en die SAW doen ook op ‘n gereelde basis militêre oefeninge saam op ons grondgebied. Wat is dus so vreemd aan ‘n enkele VSA vragvliegtuig by Lanseria?  Een swaeltjie maak darem ook nog lank nie die somer nie!

VRAAG: Daar word ook gesê dat ‘n groep van 1,000 Afrikanermans in skietgevegte in Pretoria se strate met ‘n groot Amerikaanse militêre mag betrokke gaan raak (volgens “Oupa Siener” nogal!) Daar word met groot smaak vertel dat ons manne hierdie Amerikaners op ‘n vernederende wyse gaan terugjaag na Washington.

Nou toe nou!  Oorlog tussen die VSA en ‘n handvol Afrikanermans? Regtig? En een duisend onopgeleide Afrikanermanne met handwapens en jaggewere gaan, volgens die woordvoerder, sowaar baie duisende profesioneel opgeleide soldate met vars oorlogservaring in die Midde-Ooste uitmekaar jaag? He-he-he, moet ons nie dalk liewers hier sê: Sak Sarel, pa skiet ‘n bok, nie?

Pasop maar vir hierdie wilde en onverantwoordelike oorlogspraatjies. My vorige artikel 109 het pas op die 14 Mei verskyn en ek praat daarin oor die mees moontlike doel met die vals storie oor die NVDLM, en hier is ons volk se vyande klaar weer besig om wit en swart openlik teen mekaar op te sweep.  Praat ons dalk hier van “net betyds gewaarsku”?  Kyk, ons kan dit nie stop nie, die bose groep wat hierdie gebeure beplan het is té diep ingegrawe en hul plan het al té ver ontwikkel daarvoor, maar ons kan wel die impak daarvan op ons versag.  Al is dan net om geestelik gereed te maak vir die realiteit hiervan, met die doel om emosioneel op ‘n terugvegpoging ingestel te raak op hierdie moordaanslag wat hulle teen ons beplan het: ons oorlewing hang per slot van sake daarvan af!

Maar weet ook dat daar nog meer sulke gevaarlike en onverantwoordelike stories ingebring gaan word, en dat daar ‘n nóg groter poging gaan kom om stemme soos myne te diskrediteer en stil te maak.  Hierdie monsters is nie ons vriende nie en wil ons namens hul base in Engeland vernietig, en die Boervolk is in hierdie opsig bedoel om ‘n bloederige offerande aan die komende Antichris te wees. Wakker loop!

Groete,

Frik Pretorius.

 

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: