Slaan oor na inhoud

ART 112 2018-06-06: Wie is die Sappe in Siener se visioenêre verhaal?

2018/06/06

F.H. Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria

Die opskrif hierbo moes eintlik gelees het: Is die Suidlanderbeweging Suid-Afrika se eie ANTIFAS?  Ek dink die antwoord is ‘n klinkende ja.

Die Sappe in Siener se verhaal is ‘n groep baie goed georganiseerde en opgeleide para-militêre blanke mans wat vanuit politieke oorwegings teen die nuwe konserwatiewe regering in Noordwes sal optree. Hulle is dus in werklikheid rebelle wat ‘n wettig verkose regering met gewapende geweld omver wil werp. Daar is op hierdie stadium net een groep mense wat hiervoor kwalifiseer en dit is die Suidlanders. Die blanke komponent van die DA is nie groot en sterk genoeg hiervoor nie, en die kanse is in elk geval baie skraal om soveel militante militêre aggressie by hulle te kan vind. Op hierdie punt sal dit goed wees as ons dalk ‘n oomblik by sekere visioenêre feite sal stilstaan.

Die verhaal dui aan dat Noordwes Provinsie en die noordelike deel van die Vrystaat as Volkstate aan die Boervolk toegeken gaan word, dit wil sê, die twee gebiede word onafhanklike republieke.  En die aggressors teen albei is weereens Groot Brittanje en die Kaapse Afrikaners (Cape Dutch, oftewel die moderne Broederbond).  Die sigbare betekenis van die visioenêre verhaal spel dit uit dat die komende gebeure in Suid-Afrika bloot ‘n herhaling van die Tweede Vryheidsoorlog sal wees.  En so sien ons in die verhaal dat die stryd teen die nuwe Boereregering in Noordwes deur die Engelse gevoer sal word, maar met die samewerking van ‘n groep manne na wie Siener verwys het as die Sappe (“Joiners”).  Hulle was die Liberaliste van Siener se tyd, en ons sal in ons huidige tydsgewrig van die Globaliste kan praat, die mense wat ‘n EenWêreldregering sal help oprig. Ek weet nie of die Suidlanders mooi verstaan waarmee hulle regtig deurmekaar is nie, maar dit is eintlik waarvoor hulle teen hul gematigde volksgenote gebruik gaan word.

Die vraag is nou wie en wat ANTIFAS is.  Die begrip staan vir Anti Fascisme (anti diktatuur), en dit is deur Sorros geskep om as agitators in die Ukraïne op te tree om die Russe uit daardie gebied te probeer verdryf.  Die diktator in hierdie geval was volgens hulle die Russiese leier Putin gewees, en die doel was om ‘n revolusie te stook wat hom sou dwing om militêr in te gryp in daardie gebied. Die ironie hiervan was dat die Ukraïne se parlement gevra het dat hul land (weer) deel van die Russiese Federasie sal word.  Die drukgroep ANTIFAS was dus niks meer as rebelle gewees nie. Die uiteindelik doel met hul optrede was om Obama toe te laat om in ‘n kernoorlog teen Rusland op te tree.  Putin moes op hierdie manier uitgehaal word omdat hy in die pad van die Globalisme staan om hul Utopia op te rig.  En toe word Trump verkies as die president van die VSA, en toe hy ook ‘n stokkie voor hul planne steek het Sorros en kie hom as die nuwe diktator van liberale vrye regte in die wêreld verklaar. Die leser wat toegang tot YouTube het kan gerus gaan kyk na die skade wat hierdie ANTIFA drukgroep in die VSA teen Trump aangerig het.  Die groep bestaan uit jonger mense vanuit die links-liberale groepering

Die ironie van die saak is dat die Globaliste die bose plan bekend as die NVDLM in Suid-Afrika gebruik het om konserwatiewe (“regse”) mense se koppe en harte teen die gematigde groep te draai.  Ons word verkeerdelik deur hulle verkwalik dat ons die blanke uitverkoop deur “hand om die blaas” met die anderskleuriges in die land om te gaan, en dit het oor ‘n tydperk van meer as dertig jaar die bron van ‘n erge venyn teenoor ons geword…deur mense wat sê dat hulle deel van die Boervolk is!  As ek aan hul leierselement op alle vlakke dink kom die begrippe “Cape Dutch” en Broederbond onwillekeurig by my op.  As hulle dan wel Boere is, is die dwaling natuurlik soveel groter, want dan brandmerk hulle hulself ook as verraaiers en daarvoor betaal ‘n mens uiteindelik ’n baie hoë prys!

‘n Mens wil eintlik wéér vra of die Suidlanders móói verstaan waarmee hulle regtig deurmekaar is…

Groete,

Frik Pretorius.

 

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: