Skip to content

ART 113 2018-06-08: Suidlanders se leier verklaar burgeroorlog.

2018/06/08

www.sienervanrensburg.co.za
F.H. Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria

Iemand stuur gister die onderstaande skrywe aan my.  Dit blyk ‘n omsendbrief te wees wat die leier van die Suidlanderbeweging aan die lede van sy groep op hul webblad gepubliseer het.

Ek kon nie glo wat ek dáár gelees het nie!

Ek het van 11 Mei 2018 tot pas eergister vyf artikels gepubliseer waarin ek die werklike doel met die vals “visioen” van die nag van die lang messe uiteengesit het.  Die strekking hiervan is gebaseer op die gang van die visioenêre verhaal wat ons van Siener van Rensburg ontvang het, saam met gebalanseerde kennisname van wat in die wêreld rondom ons aangaan, plus doodgewone logika waar een plus een altyd twee is, en nie partymaal dalk elf nie.

In hierdie artikels het ek gesê dat die werklike doel met die NVDL uit sekere opeenvolgende hoofpunte bestaan.  Die eerste was dat dit ‘n lokmiddel was om ‘n sekere teikengroep binne die blanke groep in Suid-Afrika as die Suidlanderbeweging te vestig.

Hierdie beweging is een groot raaisel vir alle buitestaanders, want niemand van ons kon nog ooit regtig verstaan waaroor hierdie “onttrekkingsplanne” werklik gaan nie.  Dit maak geen praktiese sin nie, behalwe natuurlik as die lede doelbewus plan om in allerhande dodelike hinderlae in te wil stap.

Ek het dit ook gestel dat die doel daarmee nie regtig iets met die swart gevaar te doen het nie, maar wel om hierdie gevaar uit te lok tot op ‘n punt waar dit die Engelse owerhede kan toelaat om die regeringsfunksie in Suid-Afrika te kom oorneem.  En dat alles rondom hierdie visioene daarop dui dat die Engelse dan moontlik eers die nie-blanke bevolking met biologiese agente gaan uitwis, en die gematigde Boervolk daarna in ‘n aangestigte oorlog.  En in hierdie oorlog sal die Suidlanders die gematigde deel van die Boervolk saam met die Engelse aanval en probeer uitwis!

Die manier waarop die beginpunt van hierdie beplanning geloods gaan word, het ek aanvaar en beskryf, is om ‘n massa-protesaksie deur die SL te loods op ‘n plek (of plekke) waar dit tot ‘n gewapende konflik met die swart groep sal lei.  Die mees logiese tydperk hiervoor lê tussen nou en 30 Augustus as die Grondwet na verwagting gewysig gaan word om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak.  So ‘n protesaksie kan nét tot gewelddadige konflik lei omdat sekere swart drukgroepe reeds stelling ingeneem het teen die blanke se besware hierteen.  Die tafel is reeds gedek en word by die dag meer en meer gereedgemaak vir ‘n bloedbad om plaas te vind.  En die Suidlanders is duidelik die skakelaar deur wie dit gaan kom.

Dit is presies wat die Engelse hanteerders van die SL wil hê om militêr hier te kan kom ingryp.  Alles is skynbaar reeds aangelê hiervoor, en tot die voertuie waarmee hulle vinnig in Pretoria en Johannesburg kan kom staan reeds gereed daarvoor in Botswana.  Ek praat onder korreksie nou, maar daar is blykbaar ook reeds ‘n Britse lughawe by Lobatse ontwikkel hiervoor.  Die moontlike doel hiermee sal duidelik wees om vinnig per vliegtuig by die ver plekke in Suid-Afrika uit te kom.

Ek het my vermoedens in hierdie opsig met Elsa Muller van die FB blad, OOM SIENER VAN RENSBURG – BOODSKAPPER VAN GOD so onlangs soos 6 Junie 2018 gedeel, waarin ek vir haar gesê het die mees moontlike datum vir so ‘n konfrontasie kan dalk die volgende langnaweek wees.  Dit sal SL se lede wat ver moet ry natuurlik beter pas so.  En raai wat? die volgende langnaweek op die kalender is ‘n nuwe een wat tot nou toe nog nooit bestaan het nie, naamlik van 9 tot 14 Augustus 2018!  ‘n Mens kan net wonder wie en wat hierdie langnaweek geskep en op ons kalender geplaas het.

Gaan die finale aanloop tot Siener van Rensburg se visioenêre verhaal op een van die twee middelste dae van die vier in Augustus begin?  Ons weet nie, ons sal maar moet wag en sien wat hier gaan uitbroei, maar as wat ek hieronder verstaan reg is, sal dit waarskynlik so wees.  Soos dit is spook die datum van 31 Augustus juis reeds van 31 Augustus 2008 af by my, en nou wonder ek nogal of dit sowaar dalk kan realiseer…

Die kennisgewing hieronder aan die SL is niks meer as ‘n onbedekte oproep tot pro-aktiewe gewelddadige optrede teen die swart groep nie.  As die gewone soort lid van SL sulke dinge kwytgeraak het sou ‘n mens dalk nog meewarig hieroor kon geglimlag het.  Hierdie oproep tot aksie is egter nie deur ‘n gewone soort lid gedoen nie, maar deur die stigter en hoofleier van die SL self, en dit maak ‘n baie groot verskil aan die saak!  Hou maar dop en ás ek reg is met so ‘n protesaksie moet die leser maar daardie paar dae, en dalk die hele week daarna, liewers by die huis wees.  Dit kan dalk ‘n bietjie rof raak daarbuite.

Groete,

Frik Pretorius.

=========================================

https://www.suidlanders.co.za/het-die-tyd-aangebreek-2/

Het Dié Tyd Aangebreek?

Wanneer die massas uitlatings soos hierdie begin uiter: “We are not apologetic for occupying the land. We believe it belongs to us. It was stolen by the whites…” het dié tyd aangebreek waar Suid-Afrika in anargie, rewolusie, burgeroorlog, volksmoord, en ‘n bloedbad sal verval…!

Het dié tyd aangebreek vir nuwe helde om gebore te word… Het dié tyd aangebreek waar elkeen`n keuse sal moet maak… Het dié tyd aangebreek vir die moderne Dawids, Jeftas, Simsons, Gideons, Benajas om elkeen sy deel vir God aan die Suidpunt van Afrika te doen… Het dié tyd aangebreek waar elkeen sy kant sal moet bring om`n volk teen ‘uitwissing’ te red en as dit Sy Wil is, God se eer en koninkryk te herstel…

Het dié tyd aangebreek vir elke opregte om nou tree vir tree hierdie pad saam met my te loop en, as ek in hierdie stryd ter oorlewing van my volk aan die Suidpunt van Afrika sneuwel (en dit sal wees met `n glimlag op my gesig, want soet is die stryd, vir my God en volk), die stryd voort te sit – die oorwinning IS julle s’n!!!

Dié stryd is edel, dié stryd is regverdig, dieselfde stryd wat ons voorvaders gestry het. Dié stryd om vryheid, want ons het dit [vryheid] reeds tot `n mate, en is vinnig oppad (met die onteiening van eiendom) om dit in totaliteit te verloor…

Seën vir elke opregte volksgenoot, mag die vreesloosheid van ons hemelse Vader u vergesel in dié toekoms… U vriend, broer, en mede-volksgenoot. Gustav

 

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: