Slaan oor na inhoud

ART 115 2018-07-06: Alternatiewe Afrikaanse Onderwys – Dringende hulp van opgeleide persone gevra.

2018/07/06

www.sienervanrensburg.co.za
F.H. Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Hierdie artikel word gewy aan ‘n baie groot behoefte by ons medeblankes wat weens omstandighede buite hul beheer in die een of ander informele blanke nedersetting ingedwing is.

Ek het vriende wat al jare lank baie nou betrokke is by so ‘n nedersetting naby Hartebeespoortdam.  My een vriend is ‘n advokaat wat hom nou voltyds toespits op die verbetering van kwaliteit onderwys onder kinders by blanke informele nedersettings.

Hierdie artikel poog om hulle te help deur hul plan aan ‘n wyer gehoor bloot te stel.  My punt is net dit: As ons hierdie mense kan help om hul plan aan die werk te kry kan dit net so gedupliseer en oorgedra word na die dosyne ander blanke informele nedersettings.  Ek glo hulle sal bereid wees om ook so ‘n poging aan die gang te sit.  Ek heg in elk geval hul brief aan my oor hierdie onderwerp aan vir die leser se kennisname.

Dan is daar ook ‘n verdere versoek wat ek hier wil opper.  Een van die groot behoeftes by hierdie nedersettings is rekenaartoerusting om klasse in ‘n netwerkstelsel te kan aanbied. Miskien weet u van ‘n instansie wat hul ou toerusting wil opgradeer en/of vervang met iets meer modern.  Die ou toerusting sal verseker nog baie goed kan werk in so ‘n nedersetiing, so groot asseblief, as u te hore kom hiervan, en as ons ‘n plan kan sien met die prys daarvan sal dit geweldig baie waardeer word.  Inderdaad uit die volk vir die volk, né…!

Help asseblief met hierdie baie verdienstelike saak, want niemand weet beter as juis ons onderwysers dat geestelike verval slegs positief gekeer kan word deur die ontwikkeling van mense. Kom help ons asseblief!  Kom help ons om ‘n hoër standaard van onderwys by hierdie volksgenote te hervestig!  Is dit nie uiteindelik maar in ons eie beste belang nie?

Groete,

Frik Pretorius.

———————————————————————————————————————————-

AANHANGSEL:

ALTERNATIEF VIR AFRIKAANSE ONDERWYS

Geagte Vriend(in)

Ons is ‘n groep ouers, vriende en leerkagte wat bekommerd is oor die toekoms van Afrikaans as medium van onderrig. Ons het geen illusies dat sekere ongewensde elemente nie sal rus voordat ons dierbare taal geheel en al uit alle onderwys instellings verdwyn het nie.

Skrywer koördineer ‘n projek om bekostigbare gehalte tuisonderrig aan Afrikaanse leerders te bied. Ons ideaal is om ‘n matriek sillabus aan te bied wat elke leerder uiteindelik in staat sal stel om in Duits net so vaardig te wees as in Afrikaans of Engels sodat ‘n naskoolse loopbaan of studies in Duits onderneem kan word.

Uiteraard sal so ‘n diens op dieselfde en selfs ‘n hoër standaard moet wees as die standaard van die huidige Departement van Nasionale Onderwys.

Om hierdie doel te verwesenlik benodig ons opvoedkundiges en administrateurs wat hulle by hierdie saak wil skaar.   Ons nooi u daarom uit om u kundigheid as leerkrag of vakkundige aan ‘n verdienstelike saak beskikbaar te stel.

Ons kan op hierdie stadium geen vaste onderneming verskaf wat betref die vergoeding van leerkragte en ander kundiges by hierdie projek nie. Ons kan wel verklaar dat ‘n arbeider sy loon werd is en dat enige inkomste wat deur die projek gegeneer gaan word ten eerste aangewend sal word om kundige persone se volhoubare betrokkendheid te verseker.

Stuur gerus u verkorte resumé aan my as die koördineerder van hierdie projek. U besonderhede sal vertroulik gehou word en slegs mee gehandel word met u vooraf skriftelike kennisgewing.

Indien u bewus is van ‘n afgetrede, rustende of werklose opvoedkundige, deel dan asseblief hierdie versoek met sodanige persoon.

Skrywer as koördineerder benodig slegs u besonderhede in die volgende formaat:

Michael Schmidt
Regspraktisyn Pretoria
Vakrigting Arbeidsreg en Duits
Epos adres: advprodeo@gmail.com]
WhatsApp: 0810134083

Ons vernaam graag van u.

Dienswillig, die uwe

Michael Schmidt

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: