Skip to content

ART 116 2018-07-17: Van AWB en Mangope in 1994 na SL en “Koning” Calvin Cornelius III van die Khoisan in 2018?

2018/07/17

www.sienervanrensburg.co.za
F.H. Pretorius,
Garsfontein,
Pretoria.

Daar doen op hierdie stadium baie gerugte die rondte oor die “sesessie-aksie” van die Khoisan in die Kaap.  Ek is nie ‘n soort mens wat spoke opjaag nie, en ek wil baie beslis nie ‘n ongegronde riemtelegram hieroor aan die gang sit nie, maar daar kan dalk net meer in hierdie saak steek as wat ons dink.  (http://sovereignstateofgoodhope.org/)

Die Broederbond se nuwe “nasionale uitsaaier”, Pretoria FM (Radio Pretoria), het vanmiddag (2018-07-17) berig dat hierdie “koning” ‘n ultimatum aan die ANC regering uitgereik het om die Kaap binne vyf dae te ontruim.  Dit is dalk ‘n bietjie lagwekkend om te dink dat hy met sy dertig of so manne, wat die nuwe staat se vlag gehys het, die RSA se militêre vermoë kan uitdaag.  Hulle staan normaalweg nie ‘n kans teen so ‘n oormag nie, maar dan ook weer, hoe normaal ís hierdie situasie werklik?

Die joernaliste wou by hom weet wat hy beplan om teen Ramaphosa se regering te doen as hy nie wil saamwerk nie, en al wat Cornelius III blykbaar wou sê is (dat): “…daar planne in plek is om op te tree (as dit nodig mag word)…”  Nou wat op aarde beteken dit?  Die VVO gaan hom beslis nie op diplomatieke vlak bystaan nie, wat nog van militêr, so wat se planne kan hy in die mou voer om dit sélf te doen?  Sy “land” se sogenaamde soewereiniteit sal baie beslis nie op diplomatieke staatsvlak deur die ANC erken word nie, so al opsie wat vir hom oorbly is om militêr teen die RSA op te tree.  En dit is net hier waar hierdie saak sommer baie interessant raak, maar al die lag-in-die-vuis daaroor sommer vinnig verdwyn óók!  Hierdie mense is baie ernstig met wat hulle sê, so waar gaan hierdie weggesteekte militêre vermoë so vinnig vandaan kom, en wie gaan dit wees?

Daar is baie gerugte oor allerhande moontlike VVO militêre bedrywighede in ons land, maar daar is geen manier hoe die VVO op hierdie manier by ons betrokke kan raak nie, en veral nie om Cornelius III ter wille te wees nie.  Ek glo nou meer as ooit dat dit bloot “fake news” is om die aandag weg te lei van wat dalk werklik besig is om te ontwikkel.  Die feit van die saak is dat die VVO op grond van sy mandaat op geen manier direk in enige land se sake kán ingryp nie, tensy dit nie eers deur die VVO se Veiligheidsraad goedgekeur word nie.  Hierdie is ‘n openbare debat en ons sou dus geweet het of so iets vir Suid-Afrika beplan word, en daar is geen teken van so iets nie!

As wat ons hoor waar is, dan het die Khoisan ‘n wettige proses van afskeiding gevolg.  Maar dit kan vir dieselfde prys netsowel wees dat iemand bloot die persepsie geskep het dat hierdie prosedure gevolg is om ‘n sekere punt van “verdere optrede” te kan bewerkstellig. Die vyande van die opregte Boervolk is meesters op hierdie gebied, en iewers in my agterkop leef ‘n gedagte dat dit presies dieselfde is wat in die aanloop tot 1994 gebeur het … en nogal deur dieselfde rolspelers as wat ons toé belieg en bedrieg het.

Nou, op hierdie stadium maak dit seker nie meer saak of die Khoisan die “regte” prosedure gevolg het of nie, die gedagte is nou gevestig dat hulle ‘n wettige rede het om op ‘n eie stuk grond te kan aandring, en om te kan “optree” as dit nie gebeur nie.  En die een ding wat die situasie baie gevaarliker maak is dat die Khoisan baie sterk deur ‘n groot klomp Afrikaanssprekende blankes ondersteun word.  Hierdie blankes wil sáám met die Khoisan van die RSA afskei.  Die teenwoordigheid van hierdie groep blankes verander die situasie egter meteens in ‘n baie moontlike en gevaarlike swart-wit plofpunt!  En ja, al die vingers wys in hierdie opsig baie direk na die Suidlanderbeweging en hul stigters, die Broederbond en die intelligensie agentskappe wat deur hulle beheer word.  Ons praat hier waarskynlik baie bepaald van minstens ‘n onderafdeling van Militêre Intelligensie.

So, wat is dalk besig om hier so stilweg agter die skerms te gebeur?  Is dít die punt waar die finale konflik wat ek verwag tussen wit en swart gaan uitbreek?  In Maart 1994 het daar ‘n baie ernstige vlampunt uitgebars rondom die AWB se para-militêre steun aan pres. Lucas Mangope van Bophuthatswana.  Die Suidlanderbeweging van vandag is maar net ‘n herlewing van die AWB onder ‘n ander naam, so gaan ons ‘n basiese herhaling sien van die gebeure van 1994 óók?  Hierdie keer om die “regering” van Calvin Cornelius III van die Khoisan militêr by te staan en daardeur ‘n reuse groot rassekonflik aan die brand te steek? ‘n Konflik wat volgens alle aanduidinge deel gevorm het van die beplanning wat tot 1994 gelei het?  Ons kan maar net asem ophou terwyl ons wag om te sien wat hier gaan uitbroei.

Ek hoop ek is verkeerd, maar dit kan dalk net so gebeur soos ek hierbo oor wonder, en dan sal die Engelse owerhede waarskynlik genoeg rede vind om die ANC regering “te hulp te snel teen die vreeslike Boere”, en in die proses ‘n bloedlose staatsgreep teen die ANC uit te voer. Ek glo nie ons moet hierdie situasie verder wil onderskat en net maar wil weglag nie!  Ek het ook gelag hieroor, tot laterig vanmiddag toe, maar skielik dink ek nie meer dit is so snaaks nie…

Groete,

Frik Pretorius.

—————————————————————————————————————–

Advertisements

From → Uncategorized

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: