Slaan oor na inhoud

ART 121 2019-11-24 Skep moed Elsa Muller, skep moed Boervolk, die Here se Waarhede en Krag is nog steeds by ons!

2019/11/24

http://www.sienervanrensburg.com
F.H. Pretorius,
Swartruggens,
Noordwes Provinsie.

Dagsê Elsa Muller van die FB blad Oom Siener van Rensburg – Boodskapper van God!

Askies as ek jou so summier hier insleep, maar ek het ‘n bepaalde rede daarvoor.  Ek sien jou vandag hier as ‘n simbool vir die opregte Boervolk en ek wil graag deur jou vir ons volk sê:  Ek weet dit gaan moeilik, en meeste van die tyd bitterlik so, maar ons sal nie die stryd wat teen ons gevoer word verloor nie.  Ons kán nie, want ons Vader se Waarheid is aan ons kant en waarborg dat ons uiteindelik as oorwinnaars by Prieska sal uitkom; ons en al die anderstalige vriende hier en van oorsee wat Vader langs die pad tot ons sal byvoeg.  Kyk maar vir jouself hoeveel van jou lede is anderstalige vriende wat saam met ons grootgeword het – Duits, Engels, Nederlands en wie weet wat nog, en almal van hulle is kosbare vriende!  Ek beskou hulle in elk geval as ten volle “deel van ons”.

Maar kyk, die vrou is ‘n simbool vir ‘n volk en daar is letterlik honderde duisende vroue soos jy in ons volk; almal van julle simbole van wie en wat ons volk is.  Meeste van julle is in hierdie verband rotsvaste uitgesproke pro-Boervolk mense. Party is miskien ‘n bietjie meer ingetoë en stiller daaroor, maar almal van julle is ordentlike en betroubare vroue op wie hul mans, gesinne en geesgenote ten volle kan staatmaak.

Die geesgenote van wie ek praat bestaan natuurlik uit groot klompe anderstalige vriende hier en oorsee en weet jy, daar is baie meer van hulle as wat die volk kan dink!  Een van die komende artikels in die pyplyn gaan byvoorbeeld juis oor die Nederlandse volk.  Hierdie volk is een van ons stammoeders en daar heers ‘n baie onnodige gees van wedersydse wantroue tussen ons en hulle.  Hul Eerste Minister van die 1970’s, Joop den Uyl, het in daardie jare ‘n politieke wig tussen ons ingedryf wat selfs vandag nog ons verhoudinge met mekaar vertroebel.  Alles so onnodig!

Hierdie skrywer het intussen agtergekom hoe verkeerd hierdie wantroue werklik is, en dit moet dringend reggestel word.  En net ons kan dit doen deur hande van vriendskap na mekaar uit te reik.  Daar is sulke pogings van die regse politieke kant om steun vir ons land te werf, maar ek is bevrees dat hierdie pogings uiteindelik weer gekelder gaan word juis deur politieke verskille en selfsugtige bymotiewe aan beide kante.

Maar ja, die verskil tussen jou en hierdie ander pragtige dames is dat jy die enigste een is van wie ek weet wat ‘n webblad bedryf wat die waarheid in Siener se visioene openlik nastreef en uitdra.  Dit maak jou uit die aard van die saak ‘n voorkeurteiken vir ons volk se vyande, en dít is waarom Suidlanders se agente jou FB blad toepak soos die klomp dikvellige bosluise wat hulle regtig is.  Hulle kan nie ons argumente weerlê nie en daarom pak hulle jou blad toe om jou poging letterlik dood te skreeu en dood te sit, terwyl hulle ons energie uitsuig.  Dit is tot ‘n sekere mate die soort doodloopstraat waarin dr. Lets Pretorius se Boerevryheid.co.za uiteindelik vasgekeer en versmoor is.

Kyk, Facebook gaan jou nie help om van hierdie agente op jou blad ontslae te raak nie, want hulle is deel van dieselfde plan om ‘n sekere deel van die wêreldbevolking uit te wis.  Facebook behoort aan Sorros my vriendin en ons volk staan heelbo aan sy lysie hiervoor.  Hierdie hele storie, Elsa, is niks meer as ‘n poging om die ware God se gelowige kinders uit te moor om hul eie god en vader as koning van die wêreld te kan kroon nie.  Enigiemand wat vir jou probeer sê dat dit nie is waaroor die Bybelverhaal eintlik gaan nie lieg skaamteloos vir jou.  Dit breek my hart om dit te moet sê, maar die gewone lede van die Suidlanders, en dalk selfs ‘n deel van hul leierselement ook, het toegelaat dat hul topleiding hul op sleeptou neem hieroor en hulle gaan ‘n afgryslike duur prys betaal daarvoor.

Wat ek hiermee vir jou wil sê kom ondertoe aan die beurt, maar weet reeds nou al dat hierdie agente vanuit die leuen optree omdat ons Vader se Waarheid nie by hulle te vinde is nie. Hulle staan op ‘n vals en hol fondasie wat deur die Britse vorstehuis geskep is en wat namens hulle deur die Broederbond gevestig en uitgebou is.  Die skreiende ironie hiervan is dat die Suidlanders dalk deel hiervan gemaak is sonder dat hulle dit eers besef het. Die toets van die tyd sal leer of dit, soos met alles wat ek sê korrek is, maar hierdie is een van daardie vreemde blits-gedagtes wat die Stil Stemmetjie in my binne-oor gefluister het toe ek besig was om hierdie artikel te skryf.  Wees rustig, ek sal later uitbrei hierop, maar die tyd sal in alle gevalle leer of dit so is.

Die derde rede is meer persoonlik van aard, en hier moet ek die skindertonge dadelik stilmaak.  Ek en Elsa woon iets soos amper 1,000 km uitmekaar uit en het mekaar nog nooit persoonlik ontmoet nie.  Alles wat ons tot op datum met mekaar gedeel het gebeur dan ook per telefoon, teks of e-pos.  Maar ek dra hierdie artikel aan haar en haar FB blad op omdat ek so baie respek vir haar meelewing met ons volk het, maar dan ook omdat dit juis die Gees was wat ons rondom die Waarheid in Siener se visioene bymekaar uitgebring het.

Skep moed Elsa, skep moed Boervolk en ons anderstalige vriende, ons het God se Waarheid aan ons kant en dit dra en versterk ons.  Daar is nie ‘n manier hoe die Boervolk die stryd teen oorheersing en uitwissing gaan verloor nie, en in elk geval nie solank die Waarheid kragtig en lewend regop staan by ons nie.  Niks wat die Boosheid ookal probeer doen sal die Waarheid kan omstoot nie!  My doel met hierdie artikel is juis om ‘n deeltjie van hierdie waarheid aan die leser oor te dra.

Maar ek moet nou eers een of twee verdere dinge vooraf verduidelik, anders gaan ons heeltemal van koers af raak hier.  Ek wil begin deur te sê dat daar drie mense betrokke is by die argument in hierdie artikel, naamlik mnr. A Snyman, prof AWG Raath en dan ook die uwe, maar dat dit glad nie hier om die karakter en/of persoonlike lewens van enigeen van hierdie drie gaan nie.  Ek het niks te doen met die ander twee se persoonlike lewens nie, en dit is iets waaroor ek nie kán of gáán oordeel nie. Dit gaan egter wel hier om elkeen se spesifieke bydrae ten opsigte van Siener en sy visoene. Dit raak almal van ons op ‘n gelyke vlak en daarom dink ek dit is oop vir algemene bespreking.  Ek skinder oor niks nie en ek is ook nie besig om allerhande persepsies oor enigiets te skep nie, dit gaan slegs om Siener se belang vir ons volk en niks meer nie.

Die baie belangrike saak wat hiermee saamgaan is dat die leser baie goed moet verstaan dat ek ook nie besig is om my eie beeld hier te probeer poets nie.  Ek hoef dit regtig nie te doen nie, want ek het reeds by verskeie geleenthede gesê dat ek glad nie in enige vorm van leierskap belangstel nie.  Ek het ook nog nooit in enige finansiële voordeel rondom my bydrae belang gestel nie, óf selfs so iets geniet nie.  Mense wat my ken sal dit kan bevestig, want ek moet verseker die armste skrywer wees wat leef, want daar is niks wat ek kan wys vir al my moeite nie.

Ek doen dus nie wat ek doen om “raakgesien” te word en invloed te verwerf nie, maar omdat die Here my opdrag gegee het om oor hierdie dinge te praat en Sy Waarhede na vore te laat kom.  Hy sal die volksleier van Sy keuse by Prieska laat aanstel en niks of niemand gaan dááraan verander nie.  Dit wat in my boeke geskrywe staan is wat van Bowe aan my gegee is om te sê, en wat die hoorder ookal daarmee maak is sy eie saak, ek het gewoon niks dáármee te doen nie.   Moet dus nie na my persoon kyk nie, ek is ook maar net ‘n sondegebroke boodskapper wat doen wat hy aangesê is om te doen.

Nou, die eintlike saak wat ek hier wil ophaal koppel direk aan ‘n onderhoud wat Radio Orania op 26 Desember 2013 met hierdie drie persoonlikhede gevoer het oor Siener se waarde vir ons volk. Ek gaan nie die hele onderhoud hier aanhaal nie, maar ek kan dit aanstuur vir mense wat nog daarin belangstel.  Die onderhoud is te groot vir gewone e-pos, so u sal die verniet-program Dropbox moet aflaai en op u rekenaar opstel.  U kan dan bloot die onderhoud per e-pos by my aanvra by fhpretorius@gmail.com en dan sal ek dit per Dropbox kan aanstuur.

Maar goed, ons is by daardie geleentheid as die enigste drie erkende swaargewig skrywers oor Siener en sy visioene voorgestel.  Kyk nou mooi wat intussen gebeur het en hoe dit elkeen se bydrae tot die idee van Waarheid in die visioene geraak het.

Snyman het homself in die eerste plek gediskrediteer deurdat my Artikel 108 van 2019-05-11 hom uitgewys het as ‘n leunaar, want die NVDLM wat hy so ywerig promoveer is niks meer as ‘n vals stuk Britse bedrog nie.  Hy het homself verder ook bewys as ‘n agteraf bedrieër deur sekere lasterlike aantygings aan my toe te dig wat glad nie bestaan het nie.  Die duidelike doel met sy optrede was om my agteraf swart te smeer en te diskrediteer omdat ek uitgewys het dat hy besig is om die Boervolk tot vernietiging te wil mislei met sy gehamer op die NVDLM en al die nonsens van “veilige onttrekking” wat daarmee saamgaan.  ‘n Mens kan nie die geestelike waarde van die visioene versoen met soveel agterbaksheid nie, dit klop net eenvoudig nie met mekaar nie.

Jy (en ek) het Snyman ook op jou FB blad, Oom Siener van Rensburg – Boodskapper van God, uitgedaag om die bewyse te lewer dat Siener en/of Johanna Brandt inderdaad die visioen van die NVDLM gesien het.  En soos jy en ek wag die lede van jou blad nou nog op sy antwoord.  Wees rustig Elsa, hy sal dit nie gee nie.  Hy kan nie, want daar is gewoon nie so ‘n visioen nie.  Maar ja, hy kom al baie jare ver met hierdie storie en uiteindelik het dit gelei tot die totstandkoming van die “magtige” para-militêre mag van die Suidlanderbeweging.  Ek sal later in ‘n opvolg artikel aantoon hoe belangrik hierdie verwysing dalk nog kan word, want dit is nie net Trump en die VSA wat met ‘n bose versteekte burokratiese regering opgeskeep sit nie!  Sorros en sy kollegas van die Council on Foreign Relations en die sogenaamde Illuminati het hul vingers wêreldwyd in elke pastei ingedruk wat hulle op hul tafel wou hê, en ons land is juis die kersie op die koek vir hulle! En weet jy, as dit nie vir Putin en Trump se weerstand teen hulle was nie sou almal van ons vandag onder ‘n Een-Wêreldregering gestaan het!

Moet net nie op Trump staatmaak om ons te kom “uitred” nie, want daar is op hierdie stadium nog geen spoor van so iets in die visoene nie.  Later in die verhaal ja, maar selfs dan is daar geen verwysings van enige aard na ‘n Donald Trump as sulks nie.  Die verhaal begin in elk geval eers by die boom wat pluiens, en dit moet nog kom, so dit help nie om nou al in die visioene te wil rondkrap om Trump se hulp te probeer soek nie.  Dit is heeltemal voortydig en u gaan dit nie kry nie.  U gaan ook niks kry van die huidige regering se korrupsie en algemene onbeholpenheid nie.  Al wat daar is, is dat die regeringsboom spontaan van bo af op homself inmekaar sak as gevolg van ‘n sekere soort interne verrotheid.  En ek weet nie hoe ver dit nog is tot by daardie punt nie, maar dit moet in elk geval nog kom.

Die belangrike punt hier is dat Snyman homself oor en oor as swaargewig skrywer en kenner van Siener se visioene gediskrediteer het.  Sy gedurige rondvallery en veranderinge in sy aanslag vorm tot ‘n groot mate die basis daarvan.  My oopvlek in my Artikel 108 van die meer pesoonlike deel daarvan soos dit my karakter raak, vorm maar net ‘n verdere deel van die geheel, maar dit laat wel net twee swaargewig skrywers oor, naamlik Raath en myself.

Nou, wat Raath betref word ‘n opmerking van een van jou lede skielik absoluut belangrik.  Ek haal dit aan sonder om die lid se naam te noem, want ek het nie tyd gehad om hom te kontak en te bevestig dat ek sy naam mag publiseer nie.

[Naam] ”… Ek het Prof Raath se weergawe gelees. Ja, dit is baie akkuraat, maar hy het ‘n jaar terug op RSG omgeswaai en gesê Siener se visioene is n klomp bollie…”

Ek neem hier aan hy verwys na Die Vierkleur Wapper Weer. Hierdie boek bevat egter geen uitlegte van Raath self nie, hy het dit tot op daardie stadium nog nooit gedoen nie, maar dit bevat wel uitlegte van ‘n paar bekende mense, soos onder andere wyle Boy Mussmann en sy dogter wyle tant Nellie van Zyl.  Hierdie uitlegte het deel gevorm van die toetsing wat ek vir my eie werk gebruik het, maar ek kon nie een so ‘n uitleg kry wat ‘n betroubare verduideliking gegee het van wat regtig in enige spesifieke visioen gestaan het nie.

Ek het nie bewyse vir hierdie verwysing na Raath se radikale ommeswaai op RSG nie, so ek wil nie uitbrei daarop nie.  Wat ek wel bereid is om te doen is om uit te brei op wat ek in die onderhoud met Radio Orania gesê het.  Ek het nie genoeg tyd gehad om my saak volledig te kon stel nie, maar ek gaan dit nou doen om my argument in sy volledige perspektief te kan kry.

Ek het gesê dat hy nog nooit enige poging aangewend het om die visioene self te verduidelik nie, maar wat nie uitgekom het nie was dat ek geen respek het vir die neerhalende en sarkastiese manier waarop hy altyd nét kritiek te lewer het op mense wat die visioene probeer uitlê, terwyl hy dit self nie doen nie.  Daar is ‘n baie uitgesproke bombastiese soort akademiese paternalisme betrokke hierby wat Oupa Baard heeltemal naar maak. Ek weet gelukkig uit persoonlike ondervinding dat nie alle filosowe en akademici so hoogdrawend bombasties mislik is nie, so ek sal dit maar afvee vir wat dit werklik werd is.

Iets wat ek ook nie weens ‘n gebrek aan tyd kon verduidelik nie was die storie agter die storie waarom hy my juis ‘n waarsêer genoem het in die voorwoord van ‘n nuwe boek oor Siener.  Ek dink dit was nooit meer as ‘n doodgewone ego probleem aan sy kant nie.  Hy en ek het vroeg in 2000 een Sondagaand ‘n gesprek gehad waarin ek sy filosofiese benadering tot Siener se visioene aangeval het.  My woorde was:

… Die volk het ‘n praktiese probleem rondom die toekoms, gee vir hulle praktiese oplossings daarvoor.  Hou asseblief op om wollerige lugkastele oor Siener se visioene met allerhande hoogdrawende woorde rond te stoot. Die volk verstaan dit nie, dit verwar hulle net, want hulle weet niks van die visioene af nie…

Hy het niks terug gesê nie en ek is toe maar daar weg.  Ons paadjies het daardie aand uitmekaar geloop totdat iemand my aandag ‘n paar jaar later op die waarsêerstorie gevestig het.  My eerste gedagte was: Wat ‘n lafaard is hierdie kêrel tog nie, want hy gaan steek hierdie mes wat hy in my rug druk weg op ‘n obskure plek waar hy weet ek nie sommer sal kom nie.  En ek sou ook nie as dit nie was dat ek op ‘n punt saam met ‘n vriend in ‘n Duitse boekwinkel in Pretoria-Oos gestaan het nie.

Dit was in elk geval maar presies dieselfde soort werkswyse as wat Snyman gebruik het en wat sy blootlegging as leuenaar en agteraf knoeier in my Artikel 108 van 2018-05-11 tot gevolg gehad het.  As dit dan waar is van sy ommeswaai het Raath homself dus uiteindelik as ‘n waarsêer gebrandmerk én gekelder, want dan is daar geen verskil tussen hierdie twee “skrywers” se geestelike aanslag en werksmetodes nie.  Wat ek van sy uitleg van die visoene in ‘n latere boek gehoor het klink in elk geval ook nie goed genoeg om die paal te kan haal nie.  Die punt, soos wat ek in die onderhoud uitgewys het, is egter net dat dit die volk is wat die spit sal moet afbyt vir hierdie soort drogredenasies en die bedrog wat daarmee saamgaan.

Maar op hierdie punt wil ek egter ook by Dawie Wiesner en Tom Kriek se sieninge oor Raath op jou blad aansluit.  Ek ken hulle en Raath op die persoonlike vlak, en soos hulle wil ek ook graag hier sê dat dit ‘n groot skok vir my was om sulke dinge van Raath te hoor.  Dit is baie jammer, ás dit waar is, want die positiewe bydrae wat hy tot Siener as onderwerp gelewer het, saam met sy ander navorsing oor die Groot Trek, die Twee Vryheidsoorloë en die Britte se konsentrasie-moordkampe, kan op geen manier na waarde geskat word nie.  Dit is absoluut kosbaar en daarvoor verdien hy net ons hoogste waardering, wat hy ookal daarna aangevang het.  Maar ja, so jammer as wat dit is diskrediteer sy “ommeswaai” hom ongelukkig ook in totaliteit as geloofbare bron van waarheid oor Siener se visioene.  En natuurlik ongelukkig ook sy beeld rondom al die ander navorsing wat hy oor ons volk se geskiedenis gedoen het.  Wat ‘n ongelooflike duur prys is dit nie om te betaal vir ‘n moontlike ego probleempie nie, of wat dit dan ookal was!

Dit was dus bloot ‘n poging, soos in Snyman se geval, om my te diskrediteer deur eerder my persoon aan te val en te beswadder as om my werk as onwaar te bewys.  Elsa, ek dink jy het ‘n beter idee as die gemiddelde mens van wat al alles van my karakter en persoonlikheid gesê is, want jy het al dieselfde behandeling deurgegaan.  Ek praat nooit hieroor nie, maar my persoon word aangeval, want niemand kon tot op datum enigiets negatief teen my werk as sulks inbring nie.  Selfs die een enkele persoon wat perfek gekwalifiseer en geplaas was om my werk deeglik te kon sif vir foute kon maar net reageer deur my bloot sonder enige bewyse te beskuldig dat ek ‘n waarsêer is.  En ek wonder of prof. Raath besef dat sy opmerking, wat as kwetsende en diskrediterende belediging bedoel was, juis die finale en absolute bewys van die geloofwaardigheid van my werk was. Want dit bewys dat hy nie eers probeer het om te ondersoek en te weeg nie, omdat daar niks fout te vind was met my werk nie, en dit verander sy opmerking in iets leeg en selfveroordelend soos dit homself raak.  En ja, jy gaan nie maklik iemand kry wat meer van Sieenr se persoonlike lewe weet as juis Raath nie: hy is absoluut gesaghebbend wat dit betref, wat beteken ek beskou sy negatiewe opmerking teenoor my eintlik as ‘n pluimpie waarvoor ek hom eintlik moet bedank!

Maar dit beteken ook dat die uwe se werk die enigste van die drie swaargewigte s’n is wat geloofbaar regop bly staan het.  Dit sál ook nie verander nie, want die Waarheid kan tog nie verander nie, en dit beteken outomaties dat die visioen-gelowige groep hulself nog steeds op die regte pad en in die regte rigting bevind.  En Elsa, meer as enigiets anders wat ek vir jou wil sê is dat ál my kennis en insig nog steeds tot ons volk se voordeel en welsyn staan.  Dit is onder andere hoekom ek my werksmetode verlede jaar so geredelik vir almal wat belangstel kon oopgooi.  En dit sal so bly solank dit vir my moontlik is, en as ek op die een of ander manier gemuilband moet word is veral my eerste boek nog steeds daar om op terug te val. Maar dit plaas wel ‘n verantwoordelikheid op diegene wat reeds hierdie boek het om dit oor en oor deur te gaan totdat hulle dit ten volle verstaan, en met ander mense te begin deel.  Die punt is dat daar baie meer as net ‘n mooi storie in die boek opgeteken staan, dit is in werklikheid God se roete tot ons oorlewing as ‘n volk.  Ek hoop so ernstig dat mense sal ophou om so ligtelik met hierdie inligting om te gaan, en daaraan te begin werk ook!  Hoeveel van die mense wat my werksmetode aangevra het is byvoorbeeld nóg besig daarmee?  Ek wonder maar net…

Ek kon om bepaalde redes vir ‘n lang ruk nie deelneem nie, maar ek was dankbaar en bly om te sien dat dit ook nie regtig meer nodig is nie.  Jy het geen idee hoe bly ek was om te sien hoe sommige van die lede spontaan as sterk en gebalanseerde medevegters vir ons saak op jou blad na vore getree het.  Skep moed Elsa, ons volk staan nie alleen teen ‘n oormag nie, en as ek so voorbarig mag wees wil ek afsluit met ‘n aanhaling wat die Boervolk en ons anderstalige vriende nooit, nooit mag vergeet nie, want ons oorlewing hang in alle opsigte totaal en al af van wat hierin na vore kom …. en wat ons daarmee maak!  Dit is waar ons behoud lê, want die volle krag van Vader en sy Engele, sy volle Waarheid is met ons en dit sal ons deurtrek deur die driwwe wat nog voor ons lê tot ons by Prieska uitkom!

2 KON 6:15  En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar ’n leër met perde en strydwaens rondom die stad. En sy dienaar sê vir hom: Ag, my heer, hoe sal ons maak?

2 KON 6:16  Maar hy antwoord: Vrees nie; want  die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.

2 KON 6:17  En Elísa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol  perde en waens van vuur rondom Elísa.

Ek is nie Elisa nie, maar ek kán vanuit my posisie in hierdie saak vra dat die Here hierdie een groot sekerheid sterk en helder in elke hart sal laat wakker word!  Hou moed en hou vas aan die visioenêre beloftes wat God deur Siener aan ons openbaar het, ons sál anderkant die huidige gemors by Prieska uitkom en ons sál ook die wonderlike toekoms anderkant dit met mekaar deel!

Groete en seën vir almal wat hierin glo en daaraan vashou,

Frik Pretorius.

————————————————————————————————–

NS: Ek moet ook op hierdie punt sê dat daar ongelukkig nie boeke beskikbaar is op hierdie stadium nie.  My omstandighede het onlangs radikaal verander en ek het nie meer die toerusting óf die fondse om boeke te kán produseer nie.  Ek glo egter dit sal binnekort kan regkom, maar wees asseblief geduldig tot dan toe.  Ek sal die nodige aankondigings hieroor op my en Elsa se webblaaie doen sodra iets verander.

————————————————————————————————–

 

 

 

From → Uncategorized

Kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: