Slaan oor na inhoud

ART 127 2020-03-08 Die Coronavirus en Siener se visioenêre verhaal.

2020/03/08

www.sienervanrensburg.com (Artikels)

F.H. Pretorius,
Swartruggens,
Noordwes Provinsie.

Ek wil vandag ‘n kwessie opper wat presies inpas by wat ek in die vorige artikel oor die verskil tussen my boeke en my artikels gesê het.  Ek wil in hierdie opsig dan ook iets van lank gelede daaraan vashaak en weereens onder my lesers se aandag bring.

Die vraag spruit voort uit die skielike voorkoms van “nuwe” dodelike virusse wat skynbaar al meer en al vinniger na vore begin kom. Die moontlike effek van elke nuwe virus op die mensdom word geweldig dramaties voorgestel, maar dan pfffft die hele ding uit en sak dit stilweg inmekaar.  Die tyd sal natuurlik moet leer wat gaan gebeur, maar hierdie Coronavirus kan dalk net ‘n onverwagse keerpunt bring in die gang van ons daaglikse wel en weë.

Die vraag is: Wat moet ons (hierdie keer) van hierdie nuwe Coronavirus maak?  Hoe gevaarlik is dit werklik vir ons hier in Suid-Afrika, en wat se effek kan dit in terme van die visioenêre verhaal hier hê?

Die agtergrond tot hierdie vraag gaan terug tot die dag waarop my eerste boek verskyn het.  U sal onthou dat ek reeds in 2004 in my eerste boek daarop gewys het dat daar geen swartes in die visioenêre verhaal teenwoordig is nie.   Dit het my ‘n ruk geneem om die visoenêre begronding hiervoor raak te sien, maar dit word gevind in die visioen van die boom wat pluiens.  Dit is die absolute beginpunt van die visioenêre verhaal en ek het daarin raakgesien dat die totale swart bevolking saam met hul (ANC) regeringsstruktuur in ‘n gat in die grond wegsak.  Die gat verwys op die simboliese vlak natuurlik na ‘n graf, né!  Hierdie gebeure kom laaste aan die beurt in hierdie dramatiese gebeure, maar dit gebeur nog steeds as deel van die aaneenlopende proses van die ondergang van die regering.

My waarneming dat daar nie swartes in die verhaal is nie is verder ook op ‘n ietwat bisare wyse bevestig deur niemand anders as Adriaaan Snyman self nie.  Hy het op ‘n stadium ‘n “onaangetekende visioen” opgehaal van ‘n dreigende swart krygsman wat agter ‘n misnewel verdwyn net voor hy op ons kan aanval.  Die simboliek in hierdie onaangetekende visioen resoneer baie direk en sterk met dié in die blok aangetekende visioene, en ek kan dit dus aanvaar as waar en korrek, want dit pas wel in by die geheel.

Die swart groep gaan na my mening saam met die ANC regering onder, en daar het nog niks van my siening hieroor verander nie.  Ek glo nog steeds dat daar ‘n massamoord op die swartes gaan plaasvind en dat dit deur die een of ander biologiese agent gedoen sal word.  Daar is nie ‘n ander manier waarop so iets kán gebeur nie.  Die opregte Boervolk is nie verantwoordelik hiervoor nie, maar ons kan aanvaar dat ons die skuld hiervoor gaan kry.

Maar so het ek begin navorsing doen oor die moontlike bestaan van so ‘n virus, en die praktiese situasie van die tyd het varkgriep dadelik onder my aandag gebring.  En saam met dit by die absoluut verstommende inligting dat die swart groep feitlik 100% weerstandig is teen die medisyne wat vir die behandeling teen varkgriep gebruik word.  Ek praat nou onder korreksie, maar die beste wat ek sedertdien hieroor kon uitvind is dat die swartman se liggame sekere ensiemes vrystel wat hulle allergies maak vir sekere “blanke” medisyne.  Dit werk dus soos slangteëgif: as jy iemand daarmee inspuit sonder dat ‘n slang hom gebyt het is dit so goed of ‘n slang hom wel gebyt het.  Hy sal effektief sterf aan slangbyt!

Die belangrike punt om hier in gedagte te begin hou is dat hierdie coronavirus skynbaar “baie dieselfde” is as die een wat varkgriep veroorsaak, máár dat albei ook aan voëlgriep verwant is.  Ek het juis vandag gesien dat daar die afgelope dag of twee ook weer ‘n uitbarsting van voëlgriep sáám met hierdie coronavirus in Sjina plaasgevind het.  Dit het in twee provinsies uitgebreek wat langs die een geleë is waarin die coronavirus begin het. (*sien berig heelonder)

Kan ons dus nog van drie verskillende virusse praat, of is dit een virus met drie voorkomste wat ook op die een of ander manier negatief reageer op drie verskillende groepe mense se genetiese stelsels?  Ek sal hieronder aandui dat hierdie laaste moontlikheid nie noodwendig meer van deurslaggewende belang is nie, veral nie in Afrika nie.

Daar is blykbaar minstens twee dodelike elemente van die Spaanse griep van 1918 teenwoordig in aldrie hierdie siektes.  Ons het nog steeds geen inligting oor wie die mense is wat reeds aan die coronavirus dood is nie, maar gesien in die lig van waar dit ontstaan het, en ook hoe dit daarvandaan versprei het, kan ons aflei dat dit oorwegend Sjinese sal wees.  Ek het tydens my ondersoek na varkgriep met ‘n kenner hieroor gesels, en hy het my op een of twee belangrike sydelingse probleme met alle aansteeklike siektes gewys.  Die belangrikste hiervan is dat die gemiddelde gesonde mens enige verkoue of griep-siekte maklik te bowe sal kan kom, maar dit kan dodelik wees vir mense wie se immuniteitsvlakke om die een of ander rede laag is.  Dit geld veral vir die ouer groep en ook klein kindertjies.

En dit bring my by ‘n stelling wat ek reeds in 2004 rondom enige virus-aanval gemaak het, waarin ek gesê het dat dit katastrofiese gevolge hier in Suid-Afrika sal hê as so’n virus “op die rug van HIV gelaai kan word”.  En dit geld natuurlik vir die res van die kontinent óók, want die hele Afrika is letterlik vrot van HIV, malaria, ebola, en, en, en …  Ek kan nie help om te wonder of dit is hoe Neandertalmens destyds uitgesterf het nie, want ons is skynbaar nou reeds op weg daarheen met die derde-wêreld groepe!

Die baie belangrike feit wat ek hierby wil voeg, en dit is eintlik wat hierdie artikel wil uitlig, is dat ek ook in vorige artikels daarop gewys het dat die ANC regering ‘n sekere amptelike ooreenkoms met die Britse militêre owerhede gesluit het.  Hierdie ooreenkoms waarborg die ANC dat die Engelse sal intree en hulle in die kussings sal hou as die voortbestaan van die ANC regering (op enige wyse) bedreig word.   Die punt wat ek wil maak lê juis opgesluit in hierdie “enige wyse” waarna ek hierbo verwys.  Wat se verskil gaan dit maak hoe die Britte die regeringsmag by die ANC oorneem?, net solank dit gebeur, want dit is ‘n voorvereiste vir die verhaal om te kan begin dat die Britte eers beheer oor die regeringsmag moet verkry.  Dit hoef mos nie noodwendig ‘n revolusie of selfs net ‘n ernstige rassekonflik te wees wat hierdie “hulp en bystand” sal laat inskop nie, of hoe?  Ek vra maar net, want ek wonder ook maar net baie oor hierdie dinge.  (En ek vra ook maar: Hoe lank nog Vader, hoe lank nog……)

Moenie uself vergeet nie, maar sorg asseblief dat veral die oumense en die kleintjies baie vitamine C sal inneem in hierdie dae!  Die pille wat u oor die toonbank kan koop is nie veel werd nie, daar is te veel kunsmatige chemiese gemors daarin.  ‘n Gerasperde suurlemoen (skil en al) met ‘n halwe teelepel koeksoda elke tweede dag sal beslis beter wees om u deur hierdie moeilike komende griepseisoen te help kom.  Ek wil ook aanbeveel dat u by u huisdokter sal uitvind of hy/sy weet wat ‘n “vitamine C cocktail-drip” is, en dit sal gaan soek as hulle nie (wil) weet nie.  Pasop vir die mediese beroep se griep inspuitings, hóór! Dit is gif daardie!

Ek mag seker nie haar naam noem nie, maar daar is ‘n mediese dokter in Wierdapark, Centurion wat nog hierdie drup gebruik.  Ek was baie lanklaas by haar gewees, ek dink amper in 2012 dalk, maar daardie behandeling werk skitterend uitstekend!  Dit is in elk geval wat die mediese beroep gebruik het voordat antibiotika die mensdom se weerstand teen siektes kom vernietig het.  En ja, ek kan hierdie behandeling met groot vrymoedigheid aanbeveel, want dit het my lewe gered in 2009 toe ek swaar brongitus opgedoen het!  Ek het letterlik binne daardie poorte omgedraai en dit was juis hierdie drup wat dit vir my gedoen het!

Groete,

Frik Pretorius.

———————————————————————————————————-

Coronavirus EN Voëlgriep saam!

https://www.dailymail.co.uk/news/article-7987009/Bird-flu-breaks-two-Chinese-provinces-near-coronaviruss-epicentre.html?ito=social-facebook&fbclid=IwAR1AWXr6NX0MY5iDYqulZybUo2p3tHQMNpKMDShAMa_9xuZdmwicr_L_ADs

China now has to fight coronavirus AND bird flu: ‘Highly pathogenic’ avian influenza hits two Chinese provinces near Hubei.

———————————————————————————————————-

 

 

From → Uncategorized

Kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: