Slaan oor na inhoud

ART 130 2020-04-19 AHA! Kyk, ons kry ‘n nuwe blanke regering – en skielik begin een en een bymekaar te kom om ‘n sinvolle twee te maak!

2020/04/19

www.sienervanrensburg.com
F.H. Pretorius,
Swartruggens,
Noordwes Provinsie.
 
Ek het onderstaande vraag ontvang vanaf my internet-vriendin Elsa Muller van die FB blad niklaas siener van rensburg – boodskapper van god.
 
Die basis van haar vraag word gevind in ‘n YouTube video met die titel: Die ANC gaan val: Wat kom daarna? Deur Gustav Venter. Die video self kan hier gesien word: https://www.youtube.com/watch?v=9aspMkrzsPo&feature=youtu.be
 
VRAAG: “… Interessante artikel of berig of spekulasie raakgeloop. Ek pos vir jou, laat weet wat jy dink asb.
 
Die man in die video stel homself voor as Gustav Venter, die skrywer en voorleser, en die video word gepubliseer onder die vaandel van PRAAG.  Ek wil glo dit is dieselfde mense, gesprekke en idees wat op PRAAG se amptelike webblad aangetoon word (… .co.za). Nou, as dít so is wil ek reeds op hierdie punt sê dat bloot net die video se herkoms my onmiddellik baie grillerig laat voel.  Kyk, hierdie Boer het absoluut geen begeerte om onder ‘n regering te staan wat deur Solidariteit en die De Klerkstigting onder die vaandel van Afriforum bedryf word nie, dankie!  (Maar ek moet darem seker ook dankie sê vir die “stille erkenning” wat hulle onbedoeld aan my gee hier, want die gedagte van “trek laer in die woonbuurte, bly by jou huis en veg saam met jou bure”, het oorspronklik van my af gekom.  Dit lyk vir my ek word dalk wyer gelees en selfs ook bestudeer as wat ek gedink het!  Ek kan maar net die krediet hiervoor aan ons Vader gee!)
 
Maar kom ons kyk eerder wat gebeur in die video, en hier wil ek onmiddellik sê ek sien hierdie as ‘n briljante stukkie opportunistiese propaganda wat duidelik die pad moet oopmaak vir ‘n “nuwe nuwe blanke SA Regering” … wat uit die aard van die saak ‘n regering van die voorleser en sy groep se keuse sal wees. Hy is reg tot op ‘n punt, maar hy is terselfdertyd ook baie vaag en hy maak in werklikheid beloftes sonder om homself daaraan te verbind. Die feite in die saak vorm dus bloot aanhaakpunte vir wat hy regtig tussen die lyne deur wil sê. En ja, jy moet nie ‘n fout maak nie, dit word baie doelbewus so gedoen, want hy is besig om sekere persepsies te skep. En alle persepsies berus op halwe waarhede, weet jy. Presies hoe dit sal lyk, wie die finale leiersfigure sal wees, sal sekerlik “later” aangekondig word, want hierdie regering het lankal reeds sy beslag gekry. Hierdie is dus die tweede stap in dié sin dat dit nou aangekondig word, en ons kan verwag dat die derde stap ook op die een of ander stadium in wording sal gaan. Dit sal wees as hierdie regering fisies opgerig word. Nie dat ek dink dit gaan gebeur nie, maar dit is duidelik wat hulle beplan om te doen.
 
Wat bedoel ek met “tweede stap”? As jy die moeite sal doen om terug te blaai na my Art 082 van 2015-10-09 sal jy sien dat die opskrif daarvan sê: “Ons nuwe regering is tans besig om sy beslag te kry …”.  As jy sal gaan lees wat ek daarin gesê het sal jy ook verstaan hoekom ek sê dat hierdie video die tweede stap is in hul beplanning om uiteindelik ‘n nuwe blanke regering stilweg in te smokkel.
 
Maar hierdie is net ‘n deel van ‘n groter geheel.  Die ander saak wat hiermee saamgaan is dat ek ook reeds in 2004 in my eerste boek gesê het die swart groep gaan uitgeroei word, en dit kan logieserwys net met die een of ander biologiese agent gedoen word. En luister nou mooi asseblief, ek sê nie dit is hierdie groep wat dit gaan doen nie.  Ek dink eerder dit kan dalk die Engelse self wees, maar die kanse dat dit gáán gebeur is oorheersend goed en dit word maar net beter hoe langer almal in die algemeen met COVID-19 belieg en bedrieg word.
 
Nou kyk, hierdie COVID-19 virus is inderdaad dodelik vir wie vatbaar daarvoor is, maar die vangplek hier is dat dit nie noodwendig die een gaan wees wat die swart groep sal uithaal nie.  Ek dink eerder ons kan aanvaar, as dit moet kom, dat die aanslag waarskynlik onder dekking van hierdie virus gedoen sal (kan) word.  Dit kan dalk selfs ‘n plaaslik vervaardigde ding wees, jy weet mos, iets soos: Made in Africa for Africa, en siedaar, skielik is ‘n groot kopseer meteens opgelos en kan “iemand” instap en die regering soos ‘n ryp vrug oorneem.  Hierdie COVID-19 is ‘n rookskerm vir baie dinge, en dit vra dalk ‘n artikel van sy eie, maar ek sien dit ook as ‘n baie handige verskoning om wel as ‘n verdere rookskerm gebruik te kan word – letterlik ‘n situasie van wiele binne wiele binne wiele.  Maar ja, ek twyfel nie eers daaraan dat hierdie “nuwe blanke regering” in elk geval deel vorm van ‘n oorhoofse wêreldwye beplanning om uiteindelik die NWO ook hier in sy finale vorm te vestig. (Maar he-he, die lewe is vol onverwagse verrassings jong, en ek dink daar wag nogal ‘n paar grotes op “hulle”, want ons weet tog dit gáán nie gebeur soos hulle dit wil hê nie!)
 
Hierdie video het nou op ‘n baie dramatiese wyse die persepsie geskep en gevestig van ‘n komende, reddende blanke regering vir ons.  Almal wat nie vir hulself wil dink en nie ons Vader wil glo dat HY ons op SY manier gaan uitred nie, al die ongelowige gelowiges, sal nou asem begin ophou en sit en wag vir hierdie regering om “op ‘n natuurlike wyse” na vore te kom, en in die proses sal hulle alles wat Siener hiervan gesê het heeltemal ignoreer.  Want dit is wat hierdie voorleser doen; hy sinspeel op die wonderlike toekoms wat wag onder ‘n komende blanke regering, maar hy swyg soos die graf oor die rol wat Vader se visioenêre vooruitskouing daarin sal speel.  Hy kanaliseer die hoop wat hy hier aan ons volk uithou in werklikheid ongesiens weg van ons Vader af.  Ek kan nogal dink hoeveel vreesbevange en wilde spekulasie oor hierdie onderwerp nou ook op jou blad gaan plaasvind! (Die geleentheidsgelowiges het nogal ‘n manier om hulself in sulke omstandigehde te ontbloot, nie so nie?)
 
Die punt is dit wat Siener gegee het is niks anders as Vader se beplanning vir ons toekoms nie.  Ons Vader het gesê Hy doen niks sonder dat Hy dit eers voortydig deur sy profete aangekondig het nie, so waarom hierdie nuwe utopia probeer skep sonder om enige krediet aan Sy vooruitskouing en waarskuwings te gee ook?  Hierdie klink al te veel na “iemand” se sekulêre beplanning en die uitbuiting van ‘n situasie wat hulle doelbewus agteraf geskep het of daarmee gehelp het.
 
Hierdie klink vir my so tipies na NWO-beplanning wat nou stuk vir stuk bymekaarkom en aangekondig word, want hierdie mense werk wêreldwyd saam om hul god se wêreldryk op te rig. Verstaan mooi, hulle gaan, soos in die geval destyds met die Europa Regering, ‘n regering “deur persepsie” laat aanstel.  Een so ‘n manier is om stilweg by die agterdeur in te sluip en die leierstoele te gaan inneem voor die vergadering begin.  As die mense dan inkom sien hulle die “leiers” daar sit en dan aanvaar hulle maar dat die mense wat voor hulle daar was reeds die nuwe leiers klaar ingestem het.
 
Voorbeelde hiervan in ons geskiedenis? Ek wil nie hier verder teruggaan as die Tweede Vryheidsoorlog nie, maar ons het nie daardie oorlog verloor nie!  Die verraaiers, soos onder andere genls. Botha en Smuts, het die persepsie geskep dat dit so was en die uitgeputte manskappe het dit in hul stomme naïewiteit so aanvaar sonder om vrae te vra.  Presies dieselfde ding het weer in 1994 gebeur ook, so pasop maar in die toekoms. Hou vas aan die geloof, maar doen dit op ‘n kalm en beredeneerde wyse. Mense wat só glo maak nie allerhande spekulatiewe oordeelsfoute nie!
 
Kyk, prakties gesien sal hierdie virus waarskynlik wel die basiese oorsaak wees vir die ANC-boom om te pluiens.  Die honger massas gaan in opstand kom, dit gáán tot konflik lei en dit sal uiteindelik die Engelse toelaat om ‘n staatsgreep uit te kán voer soos wat hul ooreenkoms met die ANC toelaat.  Maar wat die swartes nie weet nie, is dat daar ‘n groter bedreiging vir hulle wag as net COVID-19, want ek verwag ‘n verdere aanslag ook, en ek wag nou al van 2004 af daarvoor.
 
Enige geweegde ontleding hiervan, soos wat die video voorhou om te doen, sal uit die aard van die saak meer gewig moet toeken aan die amptelike ooreenkoms tussen die ANC en die Britse owerhede as aan die persepsies wat in hierdie video geskep word.  Dit is op hierdie stadium letterlik ‘n wollerige lugkasteel wat aan ons voorgehou word, en dit gaan so bly totdat hulle met die een of ander “model” vir ‘n nuwe regering na vore kom.  En weet jy, skielik begin my ART 082 se werklike betekenis na vore te kom.
 
Wie is hierdie mnr. Venter se nuwe regering en hoe gaan hulle aan bewind kom?  Hy sê nie, maar Siener sê op die heel minste (hiervan) dat daar twee sulke nuwe regerings sal kom.  Die eerste een sal deur ‘n verkiesing in die huidige Noordwes Provinsie aangestel word.  Mnr. Venter gee geen erkenning daaraan nie, maar hierdie regering sal in elk geval ook tot niet gaan as gevolg van ‘n sameswering tussen die “Sappe” en die Engelse.  Hier moet u egter verstaan dat die Sappe, wat skynbaar uit verregse groepe sal bestaan, sonder dat hulle dit eers vermoed reeds nou al deur ‘n pro-Britse faksie in die Broederbond beheer word.  Dit is hoe hulle gestig is…  En dit is een van die “dieper geheimpies” in Siener se visoenêre verhaal:  Die Broederbond bestaan ook maar uit onderstrominge, en terwyl die topleiers oënskynlik pro-Vatikaan is, is daar ook ‘n pro-Britse onderstroming aan die werk in daardie organisasie.  En die (“Protestantse”) Britte en die Vatikaan sit nie langs dieselfde vuur nie, behalwe miskien om mekaar te kan beroof nie né!  Ek gaan nie nou uitbrei hierop nie, maar nóg so ‘n ope geheimpie is dat die Engelse die pro-Vatikaan groep heeltemal broekie-af gaan vang!  Ek het in die verlede al baie hieroor geskryf, maar dit begin nou eers sin te maak.  Die Europa Unie is tans reeds besig om inmekaar te tuimel, maar dit gaan heel onverwags heeltemal vernietig word en verdwyn in hierdie proses.  Ek het in ‘n onlangse artikel hierna begin verwys met die doel om later ‘n opvolg daarop te kan doen.
 
Die regte en ware Godgegewe nuwe regering sal natuurlik by Prieska aangestel word, maar dit is dalk nog te ver in die toekoms in om mnr Venter en Kie nou al daarmee te wil begin treiter.  Ek sal baie, baie bly wees as hulle sal leef om dit te sien gebeur ook, almal wat ons volk uitverkoop het, maar sonder om ook deel te hê daaraan, natuurlik.  Ek meen, mense wat agter tralies sit vir hoogverraad en (volks-)moord kan tog nie aanspraak op enige staatkundige prosesse maak nie, kan hulle?
 
Maar ja, hierdie video sê nie wie die nuwe blanke regering sal wees nie, en veral ook nie hoe dit aan bewind sal kom nie, en dit maak hierdie poging baie verdag. Ek kan dink dat hulle dit nie kán waag om erkenning aan Siener te gee nie, want dan verloor hulle alle moontlike houvas en beheer oor ‘n volk wat al meer desperaat na leiding begin soek. Wanneer gaan ons mense begin verstaan dat daardie leiding by ons Vader begin en eindig, en dat “politieke organsiasie” dit nie kan vervang nie! Ons leier sal op die regte tyd kom en aan ons gegee word, maar tot dan toe het ons net die krag van ons geloof en kennis van Siener se verhaal om ons deur te help! Wanneer gaan ons volk net maar begin ontspan en Hom op sy Woord neem sonder om die probleem self te wil oplos? Wanneer gaan ons mense ophou om mekaar bang te wil praat en mekaar eerder te versterk met opbouende woorde van bemoediging?
 
Nee wat, Siener se visoene spel ‘n sekere scenario uit, en gemeet aan sy rekord sal dit verloop soos ons dit ontvang het. Hulle noem nie name van enige aard nie en ek dink ek weet waarom. Ek het ‘n idee dit gaan organisasies en mense wees wat ons in die verlede mislei het om te beland waar ons nou is. En hier is nie regs of links nie Elsa, hier is nét boosheid, nét uiterste boosheid! Genl. De Wet het dit perfek verwoord by ‘n vergadering by (ek dink) Treurfontein. Hy het gesê dat daar soveel veraad en bedrieëry onder ons mense vaardig geword het dat hy nie eers meer die baadjie vertrou wat hy aan het nie. Dit is ongelukkig vandag nog meer waar as destyds!
 
Hou moed, bly kalm, behou die geloof en kyk die kat baie mooi uit die boom uit voordat u op hol gaan met allerhande persepsies oor gewaande uitkoms en veiligheid.  Ons Vader het dit belowe, waarom sal ons na blote menslike skeppinge begin kyk om Sy heerskappy oor hierdie aarde te negeer?
 
Groete,
 
Frik Pretorius.

From → Uncategorized

Kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: