Slaan oor na inhoud

ART 131 2020-04-27 Ons het almal nodig om hierdie wa te trek tot waar dit moet wees!

2020/04/27

http://www.sienervanrensburg.com
F.H. Pretorius,
Swartruggens,
Noordwes Provinsie.

My ou internet-vriend van baie jare, Daniél Bezuidenhout, het vir my ‘n kort briefie gestuur en ek wil graag hier daarop reageer.

Hi Frik
Hoop dit gaan goed.
Hierdie ding klink soos die nag vd lang messe?

Hierdie ‘profeet’ praat ook oor so iets en hy sinspeel baie van Siener se visioene

Kom ons hoop dat God die ANC ondersteuners teen die Staat draai voordat hulle kans het om ons by te kom met die weermag.
Ek is besig om betrokke te raak om arm wit families kos pakkies te gee, wat agv die lockdown nie kan werk nie. Dis moeilik om hoopvol te bly terwyl jy sien hoe sleg dit met ons mense gaan.
Groete
Daniel
———–

Hallo Daniél,

Dit is tog interessant hoe baie doemprofete daar skielik in hierdie tyd op Siener van Rensburg se rug begin saamry het. En almal haak die een of ander siek storie van sy eie vas aan óf ‘n duimsuig-visioen wat Siener sou gesien het, óf ‘n egte een wat heeltemal skeefgetrek word om die een of ander liegstorie te ondersteun. As ‘n mens moet glo wat hierdie ouens sê moes ons volk eintlik lankal al totaal en al uitgemoor gewees het.

Ek wil jou mooi vra om dit wat ek nou vir jou wil sê so wyd as wat jy maar kan te gaan versprei. (En dankie vir wat jy reeds in hierdie opsig doen! Ek glo dit word Daarbowe raakgesien.)

Siener het geen negatiewe kant vir ons gesien nie, behalwe die smeltkroes wat laat in die verhaal oor ons sal gaan. Daardie oond gaan ons ook nie “uitwis” nie, dit gaan ons bloot skoonbrand van die ongeloof en dwarstrekkerigheid wat so diep deel van ons ou volkie is. Ek wonder baie hoe ons Vader hieroor moet voel, want dit is ‘n klap in sy gesig en dit kom nogal van die appelvolk van sy oog af! Maar dan weer, dit is dalk juis waarom Hy die smeltkroes aangelê het…

Die res van die slegte nuus wat Siener gebring het, alles daarvan, is vir ons vyande se adres bedoel. En die volk moet hier asseblief veral mooi daarop let dat daar nie swartes in die visioenêre verhaal optree nie. Nie eers ‘n enkele ene nie, en dan beslis ook nie die wat nou in blou aangetrek is nie. Die rede hiervoor is dat hulle op die een of ander manier heeltemal as ‘n “gevaar” verdwyn. En ek gaan nie in hierdie brief weer daaroor skryf nie, my interpretasie van hierdie spesifieke visoenêre inligting is baie goed bekend.

Terloops, dit is die SANW wat opgeroep is en nie die polisie nie, en hulle dra ook nie blou uniforms nie. Selfs die lugmag tree in velddrag (kamoefleerdrag) op tydens aktiewe diens. Daardie “profeet” op die trein lieg openlik vir die volk, en almal is letterlik te verskrik om dit summier te verwerp vir die bangmaak praatjies wat dit regtig is. Hierdie regering is in elk geval nie instaat om die dreigemente teen ons so maklik uit te kán voer nie, want hulle sit met dieselfde basiese probleme opgeskeep wat ook in die vorige bedeling vaardig was. Plus natuurlik dan ook nog ‘n paar bekende probleme van hul eie.

Die land is te groot, en die inwoners (lees as: blankes in hierdie geval) is te wyd versprei om almal gelyk aan te kan val. Die grootste konsentrasie blankes is in die metro-gebiede, maar ook daar lê ‘n lelike mynveld en wag vir enige optrede teen ons. Enige grootskaalse aanval sal ons outomaties in ‘n laer-trek situasie in die binneste dele van die woonbuurte inforseer, net soos wat mens ‘n teleskoop toedruk. Hulle sal hulself dan moet blootstel om daar in te dring, en dan kan die situasie dalk net baie negatief word vir hulle. En weet jy, ek is geen profeet nie, maar die oomblik as ons net maar ‘n paar van hierdie pantservoertuie en kanonne met ammunisie in die hande kan kry sit hulle skielik met ‘n onhanteerbare groot probleem opgeskeep, né!

Hulle kan ons egter ook nie op ‘n selektiewe basis in enige enkele woonbuurt aanval nie, want dit sal die hele blanke groep outomaties landwyd op ‘n algemene gereedstaanbasis plaas, en dit sal hulle glad nie pas nie. Dit sal ons kans gee om te organiseer en selfs aktief te gaan aanval, en dan kan hulle regtig dalk meer probleme ontwikkel as wat hulle kan hanteer. Wil jy vir my sê dat hierdie moontlikhede nie dekades gelede al deur beter toegeruste mense as ek geïdentifiseer is, en dat hulle nie daarvoor beplan het nie? Ons senior militêre mense het toentertyd darem ook nie heeldag gesit en tee drink nie jong!

Ek pleit nie hiermee vir oorlog nie, glad nie, ek verduidelik maar net wat moontlik kan gebeur sou ons aangeval word. Maar ek probeer ook uitwys hoe die krag van negatiewe persepsie teen ons gebruik word: Gogga kan baba nét bang maak as baba gelei en gekondisoneer word om dit te glo en te aanvaar. Maar die oomblik as baba vir homself begin dink, die lig aanskakel en begin sê: Tot hier toe en nie verder nie, dan vlug daardie donker gees ook maar baie vinnig weg. En dan sommer dadelik óók, om die waarheid te sê.

My vraag is in elk geval of hulle dan werklik tien tot twintig pantserkarre en/of tenks vir elke blanke woonbuurt in die land beskikbaar het. Miskien het hulle, maar dan is dit nog steeds ‘n ope vraag hoeveel daarvan funksioneel is. Die antwoord is dus Nee, want selfs die ou weermag het dit waarskynlik nie gehad nie. En wat meer is, daar is ook nie genoeg mannekrag in die huidige SANW wat genoegsaam opgelei is om die wapentuig wat hulle wel het optimaal te kan gebruik nie. Daar is in elk geval nie genoeg mannekrag om die hele land gelyktydig te kán dek nie, selfs al roep hulle alles en almal op wat enige vorm van ‘n uniform dra. En dan praat ek nie eers van paraatheid en dapperheid nie, want ook dit sal ver gesoek moet word daar.

Die ou weermag bestaan nog in ons wat dit gevorm het, en dit kan baie maklik weer bymekaarkom. En anders as die sogenaamde dapper MK veterane het ‘n baie groot deel van ons manne werklike oorlogservaring opgedoen. Ons het nie maar net stilletjies moordbomme in die Wimpies en ‘n paar ander plekke gaan plant nie. Moet dus nie te gou skrik nie, want behalwe dat die dreigende aanslag teen ons nog moet realiseer het ons nog laaaank nie verloor nie! Bly kalm en beredeneerd dan sál ons almal anderkant uitkom. Daar sal verliese wees, ja, maar die volk sal minstens oorleef. As daar dan so ‘n aanslag sal kom.

Wat egter ook baie waar is, is dat mense beslis moeilikheid op ‘n individuele basis gaan kry as hulle daarvoor gaan soek! Bly weg, moet op geen manier uitlokkend optree nie, want sulke mense gáán slae kry en niemand sal hulle kan help nie! Weet jy, niemand is iets vir God óf volk werd as hy of sy in ‘n tronksel sit nie. Nou is eerder die tyd wat ons baie mooi moet begin luister na die raad wat ons Vader deur die profeet Jesaja aan ons gegee het:

JES 30:15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag;

Siener het wel die volgende baie belangrike goeie nuus vir ons gehad, en weet jy, ek kan om die dood nie verstaan waarom ons volk maar net nie wil verstaan en glo wat ons Vader ook in hierdie geval vir ons sê nie. Ek haal ‘n stukkie uit my eerste boek aan van wat Boy Mussmann hieroor gesê het, en hier moet almal verstaan dat die dinge wat Siener gesê het deur die Heilige Gees in sy mond gelê is. Dit is dus nog steeds God aan die Woord hier, net soos in die aanhaling uit Jesaja hierbo:

(1.2.4.14.) “…. As die perderuiters van Lichtenburg aftrek na Prieska begin die gras groen skyn. Dit meen ons omstandighede begin floreer en verder aan sien oom Niklaas die gras is pragtig groen. Dit het die nag baie gedou en die Afrikanerson kom op en skyn op die dou dat dit so blink (florerende toestand). Al die hekke sê oom Niklaas lê oop. Daar is vir ons geen hindernis nie. By Prieska sê oom Niklaas kan ek my perd opsaal en ek sal vir dae aaneen daar ry en ek sal nooit kan sê hoeveel Afrikaners kom daar bymekaar nie. Want hy sê hy sien in die gesig hy is op ‘n hoogte, en voor hom word die wêreld gelyk, hol, sodat hy baie ver kan sien. Hy sê sover as wat sy oog kan sien loop vaal donkies (egte Afrikaners). Dit is Suid-Vrystaat, Suid-Transvaal en Kaapland se Afrikaners wat daar bymekaar kom. …”

Nou, wat beteken dit?

Hierdie bymekaarkom van die Boervolk by Prieska gebeur baie naby aan die einde van die visioenêre verhaal, as die ergste oorlogsgevaar basies reeds verby is. Al wat oorbly is om die wapentuig vanaf Lüderitzbaai by Prieska af te laai, in gereedheid te bring, en om dan die vyand by Vereeniging vas te gaan druk en tot by Durban te agtervolg as hulle begin vlug. Maar let op, die baie belangrike punt hier is dat Siener sê dat daar ‘n BAIE groot klomp Boere daar bymekaar gaan kom, en ek glo dit sal uit die aard van ons huidige saamwees ook baie anderstaliges insluit. Die implikasie is in elk geval dat dit basies die hele volk plus vriende sal wees, baie soos ons nou daar uitsien! Al verskil is dat dit daardie “Sappe” sal insluit wat na ons toe sal terugkeer.

Daniél, dit is tog net moontlik as ons ook die huidige “krisis” oorleef, nie so nie? Waaroor gaan die bohaai dan? Niemand kan sê presies hoe die huidige situasie uiteindelik gaan uitspeel nie, maar ons kan aanvaar ons sal volgens wat Siener hier sê almal anderkant uitkom. Die dinge waaroor ons nou so swaarmoedig en negatief spekuleer het nog nie gebeur nie, het dit? En wie sê dit gáán regtig gebeur? Moet ek my dan maar net willoos laat meesleur deur mense wat duidelik negatiewe idees teenoor my volk koester? Jy is wat jy dink, so ek dink ons moet versigtig raak dat ons onsself nie in ‘n imaginêre afgrond begin indink nie, want dit is waarheen ons tans baie subtiel op weg geneem word.

Ek is nie ‘n Bible puncher nie, en jy ken my ook so, maar ek dink nou is juis ‘n tyd waarin ons baie ernstig vir die ANC regering moet begin bid! Dit gaan hulle in die geestelike realm só verwar en omkrap dat hulle al meer foute al vinniger gaan begin maak en vinniger tot ‘n val gaan kom. En val gaan hulle val, hul eie mense gaan dit laat gebeur, want die beeld rondom dit het as ‘n visioen na Siener toe gekom. Dit is dus ‘n besluit wat van Vader af kom en daarom onbeweeglik vas staan! En weet jy, alles in die visoenêre verhaal sê vir my dat die Woord (minstens ook) van ons volk praat waar dit sê: Al gaan ek deur ‘n dal van doodskaduwee…. Daardie Psalm is vir ons in hierdie tye geskryf my maat!

Ek weet ons kan nou dalk baie verloor, niemand kan dit ontken nie. Dit is so dat baie mense hul inkomste kan verloor, want baie besighede sal waarskynlik bankrot gaan, maar weet jy, dit is maar net geld en materiële goed waarvan ons hier praat. En glo my, ek weet presies waarvan ek praat. Ek was in my sewentig jaar driemaal tegnies bankrot gewees, ek het twee ondernemings en drie huise (onderprys) verloor as gevolg van ‘n ekonomie wat maar net nie aan die gang wou kom nie, ek is op ‘n baie sensitiewe tyd in my loopbaan in 2002 afgelê (twee kinders op skool,en universiteit, en nog een wat van ons afhanklik was) maar ek is nog steeds hier. Dit was nie maklik nie, alles daarvan was bitter swaar gewees, maar ek is nog hier. En toe, om alles te kroon het ek sowat ‘n jaar gelede ook nog alles verloor wat ek sedert 2004 weer so moeisaam opgebou het. Máár ek is nog hier Daniél en ek kán nog ‘n positiewe bydrae tot ons volk se toekoms lewer! En sê my, wat is ek beter as die volgende persoon?

En ja, in alle eerlike en nederige opregtheid gesê, ek glo ek is nou ook ‘n beter mens as gevolg van al hierdie dinge, want my ego het ook iewers langs hierdie pad ‘n positiewe verstelling ondergaan. Ek het werklik vry geword, en dit is vir my absoluut kosbaar! Maar ja, dit is verder ook nogal dieselfde regering wat aan my gedoen het wat hulle nou besig is om in ‘n breër verband aan die hele volk te doen. Hou moed my vriend, daar wag onder andere ook groot materiële voorspoed op ons in die toekoms; kom net lewendig tot by Prieska en dra soveel mense met jou saam as wat jy kan. Die res sal asof vanself kom!

Hierdie ding wat nou met ons gebeur is na my mening ‘n NWO oefenlopie om die wêreld onder hul beheer in te dwing. Hulle doen dit uit desperaatheid, want hul ruggaat, die EU, is vinnig besig om inmekaar te val. En dan is Trump veral ook nog besig om hulle plat te slaan in die VSA. Ek kan dink wat hy spesifiek aan Sjina se ekonomie gaan doen as hierdie storie eers verby is. Soos dit is het Sjina blybbaar baie ernstige ekonomiese probleme in elk geval, en as ons korrek tussen die lyne lees is daar ook groot onrus onder daardie bevolking.

Hierdie oefenlopie val vir my egter ook in dieselfde klas as die Groot Uitverkoping van 1994, want daardie verraad was maar net die voorloper van wat nou met ons gebeur. Maar kyk darem ook na die positiewe effek wat dit op ons gehad het. Kyk byvoorbeeld wat dit vir ons taal gebring het, want Afrikaans het absoluut geblom daarna. En kyk sommer ook hoe vinnig ons volk aangepas en skielik as entrepeneurs ontpop het wat vir hulself kon begin sorg.

Die COVID-19 krisis is dalk net die vonk wat nodig is vir ons volkslede om na mekaar toe te draai en mekaar weer te begin waardeer en geniet, maar ook te begin beskerm en te versorg. Niemand anders gaan dit vir ons doen nie en ons sal maar net agter ons (bedenklike) bedenkinge oor ons volksgenote moet uitkruip en dit self begin doen.

Die probleem is ons dink ons is totaal en al magteloos. Ons is nie, want ons het nog murg in ons pype. En Daniél ja, as ons moet veg dan doen ons dit, maar anders as die ongelowige banges gaan ons nie “onttrek” nie. Dit is tog maar net ‘n ander woord vir vlug. Ons gaan dit in ons woonbuurte doen, presies net soos jy van jouself in jou opvolgbrief aan my gesê het, want veg gaan ons veg as dit nodig word! Niemand kan in elk geval nou meer weghardloop en die res van die volk in die steek laat nie. (Niemand weet waar SL nou is nie, maar as hulle nog nie “onttrek” het nie sal hulle nou ‘n pad na buite moet oopskiet. Dan sal die Engelse beslis kom ingryp, en dan is die huidige gevaar natuurlik net skielik opgelos en kan die visioenêre verhaal vorentoe beweeg, nie so nie? En wie weet, miskien vorm so ‘n moontlikheid dalk selfs deel van ‘n Engelse se meesterplan?)

Sien dit so vriend: Ek was nog laas besig om ‘n artikel te skryf oor ons Nederlandse en Duitse herkoms, maar ek kry dit nie klaar en gepubliseer nie omdat daar nou aanmekaar allerhande ander dinge tussenin kom. Ek het ‘n penvriendin van baie jare in die noordelike deel van Nederland wat my aangesteek het om Nederland se geskiedenis vóór Jan van Riebeeck te bekyk, en ek kan nie eers begin om te sê hoeveel respek en liefde ek sedertdien vir hulle ontwikkel het nie! Ek verstaan minstens nou waar die staal in ons murg vandaan kom, weet jy. Kyk, Suid-Afrika is my Vaderland, niks kán of gáán dit verander nie, maar saam met dit sê ek nét so onbeskaamd dat Nederland intussen my geliefde Moederland geword het. Daar is ander meer persoonlike redes óók waarom ek so sê, maar vir die huidige gaan ek net hierdie stukkie uit daardie onvoltooide artikel neem en hier invoeg. Ek sal dit darem seker eendag klaar geskryf kry?

[Dit is verkeerd om te sê dat ons volk hoofsaaklik van Nederlandse of Duitse afkoms is met ‘n bietjie ander Europese (Keltiese) bloed daarby. Ons stam in werklikheid van die Friese af wat in die Nederlande (meervoud) van Wes-Europa woon, en dit is ‘n heel ander storie as wat ons op skool geleer het, hóór! Dit skep ‘n vreemde soort “onstaatkundige staatkundige situasie” waar daar in werklikheid nie geografiese grense is nie, want almal binne daardie aangrensende gebiede is Friese van dieselfde basiese herkoms. Daar is iets soos vier of vyf verskillende groepe Friese langsmekaar daar, met minstens twee verdere geïsoleerde groepe in Denemarke. Nou, die tale wat hulle praat is nie meer onderling so maklik verstaanbaar vir mekaar nie, maar die bloed is wel nog steeds dieselfde.

Die punt wat ek eintlik hier wil maak is dat ons Protestantse Wes- en Noord-Friesiese voorouers In Nederland en Vlaandere vir tagtig jaar lank ‘n heldestryd gevoer het teen Rooms Katolieke Spanje, die supermoondheid van die tyd. In dieselfde tyd het die Protestantse Oos-Friese van Neder-Sakse en Schleswich Holstein vir dertig jaar lank óók teen Spanje geveg. Albei hierdie groepe het uiteindelik oorwin, en in Nederland het dit tot die stigting van die HOIK gelei. Die res is geskiedenis soos die spreekwoord sê. Hierdie mense het oorsprong aan ons volk gegee en hul bloed loop nog steeds in ons are. Die vryheidsdrang wat hulle aangevuur het om terug te stoot teen Spanje leef dus nog net so sterk in ons soos destyds in hul harte! Ons sal dit weer doen as dit nodig word, want ons kán, ons moet dit net weer begin glo ook!]

Moenie jou steur aan die baie stories van die doemprofete wat so gereeld die rondte doen nie. Dit wat jy sien en hoor is niks meer as ons vyande wat ‘n versnelling in hul tydsraamwerk probeer bewerkstellig nie. Die wêreld soos ons dit ken is besig om onherroepbaar te verander, en ons gaan elke treëtjie van daardie verandering met ons vyande saamstap, maar ons hoef nie saam met hulle onder te gaan ook nie. Die eindproduk gaan heelwat anders lyk as wat die vyand wil hê, maar dit is ook alweer ‘n storie van sy eie. Hier is dit belangrik om te verstaan dat Siener se verhaal eers kan begin as die Engelse weer die regeringsmag in ons land oorgeneem het. Hulle gaan dit op die een of ander manier bewerkstellig, en wie weet, hulle gebruik dalk hierdie COVID-19 as ‘n handige verskoning om dit onverwags in te bring. Hulle gaan sekerlik so ‘n “swak oomblik” in die toekoms kies om Duitsland onverwags saam met die Turk aan te val.

Wat ek ook hier wil indruk is om te sê is dat ek twyfel of hierdie virus die een gaan wees wat die “swart gevaar” gaan laat verdwyn, maar ook dit is alweer ‘n ander storie. My skrywes word ook deeglik deur die owerhede gemonitor en hulle moes dus ook jare gelede kennis geneem het van my waarskuwing. Wat hulle verkies om daarmee te maak is natuurlik nie my saak nie, want ek is by dit verby.

Ek wil afsluit deur te sê dat al wat my bang maak van hierdie saak is die manier waarop hierdie “diep gelowige” volk van ons ons Vader in sy gesig vat met hul nóg dieper ongelowigheid. Hy het Siener se visioene met ‘n baie definitiewe doel vir ons gegee, en dit is om aan ons te bevestig dat ons volk grotendeels ongeskonde by Prieska gaan uitkom. Daar is geen ander volk in die geskiedenis wat dit kan sê nie. Ou-Israel het dit óók gehoor, eers by Moses en daarna by Joshua, dit is so, maar dit wat vir ons wag is maar net die eindpunt van wat oorspronklik deur hierdie twee leiers aan ons voorvadere, ou-Israel, belowe is.

Hierdie belofte, soos deur Siener se visoene verwoord, is reeds in sy eie tydvak ywerig teëgewerk deur die leuens, bedrog en vervolging wat teen hom en sy visioene ingebring is. In hierdie opsig het die skrywer Adriaan Snyman en sy Engelse NWO base byvoorbeeld in ons tyd letterlik ‘n goue kalf vir die bang deel van ons volk opgerig met hul dwaalstories oor Siener en sy visioene, en ongelukkig gaan daardie aanbidding ‘n afgryslike lelike prys van almal in dardie groep eis. Jy sien, dit gaan vir hul leierselement glad nie oor die welsyn en oorlewing van ons volk nie, maar wel oor ‘n poging om ‘n absoluut sekulêre regering onder hul leierskap op te rig. SL veral probeer nou presies dieselfde doen as Solidariteit en hul meelopers, en dit is om ‘n regering skelm-skelm deur persepsie te vestig. Die mees sigbare redes waarom hierdie pogings tot mislukking gedoem is, is dat dit nie van God af kom nie,en dan ook dat hulle nóg die finansies, nóg die mannekrag het om so ‘n regering op te kán rig en in stand te kan hou. Die Engelse taal het ‘n baie beskrywende gesegde hiervoor, naamlik BS baffles brains, en ai, het dit nie ‘n sekere deel van ons volk volledig ingesluk nie!

Dieselfde ding het ook maar in ou-Israel gebeur. Moses se Godgegewe gesag is ‘n paar maal uitgedaag en die uitdagers het elke keer tweede beste daarvan afgekom. Selfs Mirjam, Moses se halfsuster en iemand wat van beter moes geweet het (want sy was inderdaad baie hoog ontwikkeld gewees), is tot haar sinne gebring deurdat sy melaats geword het as gevolg van haar opstandigheid teen God se reëlings en verorderinge (Numeri 12:10). Daar was Goddank gelukkig genade vir haar, want sy het ‘n baie, baie belangrike rol in die volksopset vervul, en doen dit nog steeds via die krag van die betekenis van haar naam. Sy was baie belangriker vir God en volk as wat ‘n manlik-georïenteerde priesterklas daarna aan haar wou toeken, maar gelukkig het die (ware) buite-Bybelse geskiedenis haar onthou en dit reggestel. Dit is in elk geval ook nie maar net ‘n naam nie, dit is in werklikheid ‘n titel wat ons tot vandag toe nog beïnvloed. (Mirjam is die ou Hebreeus vir Mary, oftewel Maria in Afrikaans. Haar naam en geestelike teenwoordigheid het baie bepaald voortgeleef in die persoon van Maria Magdalena, en die Roomse kerk was só bang vir haar geweldige kragtige en positiewe vroulike invloed in Juda se geestelike opset dat hulle haar vir baie eeue doelbewus en baie onregverdiglik as ‘n prostituut uitgebeeld het. Dit is maar eers ‘n paar jaar gelede deur die Vatikaan herroep, maar die skade was toe reeds gedoen en sal seker ook nooit regtig heeltemal ongedaan gemaak kan word nie. Sy was in werklikheid ‘n wonderlike vrou gewees wat haar Koninginskap in die Dawidiese bloedlyn oor en oor werd was!)

Die punt is, ons Vader sal die regering van SY keuse aanstel as die regte tyd daarvoor gekom het. En ek praat nie nou uit eie krag of wysheid nie, ek wys maar net daarop dat Israel ‘n voorbeeld was van wat gebeur as ‘n deel van ‘n volk goue kalwers begin oprig en aanbid in plaas van om sy God en Vader op Sy woord te wil neem! (En ek wil hulle nie hier na die Bybel verwys nie, want ek weet hulle weier in elk geval volstrek om te glo wat daar staan. Hulle glo wat hulle wil hê daar moet staan, so laat hulle dan maar bly lê waar hulle val, want dit is regtig nie ons probleem wat verder met hulle gebeur nie.)

Hou moed vriend en kyk die wêreld mooi deur voor jy reageer. Behou die geloof, klou vir jou lewe daaraan vas, en gebruik asseblief die geestelike krag wat dit binne jou opwek om ander mense moed in te praat. As daar ooit ‘n tyd was waarin ons volk suiwer leiding nodig het is dit nou! Ek is dankbaar om te sien dat jy en die groep waarvan jy deel is (Boere Legioen) dit in elk geval nou reeds aan die mense naaste aan julle gee. Ek kry nogal die indruk julle help almal wat dit nodig het voor die voet, en nie net jul eie lede nie, en ek kan nie eers begin om te sê hoeveel respek ek daarvoor het nie. Maar ons kort nog baie hande hiervoor, orals in die land, en ons kort ook nog baie sulke saamwerk en nog meer en meer mededeelsaamheid, want dit is al manier hoe ons almal saam oor hierdie hindernis gaan kom. Ek ken die BL nie, maar ek lei af dat hulle dus nie deel vorm van SL se planne vir ons volk nie, en dit is goed so. Selfs ek sal hulle kan ondersteun as dit regtig so is.

Vir die lesers wil ek vra dat ons vrywilligers nodig het om hoop, vertroue en hulp te versprei. Kom help asseblief, net daar waar u woon, want diegene wat dit wel doen is op hierdie stadium nog maar min op die grond. Miskien is daar meer as wat ons dink en werk hulle bloot maar net stilweg en in isolasie van mekaar. Maar ja, ek sal darem verskriklik bly wees as almal wat belangstel hande sal kom vat om ons volk saam, as ‘n eenheid, op ‘n nasionale grondslag te begin help.
En ja, sommige dinge verander nie né, en een van die eerste dinge wat ek reeds in 2004 oor geskryf het was nogal dat ek duidelike Skrif ontvang het om die volk te vra vir verootmoediging, en daarby te sê dat ons krag by die stille gebede in die binnekamer begin!

Groete,

Frik Pretorius

From → Uncategorized

Kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: