Slaan oor na inhoud

ART 135 2020-05-10 Die Tronkdeure gaan oop … wat beteken dit?

2020/05/10

http://www.sienervanrensburg.com
FH Pretorius,
Swartruggens.
Noordwes Provinsie.

Goeiedag,

Elsa Muller het ‘n kort vragie oor Siener se visioene aangestuur wat, soos gewoonlik, ‘n uitgebreide antwoord benodig om regtig reg daaraan te laat geskied. Die probleem is dat daar niks “kort en eenvoudig” aan die visioenêre verhaal is nie. Bo en behalwe die strekking van enige gedeelte daarvan is daar verder ook die kwessie van relatiewe onkunde oor die verhaal. Die verduidelikings wat ek gee probeer dit ondervang om meer en dieper insig te bring. Die een ding wat hier uitstaan is weereens dat daar geen visoene is wat na die huidige gebeure voor die verhaal verwys nie.

Die vraag wat ek ontvang het was:

Mense, was daar nie ‘n gesig van Siener waarin hy gepraat het van die tronk se deure wat oopgemaak word nie ????

My direkte antwoord aan Riekert A Mol is: Ja, en om die waarheid te sê gaan die tronkdeure driemaal namekaar oop!

Die Suid-Afrikaanse deel van die verhaal bestaan uit vier verskillende groepe inligting (verhale) wat saamwerk om ‘n enkele geheel te vorm. Ons gaan hier net op een fokus, een wat ek in die boek as Die Tronkverhaal aangedui het. Ek sal ook geselekteerde aanhalings uit my boek en ook die visoene self gee om die beelde ietwat duideliker te maak.

Hierdie verhaal begin by ‘n gepoogde rebellie teen die pas-verkose regering van (kom ons noem dit dan maar) die nuwe onafhanklike Republiek van Noordwes. Die Sappe, wat in Siener se tyd die volgelinge van genls. Louis Botha en Jan Smuts se Suid-Afrikaanse Party was, vorm die opposisie in hierdie verkiesing, maar as hulle dit verloor loop hul leier oor na die Engelse toe. Die Engelse is op daardie stadium in beheer van ons land. Ek moet hier noem dat dit ‘n voorvereiste is vir Siener se verhaal om te kan begin. Net hulle kan die klousules in die Vredesverdrag van Vereeniging in werking kom stel wat twee Volkstate moontlik maak, soos wat in die verhaal na vore kom.

Die Sappe van Siener se tyd was Royaliste gewees en hulle was in werklikheid verraaiers van die Boervolk se beginselsbasis. Die simboliek in die verhaal gebruik hulle as ‘n tipe vir die verraaiers wat in ons tyd teen ons volk sal optree. Maar so gaan sluit hul leier ‘n wedersydse militêre hulpverdrag met die Engelse (militêre) regering in Pretoria. Dit is op hierdie punt dat die man in die bruin pak klere met sy manskappe oorloop na die nuwe Boereregering se kant toe. Die visoene verwys na hom as Nog Een (saam met Jan Pretorius), en ons vind dat hy in werklikheid aanvanklik ‘n generaal in die regeringsmagte is. Hierdie gebeurtenis maak sy oë oop vir die werklikheid waarin ons verkeer en hy kom terug na ons toe.

Die Sappe se verraad kom aan die lig as hulle onverwags teen die nuwe Boereregering rebelleer. Hierdie aanslag word egter afgeslaan en die Sappe vlug almal na Johannesburg toe. Hul ooreenkoms met die Engelse laat laasgenoemde egter toe om dan op hul beurt betrokke te raak by die poging om die nuwe Boeregering uit te skiet. Hulle slaan toe met kanonne teen ons regering en skiet ‘n klomp mense dood in die proses. Almal vlug nou deurmekaar weg, maar ‘n klomp word gevange geneem en afgevoer na ‘n “tronk” toe. Hierdie is egter nie ‘n gebou nie, maar wel ‘n soort konsentrasiekamp in die omgewing van Johannesburg. Daar is een verwysing wat aandui dat dit moontlik tussen Johannesburg en Krugersdorp kan wees.
[175.01 23/02/16] Hij loop hier Uit. Die kerk toorn Krugersdorp ze Kant

Die uitleg van hierdie gebied korrespondeer met dié van die Fort in Johannesburg, en die volk word in drie opeenvolgende groepe vrygelaat. Maar kom ons kyk eers hoe die mense in die tronk te lande kom, en ek gaan hier bloot die relevante stukke van ‘n uittreksel uit my eerste boek aanhaal.

(5.4.10.) Volk in groepe – Krygsgevangenes (bandiete).
Ek moet op hierdie punt eers verduidelik wat die blomme hieronder beteken. Blomme speel ‘n belangrike rol by die verkryging van ons vryheid. Daar is verskeie pogings om dit te verkry, party deur die wapen en ander langs diplomatieke kanale, maar almal misluk behalwe die laaste poging, wat in elk geval deur ons Vader se ingryping bereik word, want die Duitsers kom doen die werk en gee dit vir ons. (sien [629.03])
Die Boervolk se reaksie op die Engelse se aanval op hulle ná die verkiesing koppel dan ook baie direk aan blomme. In hierdie geval is die blomme geel, wat aandui dat die volk hul vryheid vanuit staatspolitieke organisasie probeer beskerm. Hierdie is per slot van sake ‘n aanval op hul nuwe soewereine staat. Die oormag en vuurkrag is egter te groot, en dan word die volk in groepe uitmekaar gejaag. Een hiervan word gevangene geneem en ‘n ander een, wat as baie “deurmekaar” beskryf word, vlug as (geel) Boerkoring na die weste…..

[NOTA: Die Engelse aanslag word soos volg beskryf.]
[411.02] Toe is bij Pretoria jong mielies en hulle verander in Springbokke en gaan in hoge gras.
(Engelse regeringsoldate)
[410.01 01/03/19] Die Engelse loop naar die Weste en hulle dra die roer op die skouder.
[011.01 26/12/14] Sien ‘n vierkantige blok springbokke, een punt beweeg en hardloop oor die bult, die ander punt van die klomp springbokke bars toe weg en toe is die klomp springbokke in twee klompe
[184×01 05/03/16] ‘n Klomp springbokke wat so maal.
[399.02] Toe is hier in die Unie blomme op die geaardheid van een lelie (kleur geel blink)
[002e03] Die mense gaan op na die Noorde. Die vroumense met bande om hul lywe en blomme in die hand.
(Die bande is patroonbande)
[002e04] Die magte trek, die kanon skiet en die bomme bars tussen ons.
[104×01 23/11/15] ‘n Groot klomp mense wat na die Noordekant toe trek, [104×02] hulle vlieg skielik om en kom weer terug mans, vrouens en kinders … deurmekaar. Hulle het swart rouklere aan, met wit baadjies.
[399.03] en toe trek hulle op in die lug in
(Die blomme trek in die lug op as die mense doodgeskiet word en agteroor val)
[399.04] en toe lê een vrouw met bruin klere op haar zij.
(Dit verwys na die toestand van die groen groep na hierdie dinge verby is. ‘n Simbool wat sit is erg beseer, en een wat lê is sterwend of reeds dood. Die vrou lê op hierdie stadium egter redelik ver van die konflikpunt af op ‘n bed in ‘n kampplek, net oorkant die gens met die Noord Kaap. Sy is erg getraumatiseerd, maar darem nog nie regtig sterwend nie.)
[225.07] Die Engelse kom so met ‘n punt.
[002e04] Die magte trek, die kanon skiet en die bomme bars tussen ons.
[017.03] Die geel baadjies lê dood.
[203.03] Die vuur kom so met ‘n punt uit.
[203.04] Dooies word op ‘n draagbaar gedra.
[276.01 30/04/17] In die Ooste kant is ‘n groot lege fort.
[276.02] Toe kom vijf wit amelans vlae met rooi kruis op uit.
(en ook)
[574.01 03/10/22] Slaan kruid rook in ‘n laagte uit van Zuid naar Wes.
[272×03] In die ooste staan grote koppe die rook van die kenonne slaat eers min uit en toe later banje. Ik zien die mense en dit is toen een groot gevecht.
[061.01 20/09/15] Donker. Die mensen maal zoo.
[016.04] Ek sien deurmekaar mense wat veg maar ‘n groot seil kom oor hulle.
[307.01 05/11/17] In die Zuid Oostekant is ‘n ronde huis van plank, bo op die huis is mense
(Die beeld word ontleen aan ‘n stoeiwedstryd, waar die oorwinnaar bo op sy teenstaander lê en ‘n val aanteken om te kan wen. In hierdie geval het die Engelse die ronde gebou “oorwin”)
[574.02] Die mense is deurmekaar en verdwyn na wes.
(Ons kom later by hierdie klomp.)
[203.05] ‘n Swart yster met ‘n pomp en toe raak dit weg.
(Ons kyk ook later hierna, maar die sap-rebel, die man met die bruin pak klere, grawe die pomp hierna uit die Vaalrivier se sand uit waar dit deur die vyand se optrede “vasgetrap” is. Die swart yster waarna hier verwys word is ‘n “bose” trein (soldate op mars) en die beeld verwys na die besetting en “toemaak” van die parlement. Die parlement verander natuurlik in ‘n fort die oomblik as dit as dit deur die Engelse met die gewere op die skouer beleër word. Dit is duidelik soldate wat met ‘n formele opmars besig is hier. Die mense (koring) vlug uit die parlement/fort uit en dan word dit ‘n leë gebou wat in ‘n hospitaal verander. Daar is drie begrippe in die verhaal wat eindelose kopsere veroorsaak, en dit is parlement (of ook huis), fort en tronk. Ons weet nooit regtig presies in watter een ons onsself op ‘n keer bevind nie.)
(en dan)
[121×03] Engelse gewapen met gewere gaan uit ‘n huis, na ‘n ander klomp mense en toe hulle by daardie klomp mense kom, toe steek hulle almal hulle hande op. (hands up).
[184×02] Die Engelse kom terug met die gewere agterstevoor.
[231.01 06/05/16] Ons mense loop voor en die Engelsman loop agter.
[073.01 15/10/15] Die mense wat hier heen kom daar es een wacht by hen.
[172.03] Een poort waar vele mensen en loop net zoo als bandiete.
Hierdie groep trek die geel klere daar en dan uit as die kanonne op hulle begin skiet en vervang dit met swart broeke (teken van rou) en wit baadjies (vereenselwig hulself letterlik met Vader se “ideologie”). Die tronkverhaal begin op hierdie punt en hierdie mense word as “bandiete” afgevoer na ‘n soort konsentrasiekamp. Die uitleg van hierdie kamp is gebaseer op dié van die Fort in Johannesburg, maar dit is skynbaar eerder ‘n ingeslote gebied, soos ‘n kamp, as wat dit ‘n gebou is. Die leier wat later by Prieska aangestel sal word is deel van hierdie groep, en hy is ook die eerste persoon wat by die tronkdeure uitgaan.

Einde van aanhaling.

Op hierdie punt wil ek noem dat die Fort in Johannesburg uit drie “sektore” bestaan het. Die visioene verwys na die aangehoudenes se twee ontspanningsareas as die voorste en die agterste yard. Daar was egter nog ‘n deel agter dit waar die selle as sulks geleë was. Daar was dan ook nog die administratiewe deel aan die voorkant, en dit is van buite af binne gegaan deur ‘n groot dubbeldeur. Die man in die wit klere (Jan Pretorius) is die eerste persoon wat uitgaan, en as hy uit is bly hierdie twee deure oopstaan.

Die tweede groep wat uitgaan bestaan op sigselwers uit twee dele, wat beskryf word as twee bosse kieres, waarvan een bos “gereed” gemaak is en die ander een nie. Dit verwys mees waarskynlik na ‘n sekere nie-opgeleide of nie-ervare groep manne. Visioen 435.01 verwys na hierdie laaste bos kieries, want hulle is nie opgewasse teen die vyand nie en loop swaar deur as gevolg daarvan.
[435.01 08/07/19] Toe staan ek op mij kierrie en onderaan die kierrie spring een bloed aardje oop, en die bloed loop op die grond en op mij veldskoen.
Hulle gaan vanuit die tweede area in die tronk uit, en dit was van die voorste deel afgesluit met “die groot deur”. Hierdie deur bly ook oopstaan as die manne uit is.

Die derde groep bestaan uit die res van die gevangenes, en sluit dus mans, vrouens en kinders in. Hul seldeure gaan ook oop en dan verlaat hulle daardie binneste sektor deur ‘n “traliehek”. Die implikasie is dat hulle deur die leë agterste binnehof by die Groot Hek uitgaan na die leë voorste voorhof en dan deur die Groot Deure na buite toe.

Die visioene stel dit so:
Ons het hierbo gesien dat daar ‘n wag by die gevangenes is wat aangejaag word tronk toe. Hy het ‘n rooi trui aan en ‘n rooi baardjie. Die Engelse rebel (wat ek as Lord Genl. Somebody gedoop het) kom daar aan en hy oorrompel die Engelse wag. Sy optrede laat dan die gevangenes in drie groepe vry.

Groep 1 (Jan Pretorius en Nog Een):
‘n Skottel verwys na ‘n leier, want hy dien as ‘n tussenganger tussen die pot kos waarin beleid of ideologie gaargemaak word, en die volgelinge wat die kos eet. Die vryheid wat kom word beskryf as feesmaal waarby die volk uiteindelik sal aansit. Jan Pretorius en die man in die bruin pak word aanvanklik aan ons voorgestel as twee wit skotteltjies wat gereedstaan om by die tronk uit te gaan.

[073.01 15/10/15] Die mense wat hier heen kom daar es een wacht by hen.
[172.03] Een poort waar vele mensen en loop net zoo als bandiete.
[073.02] Een vaal streep zoo en die donker.
[202.03] Toe kom daar ‘n Engelsman aan wat hardloop.
[100×01 19/11/15] Ek sien ek is by my huis en daarna sien ek twee Engelse wat stoei.
[137.07] Die twe wat stooi, die een met die Rooi Jersie val onder.
[084×05] 28/10/15 (DUPL 084) Die Engelsman met die geweer raak weg
(NOTA: Dit is die wag wat die gevangenes bewaak. Hou in gedagte dat hierdie bloot die enkelvoud is wat ‘n baie groot militêre veldslag naby Johannesburg beskryf.)
[050.01 08/08/15] Die deur is oop, die man met die wit baadjie sit daar maar die man met die rooi baardjies gaan weg.
(Jan Pretorius in sy wit baadjie. Hy gaan hierna uit en loop dan na die parlement toe. Die rooi baardjies is die wag wat die rooi trui aangehad het en deur die Engelse rebel oorwin is.)
[222.01 22/04/16] ‘n Engelsman wat by die deur inkom.
[098×01 17/11/15] ‘n Vriendelike Engelsman kom hier aan.
[087×06] Die groot Engelsman haal sy patroonbande af.
(Sy grootte is nie fisies van aard nie, maar dui eerder op die feit dat hy die stoeigeveg met die rooi trui gewen het.)

Die volgende toneeltjie beskryf wat binne die tronk gebeur terwyl die Engelse mofbul die vyand wat die tronk bewaak verjaag.
[101×01 20/11/15] Ek sien ek was my tronkskotteltjie en lepeltjie uit
(NOTA: Ek vermoed dat hierdie Jan Pretorius op hierdie punt deur die volk as leier aanvaar word.)
[084×04] Die bakkies (tronkbakkies) is skoon gewas. [084×05] 28/10/15 (DUPL 084) Die Engelsman met die geweer raak weg. [084×06] (DUPL 084.06) Ek sien ek is by my huis en ek het my rooi skoene aan.
(NOTA: En daar kom die rooi skoene weer na vore! Daar gebeur egter eers baie dinge tussen 084×05 en 084×06 hierbo. )
[084×04] Die bakkies (tronkbakkies) is skoon gewas.
[133.03] Die wet bakkies staat op een 4 streep – omtrent 6 of 9. Twe word gemerk.
(NOTA: Die “wet” moet as “wit” in moderne Afrikaans gelees word.)
[204.01 28/03/16] Die mense staan in ‘n ry. Die Engelsman staan voor ons en hy lees J. Pretorius en nog een se name af.
(NOTA: Die Engelsman hierbo verwys na die Engelse rebel, oftewel ‘n mofbul (wat later verander in ‘n vaal bul as hy deel word van dei Boervolk se magte. Maar sien ook hoe veral Jan Pretorius op ‘n direkte wyse uitgesonder word.)
[242.04] Twee skottels kom van die tronk, die tronkdeur gaan oop.
(NOTA: Dit is die Groot Deur)
[002d10] Groot skottel met wit pap. Die bord wat hulle mee skep: klein skottel in sy huis.
(NOTA: Die skotteltjie in sy huis verwys na Jan Pretorius wat in sy wit klere by die vredesberaad in die parlement in Rustenburg teenwoordig is.)
[025.02] ‘n Man kom by oom Niklaas, [025.03] by die groot deure (tronk) gaan ‘n man uit en toe bly die deure oop staan.
(NOTA: Die man wat by Siener kom is die Engelse rebel wat die tronkdeur kom oopmaak. Hy speel ‘n pertinente rol in die visioen wat agter in Siener se Bybel aangeteken is.)
[229.01 04/05/16] ‘n Skraal persoon met wit klere gaan uit.
(NOTA: Die skraal beteken dat hy ‘n veldslag verloor het)
[175.01 23/02/16] Hij loop hier Uit. Die kerk toorn Krugersdorp ze Kant
[191.02] Die man met die wit klere die kom hierheen.
(NOTA: Hierheen beteken na die parlementsgebou in Rustenburg.)
[143×01 10/01/16] Jan Pretorius loop met sy wit klere [143×02] en ek sny aan ‘n rooi hout.
[190.01 14/03/16] Jan Pretorius loop so met sy wit klere rond. [190.02] Mense wat so om ‘n tafel sit en een van hulle is Isak Klaasen.
(NOTA: Ek het in ART 132, waarin dit oor Siener se rooi skoene gegaan het, verwys na ‘n rooi vlag wat deur die Engelse en die Sappe in ‘n onverwagse staatsgreep opgetrek word. Dit berus op ‘n agteraf ooreenkoms wat tydens ‘n vredesberaad gesmee word, en dit word beskryf as ‘n rooi hout wat deur een van die Sapleiers (met ‘n messie met ‘n geel hef) “reg” gesny word. Dit kan wees dat die Isak Klaasen hierbo die Sap is wat die rooi hout sny.

Die visioen wat na Jan Pretorius en Nog Een verwys wat saam uitkom lyk so:
[242.04] Twee skottels kom van die tronk, die tronkdeur gaan oop.

Groep 2 (Kieries):
[182×01 03/03/16] (DUPL 180×01) ‘n Bos kieries wat klaar gemaak is en wat uitgaan. [182×02] ‘n Ander bos kieries, wat nog nie klaar is nie maar wat ook uitgaan.

Groep 3 (Die res):
[107×04] Die tronkselle is almal oop
[182×03] Hy sien die mense daar buite.
[182×04] Ek is daar buite en ek het ‘n wit baadjie aan.
[182×05] (DUPL 183) Die pap emmer is leeg, daar lê enkele mieliepitte in.
(NOTA: Dit verwys na die optrede van die man in die bruin pak. Hy is reeds op ‘n ander plek met die vyand besig.)
[182×06] (DUPL 183) Ons is almal wit aangetrek en die mense hier buite is almal rondom my.
[140×01 07/01/16] Die selle is alles oop en ek sien die mense wat so wegloop, maar twee draai af.
[135.01 31/12/15] Die achterste yard es leeg. [135.02] Banks es kaal hij het net zijn hoed op.
[135×01 31/12/15] Ek sien net die es in die agterste yard [135×02] en ek het net my hoed.
[115×01 05/12/15] Ek sien die Engelsman wat die deur oopmaak en toe raak hy weg.
[115×02] Die voorste yard se mense is almal weg.
[123×01 16/12/15] ‘n Vriendelike Engelsman wat my groet.
[123×02] Die yard is leeg.
[191.04] Die Engelsman verander aan ‘n Boer.
(Hy vlug hierna na die Boervolk toe in hul “kamp” waar hy volledig deel word van die Boervolk. Die kamp is ‘n afgeslote gebied iewers in die westelike deel van Noordwes. Dit word toegespan met blink draad.)

Ons kan hier duidelik sien hoe die oorlogsdruk die volk tot inkeer begin dwing. Hulle het aanvanklik bruin klere aangehad as simbool vir die politiek wat hulle bedryf het. Die klere sê dat die volk ‘n regering oor hulle het en die kleur bruin sê dat hulle ‘n konserwatiewe politieke ideologie aanhang. Maar hier kan ons sien dat hulle die bruin klere stuk vir stuk vervang met God se ideologie, dit is ‘n suiwer geloofsuitdrukking vry van aardse politiek.

Ek hoop dit help!

Groete,

Frik Pretorius.

From → Uncategorized

Kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: