Slaan oor na inhoud

ART 142 2020-08-06 Ons plaasvrouens die mees natuurlike keuse vir Begeleiers.

2020/08/06

http://www.sienervanrensburg.co.za
F.H. Pretorius,
Swartruggens,
Noordwes Provinsie.

Goeiedag,

Ek het ‘n paar briewe ontvang van mense wat bereid is om betrokke te raak by die rol van begeleiers waarna ek in artikel 140 verwys het. Hierdie artikel wil aansluit by daardie oproep. Ek wil ook op hierdie punt sê dat ek twee spesifieke opmerkings hieronder wil hanteer van ‘n dame met die naam Debbie. Ek het besluit om nie haar persoonlike besonderhede bekend te maak nie, want ek is bang dat sy probleme by haar werkgewer kan raakloop omdat sy aan hierdie soort gesprek deelneem. Sy sê onder andere in haar brief:

Ek sou self graag my deeltjie wou doen … om die waarheid te sê die “idee van deeltjie doen” worstel ek al n geruime tyd mee. Ek is n niemand…aan die verkeerde kant van 50…onfiks…min woorde… geen idee eers waar om te begin.

en ook

Ek het ook so pas op jou blog gelees..die deel van waar jy met “leiers” gepraat het oor begeleiding…oombliklik het iemand by my opgekom… dalk weet jy van hom. Marius Barnard van Eric Barnard Meubels.

Goeiedag Debbie,

Dankie vir die voorstel en die inligting, maar hier is een of twee dinge wat ons eers na sal moet kyk.

(a) Die eerste is dat hierdie taak van “begeleiers” vierkantig op die skouers van die vrouens gaan neerkom. Die mans gaan op ander plekke besig wees en sal dit nie kan doen nie. U hoef ook glad nie sterk en gesond te wees om te kan help nie. Die mense wat ek in gedagte het sal bloot gidse wees, letterlik “verkeersbeamptes” wat die orde, rigting en afstaptye van konvooie vlugtelinge sal moet beheer. Daarvoor gaan u ‘n voertuig, ‘n sterk radio en ook ‘n goeie sin vir rigting en omgewing nodig hê. En weet u Debbie, niemand kwalifiseer so goed hiervoor as juis ons plaasvrouens nie, en dames soos u kan hulle natuurlik baie help daarmee. U gaan nie loop nie, u gaan gewoon ry. Ek sal die spesifieke (visoenêre) groepe, plekke en omstandighede wat sal heers in ‘n latere artikel beskryf.

Die plaasvrouens, en hul groter kinders, is reeds ten volle opgelei en bedrewe hiermee, want hulle moet maar gewoonlik die rywerk doen om die dinge te gaan koop wat op die plaas nodig is. En natuurlik ook om die kinders heen en weer te karwei. Elkeen van hierdie plaasmense speel dan ook ‘n rol in die reeds bestaande plaaswagstelsel, wat natuurlik volledig op 24/7 radiokontak staatmaak om hoegenaamd te kan funksioneer. Iets wat ook baie, baie belangrik is, is dat hierdie dames op ‘n baie natuurlike wyse met ander oë na die omgewing kyk as ander dames. Hulle gaan hul posisie byvoorbeeld baie makliker met kaarte kan plot as die dames van die dorpe en stede. En omdat hulle die platteland ken en verstaan sal hulle gouer kan regkom met ompaaie en grondpaadjies. Almal sal ‘n bietjie opleiding moet doen met kaartlees, maar ek is seker daar is genoeg opgeleide mense om daarmee te kan help. Dit is in elk geval nie eers moeilik om onder die knie te kry nie. En ja, ons kan dalk net met goeie detail-padkaarte regkom.

Die baie belangrike punt is dat ons plaasboere omtrent elkeen ‘n bakkie het wat reeds met so ‘n radio toegerus is. Dit gaan ‘n geweldige groot klomp geld bespaar wat ons in elk geval nie het nie. Ons het nie elke plaasboer se voertuig hiervoor nodig nie, daar sal genoeg beskikbaar wees om die nodige te kan doen. Dit is egter belangrik dat alle dames en kinders sal moet weet hoe so ‘n stelsel werk, en dan baie belangrik, daar moet kontak met ander groepe wees dwarsoor die land. Dit moet reeds nou al uitgesorteer word.

Moet u nie nou oor radio-opleiding bekommer nie. U sal dit nodig hê om die radio te kan bedien, en die “lug-dissipline” wat saam met dit gaan, maar dit kan die plaasvrouens in die omgewing u sommer leer. Hulle, en hul kinders, weet presies hoe om sulke radio’s te gebruik. U bereidwilligheid om te help pas uitstekend hier, want ons kan darem ook nie alles op die plaasvrouens se skouers wil aflaai nie. Maar ja, hulle leef en werk in die onveilige soort omgewing wat paraatheid, leierskap en teenwoordigheid van gees ‘n natuurlike ontwikkeling maak. Hulle is ongetwyfeld ons eerste keuse vir hierdie taak, want hulle is reeds deur die werklikhede van hul daaglikse bestaan opgelei hiervoor!

Dit bly maar interessant om raak te sien hoe Vader lankal reeds in ons komende behoeftes begin voorsien het. Die Rebellie van 1914 was die eerste hiervan wat ek raakgesien het, en die spoorlyn waarmee ons wapens van Lüderitzbaai na Prieska vervoer sal word was nog so een. Dit word om heel ander redes gedoen en gebou as vir Siener se komende oorlog, maar as ons dit nodig gaan kry sal dit beskikbaar en bruikbaar wees.

(b) Die mans, wat onder andere hierdie mnr. Marius Barnard én ook die uwe insluit, sal die wapen moet dra. Ons vyand gaan aanvanklik die groep verraaiers wees (“Sappe”) en baie kort daarna die Engelse saam met die Sappe en ook ‘n militêre groep Indiërs. Die verraad van die Sappe is nie vreemd nie, want soos hul leiers, genls. Botha en Smuts, was hulle royaliste gewees.

Ek ken hierdie mnr. Barnard glad nie, maar wat sy moontlike leierskap betref het ek beslis voorbehoude. Hy is onlangs heeltemal uit die bloute en baie entoesiasties deur ‘n persoon met die YouTube naam van Loving Light voorgestel as dié keuse vir die komende leier van die Boervolk. Hier moet u verstaan waarom die YouTube kêrel se voorstel my allerhande rooi liggies laat sien. Die visioene dui aan dat Vader die volk (se stem) sal gebruik om die leier by Prieska aan te stel. Ek dink dit is absoluut voorbarig, en selfs vermetel, van hierdie Loving Light kêrel om nou al te wil besluit wie die leier moet wees en om voorbrand vir sy leierskap te begin maak.

Kyk, ek mag heeltemal verkeerd wees, maar my eerste reaksie toe ek DIT gehoor het was dat hierdie niks anders as ‘n betaalde advertensie vir mnr. Barnard se meubelfabriek kan wees nie. Iets in my skop net geweldig teen die gedagte dat iemand jou wragtagwaar Siener (en dus Vader) se naam kan gebruik om iemand se besigheid te bevorder. Hoekom sou Loving Light dit anders op sy program uitgesonder en genoem het? Of profeteer hy óók allerhande verskuilde beplanning waarvan ons nog nie weet nie? Gmmf, die profete spring deesdae ook net so oorvloediglik en vinnig op soos die hare op ‘n rifrug se skof as hy skrik!

Snyman smous nog die heeltyd met Siener se naam, maar dit maak my naar om te sien dat dit nou ook op hierdie manier verder verkommersialiseer word! “Iemand” het lank gelede skimpe gegooi dat die komende leier van die Oos-Kaap af sal kom, en Mosselbaai is natuurlik óók in die verbygaan genoem, en nou lyk dit of die uiteindelike leier eintlik van Pretoria af sal kom. Dalk moet hulle maar saamkom en gou besluit wie hulle as leier wil aanstel, en Vader daarvan in kennis sal stel sodat Hy uiteindelik dan net die regte man van hul keuse by Prieska sal bevestig. (Sela)

Nou, om my irritasie te kan verstaan moet u ook eers hierdie Loving Light van nader beskou. Sy naam is Scott en hy stook gemoedere doelbewus op met sy negatiewe kommentaar oor wat in Suid-Afrika gebeur … terwyl hy self lekker veilig in Australië sit. Hy bring dinge aan die lig, dit is so, maar hy hoef dit nie op só ‘n manier te doen dat dit mense tot geweldadige optrede wil opstook nie. Dit gee juis skietgoed aan ons swart vyande om die vure teen ons nóg hoër aan te stook om nóg ‘n moord of twee te pleeg, om nóg ‘n blanke vrou en haar kindertjies seer te maak, en, en… Ag, dit is om van naar te word! Wat ‘n siek wêreld leef ons nie in nie!

My goeie vriend, Dan Bez, het my ook daarop gewys dat hierdie Loving Light ook gereeld uit Snyman se boeke aan die publiek voorlees, en dat hy hierdie man gekontak het en voorgestel het om ook uit my boek voor te lees, nét om minstens ‘n bietjie balans te skep óók. Loving Light het egter tot op datum verkies om dit heeltemal te ignoreer, wat vir my beteken dat hy dus ‘n Snyman-man en ‘n spreekkbuis vir Suidlanders is. En dat hy natuurlik dan ook deel van die verdere donker kant van SL moet wees.

Net so vinnig, SL is blykbaar besig om uit te rafel en stilweg heen te gaan. Die lede begin al meer agter te kom waarvoor hul ledegelde eintlik gaan en hulle hou natuurlik nie daarvan nie. Hulle moet nou nog net begin verstaan dat die eintlike doel agter dit ‘n bietjie meer sinistêr is as bloot net die selfverryking van sekere individue. Hulle word gruwelik uitgebuit om die Boervolk op ‘n latere stadium te help uitmoor! Die ligpunt hier is dat meeste van hulle darem betyds tot inkeer sal kom en na ons sal terugkeer voor ons mekaar begin doodskiet ook. My dank aan die (gewese?) SL lede wat hierdie met my gedeel het. Dit is regtig die gebed van my hart dat al meer van hierdie mense se oë sal oopgaan vir die gruwelike wyse waarop hul oortuigings uitgebuit word vir geldelike gewin. En dan praat ek nie eers van die “ander” implikasies wat saam met hierdie uitbuiting gaan nie. Kyk, dit is moontlik om onwetend by verraad teenoor volk en vaderland ingesuig te word, maar die prys daarvoor bly ongelukkig dieselfde, skuldig of nie!

Ek wil daarom vandag ‘n klip in die bos gooi: Hoeveel van SL se mense is bereid om hul aandag en tyd na die poging te verskuif wat ons volk régtig goed sal doen in die oorlog wat oor ons pad sal kom. Daardie oorlog is teen die Engelse en die verraaiers, en NIE teen die swartes nie! En dit gaan iets heel anders wees as wat Snyman u probeer wysmaak het. U hoef nêrens aan te sluit en aan niks op hierdie stadium deel te neem nie. Ledelyste en presensielyste op vergaderings kan jou baie suur bekom as die Intel mense dit teen jou wil gebruik. Kyk maar wat het ‘n paar jaar gelede met die lede van die sogenaamde Boeremag gebeur. Sluit aan by u plaaslik buurtwag, en veral u naaste plaaswag organisasie! Glo my, u gaan uiteindelik baie dankbaar en bly wees dat u dit gedoen het!

Bly weg van ander “amptelike” organisasies af, alles wat ons ter voorbereiding van Siener se visioenêre oorlog teen Engeland en verraaiers doen moet “losserig”, maar darem steeds doelgerig wees. Moet byvoorbeeld nie onwettige wapens begin oppot nie. Dit sal u definitief baie suur bekom, want ons wêreld is vol nuusdraers! Is ek onnodig alarmisties? Miskien ja, maar dan is dit ook weer so dat as ek verkeerd is en niks gebeur nie het ons natuurlik niks verloor nie. Maar weet u, as ek reg is en ons berei nié voor daarop nie gaan dit ‘n absolute ramp word van katastrofiese omvang! Ek sal later meer hieroor sê, maar daar is bepaalde dinge waaraan ek in hierdie verband kan dink, dinge wat u onder andere sommer op u rekenaar kan doen in plaas van heeldag Spider Solitaire te sit en speel! U moet net Google maps op u rekenaar kan oopmaak, dan kan u besig raak met ‘n bietjie vooraf verkenning van die gebiede waardeur ons sal beweeg tydens die oorlog. Die hele storie speel binne bepaalde gebiede af.

Maar Debbie ja, hier moet u verstaan dat dit seker maar Loving Light se voorreg is om so te doen as hy wil. Ek kan as mens en skrywer niks daaraan doen nie, maar ek kan darem opstaan en die negatiwiteite daarin uitwys soos dit ons volk negatief kan raak. My argument is baie eenvoudig in hierdie verband: As ‘n man soveel moeite doen om Snyman se gevaarlike duimsuigstories as die enigste waarheid voor te hou, en selfs so voortydig op ‘n spesifieke kandidaat vir leierskap aan te dring, raak sy motiewe beslis baie verdag. Ek is so verskriklik bang dat ons vrouens en pragtige kindertjies uiteindelik die prooi van hierdie monsters gaan word, want dit is die Engelse en die hanskakies se duidelike doel met hierdie komende aanslag teen ons volk: hulle wil ons heeltemal van die aarde af verdelg. En ja, daar is inderdaad visioene wat verhaaltjies vorm wat baie direk na so ‘n aanslag op die vrouens en kinders verwys! Trouens, die laaste deel van die verhaal veral dui aan hoe die volle oorblywende militêre mag van die Britse Ryk ingestoot word om juis ons vrouens uit te roei. Ek haal aan uit die visioene soos dit hierdie verhaaltjies oordra:

[147.03] Die Tijger leg voor die deer.
[217.02] Die grou kat het ‘n muis gevang.
[055.04] “Deze zyn het die hun leven tot een prooi gegeven het…

[399.06] Toe kom daar een gedaante van ‘n mens en zeh “Ons het geween, ween julle nou!”
(D.A. Labuschagne se vrou.)
Die gebeure word ook só voorgestel en dit is waar Labusschagne se vrou inkom:
[225.06] Toe kom daar waentjies en agter die waentjies word dit skoon.
[089×01 04/11/15] Ek ry met die waentjies en daar is blomme aan.
[079×01 22/10/15] D.A. Labuschagne se vrou se oë is vol trane.
[079×02] Kinderwaentjies kom in die straat by my verby.

[249.02] Toe kom in die Ooste ‘n rooi bul en nog rooi beeste uit.
(Engesle soldate, en dan op die punt waar hulle wegdraai in Noordwes in – dalk by Klerksdorp?)
[300×05] Van die Ooste kant naar die Noord Weste gaan groot en klein rooi-beeste.
[251×01 21/08/16] In die Oostenkant naar West kom een vrouw uit sij is zwart aangetrek en achter haar kom Rooi beeste uit en tussen die rooi beeste is zo een klein “swarte” [……]. [Hy] en beeste “kom reg op mij af”.
(Dit wil sê die Engelse soldate storm op die vasgekeerde mense in die weste van Noordwes af.)
Die beeld word aangevul deur die rooi koei wat van Europa af kom. Sy het aanvanklik ‘n wit rok aan, maar dit sak af en word swart van rou oor haar jongmanne wat in Europa sterf. Die rooi koei ontstaan as die vrou se rok as ‘n tussenstap van wit na swart rooi word van die bloed van die Engelse en Franse jongmanne wat sneuwel.
[613.05] ‘n rooi koei hardloop en staan na Zuid (Bees wat gevaar het dit is vrouw mense wat gevaar gaan krij.)
[614.01 01/07/24] ‘n rooi bul gaan dieselfde koers.
(Die Duitse rooi bles bul sit haar agterna, maar sy vlug tot in die RSA. Dit bring mee dat die Duitse bul en sy gevegsgroep ‘n kort rukkie vóór die groter reserwemag in die gevegsgebied as sulks aankom. Die reseremag is nog besig om af te laai in Lüderitzbaai dan vertrek hy al Kimberley toe.) [Hy snel die Boere te hulp wat naby Kimberley vasgekeer word en gooi blou bomme op die vyand. Die spesifieke visoen wat hierna verwys sê: [019.02] Ek staan in ‘n diep put, op die onderste twee sporte van ‘n leer. Die leer staan op blou klippe onder in die put en ek klim met die leer uit die put.

En nou om terug te kom na ‘n opmerking van mnr. Adriaan Bredenkamp in ART 140 waarin hy sê:

Ek dink tog God het dit so gedoen dat dit nooit ‘n voorspelbare ding sal wees, die mag is in God se hand.

Kyk, niemand kan die komende werklikhede van die visioenêre verhaal keer nie, maar juis omdat dit ons vooraf waarsku kan ons die impak daarvan versag. Ons kan selfs hierdie aanslag op die onskuldige sagte teikens vermy as ons die regte dinge op die regte tyd en op die regte manier doen. My insig in die visioenêre verhaal, saam met my militêre opleiding, en ook die praktiese ervaring en denkwyse wat net die jare kan bring, noop my om te sê dat die idee van “begeleiers” absoluut noodsaaklik is om paniek te voorkom en die vrouens en kinders betyds op ‘n ordelike en beheersde wyse uit die gevaargebiede weg te kry. Ons kinders is die toekoms van ons volk, en die moeders is juis die mense wat ons kultuur en geestelike waardes aan hulle sal moet oordra as pappa dan nie terugkom van die slagveld af nie. Ek sal later meer hieroor sê, maar iets wat my baie bly maak is dat die vrouens se vlugtogte suksesvol plaasvind omdat dit baie ordelik en gedissiplineerd verloop. So iets gebeur nie vanself nie, dit word vooraf gereël en hopelik selfs ingeoefen!

Groete,

Frik Pretorius.

From → Uncategorized

Kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: