Slaan oor na inhoud

ART 146 2020-09-20: Iets interessant uit die visoene – wat is ‘n beslijn bord?

2020/09/20

http://www.sienervanrensburg.co.za
F.H. Pretorius,
Swartruggens,
Noordwes Provinsie.

[Hierdie artikel verskyn ook op die FB blad van Elsa Muller – NIKLAAS SIENER VAN RENSBURG- BOODSKAPPER VAN GOD https://www.facebook.com/groups/427103870673448/ Sluit gerus aan en kom help om die Waarheid in Siener se visioene te laat seëvier! Alle besprekings van my artikels vind op daardie blad plaas as u daarin sou belangstel.]

Een van die vele interessante dinge in die visioenêre verhaal is ‘n enkele terloopse verwysing na ‘n beslijn bord. Dit verwys na ‘n skinkbord, maar dan ook ‘n baie spesifieke sóórt skinkbord, want dit het ‘n bepaalde naam. Die omstandighede waarin die woord voorkom dui dan ook aan dat dit dalk ‘n belangrike simboliese betekenis kan versteek. Ek soek al baie lank na die oorsprong en betekenis van die woord as sulks, maar my soektog was tot dusver nie baie suksesvol nie. Ek plaas dit dan ook hier met die hoop dat iemand dalk sal kan help daarmee. My e-posadres is hieronder as enigiemand my dalk kan help met inligting oor hierdie soort skinkbord. (Ek het ‘n soortgelyke probleem met die betekenis van die woord Brabant. Dit was ‘n provinsie in “groter” Nederland, maar dit is lank gelede verdeel in Noord-Brabant en die hedendaagse Vlaandere wat deel vorm van die Koninkryk van België. Ek weet dus dat dit na ‘n bepaalde gebied verwys, maar wat beteken die woord as sulks? Waar lê die oorsprong daarvan?)

Die skinkbord kom na vore op ‘n tydstip wat die verdeelde en twistende groepe Boere vrede met mekaar maak. Dit lyk of daar vier sulke groepe in die verhaal kan wees, maar dit val oorhoofs gesien uiteen as die gematigde Boervolk versus die Sappe (royaliste; verraaiers). Die punt is, hierdie versoening val saam met wat die visioene beskryf as “die val van die Europa regering”. Ek heg twee uittreksels uit Wat is die Waarheid? hieroor aan om die breër agtergrond van vandag se artikel te verduidelik.

Die verhaal rondom hierdie skinkbord is versprei oor ‘n paar visioene, en die hooftrekke daarvan is soos volg:

Terwyl die klomp Boere so lustig ondermekaar baklei hier in Noordwes (en selfs met gewere opmekaar aanlê!) kom die “Europa regering” tot ‘n val in Europa. Nou, hierdie is nie heeltemal wat ons ken as die huidige ER nie. Dit sal op daardie stadium bestaan uit Engeland, Frankryk en België, en die hoofkleur daarvan is geel. Die simbool vir hierdie organisasie, soos dit die verhaal van die beslijn skinkbord raak, is ‘n groot wit vark wat eers in stukke gesny word en dan (ongesiens) gemaal word om wors van te maak.

Die spesifieke visioenêre doel met hierdie benaming is om ‘n praktiese onderskeid te kan tref tussen die gemengde militêre magte van die “Statebond” en die “blanke Europa regering” groep in die verhaal. Die Statebondsmagte bestaan uit ‘n samevoeging van blanke Britte en ‘n baie groot groep Indiër terroriste, en die hoofkleur hiervan is swartbont (wit en swart saam), terwyl die basiese simbool daarvoor swart varke is.

Die Duitsers bring hierdie Europa Regering tot ‘n val tussen twee lanings garingbome in (ongeveer) die sentrale oostelike deel van Europa. Hierdie gebeure het ‘n verreikende impak op ons volk se toekoms, want dit lei daartoe dat die vark geslag en in stukke verdeel word. Die stukke vleis van die vark word op die beslijn skinkbord gepak en aan ons volk aangebied om deel te word van ‘n “vryheidsmaaltyd”. Hierdie komende maaltyd vorm een van die belangrikste storielyne in die visoenêre verhaal, want dit is in werklikheid die fokuspunt waaroor die verhaal gaan.

Die rede hiervoor is natuurlik dat dit spesifiek die “Engelse” is wat so lank al jag maak op ons volk en ons vryheid en lewens met ongebreidelde haat en geweld kom wegneem het. En ek wil herhaal wat ek reeds op ander plekke gesê het: Die Britse vorstehuis en hul adelike broeisels wil nie ons minerale hê nie, hulle besit dit reeds op grond van konsessies en kontrakte wat deur skelm en korrupte Afrikaanse politici en sakemanne aan hulle verkoop is.

Hulle wil sekerlik graag die Kaapse seeroete beheer, maar dan wil hulle ook, meer as enigiets anders, ons hele volk uitwis. (Die Kaapse seeroete was glad nie belangrik tydens die Engelse monargie se vorige moordaanslae op ons volk nie.) Daar is egter wel ‘n bepaalde bloedlyn teenwoordig in ons volk waarvoor hulle verskriklik bang is en wat hulle ten alle koste wil vernietig. Hulle weet net nie wie dit dra nie en die beste oplossing is dus om almal dood te maak. Hulle probeer dit al van die eerste Britse besetting van die Kaap af regkry!

Klink dit vergesog? Wat van so ‘n bietjie praktiese logika hier? Hoekom dink u het die Mormone, wat in sekere kringe as die amptelike “kerk” van die “dieper (bose)” Brits-Israel Vrymesselary in Amerika beskou word, die beste en mees betroubare geslagregisters van die Afrikaanssprekende blankes in hul besit gekry? Hulle het op ‘n stadium al die ou doop, huweliks en sterfteregisters van elke blanke kerkgemeente in die land kom dupliseer en rekords daarvan gaan skep. Hulle het dieselfde met Australië en NZ gedoen, omdat hierdie bloedlyn van die Britse Eilande af na een van die voormalige Britse kolonies gekom het, maar hul fokus het heel gou net op ons begin fokus. Hoekom anders as om te probeer bepaal watter familie hierdie bloedlyn dra?, want hulle het absoluut geen logiese belang van enige aard by ons volk se geslagsregisters nie! Dit is in elk geval hoekom ons volk hierdie visioenêre verhaal ontvang het en nie Australië of NZ nie. Ons klein ou volkie is baie belangriker as wat u self dalk mag dink!

Alles wat ek hier oor die val van die Europa regering sê klink dalk ‘n bietjie grieselrig, maar ons moet darem ook die positiewe sy vir ons hierin raaksien en verstaan. Ons sien dit in die feit dat die Gees die “olie van versoening” oor die skinkbord vol stukke vleis (of maalvleis) laat kom sodra die skinkbord aan ons aangebied word. Ons kan nie regtig sê dat die versoening binne die Boervolk afhanklik is van die val van die ER nie, maar die twee sake gebeur saam.

Nou, hierdie is een van daardie Nederlandse woorde wat ons glad nie meer kan verstaan en/of plaas nie. En soos dit is kon selfs my Nederlandse penvriendin my ook nie meer hiermee help nie. My rekords toon dat ek hierdie saak op 2 Junie 2014 met haar opgeneem het, maar dat sy nie kon help nie.

20140602 (1842) Betekenis van woord (beslijn).
Kan jy dalk help met die betekenis van die (Nederlandse) woord ‘beslijn’ hieronder? Ek vermoed dat dit dalk ‘n skinkbord kon gewees het wat van die een of ander spesiale soort materiaal gemaak is, maar ek sal graag presies wil weet. Jy sal dalk in die ou Nederlandse woordelyste moet gaan delf, want ek het ‘n idee dit is ‘n baie ou woord. …
133.01 28/12/15 Een donker mist, toe die weg trek toe sit die mense onder die verandah. 133.02 28/12/15 Die skottel was die vlesch in is skoon. 133.03 28/12/15 Die wit bakkies staan op ‘n 4 streep; omtrent 6 of 9. Twee word gemerk. 133.04 28/12/15 Die perskebome hy is by hulle toe gee hulle pad. 133.05 28/12/15 Toe kom daar mense uit toe val die blare af. Toe word hulle min. 133.06 28/12/15 Die beslijn bord is voor hom. 133.07 28/12/15 Die vlesch is skyfies gesny.

Ek het toe maar op die internet gaan krap en darem op ‘n klein ietsie afgekom vir my moeite. Dit help my nie veel nie, maar dit is minstens interessant.

(a) Ek het afgekom op ‘n kennisgewing dat ene Hendrick Beslijn op 27 Oktober 1686 ter ruste gelê is in die Wester Kerkhof begraafplaas, Amsterdam.
https://www.openarch.nl/saa:a59101ab-2510-eb77-45ad-5ed2170e2444/en

(b) Ek het ook op ‘n ou koerantberig in Algemeen Handelsblad afgekom (met datum 19-09-1919) wat oor ‘n dorpie met die naam Weenen gehandel het. Daar verskyn ‘n berig wat deur iemand (“Eigen Bericht”) op 18 September 1919 vanaf Beslijn na die publikasie “Vorwärts” ingestuur is. Dit blyk dat hierdie Weenen op daardie stadium ‘n ernstige steenkooltekort ervaar het wat selfs daartoe kon lei dat die opwekking van elektrisiteit en ander dienste gestaak sal moet word.
https://www.delpher.nl/nl/kranten/view?identifier=ddd:010654270:mpeg21:a0059&objectsearch=beslijn&coll=ddd

Moeilike tye gewees, nê, maar kyk net wat se probleme dit nou nog (vir my) skep. Dit kan byvoorbeeld wees dat die Hendrick Beslijn van 1686 ‘n fabrikant van skinkborde was en dat die dorpie of woonbuurt hierbo sy familienaam geërf het. Hoe sal ek tog ooit weet? Ai tog, iemand help asseblief as u kan …

Groete,

Frik Pretorius.
fhpretorius@gmail.com

———————————————————————–

Twee uittreksels uit Siener van Rensburg – profeet of waarsêer – Wat is die Waarheid?

(4.2.21.) Die val van die Europa Regering.
Die leser het hierbo gesien dat die blou beeste wat van Rusland af kom verby die stukkende damwal agter die vlugtende stukke garingboom aantrek. Dit versteek egter die feit dat die Duitsers op daardie stadium in twee groepe verdeel, naamlik ‘n groot sekel en ‘n trop blou beeste. Ons vind dan ook dat die blou beeste, onder leiding van die Duitse rooi bles bul, op die Europa regering konsentreer. Ons het op hierdie stadium ook reeds bevind dat die hele gebied vanaf ongeveer Pole tot so ver as minstens die suidelike dele van Hongarye as ‘n lang afdraende beskryf word. Visioen [514.02] moet in hierdie verband spesifiek genoem word, want dit dui ook aan dat die gebied vol bosse staan, en ons vind dat hierdie bosse ‘n groot rol in die gebeure speel. Die bosse verwys skynbaar na die Engelse se vyande.
[514.02] In Europa is twee tronke vol troepe op ‘n afdraand en die twee tronke trek na mekaar en raak weg, toe staan daar lae bosse.
Hierdie simbool kom net rondom die ondergang van die Europa Regering voor, en bring op hierdie wyse ‘n skeiding tussen die twee verhale waarna ons hier kyk. Dit bring ook verskeidenheid in die algemene gebeure mee, want die sóórt oorlogvoering tussen die bosse verskil in ruime mate van die onderonsie tussen die saag en die Statebondsmagte. Ons sien byvoorbeeld dat die Duitsers onder andere as donkerblou skimmelperde tussen die bosse optree. Die werking van die saag dui op ‘n meer konvensionele soort oorlogvoering, want die aanwending daarvan impliseer dat dit meer rigied van aard kan wees. Ek moet hier egter ook uitwys dat die verhaal dalk meer opsigtelike klem op die val van die Europa Regering plaas as op die optrede teen die Statebondsmagte. Ons kry die indruk dat dit so is omdat die val van die Europa Regering die werklike ondergang van die Britse Ryk verteenwoordig.
Die ondergang van hierdie organisasie het verder ook ‘n baie groot invloed op die ontwikkeling van die gebeure in die Unie. Die basiese kleur van hierdie groep is geel, en die leser sal hieronder sien hoe dit keer op keer na vore kom in hierdie verhaalgroepie. Die onderstaande aanhalings kan as ‘n basiese opsomming van die aanvanklike gebeure beskou word. Dit lei daartoe dat die vyand, wat uit ‘n sak geel boontjies bestaan, uitmekaar spat en dan tussen die bosse deur vlug.
[538.01 11/12/21] In Europa is mense met vet blauw perre.
(Dit beteken dat die oorlogsmasjien gereed en “veglustig” is. Die verhaal toon aan dat die perde donkerblou skimmel van kleur is.)
[538.03] In Europa uit die donker kom ‘n rooi bul en daar kom nog een toe baklei die twee en raak weg.
(wat neerslag vind in)
[450.02] Ver in Europa in die Noorde staan ‘n vrouw met ‘n rooi rok en voor haar leg ‘n zak met geel boontjes.
[449.03] Toe leg daar ‘n zak en op hom leg geel boontjes en toe is daar onder zakke en die gaan ook oop en daar is ook geel boontjes in.
(wat soos volg uitgebrei word)
[509.01 20/02/21] In Europa is banja geel karretjes bij mekaar en hulle spat uit makaar en daar is nie perre voor nie. Daar is mense met geel kamaste bij hulle.
Hierdie gebeure word ook op ‘n ander manier voorgestel.
[467.01 21/12/19] Toe loop in Europa ‘n duitser, hij het ‘n wit boordje om en blauw klere aan. Toe trek waans zonder tente.
(Die kleurskema verwys na donkerblou skimmel, meer blou as wit.)
[254×02] en wagens trokken in het Oosten in een plek bossen in (in Europa).
[324.02] Die Duitsers kom in die Ooste kant om ‘n groot dorp. Die vrouwens en kinners vlug uit die dorp.
[603×06] Toe is daar ‘n dorp en uit die dorp vlug mense in bosse in.
(Die dorp moet in óf Slowakye, óf Hongarye wees.)
Die vlugtog en die gebeure wat daaruit voortspruit word só aangetoon:
[323.01 27/01/18] In die Ooste kant is ‘n plek bosse, in die bosse is vrouw mense met geel klere en trek na Zuid toe. Toe kom die Duitsers agter hulle uit en trek agterna. Die bosse verdwijn.
[480.02] Toe kom een blauw steen in gezicht in Europa wat fijn is. Toe die blauw steen weg raak toe kom daar een gele en die is banja grof.
[261×02] In Europa rol die geel steen so na die Zuide kant toe. Achter is wagens met blauw muile, en trek achter aan.
(en ook)
[469.01 05/01/20] In Europa staan ‘n vet blauw perd en toe die perd weg raak is daar ‘n lap bosse [469.02] een groot geel steen leg op ‘n blok en val van die blok in een bak.
Die geel steen wat in die bak (skottel) val dien as ‘n oorgangspunt na twee verdere verhaaltjies, wat albei oor ‘n groot wit vark handel wat afgeslag word. Let op die toepassing van die Duitse skêr in die eerste verhaaltjie, maar ook op die bepaalde verband wat deur die skottel varkwors tussen die twee verhaaltjies vasgelê word.
[049.02] ‘n stuk vleis
[032.01 01/07/15] Ek sien ‘n gedraaide blou hout, met sekels aan, twee kante daarvan regoor mekaar,
[013.16] en vleis wat aan die houte hang aan die Oostekant, die hout draai en dan kom dit na die Weste.
(Dit is die weste van Europa, dit wil sê na Genève se kant toe.)
Die ander verhaal lyk so:
[488.01 06/08/20] Ek zien een vark en een man staan in die Weste van Europa en die man vat die vark om zij bene en die vark val op sij rug en lijk morsdood.
[569×01 20/08/22] Aan die Weste kant is ‘n vark wat skoon gekrap word met hande en messe.
[434.01 06/07/19] In Europa leg een wit vark wat skoon gemaak is en een hand haal die binnegoed uit.
[487a01 10/06/20] Ek staan in die Weste in Europa en my hande is al twee vol bloed.
(Die twee verhaaltjies kom dan bymekaar om ‘n sinvolle geheel te vorm.)
[133.02] Die skottel was die vlesch en es schoon.
[133.05] Die beslijn bord es voor hem.
[133.06] Die vlesch is skijfjes gesnij.
[608a01 10/11/23] Kom ‘n skenkbord uit vol gemaalde vlijs. Val van Europa se regering.
[535.01 01/12/21] In Europa kom ‘n groot kom in gezicht en daar is vark wors in.
(En net om die horlosie in stand te hou;)
[535.02] Toe is daar ‘n skottel water en uit die water kom ‘n gekapte kop.
(Dit verwys na die ondergang van die militante Indiër.)
[535.03] Toe kom ‘n zwart manel uit.
(Dit verwys na die val van die Statebondsmagte.)
Die simbole rondom die wit vark kom uiteindelik in die Unie bymekaar.
[208.02] Toe sien ek ‘n tafel. Van die westekant af kom ‘n groot doek uit, kom wat met kant oorgetrek is.
(Die tafeldoek wat hier op die tafel kom verwys terug na die pers doek wat wit geword het aan die begin van die verhaal. Ons vind dat hierdie tafel baie sorgvuldig oor die strekwydte van ‘n hele paar visioene gedek word. Die simboliese doel hiermee is dat Afrikaner-nasionalisme eenmaal by ‘n feesmaal van vryheid sal aansit sodra ons vyande verslaan is.)
*Einde van aanhaling*
———————————————————————————————–

(5.4.32.) Broedertwis – die vlak put.
Die korrelasie tussen die Engelse rebel en die leierskaptwis onder die Boere het natuurlik alles te doen met die spesifieke tydstip van sy aankoms hier. Hierdie verhaaltjie begin volgens alle aanduidinge langs die Vaalrivier by die ronde huis van bruin plank. Ek het in hierdie verband die moontlikheid genoem dat die spesifieke plek dalk Skandinawiëdrif kan wees. Siener se huis naby Wolmaransstad is oor die algemeen die sentrale verwysingspunt in die verhaal, so “duskant Bloemfontein” sal inderdaad in die kol kan wees ten opsigte van hierdie drif deur die Vaalrivier.
[004a02] Die moframme duskant Bloemfontein, die trek na die weste, en die donkies volg.
(Moframme is die volk se parlementêre verteenwoordigers, waaruit die hoofleier natuurlik gekies word. Die ronde parlement is egter nou tot niet en nou moet daar ‘n ander plan gemaak word.)
[290×02] Een pad gaat naar die Weste onder in die pad stap die donkies achter mekaar.
[001c01 ../10/13] Die Moframme kom onder hulle in en hulle kom hierheen.
(Die moframme begin nou met die Boerekrygers te praat en die verskillende stemme wat hulle hoor skep algaande meer probleme tussen die Boere. Dit is belangrik om te verstaan dat die leier wat uiteindelik hier aangestel word ‘n verraaier is.)
Ek gee die visioen waarin die volgende stel verwysings voorkom volledig om die groter prentjie aan te toon ook. Ons sal dit bespreek soos ons gaan.
[007e01 13/09/14] Die donkies draai. Hulle grawe ‘n put en lê daar houte oor. Die houte raak aan die brand. Die vuur slaan bo by die put uit.
[007e02] Dit verander aan ‘n kleiner vierkantige bekkie.
(Ek is nie seker wat hierdie bekkie beteken nie, maar gesien in die lig van wat hierna gebeur is die implikasie dat die twis baie skerp op verskille gefokus word.)
[007e03] Toe gloei die vuur binne in die gat, net soos ‘n miernes.
(Ek gee hieronder ‘n uitbreidiing waarin dit verduidelik word en wat sommer vir ons sê waar hierdie twis plaasvind.)
[007e04] Die vuur se gloed word binne wit.
(Die aard van die twis verander egter dramaties, want wit is Vader se kleur in die visioene en die manne versoen met mekaar.)
[007e05] Toe lyk dit na olie.
(Die olie dien as ‘n kruisverwysing wat die gebeure aan ‘n ander gebeurtenis koppel, naamlik die val van die Europa Regering (tydstip, dus). Die olie koppel in die Bybel met die werking van die HG, so die olie verwys hier na versoneing. Ons kan egter ook op die sekulêre vlak sê dat dit juis die val van hierdie regering is wat die versoening moontlik maak, want dit haal die druk van die ontwrigte Boervolk dramaties af. Ek gee dit in elk geval volledig hierby.)
[082×01 25/10/15] Baie doringbome is droog. [082×02] Die walle van die sloot. Tussen hulle en my is, die kom na mekaar toe [082×03] en daarna kom ‘n groot skinkbord te voorskyn en die olie loop oor die skinkbord. Toe is alles weer weg. [082×04] Ek sien nog klompies mense waarvan die oë nog toe is.
[608a01 10/11/23] Kom ‘n skenkbord uit vol gemaalde vlijs. Val van Europa se regering. [608a02] Tronk potje staan met papbransel en mes krap dit uit toe is potje mooi blink skoon (zwaar wat ons onder Smuts gehad het).
(Die walle van die sloot, of kloof van skeiding, tussen die groepe gaan asof vanself toe. Daar is nog Sappe wie se oë nog toe is vir die werklikheid van die verraad teenoor die Boervolk. Ons sal later by die tronkpotjie kom, maar dit koppel op ‘n manier ook met die twis tussen die Boere.)
*Einde van aanhaling*

From → Uncategorized

Kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: