Slaan oor na inhoud

ART 150 2021-01-30: So van dodelike virusse en biologiese oorlogvoering gepraat…

2021/01/30

http://www.sienervanrensburg.co.za
F.H. Pretorius,
Swartruggens,
Noordwes Provinsie.

[Hierdie artikel verskyn ook op die FB blad van Elsa Muller – NIKLAAS SIENER VAN RENSBURG- BOODSKAPPER VAN GOD. https://www.facebook.com/groups/427103870673448/ Sluit gerus aan en kom help om die Waarheid in Siener se visioene te laat seëvier! Alle besprekings van my artikels vind met my medewerking op daardie blad plaas as u daarin sou belangstel.]

Hierbinne in vandag se artikel:

23:37 The 2017 edition of the authoritative publication, The Science of Military Strategy published by China’s National Defense University talks about new warfare with quote, “… specific ethnic genetic attacks …” [my beklemtoning]

Ek wil hier aan die begin om verskoning vra vir die onlangse skielike stilte van my kant af. Ek het baie kort na die publikasie van ART149 onverwags, en dan ook letterlik oornag, erge karpale tonnel sindroom ontwikkel in albei my hande. Nodeloos om te sê dat alles wat met ‘n sleutelbord te doen gehad het daardeur óók oornag tot stilstand gekom het. Ek het nie geweet dat dit soveel pyn kan genereer om net aan iets met my tikvingers te raak nie. En hierdie is nie eers naastenby op dieselfde vlak van intensiteit wat mense beleef wat ‘n gewrigsvervanging moet kry nie, né.

Iemand wat baie naby aan my was het ‘n jaar of drie gelede so ‘n probleem met ‘n heup gehad. Ek het daardie tyd baie mededoë en geduld daarmee gehad en het uit my pad gegaan om te doen wat ek kon om dit makliker te maak. Maar ek besef nou eers wat daardie persoon moes deurgaan voordat ‘n operasie gedoen kon word. Ek wonder of ons nie stilweg ‘n soort “operasiefonds” kan stig vir daardie volkslede wat nie sulke operasies kan bekostig nie? Waar is die regsgeleerdes onder ons? Kan hulle dalk met voorstelle kom hoe ons dit op ‘n wettige wyse kan doen sonder dat ook dit maar net weer weggevat sal word?

Maar in elk geval, vandag se artikel is gebaseer op ‘n brief wat ek vanoggend aan my internet vriendin Elsa Muller en haar groep begin skryf het.

Hallo Elsa,

Dit gaan stadig en sukkel-sukkel om weer aan die werk te kom met die “siek” hande, maar hier is iets interessant wat ek raakgesien het. Ek wil dit graag met julle deel, want dit is nóg ‘n bewys vir my gepubliseerde stelling in 2004 dat daar ‘n geen-gerigte virus-aanslag op die swart bevolking van Afrika op pad is. Hierdie vroeë waarskuwing is op ‘n baie subtiele wyse weggesteek in die openinsgvisioen van die visioenêre verhaal wat Siener van Rensburg nagelaat het. Ek wil dit egter baie duidelik stel dat ek dit nie sou raakgesien het en begin ondersoek het as die Gees dit nie op ‘n stadium onder my aandag gebring het nie. Soos dit is het ek dit eers begin agterkom toe ek gemerk het dat daar geen swartmense in die verhaal optree nie. Die res van hierdie ondersoek en openbaring vorm deel van my roeping vanuit Esegiël 33:1-20, en dan baie bepaald met die direkte opdrag in vers 7:

en as jy ’n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku

Daar word deesdae baie rond en bont gepraat op openbare forums oor virusse en pessiektes en niemand weet waar ons regtig daarmee staan nie. Wat dit baie erg maak is dat die leuens en bedrog van sogenaamde “kenners” afkomstig is, en dat “gewone” mense dit dan gebruik om vrees, angs en veral verwarring op webblaaie soos joune te versprei. Ek glo hulle werk in werklikheid saam om rookskerms te skep om die onheilighede waarmee hul base regtig besig is weg te steek. Die aanhaling waarmee ek hierbo weggespring het wys reeds heen na die logiese eindpunt van die NWO se beplanning vir almal behalwe hul eie soort. [wat iets heel anders as ras alleen is]

Almal het oor my stellings in 2004 gelag, en ek is oor die jare daarna selfs vieslik beledig en swartgesmeer daaroor, maar die waarheid daarvan het die afgelope paar maande al meer en al sterker na vore begin kom. Ek wil vandag nóg so ‘n bewys voorlê, en dan ook een wat duidelik genoeg is om die massas ongelowiges in ons eie groep te begin oortuig dat daar werklik ‘n mooi toekoms op ons wag, ten spyte van die eindelose doemprofesieë waaraan ons blootgestel word. Kontak my, dan help ek u om by die werklike Waarheid in Siener se visoenêre vooruitskouing uit te kom en dit te verstaan ook! U gaan eers dan die verband kan sien tussen vandag se artikel, wat oor ‘n broeiende Chinese virus oorlog teen die VSA handel, en die beginpunt van die oorlog waaroor Siener ons twee of drie geslagte gelede reeds ingelig het. Die gemene deler tussen die twee is ‘n dodelike virus wat miljoene mense gaan uitwis en die begin-visoen in Siener se visioenêre verhaal sê vir my dat die eerste ongevalle hiervan bes moontlik in Suid-Afrika gaan wees.

Ons Vader skep nie hierdie situasies en gevare nie. Hy hoef ook nie, want die vyand doen dit sommer self en al wat Hy doen is om terug te staan sodat hulle hulself kan ontbloot en vernietig. Ek wonder baie of die gewone swartmense op straat dan nie kan verstaan dat die inspuitings wat tans deur sy eie leiers op hom afgesmeer word uiteindelik ook sy totale uitwissing kan of gaan meebring nie. Dit gaan nie noodwendig onmiddellik deur hierdie wonderlike “vaccines” teen COVID19 kom nie, maar daardie middels maak beslis groot dubbeldeure oop vir die werklike “killer-virus” om oor ‘n week of ‘n maand, of hoe lank ookal, stilweg ingebring te kan word. Wie van ons weet wat in daardie inspuiting is, of wat in die toekoms stilweg daar bygevoeg kán word? As die idee eers gevestig is, en almal glo die entstof is betroubaar en dat dit werk, sal die verskuilde dodelike deel daarvan ook moontlik word. En ek glo nog steeds dit sal ‘n swart geen-gerigte aerobiese virus wees wat baie vinng deur die lug van mens tot mens versprei sal word. Ek glo dat dinge baie vinnig van daardie punt af gaan ontwikkel en dat dit dan te laat sal wees om nog te kan keer ook.

Hier is dan die betrokke video van Tucker Carlson van die VSA se adres, en ook ‘n stukkie van die transkripsie wat belangrik vir ons is daarby. Ek het in elk geval alles hiervan afgelaai vir ingeval dit deur YouTube afgehaal word.

[transkripsie vanaf]
22:32
[for a moment] this BGI would hand over
22:35
sensitive bio data of thousands of
22:37
Americans to
22:38
the Chinese communist party, the ultimate
22:42
company that shows connectivity to both
22:45
the communist state
22:46
as well as the military apparatus. We put
22:48
out an advisory to not only every
22:49
America but to hospitals
22:51
association and clinics. Knowing that BGI
22:53
is a Chinese company
22:55
do we understand where that data is
22:56
going? This shows the nefarious
22:59
mindset of the communist party of China
23:01
to take advantage
23:02
of a worldwide crisis like covid
[op hierdie punt gaan Tucker Carlson oor na ‘n uittreksel uit Maria Bartiromo van Fox News Primetime se onderhoud met die navorser en skrywer Gordon Chang oor hierdie onderwerp]
23:06
Join[ing] me right now to talk more about
23:07
this is Gordon Chang he’s the author of
23:09
The Coming Collapse Of China and The
23:11
Great U.S. China Tech War.
23:13
Gordon it’s great to see you I know you
23:15
have such an incredible handle on all of
23:18
this
23:18
What are they doing with our dna? We
23:22
really have to be concerned Maria
23:23
because we know
23:25
that China is collecting our dna but
23:27
it’s not allowing the transfer of
23:29
Chinese dna
23:30
to outside China and the real concern
23:32
here is that Beijing is developing
23:35
what’s called a new type of warfare
23:37
The 2017 edition of the authoritative
23:40
publication
23:41
The Science of Military Strategy
23:43
published by China’s National Defense
23:45
University
23:46
talks about new warfare with quote
23:48
“… specific
23:49
ethnic genetic attacks …
” [my beklemtoning] and that really
23:51
means that the next disease from China
23:54
won’t affect the Chinese but it will
23:56
affect everybody else.
23:57
So this is really the concern of China
24:00
taking our dna ….

Die Chinese het ‘n spreekwoord wat sê: Alles wat ‘n mens wil hê sal na hom toe kom wat bereid is om te wag…. Dit het lank geneem om te gebeur, maar wat kan ek nog sê? Ek word al meer en meer tevrede dat ek reg had, want hoor net wat die kenners deesdae te sê het daaroor!

Groete,

Frik Pretorius.

From → Uncategorized

Kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: