Slaan oor na inhoud

ART 163 2021-12-14 Die NWO is ‘n godsdiens wat ‘n wêreldwye magsgreep deur COVID19 probeer uitvoer:  Is Prins Charles ons bose held en bevryder hiervan?

2021/12/14

http://www.sienervanrensburg.com
F.H. Pretorius,
Swartruggens,
Noordwes Provinsie.

[Hierdie artikel verskyn ook op die FB blad van Elsa Muller – NIKLAAS SIENER VAN RENSBURG- BOODSKAPPER VAN GOD. https://www.facebook.com/groups/427103870673448/ Sluit gerus hier aan en kom help om die Waarheid in Siener se visioene te laat seëvier! Alle verdere besprekings van my artikels en ook Siener se visioene vind met my medewerking op daardie blad plaas as u daarin sou belangstel.]

———————————————————————————-

Goeiedag,

Die idee van ‘n Nuwe Wêreld Orde is ‘n konsep wat al baie ver uit die verlede kom.  Daar was dan ook al baie pogings vanuit verskillende hoeke deur verskillende wêreldryke om een sentrale “vir altyd” wêreldregering op te rig.  Baie min mense sien dit so, maar die wêreld was in elk geval laas in Abraham se tyd in sy geheel so deurmekaar en gevaarlik soos nou.

Die punt hier is dat mense en omstandighede intussen verander het, maar die dryfkrag agter dit, die gees wat die poging rig, was nog altyd dieselfde.  Maar so begin ons eers in die laaste dae van Abraham se kleinseun, Jakob, te sien en te verstaan waarheen hierdie poging mik en wat uiteindelik daarvan gaan word.

Ons lees die volgende in Genesis 49:17 van Dan, die seun van Jakob.

GEN 49:17  Laat Dan ’n slang wees op die weg, ’n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.

Hierdie is sekerlik een van die vroegste verwysings wat ons het na ‘n komende poging om God se staatkundige ordening omver te werp.  Die verwysing na die perd dui sterk daarop dat hierdie deur ‘n oorlog sal kom.  Maar ons lees darem ook Jakob se gebed op verlossing en uitkoms in vers 18.

GEN 49:18  Op u verlossing  wag ek, HERE!.   

Maar goed, dit was lank, lank gelede gewees en vandag lyk die situasie heelwat anders.  Die omgewing waarin die jongste poging sal afspeel het intussen vanaf Kanaän na Europa verskuif, maar Dan se manier van doen is nog steeds een van agteraf optrede.  Hy was ‘n Judeër en ons moet dus aanvaar dat hy ook deel van die Judaïsme is, en sal wees.  Ons kan egter óók aflei dat sy nasate beïnvloed is deur die booshede in die Yahwisme, want kyk wat doen hy!  Hy word selfs vergelyk met ‘n giftige slang, wat natuurlik ook ‘n simbool vir agteraf boosheid is.  

Dit is egter nie duidelik teen wie sy optrede spesifiek gemik is nie.  Ons kan in die profesie sien dat Juda die gekose leier is, maar Dan se optrede hier is eerder teen die bondel gemik as teen Juda as sulks.  Ek glo ons volk is daardie Juda waaruit die uiteindelike leier sal voorkom waarna Jakob hier verwys, maar dit sal egter eers gebeur as Dan nie meer ‘n bedreiging is nie.  En ja, dit is presies wat in die visioenêre verhaal gebeur.  Ek beplan ‘n artikel wat oor ons komende leier sal handel waarin ek aan die leser sal uitwys wie en wat die Gees sê hy werklik is!  Hy word aangestel by Prieska op ‘n punt waar die oorlog basies reeds verby is en ons en ons vriende eintlik nog net die vyand moet opruim.  

Die moderne NWO kon dalk by die sogenaamde Askanaziese Oos-Jode van Rusland begin het, maar dit het sy basis in ons tydvak na Europa oorgeplaas.  Die mees logiese plek hier, volgens sekere teorieë, is die gebied wat voorheen deur die voormalige Romeinse Ryk beset is.  Dit verduidelik meteens ook die stille, maar ook baie sterk teenwoordigheid van die Roomse kerk in die ontwikkelende gebeure.  Die ou-Romeinse Ryk het op ‘n stadium as ‘n staatkundige entiteit inmekaar gesak en is deur die Roomse kerk oorgeneem en deur die Vatikaan bestuur as die Heilige Romeinse Ryk. Die konings en keisers het gekom en gegaan, maar die Vatikaan was deurgaans die stille heerser agter die skerms gewees. 

Die huidige amptelike bestuursliggaam is die Europa Unie, wat ook bekend staan as die Europa Regering van Brussels.  Dit is ‘n onwettige regering wat homself letterlik op grond van agteraf leuens en bedrog aangestel en bevestig het.  Dit is onwettig in die sin dat daar geen verkiesing was wat dit aangestel het nie, en die bestaan daarvan berus eerder op die erkenning van ‘n ooreenkoms van voorneme deur die leiers van die verskillende lidstate.  Dit is maar net ‘n mooi manier om te sê dat die regerings van Europa hul lande aan die ideale van die (“Rooms-Joodse”) NWO uitverkoop het en maak asof die EU ‘n legitieme regering is. 

Maar dit gebeur nie net in Europa nie, hierdie organisasie het ook sy tentakels in ander lande in die wêreld ingeslaan. Die voormalige Sowjet Rusland is omtrent die enigste plek waar die NWO nie invloed het nie, want Putin het dit daadwerklik stopgesit daar.  Die uitsondering is die Ukraïne, maar die probleme daar word baie doelbewus deur die NWO en die VSA aangestig.  Hulle probeer hul bes om ‘n oorlog teen Rusland aan die gang te sit met die doel om van Putin se weerstand teen hulle ontslae te raak.

Die huidige situasie in die VSA gaan nie so gou opgelos word as wat Trump se ondersteuners dalk hoop nie. As ek die visioenêre verhaal mooi bekyk lyk dit of Biden se onwettige besetting van die Wit Huis eers gaan eindig sodra die komende burgeroorlog daar ook verby is.  Die bose militêre magte in Europa vlug na die VSA as hulle deur Duitsland en vriende verslaan word, en dit lei uiteindelik tot ‘n burgeroorlog binne ‘n oorlog in die VSA. Ons beleef presies dieselfde situasie hier in Suid-Afrika.   

Dit is die enigste geleentheid wat ek vanuit die visioenêre verhaal kan voorsien waartydens die magsgreep van die verlinkse demokrate in die VSA verbreek sal kan word.  As die republikeine dit byvoorbeeld deur die stembus kan regkry, selfs in 2022 met hul tussentydse verkiesings, sal dit nooit waar kan word dat die bose magte in Europa daarheen kan vlug nie.  As die republikeine nou in beheer van die VSA kan kom sal hulle die vyand reeds in Siberië gaan keer! Die Biden administrasie sal hulle daarenteen met ope arms verwelkom! Dit kan dus beteken, en let wel ek sê nie dit gáán so wees nie, dat ons dalk kort voor die Amerikaanse verkiesings in 2022 by die einde van die huidige siklus in wêreldgebeure kan kom. Ek hoop in elk geval so, want genoeg hiervan is sekerlik genoeg!             

Wat die beplanning van die Britse vorstehuis betref is dit so dat ons natuurlik niks met groot sekerheid kan sê nie.  As ons na die toesprake van die Europese en Britse leiers kyk, wat Prins Charles insluit, dan wil dit voorkom asof almal van hulle in dieselfde saak glo.  En tog sê die werklikhede van BREXIT aan my dat dit Prins Charles se voetwerk weerspieël om Brittanje los te maak van die EU.  Dit het natuurlik ook die ideale geleentheid gebied om die EU verder te verswak deur lande soos Frankryk, Pole en Hongarye van die invloed van die EU weg te lok. Die visvang-probleem tussen Engeland en Frankryk is stadig maar seker besig om Frankryk en België se kiesers in die arms van Macron se regse opposisie te dryf.  Die jongste meningspeiling wys dat hy nog net vier persentasiepunte voor die Republikeinse Partykandidaat loop. Die grafiek wat haar vordering teen Macron vertoon styg ook stadig maar seker in haar guns en daar is meningspeilers wat sê dat Macron die volgende Franse presidentsverkiesing in 2022 reeds verloor het.  Dit sal die Britte absoluut pas as Macron uitgestoot kan word en die Franse en Belge na die Britse kamp kan oorloop. Dit sal Europa se westelike flank onmiddellik oopgooi vir die Britse troepe om vrylik en vinnig deur te beweeg tot in die middel van Europa!         

Maar dan is daar ook nog Hongarye en Pole wat al meer besig is om die EU se gesag oor hul lande te verwerp. Pole veral het die EU diep geskok deur te besluit dat die EU se hof in Den Haag geen sê in Pole en/of oor die uitsprake van die Poolse hof het nie. Dit is natuurlik ‘n duidelike verklaring van afstigting en soewereiniteit, né! 

Die belangrike opsies wat hiermee vir die Engelse oopgaan is dat Hongarye gerieflik sal kan dien as wegkruipplek vir sommige van die Islamitiese Indiërterroriste wat aan Charles se kant sal veg.  Wat Pole betref openbaar die visioenêre verhaal egter dat die Engelse ‘n baie groot militêre mag in die suide van daardie land sal ontplooi.  Hierdie mag is groot genoeg om as ‘n garingboom beskryf te kan word, waar ‘n boom ‘n simbool vir ‘n regering is. Dit kan dus wees dat Charles self daar gestasioneer sal wees, want hy is natuurlik die aangewese hoofman van Brittanje wat kweenie sal opvolg. (Terloops, sy is blykbaar besig om vinnig agteruit te gaan na haar man se dood en daar is selfs sprake dat sy gaan uittree. Dit skep egter nie ‘n tydlynprobleem nie, want Charles is blykbaar self baie siek en sal self dalk nie meer lank met ons wees nie.  In daardie geval sal sy seun William natuurlik sy sit op die stoel kan kry en bloot aangaan waar sy ouma en pa opgehou het). 

Maar ja, die garingboom is so groot en belangrik vir die Engelse se poging dat dit aan drie flanke deur drie gevegsroepe en drie baie groot groepe terroriste beskerm word.

Wat die opskrif bo aan hierdie artikel betref is daar natuurlik ‘n interessante situasie besig om in Europa te ontwikkel.  Ek kan nie sê hoekom alles skielik so vinnig begin verander het nie.  Dit is byna asof die NWO besluit het om hul planne te bespoedig en nou moet almal spring om dit te laat gebeur.  En die hoofaannwysers hiervoor is die skielike nuwe groot klem wat op die vaksinering van mense geplaas word. Dit het dan ook ‘n punt bereik waar dit verpligtend gemaak (gaan) word in Europa en die publiek hou niks daarvan nie. Die jongste verpligting is dat mense selfs vir ‘n vierde keer ingespuit moet word, en dan weer negemaandeliks daarna, al het die onderskeie regerings reeds voor die eerste inspuiting belowe daar sal nie meer as net een wees nie.  Die mense kom ook agter dat die inspuitings al minder met COVID te doen het, want mense sterf van die komplikasies van die inspuiting terwyl die siekte self niks meer as net ‘n ligte griep is nie. 

Daar is egter ook ander probleme met die vaksineringsproses, want dit lei al meer na ‘n sieklike soort mediese apartheid.  Daar word in vele opsigte gediskrimineer teen die natuurlike vryhede van mense wat weier om die inspuiting te neem.  Die leier van Nederland se FVD, dr. Thierry Baudet, vergelyk die huidige houding teenoor sulke mense selfs al met dié van die Jode in WO II.  Die gewone publiek word al meer onderdruk deur die grille en onnodige verdrukking van ‘n onwettige regering in Brussels, en die regerings van Europa speel maar ewe gedweë saam met hulle!  

In Letland het dit al so ver gevorder dat die lede van daardie land se parlement wat nie die inspuiting wil neem nie verbied word om aan die bedrywighede van die parlement deel te neem!

Daar is dosyne sulke voorbeelde en die mense van Europa is besig om al meer onrustig te raak hieroor.  Die algemene situasie is vinnig besig om in absolute chaos te verval, en die ideale omstandighede vir die Engelse om onverwags op die EU aan te kan val word al beter.  Ek dink egter dit kan nog ‘n rukkie duur voor ons dáár kom, want ons moet minstens eers verby die Franse presidentsverkiesing kom.  Ek dink die enigste manier om dit te kan verkort sal wees om Macron uit te haal, maar dit sal ook weer nagevolge skep wat ons nie nou kan bedink nie. Bly dus maar kalm tot die regte tyd gekom het en bly intussen veilig!

Die baie belangrike saak hier is egter dat die Britse vorstehuis die EU se magsgreep op Europa gaan vernietig, maar dat ook die Britse Ryk in die proses sal ondergaan.  Daar is dus goeie nuus na beide kante toe op die horison vir ‘n wêreld wat na asem snak in die wurggreep op ons.  Charles, of dalk William, sal inderdaaed ons held en bevryder wees as hulle die EU vernietig.  Maar dan sal sy beurt ook kom en dan sal die ganse wêreld ook vir ‘n baie lang tyd vry wees!

Ek wil afsluit deur iets te noem wat na my mening kan koppel met die massas vlugtelinge wat Siener gesê het hierheen sal kom.  Ons het geen inligting oor waarom hulle kom nie, en ook nie presies wanneer dit sal gebeur nie. Soos dit is bied die visioenêre verhaal ook geen antwoord op hierdie vrae nie.  Ons kan egter wel belangrike afleidings hieroor begin maak as ons kyk na die lyne en rigtings waarlangs die gebeure in Europa sal plaasvind.

Ons kan in die eerste plek aflei dat die gebeure baie vinnig by ‘n sentrale punt sal begin en net so vinnig “verby” daardie punt sal beweeg.  Gestel byvoorbeeld dat die vyand deur die een of ander dorpie in enige gebied in Europa trek en daar word op hulle geskiet.  Hierdie is ‘n “on the run” oorlog en dit gaan dadelik verby wees en aanbeweeg na ‘n volgende kontakpunt toe.  Die gevaar sal dus eintlik verby wees voor dit nodig word om te vlug, en daarna sal hulle ook nie meer hoef te vlug nie. 

Die oorlog speel ook nie oor die hele Europa af nie.  Daar is dele wat waarskynlik geen militêre aksie van enige aard sal sien nie.  Ek dink byvoorbeeld hier spesifiek aan gebiede soos Friesland en Groningen in Nederland wat heeltemal buite die verwagte oorlogsone sal lê.  Die gevegte vind baie ver daarvandaan na die ooste en suid-ooste kant toe plaas.  Daar moet dus ‘n ander rede wees waarom so baie mense gelyk hierheen sal vlug.  Die enigste rede waaraan ek hiervoor kan dink is dat hulle deur die miljoene Moslem migrante aangeval sal word die oomblik as die Engelse op Europa begin toeslaan.  Ek dink dit is hier baie, baie belangrik om te verstaan dat die Britte ‘n sterk bondgenootskap met die Islam sal hê.  Die Britte gebruik hulle teen die Duitse magte en hul medewerkers, en daar is geen rede om te kan dink dat die Engelse hulle nie ook teen die siviele mense in Europa sal gebruik nie.  Die kontakvlak sal logieserwys outomaties deur die terroriste in Charles se diens wees. 

Dit is hoekom ek my Nederlandse penvriendin reeds meer as twee jaar gelede aangeraai het om haar familie en vriende dadelik hierheen te bring sodra die Turk sy kop begin uitsteek. Dit sal saamval met die verkiesingsdatum hier, en die tydstip as die gesamentlike polisie, militêre magte en NAVO begin om al die paaie en plekke in Europa op ‘n dringende skaal te patrolleer.  As dit begin gebeur moet hulle dadelik kom, al beteken dit dat die oorlog ook hier nog moet losbars.  Dit sal soveel makliker en veiliger wes om hulle hier weg te steek as in Europa.  Teen die tyd wat hulle hier aankom sal die oorlog dalk ook reeds grootliks verby wees hier, want alles speel baie vinnig af. 

My grootste enkele probleem is die vraag hoe ons die vlugtelinge veilig hier gaan kry, want dit is baie ver en alle skepe en vlegtuie sal waarskynlik net in groot gevaar kan beweeg.

Groete,

Frik Pretorius

———————————————————————————-

From → Uncategorized

Kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: