Slaan oor na inhoud

ART 168 2022-04-09 Hou duim vas, Macron se nederlaag vind dalk op Sondag 10 April plaas.

2022/04/09

http://www.sienervanrensburg.com
F.H. Pretorius,
Swartruggens,
Noordwes Provinsie.

[Hierdie artikel verskyn ook op die FB blad van Elsa Muller – NIKLAAS SIENER VAN RENSBURG- BOODSKAPPER VAN GOD. https://www.facebook.com/groups/427103870673448/

Sluit gerus hier aan en kom help om die Waarheid in Siener se visioene te laat seëvier! Alle verdere besprekings van my artikels en ook Siener se visioene vind met my medewerking plaas op daardie blad as u daarin sou belangstel.]

———————————————————————–

Goeiedag,

Net ‘n baie kort artikel om onderstaande nuus oor die komende presidentsverkiesing in Frankryk oor te dra.  Die eerste rondte (van twee vind plaas op 10 April 2022 en die tweede een op 24 April 2022.  Meningsopnames op 5 April 2022 het aangedui dat Macron slegs 3% meer steun as Le Pen op daardie punt geniet het, maar volgens die woordvoerder in die video hierby groei haar steun al sterker.  Hy is mnr. Michael Heaver, wat as ‘n lid van die Britse BREXIT party in 2019 in die Europa Parlement diens gedoen het.

Ek het ‘n paar maande gelede op hierdie artikelblad in ART149 na hierdie spesifieke moontlikheid verwys waarin Macron so ‘n verkiesing teen die konserwatiewes kan verloor.  Ek het daarin die verreikende effek uitgewys wat ‘n oorwinning vir Marine le Pen op Siener se visioenêre verhaal kan/sal hê.  (Maar ek sien ook nou ek het verkeerdelik na Marine le Pen se niggie verwys as moontlike wenner teen Macron. Dit was ‘n vingerfout, want sover ek kan vasstel het sy nie ‘n niggie wat in Frankryk se nasionale politiek betrokke is nie.  Ek het geen idee (meer) waar dit vandaan kon gekom het nie.) 

Dit is dalk nog ‘n bietjie vroeg om nou al te begin jubel oor Macron se moontlike nederlaag hierdie jaar, maar ek glo al sterker dit gaan gebeur.  Hierdie proses het al ‘n paar maande gelede in die konserwatiwes se guns begin swaai toe ‘n paar van Macron se sterkste vennote hul setels in tussenverkiesings begin verloor het.  En hier kom hierdie mnr. Heaver, wat ‘n prominente uitvoerende lid van die BREXIT Party was, en sê prontuit dat Marine Le Pen baie moontlik die stryd kan wen.

https://www.youtube.com/watch?v=cFuaBkjWwh0groot

Hy wys byvoorbeeld daarop dat Le Pen in 2017 net 34% kiesersteun aan haar kant kon kry en dat Macron dus gemaklik ‘n twee-derde oorwinning behaal het.  Hierdie gaping het egter nou, vyf dae voor die eerste verkiesingsrondte van 2022, vernou na slegs 3%.  Dit wil dus lyk of die huidige momentum beslis in haar guns geswaai het.     

Ons moet egter hier ook in gedagte hou dat Macron se oorwinning in 2017 op net twee faktore berus het. 

(a) Die eerste was dat hy Le Pen se uitgesproke ‘regsheid’ in Frankryk se bekende liberale politieke omgewing tot sy voordeel uitgebuit het.  Sy het egter haar les goed geleer en het sedertdien ‘n beeld van haarself geskep as ‘n meer bedaarde en gematigde leiersfiguur wat haar aandag op Frankryk se beste maatskaplike welsyn en belang wil fokus.  

(b) Macron het die bestaande politieke balans in 2017 doelbewus versteur, én met groot sukses uitgebuit, deur ‘n sogenaamde konserwatiewe politieke uitdrukking tussen links en regs te skep. Hy het op hierdie manier genoeg stemme van weerskante getrek om sy vernaamste teenstaanders uit te kon knikker.  Maar dit was in 2017 en hy sal nie weer met so ‘n foefie kan wegkom nie.  (Hier by ons het die Broederbond destyds die KP in 1982 gestig om stemme op dieselfde manier van die HNP af te rokkel in die verkiesing van 1984.  Dit was al manier om te keer dat mnr. Jaap Marais se HNP die NP by die stembus verslaan.) 

Daar moet iets in Heaver se optimisme steek, want vooruitskattings soos hierdie speel ‘n baie belangrike rol in die toekomsbeplanning wat hierdie mense vir Groot Brittanje moet doen.  Dit raak per slot van sake alle sektore van Brittanje se regeringstelsel.  Dit is veral waar omdat die anti-BREXIT groep nog steeds baie lawaai maak oor hierdie aangeleentheid en elke moontlike geleentheid uitbuit om hul saak teen BREXIT te ‘bewys’.

Frankryk (en minstens die Walloniese deel van België) sal noodwendig by Brittanje moet inskakel om ekonomies te kan oorleef.  Dit sal meebring dat die sentrale deel van Europa oop lê vir Brittanje om Duitsland onverwags te gaan aanval, presies soos die visoenêre verhaal aandui. Al wat nog kortkom hier is dat die Engelse en Pole die een of ander ooreenkoms sal bereik wat sal toelaat dat hulle ‘n reuse groot militêre basis in die suidelike deel van Pole sal kan oprig.

Groete,

Frik Pretorius.

———————————————————————-

From → Uncategorized

Kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: