Slaan oor na inhoud

ART 169 2022-04-10 Die doel met die baie ‘voorspellings’ en treurmares oor die ekonomie, voedselsekuriteit, ensovoorts.

2022/04/10

http://www.sienervanrensburg.com
F.H. Pretorius,
Swartruggens,
Noordwes Provinsie.

[Hierdie artikel verskyn ook op die FB blad van Elsa Muller – NIKLAAS SIENER VAN RENSBURG- BOODSKAPPER VAN GOD. https://www.facebook.com/groups/427103870673448/

Sluit gerus hier aan en kom help om die Waarheid in Siener se visioene te laat seëvier! Alle verdere besprekings van my artikels en ook Siener se visioene vind met my medewerking plaas op daardie blad as u daarin sou belangstel.]

———————————————————————-

Elsa Muller stuur vir my ‘n baie interessante vraag wat ek graag op hierdie forum wil hanteer.  Ek dink dit is belangrik dat hierdie inligting aan ‘n groter gehoor voorgelê sal word.  Een van haar lede, Markus Barendse vra:

Maak enige iets dalk sin oor die voorspellings en wat tans gebeur… Ekonomie ens?

Nou, ek wil glo dat hy dalk na die meer plaaslike en onmiddellike situasie kan verwys, maar die saak kring eintlik baie wyer uit as dit.  My antwoord aan hom spruit dan ook voort uit wat Siener se visioenêre verhaal ten opsigte van die breër situasie aan ons openbaar. 

Op hierdie punt is dit nodig dat ek eers ‘n aanhaling uit my eerste boek hier moet plaas.  U sal beter verstaan wat ek in hierdie artikel wil sê as u hierdie aanhaling in sy regte perspektief geplaas het.

DEEL 4 – HOOFSTUK 1: DIE EUROPA VERHAAL.

(4.1.1) Algemene agtergrond.

…. Hierdie verhaal is tot op datum nog net deur oom Niklaas oorvertel. Hy het egter nie die hele verhaal in ‘n samehangende geheel verduidelik soos hierdie boek poog om te doen nie, maar het slegs enkele van die hoogtepunte daarvan uitgelig. Sover ek kon vasstel het hy byvoorbeeld op geen stadium die dieperliggende geestelike redes vir die oorlog probeer verstaan nie. Die naaste wat hy ooit aan enige “filosofiese begronding” daarvoor kon kom was om te sê dat God Engeland gaan straf vir die onskuldige bloed wat hulle in die verlede gestort het.

Die groot probleem hiermee is dat ons (op visioenêre vlak) nie werklik weet waaroor die oorlog gaan nie, want dit bars letterlik uit die bloute los. Daar is geen aanloop tot die oorlog in die verhaal nie, en dit is asof daar ‘n sekere voorkennis van ons verwag word om te kan verstaan waaroor dit alles gaan. Die enigste manier waarop ons enigsins ‘n idee kan begin vorm van die oorsake van die oorlog is om ‘n ontleding van die simbole te maak wat aan die begin van die verhaal optree. …

Einde van aanhaling.

Dit word nou belangrik om te verstaan dat mnr. Barendse se vraag in werklikheid dieptes versteek wat nie so ooglopend sigbaar is nie.  Ek kan nie alles wat ek in my lewe gelees het onthou nie, maar het die meisietjie in Alice in Wonderland nie juis deur middel van ‘n soortgelyke rabbit hole as Markus se vraag by daardie dieper dimensies uitgekom nie?

Die voorspellings, bewerings en verdagmakery waarvan hy hier praat word deur die NWO gedryf en die eerste doel daarmee was om onsekerheid te bewerkstellig.  Hierdie vuurtjie word tans orals en op elke moontlike manier aangeblaas om wêreldwyd chaos te veroorsaak, en die doel hiermee is om dan makliker te kan ingryp en hul eiesoortige orde met militêre mag op die massas af te dwing. 

Kortom, ons kyk tans na die beginpunte van ‘n reuse groot NWO-poging om die hele wêreld stilweg deur ‘n gekoördineerde staatsgreep oor te neem. Dit het reeds in die VSA gebeur, en natuurlik ook hier in 1994, en hul volgende slagoffer is ongetwyfeld Europa.  Dit sal die springplank verskaf waarmee hulle die res van die wêreld na die ooste toe kan onderwerp.

(Moenie hierdie bewering onderskat nie!  Ek wil nie té diep gaan hiermee nie, maar daar is mense wat sal verstaan dat presies dieselfde soort onrus in Abraham se tyd aan die orde van die dag was.  Dit het uiteindelik uitgeloop op wat ons ken as die verwoesting van Sodom en Gomorra en, minder bekend, saam met dit ook die totale vernietiging van die Sumeriëse en Akkadiese beskawings! Meer as dit gaan ek nie nou sê nie, want dit is ‘n ander storie vir ‘n ander dag.)

Almal weet nou hoe die NWO in die VSA aan bewind gekom het, maar dit kan natuurlik nie so in Europa gebeur nie.  Die EU is ‘n sambreel organisasie wat uit verskillende lidlande bestaan, elkeen met sy eie regering, en daardie regerings word afsonderlik van die bevolkings deur die EU beheer.  En ja, dit is ‘n heeltemal onwettige soort ‘federale Europese regering’, want niemand het ooit daarvoor gestem nie.   

Dit is op hierdie punt ook belangrik om te verstaan dat die EU nié die NWO is nie, maar bloot ‘n front organisasie wat die NWO se doelstellings in Europa moet uitvoer.  Die EU is tans besig om ‘n Europa leër op te rig, kamstig om Europa teen veral Rusland te beskerm, maar die uiteindelike doel daarmee sal wees om die sogenaamde ‘migrante’ in Europa te help om die blanke ras in Europa uit te wis.  Dit is hoekom die vlugtelinge uiteindelik hier by ons uitkom.  Dit gaan groot druk op ons ekonomie en voedsel sekuriteit plaas, maar dit is hoe Vader God gaan keer dat die blanke ras van Europa uitgedelg word.  DIT is hoekom Hy ons volk hier kom plant het, ‘buite sig van die slang’, sodat ons hierdie funksie ten bate van ons stamlande kan verrig.   

Maar dit is hoekom die presidentsverkiesing vandag in Frankryk, (en dalk ook oor twee weke), so belangrik is.  Dit sal ‘n reuse groot terugslag vir die NWO wees as Macron verloor, want Marine le Pen sal Frankryk onmiddellik uit die EU wegneem en deel word van GB se ekonomiese stelsel.  Die EU is besig om inmekaar te val en as Macron verloor sal dit hierdie proses baie vinniger laat plaasvind. 

U kan dalk nou wil vra: Maar wat daarvan, want prins Charles (soos sy oorlede pa) is deel van die Bilderberg groep, wat volgens alle aanduidinge die direksie van die NWO vorm.  Hierdie bose direksie bestaan uit die sogenaamde elite van die wêreld. 

Hierdie vraag maak egter ‘n verdere rabbit hole oop binne die een waarin ons op hierdie presiese punt van die gesprek is.  Hierdie nuwe een neem ons na ‘n nog dieper vlak van internasionale bedrog en sameswering om mense te verwar en om die bos te lei.  Ons praat, met ander woorde, hier van ‘n wiel binne ‘n wiel waar die tweede wiel die eerste een wil ondergrawe en laat omval.  Ek sal baie kort wees hiermee.

Ek het al baie en in detail hieroor geskryf, maar my ontleding het aan die lig gebring dat Charles van Engeland ambisies het om koning van die hele wêreld te word. Hy (en sy organisasie) help tans ywerig mee om verwarring en chaos wêrelwyd te saai.  Hy sal die EU help net waar hy kan om hulle tot kort voor die punt te bring waar hulle wil oorneem.  En dan, as die chaos wat heers op sy ergste begin raak sal hy onverwags toeslaan en ‘n ‘staatsgreep’ van sy eie op die EU probeer toepas.  Daar is min dinge wat die reeds bestaande wanorde so vinnig in absolute chaos kan laat verval as Frankryk skielik uit die EU sou onttrek!

Die leser moet op hierdie punt verstaan wat Siener se oorlog werklik is. Hy het nooit van ‘n ‘derde wêreldoorlog’ gepraat nie, hy het bloot gesê daar kom (weer) ‘n oorlog tussen Engeland en Duitsland en dat dit ons vrywording sal meebring.  Ons word vry omdat die Britse Ryk tot ‘n val kom, maar ook omdat die EU ondergaan en albei vir ewig en altyd gaan verdwyn.

Die presidentsverkiesing in Frankryk hou vir ons ‘n wen-wen situasie in. As Macron verloor sal Marine le Pen die EU onmiddellik verlaat en by Brittanje aansluit om haar land se ekonomie te red.  Net die afskaffing van die belastings wat die EU op sy lidlande hef alleen sal die situasie in Frankryk al onmiddellik verlig. En, soos ek ook gesê het sal dit Europa se hele westelike flank wyd oopmaak vir die Britse militêre magte om ongehinderd tot in die middel van Europa te kan inbeweeg.

Maar daar sal ook voordeel vir ons wees in ‘n oorwinning vir Macron.  Die politieke situasie in Frankryk het ‘n absolute ‘algemene’ plofpunt bereik en Macron se besluite sal al meer op die strate van Frankryk uitgedaag word.  Sien dit so: In 2017 het Le Pen slegs 34%van die kiesers se steun getrek, maar dit het intussen geweldig geswaai en op 5 April 2022 het dit aangegroei tot minstens 47%. As daar dan algemene onrus uitbreek in Frankryk sal Macron gou platgeloop word.  Kyk dan, ons het reeds gesien dat die Franse polisie by geleentheid by die publiek aangesluit het tydens protesoptogte. Dit sal nou al hoe makliker kan gebeur! Kyk ook hoe het Napoleon Bonaparte homself deel gemaak van die protes tydens die Franse Revolusie: Ek het op skool geleer dat hy ‘n kaptein in die Artilleriekorps was, en dat hy sy afdeling se kanonne omgedraai het om die Bastille se deure oop te skiet. Die mense wat wederregtelik gevange gehou is daarin kon toe uitkom en aan die revolusie deelneem. Wie weet, die polisie en militêre van vandag doen dalk dieselfde! (‘n Klein en stil vragie: Sal dit verkeerd wees om te bid vir so ‘n revolusie?)

Die breekpunt, waar die chaos op sy ergste begin raak, het op hierdie stadium baie naby aan ons begin kom.  Dit is maklik om nou moedeloos te raak en sonder hoop stroomaf op die rivier van wanhoop te wil dryf. Geagte leser, geliefde volksgenote en ons anderstalige vriende, hou asseblief op om met mekaar te wil baklei oor beuselagtighede soos ‘n simpele spelfout in Markus Barendse se pos op Elsa se blad!!  Hou eerder moed en bly hoopvol! Begin saam te werk aan wat werklik belangrik is!  Ons sál anderkant uitkom, veral as ons mekaar nou begin soek en met mekaar begin saamwerk!  Kyk dan eerder wat lê ágter die opmerkings wat mense maak en ons help mekaar om die diepte daarvan te kan peil en te verstaan.  Die antwoorde wat ons soek lê in onsself, ons moet mekaar maar net help om dit te vind.

Ons Vader het hierdie visioenêre voorskou aan ons gegee, soos Siener gesê het, ‘…om ons te bemoedig in die donker tyd wat kom ..’.  Hy het ons almal ook bymekaar gesien by Prieska en u kan dus aanvaar dat ons Vader ons op Sy manier veilig daar sal kry.  Moenie u steur aan die hordes duimsuigstories wat u hoor nie!  Skep moed en verwerp dit vir wat dit regtig is.

Groete,

Frik Pretorius.

From → Uncategorized

Kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: