Slaan oor na inhoud

ART 172 2022-06-21: Nou toe nou! Skielik het Macron en die EU meer probleme as waarop selfs ek gehoop het.

2022/06/21

http://www.sienervanrensburg.com
F.H. Pretorius,
Swartruggens,
Noordwes Provinsie.

[Hierdie artikel verskyn ook op die FB bladsye van Elsa Muller – NIKLAAS SIENER VAN RENSBURG- BOODSKAPPER VAN GOD by https://www.facebook.com/groups/427103870673448/ asook op die blad van Riaan Nigrini – POLITIEK – ALGEMEEN – SIENER VAN RENSBURG by https://www.facebook.com/groups/336778181055958

Kom ondersteun hierdie twee medewerkers en hul kosbare poging om die waarheid in Siener se visioene te laat seëvier.  Dit is God Almagtig se Waarheid hierdie en Hy verduidelik daarin hoe ons volk se fisiese oorlewing vorentoe sal plaasvind.  Al die baie politieke duimsuigstories en agteraf geskinder oor hierdie visoene, na links en na regs, poog om God se gesag oor die toekoms te ondergrawe en ons volk te vernietig.]

———————————————————————-

Goeiedag,

Dit sal goed wees as die leser eers sal terugblaai na my ART 168 van 2022-04-09 Hou duim vas, Macron se nederlaag vind dalk op Sondag 10 April plaas.  Dit bevat die nodige agtergrond om vandag se artikel meer na waarde te kan skat.

En ja, dit gebeur toe heeltemal anders en baie gouer as wat ek verwag het, maar daar begin Macron se probleme nou om te gebeur.  Hy het miskien die onlangse presidentsverkiesing teen Marine le Pen gewen, maar sy het die bordjies netjies en baie doelmatig verhang  met die pas afgelope Franse parlementsverkiesing. 

Macron het sy meerderheid in daardie liggaam verloor en sy rol as leier sal hiervandaan verder in alle opsigte bepaal word deur sy teenstaanders se eise en insette.  En laat ons dit sommer baie duidelik verstaan, Marine le Pen se party het derde gekom in hierdie parlementêre verkiesing, maar Macron is nou ten volle op haar steun aangewese om as leier te kan oorleef.  Hy kan dit nog net doen met haar as ‘n koalisievennoot, wat beteken sy het hom aan die keel beet.  Sy minag hom maar net, maar die mense aan die linkerkant haat en verag hom in absolute terme en hulle sal hom net help as hy doen wat hulle van hom eis.  Hy sal dus hier moet kies tussen die duiwel en die diep blou see.

Ek dink ons kan aanvaar dat Frankryk se politieke koers radikaal gaan verander omdat Marine le Pen onverwags die mag agter Frankryk se troon geword het. Hier, soos die ou spreekwoord sê, kom groot en interessante sports.

Die spoed waarteen dit gebeur het, het my asem ‘n bietjie weg geslaan, ek het dit glad nie verwag nie, maar vandag se artikel volg jou werklikwaar so gou so direk op ART 168!  Dit is dalk nog ‘n bietjie vroeg vir my om nou al te begin jubel en te vra: Wat het ek julle in my Artikel 168 gesê?  Ek is dalk net té nugter en plat op die aarde om voortydig dáár te wil gaan, maar die punt is net dit: In die politiek kan selfs net een enkele dag ‘n baie lang tyd wees, of dit kan natuurlik óók ‘n onverwagse skielike dood vir ‘n politieke leier en sy regering meebring.  En hierdie is nog maar net die begin van groter dinge … die blote feit dat Le Pen ‘n uitgesproke en baie groot teenstaander van die EU se gesag oor Frankryk is spel dit reeds vir ons uit.

Die volgende presidentsverkiesing én FREXIT, Frankryk se onttrekking uit die EU, is dalk nader as wat ons nou kan dink.   

Marine le Pen se harde en toegewyde werk die afgelope vyftien jaar of so in Frankryk begin nou vrug te dra.  Sy het haar party in ‘n situasie ingelei waar sy Macron, om dit ‘n bietjie meer beskaafd te stel, aan die keel beet het.  Ek wil glo dat hierdie ‘n baie groot toets gaan wees vir haar politieke visie en bestuursvaardighede, want sy het skielik ‘n bepalende invloed op Europa en inderdaad die hele wêreld se politieke toneel geword.

Kyk, ons is nie altyd bewus hiervan nie, ons media behoort ook maar aan die Satan se NWO en hulle swyg dit doelbewus dood, maar daar dreig ernstige onmin en selfs fisiese opstande teen die EU orals in Europa.  Sy sal noodwendig die belange van haar geesgenote elders in Europa en die wêreld in ag moet neem en dalk meer diplomaties moet optree.  Sy was baie aggressief in die verlede, dit was ‘n groot swakheid in haar mondering gewees, en sy het eers sukses begin behaal toe sy haar party se beeld van ‘n ietwat rassistiese nasionalistiese Franse beweging verander het na ‘n meer gematigde een.  Hierdie skrywer bid haar in elk geval net die beste toe, want ook ons volk sal natuurlik baat vind hierby!

Ek heg twee aanhangsels aan wat ek dink baie beskrywend van die situasie is, en ek haal dan ook hier ‘n sinnetjie aan uit ‘n (aangehegde) berig wat in die Boston Herald verskyn het om die onverwagse verskuiwing in die politieke toneel in Frankryk, Europa en inderdaad die hele wêreld te illustreer:

It was only in April that Le Pen lost the presidential election to Macron. But now it was her turn to gloat, since she knows she can use the seats in the National Assembly to thwart Macron’s domestic agenda and even trigger a no-confidence vote.

Maar ja, ek dink ons kan aanvaar dat sy hom gaan wurg en wurg tot sy presies wil hê wat sy wil, en dan dalk selfs ook sy ondergang, want buig sal hy definitief moet buig en dan gaan sy ondersteuners weer teen hom draai! Dit gaan nie noodwendig gou of sommer maar net gebeur nie, sy sal ook maar moet waak teen oorhaastige optrede net om ‘n politieke punt te bewys, maar dit lyk nogal of Macron nie die eerste en beste mosie van wantroue in hom sommer sal kan oorleef nie.  En dan gaan die situasie in Europa skielik verander na een waarin Siener se visioenêre verhaal ‘n aanvang kan neem.  Presies net soos ek al so lank verduidelik wat die visioenêre verhaal vir ons sê!

Ek sal egter my jubellied terughou tot dan, maar ek kan minstens nou al sê dat dit al meer duidelik begin word dat ek reg was met die manier waarop ek die visoene (en ook die situasie rondom ons) ontleed en verduidelik het.  Dit wat ek al so baie oor geskryf en gepraat het, en wat al te maklik as valse hoop, en selfs ‘absurde nonsens’ afgemaak is, sal asof vanself begin gebeur, want dit is tot ‘n groot mate die enigste logiese manier hoe hierdie verhaal kan begin en uitspeel.  Soos dit is sit ek al meer en asem ophou oor die moontlike uitbarsting van swart op swart geweld hier by ons.  Ek glo nie ons is regtig bewus van hoe hoog die spanningslyne in daardie geledere regtig loop nie.  Die ommeswaai en skokke van 1994 het uiteindelik toe nie vir ons die einde van alles beteken nie, maar 2022 kan dit wel dit vir die ander groepe bring.  Want wie ookal nou verloor gaan groot verloor, hulle gaan alles verloor, en dit gaan nie ons wees nie.  Ons sit in werklikheid en wag om ‘n terugkeer te maak, en daar is selfs swart leiers wat dit openlik namens hul ondersteuners begin vra!

Hou moed en bly veilig, ons kán ons Vader op Sy beloftes neem en ons sál dus veilig anderkant die drif uitkom.    

Maar hier moet die leser asseblief baie mooi verstaan dat die eer en die krediet van alles wat ek hierbo sê aan ons Vader behoort, en nie aan my nie.  Dit is moeilik om die presiese proses hiervan te verduidelik, maar die leiding en insig hiervoor kom van buite my.  Ek is baie dankbaar dat ek (nog) oor hierdie dinge kan praat en skryf, en kan sien hoe dit begin gebeur óók.  Ek het vrede met wat alles agteraf van my gesê en beplan word, want diep hierbinne weet ek dat my volk sterk, skoon en veilig anderkant die vyand se hinderlaag sal uitkom, en dat my bydrae kon gehelp het dat dit so sal gebeur.

Groete,

Frik Pretorius

———————————————————————-

https://w w w.bostonherald.com/2022/06/20/france-reshaped-election-emboldens-le-pen-undercuts-macron/

THE BOSTON HERALD

France reshaped: Election emboldens Le Pen, undercuts Macron

By SYLVIE CORBET and BARBARA SURK

PARIS (AP) — France faced an ecstatic Marine Le Pen on Monday after her party’s far-right candidates sent shockwaves through the political establishment and helped deny President Emmanuel Macron’s centrist alliance a majority in parliament.

The surprising breakthrough for the far right — alongside a surge in support for hard-left candidates — undercuts Macron’s leadership, threatens his plans to raise the country’s retirement age and cut taxes, and reshapes France’s political landscape.

Le Pen’s National Rally party didn’t win the two-round parliamentary election that ended Sunday. But it secured more than 10 times the seats it won five years ago.

It’s an outcome she’s long dreamed of, the result of more than a decade of grassroots work to woo disillusioned working class voters and scrub her party of its racist, antisemitic image so that it’s seen as a party like any other. One, she hopes, that could rule France one day.

It was only in April that Le Pen lost the presidential election to Macron. But now it was her turn to gloat, since she knows she can use the seats in the National Assembly to thwart Macron’s domestic agenda and even trigger a no-confidence vote.

Beaming with pride, she called the outcome a “historic victory” and a “seismic event” in French politics. Antiracism groups quickly sounded the alarm over her anti-immigration, anti-Muslim agenda.

Le Pen’s National Rally got 89 seats in the 577-member parliament, up from a previous total of eight. On the other side of the political spectrum, the leftist Nupes coalition, led by hard-liner Jean-Luc Mélenchon, won 131 seats to become the main opposition force.

Macron’s alliance Together! won 245 seats — but fell 44 seats short of a majority in the National Assembly, France’s most powerful house of parliament.

———————————————————————-

U kan ook hier gaan kyk om die versnellende groei in Le pen se gewildheidskurwe van nader te beskou.

https://w w w.youtube.com/watch?v=Taz5M54lelA\

———————————————————————-

From → Uncategorized

Kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: