Slaan oor na inhoud

ART 175 2022-08-04 Leierskap in Siener se visioene.

2022/08/04

http://www.sienervanrensburg.com
F.H. Pretorius,
Swartruggens,
Noordwes Provinsie.

[Hierdie artikel verskyn ook op die FB bladsye van Elsa Muller – NIKLAAS SIENER VAN RENSBURG- BOODSKAPPER VAN GOD by https://www.facebook.com/groups/427103870673448/

asook op die blad van Riaan Nigrini – POLITIEK – ALGEMEEN – SIENER VAN RENSBURG by https://www.facebook.com/groups/336778181055958

Ondersteun gerus hierdie twee medewerkers en hul kosbare poging om die waarheid in Siener se visioene te laat seëvier.  Dit is God Almagtig se Waarheid hierdie en Hy verduidelik daarin hoe ons volk se fisiese oorlewing vorentoe sal plaasvind.  Al die baie politieke duimsuigstories en agteraf geskinder oor hierdie visoene, na links en na regs, poog om God se gesag oor die toekoms te ondergrawe en ons volk te vernietig.]

———————————————————————-

Goeiedag,

Ons kan die voorkoms van leierskap in die visioene in twee opeenvolgende tydperke verdeel.  Die eerste tydperk kom tot ‘n einde kort na die komende visioenêre verkiesing in Noordwes afgehandel is.  Ons is op hierdie tydstip nog maar in die aanloop tot die verhaal en nou is dit so dat daar nie visioene is wat na die huidige tydperk verwys nie.  Die leser moet egter hier verstaan dat die stryd om ‘leierskap oor die volk’ reeds nou al aan die gang is.  Hierdie leierskap moet na regte eintlik as ‘baasskap’ gelees word!  My vorige artikel, ‘Die ewige gestoei oor leierskap op grond van Siener se visioene’, het net ‘n klein deel hiervan aangeraak, maar daar is wel reeds so ‘n wedloop aan die gang.  Ek glo nie die gematigde groep weet hoe erg en vuil hierdie getwis werklik is nie!  

Ek sou baie graag wyer oor vandag se onderwerp wou uitbrei as hieronder, maar dit is ongelukkig nie moontlik nie.  Die onderwerp is net té groot daarvoor!

Ek wil begin deur eers ‘n paar verbandhoudende simboliese voorkomste in die verhaal te verduidelik.  Die eerste is dat die bereiking van die vryheid deur ‘n feesmaal gevier sal word.  Die uitslag van die komende visioenêre verkiesing in Noordwes sal hierdie feesmaal moontlik maak. Ons sien in hierdie verband hoe ‘n tafel baie keurig gedek word en dat daar opskepskottels, borde en eetgereedskap, glase en selfs ‘n kraffie water betrokke is by hierdie tafel en die beoogde feesmaal. 

Hier moet ons verder verstaan dat elkeen van hierdie voorwerpe ‘n spesifieke betekenis oordra.  Die leiers word in die algemeen voorgestel as ‘n houer van die een of ander aard, soos ‘n emmer, skottel of ‘n pot. Dit beteken dat so ‘n leier die draer is van die groep se ideologie en dat die volgelinge se hoop en strewes ook in hom gevestig is.

Wat die ete betref sien ons dat die leiers as skottels voorgestel word, waar hulle as tussengangers dien tussen die pot waaruit die kos kom tot op die borde op die tafel.  Die pot is die parlementêre instrument waarin die volk se ideologie gaargemaak word.  Die borde is simbolies gesien dus die gewone burgers wat hierdie ideologie van die leiers af ontvang en dit moet ‘eet’. (So sien ons ook dat die krygsmanne voorgestel word as lepeltjies wat ‘daarbuite’ uitmekaar gaan.  Die ‘daarbuite’ is buite ‘sy huis’, wat na die parlementsgebou verwys. Dit gebeur nadat die voorgenome ete deur die Engelse bederf word.  Hul militêre ingryping verdryf die Boervolk uit hul nuwe ‘volkshuis’ en die ete gaan heeltemal verlore.)

Ek moet hier ‘n bietjie vooruitloop, maar daar kom ‘n wending in hierdie saak wat u reeds nou al moet verstaan.  Die formele feesmaal van vryheid loop onverwags vir die Boervolk uit op wat ek as die ‘tronkverhaal’ identifiseer het.  Ons sal daarby kom, maar die skottels (leiers) word in daardie deel van die verhaal vervang met kleiner ‘tronk skotteltjies’ of ‘tronk bakkies’. Hierdie is nie mindere of swakker leiers nie, inteendeel, want hulle kom na vore as gevolg van die eise van die nuwe situasie.  Daar is ‘n klompie van hulle, maar twee word baie spesifiek uitgesonder.  Hierdie twee tree na vore as Jan Pretorius en Nog Een.  Hierdie laaste een is die man in die bruin pak klere. 

Die punt is dat daar nou nie meer ‘n pot is waarin die volk se ideologie gaargemaak kan word nie en die volgelinge word dus gedwing om direk uit die twee kleiner skotteltjies te eet.  Ons sal in hierdie opsig kan praat van charismatiese leierskap, want dit is wat hierdie twee gemerkte skotteltjies verteenwoordig.  Hulle dra letterlik God se teenwoordigheid en invloed oor na die mense wat hulle voorgaan, en dit berus op hul geroepenheid en aanstelling as volksleiers deur God self.

Jan Pretorius is die belangrikste eksponent vir God se ideologie en hy word daarom die leier wat formeel by Prieska aangestel sal word.  Die man in bruin is ‘n offisier aan die vyand se kant, maar hy ondergaan ‘n geestelike ontwaking en loop oor na ons kant toe. Sy bekering word redelik suggestief beskryf in die visioene, maar die fisiese sleutel tot hierdie waarneming lê op twee vlakke.  Die eerste een is die manier waarop sy perd se kleur verander van swart na ‘n glansende vosbruin kleur.  Ons sien egter ook hier dat hy inderdaad ‘n bruin fluweelbaadjie aan het as hy by ons volk aankom en as nuwe militêre bevelvoerder aangestel word.

[555.02] Voor mij deur kom iemand met fluweel baadjie aan en zwart perd toe hy weg rij is dit ‘n vos perd wat hij op rij.

Ons sien ook, in die tweede plek, dat die manne onder sy bevel as Verweelbroeke aangetoon word.  Die leiers is die enigste mense in die verhaal wat baadjies gedra het en ons sien dat hy inderdaad ‘n baadjie aan het. Ons sien selfs op ‘n stadium dat hy ‘n blink horlosieketting aan sy onderbaadjie vas gehad het.  Die manne het daardie dae nie iets soos ‘n ‘los baadjie’ geken nie.  Hulle het óf baadjieloos geloop, óf hulle het drie-stuk pakke klere gedra waar sy broek, onderbaadjie en baadjie ‘n eenheid gevorm het.

[275.02] Uit die Ooste kant kom ‘n man sij horlozie ketting blink in die zon. Uit die Zuide kom ook ‘n man, die man wat uit die Zuide kom vat die een uit die Ooste om sij lyf.

Ek spandeer baie tyd hier aan die man in bruin, want ek wil graag die verskil tussen hom en Jan Pretorius baie duidelik omlyn.  Jan Pretorius is die staatkundige leier wat ons volk in die toekoms sal inlei, letterlik soos ‘n Serubbabel in my ART 172, terwyl die man in bruin ons militêre leier sal wees.  Dit beteken dat ook hierdie man deur Vader gestuur sal word om ons volk in ‘n tyd van nood te lei totdat ons veilig anderkant die smeltkroes uitgekom het.  Sy militêre leierskap keer dan ook by verskeie geleenthede dat ons volk se lig uitgedoof word.  Ons sien byvoorbeeld in visioen [216.02] hoe Vader hierdie twee manne as ‘n spesiale span uitsonder om Sy volk te bestuur.

[216.02] Ek kom by ‘n pad en die leisels kom na my toe, van ‘n kar met twee vosperde.

Die kruheid van die normale politieke mentaliteit, wat die ideologiese basis van die nuwe konserwatiewe regering van Noordwes vorm, word dus deur die aanraking van die Gees verander na ‘n kleur wat afgestem is op die ‘kleur’ van die ‘goue toebehoorsels’ wat Siener in die Tabernakel in die lug gesien het.  Hierdie Goddelike ingryping in sy lewe verhef hom tot baie ver bokant die gewone. 

Daar is wel nog manne wat in bruin klere optree, en die Duitse betrokkenheid geskied op staatkundige en diplomatieke vlak nog steeds deur die vlugtende (‘reisende’) nuwe regering, maar die verweelbroeke vorm die ruggraat van ons verdediging.  Jan Pretorius word dan ook eers by Prieska aangestel as leier van die Godgegewe Nuwe Suid-Afrika (nie de Klerk en die NWO se voortydige bose gemors nie) en die ‘nie-bruin’ georiënteerde diplomatieke proses tussen ons en die ander rolspelers kan dan eers ingestel word.       

Ons moet egter op hierdie punt ook kortliks kyk na die maniere waarop militêre optrede in die visioene voorgestel word.  Dit word aan die hand van verskillende simbole verduidelik en voorbeelde hiervan is ‘n byl of ‘n saag wat ‘n boom laat omval, ‘n ploeg wat die bossies en onkruid onder die grond inwerk, en dan word die wêreld kaal en skoon, of ook ‘n spitvurk wat vaal bossies uitskoffel (die man in bruin wat die Sappe laat les opsê).  Dit vind egter ook neerslag in die ete waarna ons hier kyk, want die skottelgoed word uiteindelik skoon gewas en weggepak.  En so sien ons dat daar spesifiek na vier blikskottels verwys word, en dat hulle skoon gewas is en weggepak word. 

Hierdie vier skottels, of leiers dan, se rol is op hierdie stadium uitgespeel en hulle kan daarom weggepak word. Hulle word skoongewas in die oorlogsprobleme en word gebêre omdat hulle disfunksioneel word as gevolg van die gebeure wat plaasvind.  Ons kan hiervan sê dat die volk letterlik in groepe uitmekaar spat en dat die skottels dus nie meer enige doel kan dien nie.  Hulle word hierna deur twee leiers van God se keuse vervang.  Ons kan nie nou hierna kyk nie, maar ons sien dan ook dat die Blou, Groen en Rooi groepe wegbreek en elkeen sy eie koers gaan.  Wat ons wel na gaan kyk is hoe die Wit groep ontstaan as gevolg van die skokke van die brutale militêre aanslag teen ons.

Die leser moet ten eerste hier verstaan dat daar vier groepe Boere is wat in die verhaal optree en hulle word aangedui deur die vier kleurbane op die voormalige Transvaalse Vierkleur. Wat belangrik is hier is dat daar aanvanklik net drie groepe na vore lom, naamlik die Blou, Groen en Rooi bane.  Elkeen van hierdie drie verteenwoordig ‘n bepaalde politieke ideologiese siening, waar die Rooi kleur die Sappe en hul verbintenis met die Engelse aandui, die Blou volgens alle aanduidinge die Vryheidsfront is, en Groen die voormalige Konserwatiewe Party.  Die blou en groen bane staan in ‘n politieke koalisie as die verhaal begin (die VF+?) en hul gesamentlike kleur is Bruin.  Hul opposisie in die verkiesing bestaan uit die Sappe.  Die kleure wat met die Sappe verband hou is dieselfde as vir die Engelse, en is geel, swart en rooi.  Ek het al baie hieroor geskryf, maar hierdie groep sal na my geweegde mening uit die SL beweging bestaan. 

Die kleur Wit verwys letterlik na God se ‘ideologie’ en hulle ontstaan eers as ‘n uitkenbare groep nadat die Sappe rebelleer en die Engelse ons mense met soldate en kanonne aanval.  Hierdie blootstelling bring ons mense stuksgewys tot inkeer en hulle beweeg dan weg van die kruheid van die (party) politiek. 

Die Wit groep begin aanvanklik by Jan Pretorius, hy is die eerste persoon wat volledig in wit aangetrek is, maar teen die einde van die verhaal dra almal van ons wit klere.  Tot die Duitsers wat hierheen kom dra ook wit klere!  ‘n Verdere ligpunt hier, en iets wat my persoonlik baie dankbaar maak, is dat die oorgrote meerderheid van die SL net-net betyds tot besinning sal kom en na ons sal terugkeer voor daar regtig enige lewensverlies plaasvind.  Dit is bloed van ons bloed hierdie, so hoekom mekaar doodskiet om die NWO en Britte se bose planne met ons volk te bevoordeel?

Nou, die feesmaal van vryheid sal uit die aard van die saak by die parlementsgebou in Rustenburg plaasvind.  Boy Mussmann het gesê dat die wors (wat hiervoor bedoel is) om die stoele in die parlement in Kaapstad sal hang, maar hy het ‘n fout gemaak.  Ek glo nie hy het verstaan dat die visioenêre nuwe Republiek van Noordwes se parlementsgebou in Rustenburg sal staan nie.  Dit word juis daar opgerig omdat ons volk wil wegbreek van die Engelse oorheersing in die RSA. (Hierdie gebou is inderdaad kort na 1994 voltooi en word tans as Rustenburg se Burgersentrum gebruik.)

Daar is net een tafel in die verhaal en hy staan op die stoep van die parlementsgebou by Rustenburg.  Die parlement in Kaapstad kom net eenmaal voor, en dit is wanneer die drie blou briewe daar aankom.  Die oorlog bereik ‘n punt waar dit voordelig vir ons sal wees om ons self ondergeskik te stel aan die Duitse grondwet.  Dit sal die Duitse generaals instaat stel om troepe en toerusting toe te kan sê aan ons beskerming.   Hierdie blou Duitse briewe vorm dus deel van die diplomatieke proses om ons los te maak van die Engelse en ons grondgebied terug te kan eis.  Die Duitsers voeg later selfs die voormalige Duitswes en Duitsoos as Bruidskat toe tot die grondgebied van ons komende republiek van Suider-Afrika.  

Maar goed, ons kan duidelik sien hoe die tafel voorberei word vir die feesmaal.   Die maaltyd sal bestaan uit wors, wat van ‘n wit vark in Europa gemaak sal word en hier aan die stoele in die parlement sal kom hang, gekookte wit stampmielies en ook wit pap.  Wit is God se kleur en dit beteken dat ons vryheid ‘n geskenk is wat van God af sal kom.  Maar kom ons dek eers die tafel voor ons verder gaan.

[535.01 01/12/21] In Europa kom ‘n groot kom in gezicht en daar is vark wors in.

[208.02] Toe sien ek ‘n tafel. Van die westekant af kom ‘n groot doek uit, kom wat met kant oorgetrek is.

[151×01 20/01/16] ‘n Groot tafel wat gedek is met messe en vurke daarop.

[165×01 10/02/16] ‘n Tafel wat gedek staan met glase op.

[203.07] Toe kom daar ‘n kraffie en helder water kom daaruit.

Die ete kom egter nooit aan die gang nie, want die Engelse slaan te gou toe en voer ‘n ‘swart’ staatsgreep uit (swart vlae en swart skoene).

[398.03] Toe hang daar een geslachte vark, die vark raak weg en die wors lê op die grond.

[287.02] Daar staat ‘n tafel gedek en daar is kou gestampte mielies in ‘n skotel, en ‘n skotel kou pap kom ook op die tafel.

Die oorlog gaan dan sy gang en die vier skottels word gewas en gebêre. 

[144×01 11/01/16] Die borde is leeg en opmekaar gepak.

[301.01 06/10/17] Aan die Weste kant staan 4 blik skotels wat skoon is;

Ek weet nie wie hierdie leiers sal wees nie, maar ek dink ons kan minstens twee van hulle reeds nou al identifiseer.  Die rooi groep se leier kan, minstens op simboliese vlak, net mnr. Adriaan Snyman wees, want hy het hulle geskep en opgerig as ‘n instrument om ons, sy sogenaamde doringbosregering, mee uit te wis.  Ek weet nie wie die persoon sal wees wat die Bruin groep sal voorgaan nie, maar as ek reg is met my afleiding dat dit die VF+ sal wees praat ons hier van ‘n gevestigde leiersfiguur.  Die ander twee persone sal maar na vore kom soos die aanloop tot die verhaal vorder.

Ons kan nou weer terugkeer na die feesmaal van vryheid wat skielik en baie wreed onderbreek sal word.  Dit gebeur net toe die volk wou aansit en die Engelse namens hul Sap-vriende teen die pas-aangestelde regering begin optree.

Ons betree nou ‘n soort tussenstadium waar die volk leierloos is en gedwing word om op vlug te slaan.  Dit begin direk na die verkiesing as die leier van die Sappe, genl. Jan Smuts, ‘n ooreenkoms met die Engelse gaan sluit om ons volk te verraai.  Die gebeure wat daaruit voortvloei lyk kortliks so:

[380.01 05/11/18] Kom ek by een kafferskoorn land toe is die koren vaal en toe word dit spier wit.

<Die Sappe baklei ondermekaar in ‘n broedertwis as gevolg van hul leier se verraad.  Dit is op hierdie punt waar die man in bruin tot inkeer kom.>

[610.01 11/05/24] Staan baië kafferkoring are die are vorm die kafferkoring are ‘n zinnebeeld van ‘n mens, toe gee die are pat en daar staan ‘n nakende mens (was J. Smuts). (Kafferkoringare is beeld van engelse geld wat hul spandeer vir eleksie)

[429.01 24/05/19] Aan die Ooste kant in die Unie staan een wit paard, in’t eerst kon hij nie staan nie sy knie was slap, maar naderhand staat hij reg op en toe kry hij zwart kolle, toe is hij zwart bont

<Die wit perd verwys na Jan Smuts wat die verkiesing verloor het.  Swartbont is die kleur van rebellie in die verhaal en dit dui hier aan dat hy van plan is om teen die nuut verkose regering te rebelleer.  (Skaapmis is die simbool wat rebellie aandui)>

[477.01 25/04/20] Die dag breek in die Ooste kant en toe kom daar zwart wolke uit in die Ooste kant.

<  Staatkundige vryheid word aangetoon deur die kwaliteit van die lig wat die son gee. Dit word egter donker vir ons, want die donker (Engelse) wolke sny die lig van ons vryheid af.>

[410.01 01/03/19] Die Engelse loop naar die Weste en hulle dra die roer op die skouder.

<Hulle marsjeer van Pretoria af na Rustenburg>

[011.01 26/12/14] Sien ‘n vierkantige blok springbokke, een punt beweeg en hardloop oor die bult, die ander punt van die klomp springbokke bars toe weg en toe is die klomp springbokke in twee klompe

[184×01 05/03/16] ‘n Klomp springbokke wat so maal.

[399.02] Toe is hier in die Unie blomme op die geaardheid van een lelie (kleur geel blink)

[002e03] Die mense gaan op na die Noorde. Die vroumense met bande om hul lywe en blomme in die hand.

<Die bande is patroonbande.  Die blomme versimboliseer die strewe na vryheid.>

[225.07] Die Engelse kom so met ‘n punt.

[002e04] Die magte trek, die kanon skiet en die bomme bars tussen ons.

[104×01 23/11/15] ‘n Groot klomp mense wat na die Noordekant toe trek,

[104×02] hulle vlieg skielik om en kom weer terug mans, vrouens en kinders … deurmekaar. Hulle het swart rouklere aan, met wit baadjies.

[399.03] en toe trek hulle op in die lug in

<Die blomme in 002e03 hierbo trek in die lug op as die mense doodgeskiet word en agteroor val.>

[017.03] Die geel baadjies lê dood.

<Geel koppel ook met die parlementêre politieke stelsel, want ons model kom van Engeland af>

[203.03] Die vuur kom so met ‘n punt uit.

[203.04] Dooies word op ‘n draagbaar gedra.

[276.01 30/04/17] In die Ooste kant is ‘n groot lege fort.

<Die parlement verander onmiddellik in ‘n fort as dit beleër word, maar verander dan nog verder in ‘n tydelike hospitaal>

[276.02] Toe kom vijf wit amelans vlae met rooi kruis op uit.

<en ook>

[574.01 03/10/22] Slaan kruid rook in ‘n laagte uit van Zuid naar Wes.

[272×03] In die ooste staan grote koppe die rook van die kenonne slaat eers min uit en toe later banje. Ik zien die mense en dit is toen een groot gevecht.

[061.01 20/09/15] Donker. Die mensen maal zoo.

[016.04] Ek sien deurmekaar mense wat veg maar ‘n groot seil kom oor hulle.

<Die seil verwys na God se Hand van beskerming>

‘n Deel van die volk, hoofsaaklik nie-vegtende mense, word gevange geneem en na ‘n soort tronk afgevoer.  Die tronk is egter nie ‘n gebou nie, maar eerder ‘n gebied wat naby Johannesburg geleë is. 

[121×03] Engelse gewapen met gewere gaan uit ‘n huis, na ‘n ander klomp mense en toe hulle by daardie klomp mense kom, toe steek hulle almal hulle hande op. (hands up).

[184×02] Die Engelse kom terug met die gewere agterstevoor.

[231.01 06/05/16] Ons mense loop voor en die Engelsman loop agter.

[073.01 15/10/15] Die mense wat hier heen kom daar es een wacht by hen.

<Ons sien net hierna dat die gewapende wag ‘n rooi trui aan het en ‘n rooi baardjie.>

[172.03] Een poort waar vele mensen en loop net zoo als bandiete.

Op hierdie punt wil ek uitwys dat daar vier helde in die verhaal is.  Die eerste een, en miskien die grootste een van die vier, is ‘n (Hindoe) Indiër leier wat sy land se leërmag na Europa bring om aan die kant van Duitsland te kom veg.  Die ander twee helde is Jan Pretorius en die man in bruin. (Ons sal hierdie Indiër weer raakloop in ‘n volgende artikel.)

Hy en ‘n Engelse Lord General Somebody van Engeland smelt saam om ‘n rebellemag onder bevel van die Engelsman teen die Britse owerheid te vorm.  Hulle word kort hierna hierheen gebring om die Duitse poging te kom versterk.  Hierdie Engelsman val op die vyand aan by Johannesburg en die ‘bandiete’ word dan stuksgewyse vrygelaat.  Jan Pretorius en die man in bruin is die eerste twee wat vrygelaat word en na Rustenburg beweeg.  Ons sien hierna dat Jan Pretorius  as ‘n soort waarnemer optree by ‘n vredesberaad tussen die Bruin groep en die Rooi Sappe.  Ons sal nie verder as dit gaan met die verhaal nie, maar ek sal wel die visioenêre aanduiding gee dat die Sappe sowaar op hierdie beraad sit en planne smee om ‘n tweede (rooi) staatsgreep teen die nuwe republiek uit te voer.  

[073.02] Een vaal streep zoo en die donker.

[202.03] Toe kom daar ‘n Engelsman aan wat hardloop.

[100×01 19/11/15] Ek sien ek is by my huis en daarna sien ek twee Engelse wat stoei.

[137.07] Die twe wat stooi, die een met die Rooi Jersie val onder.

[084×05] 28/10/15 (DUPL 084) Die Engelsman met die geweer raak weg

[050.01 08/08/15] Die deur is oop, die man met die wit baadjie sit daar maar die man met die rooi baardjies gaan weg.

<Jan Pretorius in sy wit baadjie.  ‘n Baadjie dui aan dat die persoon ‘n leier is en die kleur daarvan dui die ideologie aan wat hy onderskryf. Hy gaan hierna uit en loop dan na die parlement toe. Die rooi baardjies is die een wat die rooi trui aangehad het en deur die Engelse rebel oorwin is.>

[222.01 22/04/16] ‘n Engelsman wat by die deur inkom.

[098×01 17/11/15] ‘n Vriendelike Engelsman kom hier aan.

[109×02] Ek sien die Engelsman wat vriendelik is

[204.01 28/03/16] Die mense staan in ‘n ry. Die Engelsman staan voor ons en hy lees J. Pretorius en nog een se name af.

<Dit is ‘n beeld waarvan die visioenêre tipe die hoofbewaarder was toe die rebelle in die Fort in Johannesburg aangehou is in 1915.  Hy het altyd ‘n vaal pak klere aangehad en hy het die prisoniers se name wat op ’n bepaalde dag vrygelaat sou word amptelik aan almal kom aflees.>

Hierdie gebeure word ook op ‘n ander manier met ander simbole oorgedra

101×01 20/11/15] Ek sien ek was my tronkskotteltjie en lepeltjie uit

[084×04] Die bakkies (tronkbakkies) is skoon gewas.

[133.03] Die wet bakkies staat op een 4 streep – omtrent 6 of 9. Twe word gemerk.

<Lees as: wit bakkies>

[242.04] Twee skottels kom van die tronk, die tronkdeur gaan oop.

Jan Pretorius se vrylating word soos volg aangetoon.

[025.03] by die groot deure (tronk) gaan ‘n man uit en toe bly die deure oop staan.

[229.01 04/05/16] ‘n Skraal persoon met wit klere gaan uit.

<Die skraal dui aan dat hy die een of ander onderonsie verloor het.>

[191.02] Die man met die wit klere die kom hierheen.

002d10] … klein skottel in sy huis.

En dan binne in die ‘huis’ (parlement).

[190.01 14/03/16] Jan Pretorius loop so met sy wit klere rond.

[190.02] Mense wat so om ‘n tafel sit en een van hulle is Isak Klaasen.

[098×05] Ek sien ‘n tafel waar die mense weerskante om sit.

[153×03] ‘n Groot tafel wat blink, daar is baie garing op.

[600×01 05/08/23] Staan ‘n tafel en daar lê zwart goed op.

<Die garing is dieselfde as die swart goed, en dit verwys na die Sappe se versteekte agenda om ‘n tweede staatsgreep uit te voer.  Dit is die tafel waarby die feesmaal gehou sou word.)

[143×01 10/01/16] Jan Pretorius loop met sy wit klere

[143×02] en ek sny aan ‘n rooi hout.

<Die Sappe wat besig is met hul agteraf beplanning om die rooi staatsgreep uit te voer (rooi vlag en rooi skoene)>

Die verhaal gaan op hierdie punt oor na twee vredesberade wat in Pretoria en by die parlementsgebou in Rustenburg gehou sal word.  Die een in Pretoria vind tussen die Duitsers en Engelse plaas en die een in Rustenburg tussen die Blou, Groen en Rooi groepe, met Jan Pretorius wat as ‘n soort waarnemer optree.  Hou in gedagte dat hy eers by Prieska amptelik as leier aangestel sal word, want hier is hy nog nie dit nie. Die Engelse en die Sappe slaan op hierdie punt weer onverwags toe en die volk gaan dan deur die smeltkroes waarvan Siener gepraat het.  Dit neem die vorm aan van hewige gevegte in die verre Noordweste en die Noord Kaap en desperate vlugtogte deur ons vrouens en ander mense na Prieska.

Maar dit is hoe die werklike leiers, wat deur God oor ons volk aangestel sal word, na vore sal kom.  Ek het werklik geen erg aan die kinderagtige pogings van sekere mense om hulself as die leiers te probeer vestig, maar ek voel wel baie jammer vir die mense wat agter hulle aan verdwaal.  Dit is waarom God ‘n smeltkroes aangelê het.  Hy sal hulle veilig deurbring na Prieska toe, maar die angs en verskrikking van die smeltkroes sal al hul eiegeregtige wysheid en alle politieke snert uit hul koppe en harte uitbrand.  Ons volk sal dan eers begin groei en die Goddelike vrug dra waarvoor ons bestem is!

Groete,

Frik Pretorius. ———————————————————————-

From → Uncategorized

Kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: