Slaan oor na inhoud

ART 159 2021-09-24: Net soos ‘n rugbywedstryd

2021/09/25

http://www.sienervanrensburg.com
F.H. Pretorius,
Swartruggens,
Noordwes Provinsie.

[Hierdie artikel verskyn ook op die FB blad van Elsa Muller – NIKLAAS SIENER VAN RENSBURG- BOODSKAPPER VAN GOD. https://www.facebook.com/groups/427103870673448/ Sluit gerus hier aan en kom help om die Waarheid in Siener se visioene te laat seëvier! Alle verdere besprekings van my artikels en ook Siener se visioene vind met my medewerking op daardie blad plaas as u daarin sou belangstel.]

————————————————————————————–

Goeiedag,

Ek het op 14 Julie 2021 ‘n vraag ontvang van iemand op Elsa Muller se FB blad, en het kort daarna ‘n soortgelyke een direk van iemand anders ontvang.  Dit is die artikel wat ek al so lank probeer publiseer, en elke keer skuif daar iets voor dit in.  In elk geval, dit het gegaan oor die huidige beroeringe en wat ons in die lig van die visoene gesien daarvan kan verwag. 

En weet u, ek wil nie hierop uitbrei nie, maar die woorde “… die vier en twintigste dag van die negende maand …” dra vir my persoonlik ‘n baie besonderse betekenis.  Dit is dan ook van baie groot betekenis vir my dat ek hierdie artikel juis onder vandag se datum kon voltooi en publiseer. Alle eer aan ons Vader daarvoor!

Ek wil begin deur te beklemtoon dat niemand regtig op enige manier kan sê wat om in die toekoms te verwag nie.  Die baie dinge wat oor die huidige situasie gesê word is blote spekulasie, en ek gaan beslis nie by daardie soort duimsuig betrokke raak nie. Al wat ek vir u kan sê is dat ons geen visioenêre inligting oor die aanloop tot die verhaal het nie.  Die visioenêre inligting begin by die boom wat pluiens, en dit is dit.  Dit gaan dan, na ‘n onbekende tydperk, oor in ‘n verkiesing in die huidige Noordwes Provinsie.  

Hierdie is vir my so absoluut ironies, maar die enigste mense wat sinvol oor die huidige gebeure kán praat is diegene wat betrokke is by die beplanning van die dinge téén ons volk.  En hulle sê niks nie, hulle krap net om en maak ons mense onrustig, en hulle lê bloot soos die slange wat hulle is en wag om op ons toe te kan slaan.

Hier moet ek bysê dat baie van hulle nogal Afrikaanssprekende blanke mans en vrouens is. Ek wil billikheidshalwe dan óók hier sê dat hulle ons miskien nie per definisie regtig haat nie.  Hulle aanbid bloot maar net ‘n ander god as wat die deursnee Boer doen, en dáárdie ou verafsku ons volk natuurlik iets vreesliks. Hy wéét dat ons volk die appel van God Almagtig se oog is.  En hy weet óók dat die toekomstige leier van die wêreld iewers binne ons volk wegkruip en daarom moet hy ons vernietig!  Hy moet daardie baie spesiale koninklike bloedlyn volkome uitdelg, want dit staan in die pad van sy planne met die wêreld!

Siestog, sy volgelinge wil dit nie weet nie, maar hulle het hierdie geveg verloor nog voor hulle begin het, né!

Maar goed, ek het hierdie artikel geskryf omdat ek gril vir die vreeslike baie spekulasie wat oor die huidige gebeure aan die gang is.  Dit skep groot probleme in dié sin dat omtrent elke persoon wat so ‘n spekulatiewe storietjie hoor dit summier as feitelike waarheid aanvaar en dit verder as sulks versprei.

Hou moed, ons sal anderkant hierdie oor-emosionele soort gemors uitkom óók.

————————————————————————————–

VRAAG op Elsa se FB blad:

[Ek] Sou graag FH Pretorius se gedagtes rondom die huidige gebeure en klimaat (wêreldwyd, maar ook in SA) tov die boom wat toiing wou hoor.

Dis so lank wat ‘n mens hierdie uitmekaarval van die regering verwag dat, soos baie gebeur, ‘n mens later moeg raak, moedeloos raak…

MY ANTWOORD:

Ek verstaan volkome, maar asseblief; moenie toelaat dat die rek en krimp in hierdie proses u moedeloos, en selfs bang maak nie.  Die boom gáán pluiens, en ons kan al hoe duideliker begin sien dat dit naderkom.  Ek is ook glad nie bang vir die sogenaamde NWO nie, want hierdie bose organisasie se uurglas is óók besig om leeg te loop.  Daar is nie meer plek vir hulle anderkant die komende oorlog nie.  Ons vyande word uitgewis en/of verdryf en al die lande wat aan die oorlog deelgeneem het verander in Godvresende mense.  (Let daarop dat een van die hoofredes waarom die Britse Ryk finaal tot ‘n val kom is omdat ‘n baie groot deel van hul militêre mag tot inkeer en bekering kom, en dan teen die Britse kroon rebelleer.)

Ons weet hierdie dinge gaan gebeur en al wat kortkom is die detail daarvan.  Maar dit is presies hier waar die probleem inkom.  In praktiese terme sien ons hierdie rek-gedeelte in byvoorbeeld die manier waarop die argument tussen die Zuma faksie en dié van Ramaphosa skynbaar eksponensieël toeneem.  Dit is waar die onlangse vlaag van die plunder en brand van vragmotors en inkopiesentrums begin het.  Dit dui natuurlik daarop dat die situasie hande uitgeruk het en ‘n storm van sy eie geword het wat met Zuma as sulks niks meer te doen het nie.

Daar het egter net so vinnig ‘n inkrimping hiervan ingetree in die vorm van anderskleurige gemeenskappe wat wakker geword het vir die probleem.  Hulle het hul naaste inkopiesentrums onder leiding van die SAPD en die militêre polisie met hul liggame begin beskerm. Rek en krimp, rek en krimp, heen en weer sonder ophou!

Die punt is ons kan nou duidelik begin sien dat Ramaphosa en sy regering besig geraak het met ‘n stryd om die hart en siel van die swart bevolking te wen.  En hier moet ons almal maar aanvaar dat Zuma oënskynlik die meer gewilde leier as Ramophosa is.  Wat meer is, dit wil voorkom dat CR nie eers die volle weermag en SAPD se steun agter hom het nie. 

Wat gaan hiervan word?  Ons weet nie, so ons moet maar wag om te sien.  Wat dit ookal is moet ons ook in ag neem dat dit ‘n voorvereiste is dat die Britte in beheer van ons landsregering moet wees vir die visioenêre verhaal om hoegenaamd te kán plaasvind. Ons kan dus aanvaar dat hulle agter enige poging sal sit om CR se regering omver te werp.  En hulle sal dit doen sodra dit hulle pas.

Maar sien die algemene situasie dan só:  As ons na ‘n rugbywedstryd gaan kyk weet ons nie vooraf watter span gaan wen nie.  En dan sit ons maar en kyk hoe die spel heen en weer oor die veld slinger, en ons kan letterlik sien hoe die spanning onder die spelers en toeskouers oplaai.  Sjoe, en die telling ry dan ook nog aanmekaar wipplank en niemand weet hoe dit uiteindelik gaan eindig nie.  En so gaan dit aan, en aan, en begin sommige van die toeskouers selfs naderhand stilweg bid dat sy span tog maar sal wen … 

Ons sit in presies dieselfde situasie, maar is dit werklik so erg as wat ons dink dit is?  Maak ons dit nie dalk erger as wat dit regtig is nie?  En word die spanning van onsekerheid in die situasie nie oor die algemeen doelbewus deur sekere agitators en agent provocateurs vir hul eie gewin opgejaag nie! As die aanhoudende negatiewe reaksie van sommige lede op Elsa se FB blad enigsins ‘n maatstaf is hiervoor kan ‘n mens dit goed glo, hóór!

Kom ons bring die voorbeeld van die rugbywedstryd in lyn met wat ons as volk tans beleef.  Kyk, niemand weet wie gaan so ‘n wedstryd wen en wat die finale telling gaan wees totdat die eindfluitjie geblaas het nie.  Dit laat spanning oplaai en daar het selfs al toeskouers aan hartaanvalle gesterf tydens groot wedstryde.  Hierdie spanningslyn kom eers tot ‘n einde as die eindfluitjie blaas, en eers dan gaan almal huis toe en gaan die lewe weer aan soos altyd.

Moenie dat die angs van onsekerheid met u weghardloop en u aan die een of ander geestelike hartaanval beswyk nog voor ons kom waar ons Vader wil hê ons moet wees nie!  Moet asseblief nie soos ‘n stuk hout op die golwe rondom ons begin ronddryf nie!

Die wêreld en sy baie dingetjies slinger ook maar heen en weer om ons rond, en daar gebeur baie dinge wat ons onseker en selfs bang maak.  Maar weet u, as daar een volk is wat glad nie bekommerd hoef te wees oor waarheen dinge op pad is nie, is dit ons.  Want anders as met ‘n rugbywedstryd weet ons minstens presies wat die eindtelling gaan wees. 

Ons hoef ook nie eers so verskriklik ernstig te bid vir uitkoms nie, want die visioenêre verhaal wat Vader deur Siener aan ons openbaar het, het die uitslag reeds voor 1926 aan ons bekend gemaak. Wat ons wel moet doen is om dankbaar vir uitkoms te wees en gebede van danksegging te laat opgaan!  Doen u dit darem?

Ek glo dan ook dat hierdie uitkoms, wat Vader deur Siener se visioene belowe het, reeds op 16 Desember 1838 deel van die fynskrif in die Gelofte gevorm het!  En as ons die vlugtelinge wat hierheen sal kom in ag begin neem gaan Vader se voorbereidings dan ook nog verder terug as 1838. Dink mooi hieroor: Hy het in die 1650’s ‘n takkie uit die Friesiese groepe van Noordwes-Europa hier kom oorplant en getroetel om ‘n basis te kon skep waarheen die Friese uit ons stamlande later kan vlug.  Hierdie toevlug is natuurlik nie net beperk tot ons stamlande nie, want dit sluit alle “gelowiges” in wat die Gees hierheen sal stuur.  Maar so sal die westerse beskawing wat die Illuminati se NWO wil uitwis behoue bly!

DIT is hoekom God Almagtig ons volk hier kom oprig het; DIT is die dieper doel wat ons God en Vader daarmee gehad het!

En ja, dit is nie Andries Pretorius wat hierdie fynskrif “toevallig” in sy menslike swakheid daarby ingevoeg het nie, want alles wat hy daar ingeskryf het was onder leiding van die Gees gewees!  Dit, en dit alleen, was die basis waarop die hele Gelofte gerus het!   Wie ookal hieraaan twyfel hoort glad nie (meer) by ons nie, hóór!

Die “probleem” is dat niemand enigsins enige detail kan gee van presies wat om te verwag en/of hoe die situasie in ons land gaan ontwikkel nie, maar is dit werklik so belangrik vir die blanke groep?  Ek sal toegee dat dit belangrik kan wees vir die anderskleurige groepe wat direk betrokke is daarby, want dit is hulle wat met hul gesondheid en lewens betaal vir al hierdie opstandigheid.

Dit lyk in elk geval of daar ‘n bietjie kalmte en balans besig is om in die prentjie in te kom.  Die gemeenskappe self het blykbaar wakker geword vir die negatiewe implikasies van die brand en roof pogings, en hulle bewaak en beskerm die oorblywende koopsentrums met hul liggame.  

Dit sal waarskynlik wéér opvlam en dit lyk dan ook of ons weer probleme kan verwag teen die einde van Oktober, kort voor die munisipale verkiesings sal plaasvind.

Maar ja, die rumoer raak ons (nog) nie regtig direk nie, so laat dit maar verbygaan.  Dit sal eers belangrik vir ons word as ons direk in ons woongebiede aangeval sal word.  Wat dit betref het ek reeds jare gelede in my artikels voorgestel wat ons dan behoort te doen.  Ek het verstaan dit word deesdae deur Boerelegioen se leierskap gebruik asof dit sy slim plan is, maar hier is dit weer vir diegene wat dit dalk al ‘n bietjie vergeet het:  Bly by jou huis en veg dáár saam met jou bure vir oorlewing.  Die begrip “veg” beteken hier slaan dood so ernstig as wat jy maar kan, want daar is regtig niks anders wat ons sal kan doen nie. Al wat op die langtermyn vir ons gaan werk is om die slang doder as dood te slaan en met hom klaar te speel!

Al wat vir my regtig belangrik is, is dat die huidige bakleiery tussen die strydende swart faksies maar net sê dat ons veilig eenkant moet bly, en dan sal ons met ons eie oë sien hoe hul skippie sink en verdwyn.  Dit is nog iets wat ek jare gelede al in my artikels gesê het: Die swart groepe sal mekaar eers fisies moet uitsorteer om ‘n enkele wenner op te lewer voordat hulle ons sal kan kom aanval.  En teen daardie tyd sal ons hopelik gereed wees vir sulke aanvalle. Ek het hieroor geskryf en ek het ook in ongeveer 2013 probeer uitsorteer of daar ‘n sambreelorganisasie is vir die hordes sekuriteitsmaatskappye en buurtwagte in ons land.  Die idee was om te kyk of ons nie ‘n gesamentlike inligtingstelsel en beveiligingspoging van die grond af kon kry nie. 

Dit was nie suksesvol nie, daar was nie so ‘n organisasie en/of poging nie en niemand het regtig in so iets belang gestel nie. Maar intussen het genl. Roland de Vries se handleiding oor landelike beveiliging verskyn en ek glo dit kan die verskil bring.  Daar het blykbaar ‘n gawe klompie sulke organisasies rondom hierdie publikasie ontstaan en ek wil voorstel dat u by die naaste een gaan aansluit. 

Kyk, die probleem waarmee ons worstel, en dan baie bepaald die moordaanslag teen ons, is uit en uit ‘n militêre probleem en die enigste mense wat dit sinvol kan aanspreek kan dus nét mense met ‘n militêre agtergrond wees.  Ek sal dus liewers al my geld op iemand soos genl. De Vries sit, want hy is nie die een of ander breedsprakerige kaartmannetjie wat homself as ‘n generaal probeer voordoen nie.  Hy is ‘n erkende legitieme en ervare militêre opperoffisier in eie reg en die beste persoon moontlik om ons in hierdie opsig met raad te kan voorsien.

Al wat hier kortkom is dat ons volk sal begin aanvaar dat Siener se visioene van ons Vader kom, en dat dit vir ons gegee is as ‘n vaste baken van hoop en uitkoms in hierdie moeilike tye.  En weet u wat, dit wat nou gebeur is nog niks teen wat kom as die Engelse en die verraaiers later in die verhaal as sulks op ons begin toeslaan nie. 

Maar ook dáár kan ons vashou aan Vader se onderneming om ons as ‘n volk veilig tussen al hierdie gevare deur by Prieska te bring. Al wat dit vra is dat ons ons Vader op sy woord sal begin neem en sal ophou om na mense te luister wat sonder geloof en hoop, maar met tonne angs, deur hierdie lewe probeer gaan!  Moenie toelaat dat sulke mense u op sleeptou neem nie, want hulle is bang om alleen bang te wees en hulle gaan dit nie tot by die wenstreep maak nie!  Pasop dat u nie saam met hulle bly lê nie!

Ek wil in hierdie opsig dan ook net nog dit kortliks aan Suidlanders se organiseerders en leiers sê:  Ek sal op ‘n later stadium meer detail in ‘n aparte artikel hieroor gee, maar u strewe om die opregte Boervolk saam met u Britse vriende te wil vernietig gaan nie werk nie.  Die spreekwoord sê: Die mens die wik, maar God beskik!, en u gaan presies net dit aan u eie bas voel.  En dit is nie ek wat so sê nie, dit is God self wat dit so aan ons openbaar het deur Siener se visioene.    

Ek sluit af deur te sê dat niemand kan ook op enige manier sê hoe lank dit nog sal duur voordat die boom pluiens nie.  Wat dit betref kan ek maar net weer sê: Hou moed en behou die geloof, want die laaste deel voor die boom pluiens is besig om al duideliker op die tafel te kom.  Bly intussen veilig, moenie moeilikheid gaan soek nie en bly so laag onder die radar as wat u maar kan.

Sterkte!

Frik Pretorius

————————————————————————————–

From → Artikels

Kommentaar is gesluit.